Van Vrydag 4 Mei tot Sondag 6 Mei het die Radio 786 Cape Town Ramadaan & Lifestyle Expo 2018 by Kaapstad se Internasionale Konvensiesentrum (KIKS) plaasgevind.
Menán van Heerden het foto’s geneem van die Nikaah- (huwelik-) seremonie en die uitstalling From the cradle to the grave (insluitend Kaapse Moslem-Afrikaans, Arabiese Afrikaans en die geboorte van Islam aan die Kaap).
Die Nikaah- (huwelik-) seremonie was deel van die Ekspo.
Vriende en familie het die seremonie bygewoon.
Van links: Fazlin Jakoet, Kulthom Ebrahim (Fazlin se ma) en Flori Schrikker
Die From the cradle to the grave-uitstalling verskaf ‘n oorsig van die belangrikste gebeure in die lewe van ‘n Moslem en die gepaardgaande tradisies. Soos: madrassa (Moslemskool); Ramadaan (vas); Labarang (Eid) (vier die einde van Ramadaan); Hajj (pelgrimstog); en die huwelik. Hierdie uitstalling het ook ingesluit: ‘n tydlyn van Kaapse Moslem-geskiedenis (17de tot 20ste eeu); inligting oor die geboorte van Islam aan die Kaap; en Kaapse Moslem-Afrikaans (en die ontstaan van Afrikaans).
Meer inligting oor die From the cradle to the grave-uitstalling
Uitstalling van Labarang (Eid)