Clker-Free-Vector-Images | Pixabay
Die DA het slae gekry in die afgelope week se munisipale verkiesings en steun afgestaan aan die ANC, die Vryheidsfront Plus en ook aan ander kleiner partye.
Die ANC het 64 wyke behou, twee verloor en ses nuwe wyke gewen. Die DA het 14 wyke behou, nege verloor en twee nuwe wyke gewen. Daar is landwyd in 95 wyke gestem.
ANC retained 64 wards, lost 2 wards and won 6 new wards. Whilst the DA retained 14 wards, lost 9 wards and won 2 new wards pic.twitter.com/OGAXjtDpcU
— Vuyo Maholwana (@man_mahon) November 12, 2020
Die politieke kommentator Piet Croucamp het op Twitter gesê die DA is vooraf gewaarsku hulle gaan steun verloor, maar diegene wat hulle gewaarsku het, is afgemaak as dom, onkundig, eendimensioneel en nog meer.
We've been warning the DA. Called stupid, ignorant, one-dimensional, and more.
— Piet Croucamp (@pietcroucamp) November 12, 2020
Die DA het op Twitter gesê onlangse gebeure het weer eens gewys Suid-Afrika moet bou aan ’n gematigde, nierassige sentrum en dat die DA die enigste party is wat dit kan doen. Die DA sê hulle is ingestel op ’n langtermyn politieke oplossing en daar is geen kortpad nie.
Recent events have once again shown that SA must build the moderate non-racial centre and that the DA is the only party that can do so successfully.
We are in for the politics of the long haul. There are no short cuts. We thank everyone who voted for the DA yesterday.#DAatWork
— Democratic Alliance (@Our_DA) November 12, 2020
Die DA sê in ’n verklaring die wêreldwye tendens van “identiteitspolitiek” het ’n rol gespeel in Woensdag se verkiesing en die Schweizer-Reneke-debakel spook ook steeds by die party. “Die DA het demokraties volwasse kiesers wat ons straf as ons hulle teleurstel weens swak raadslede of wanneer hulle meen hulle kry swak dienslewering.”
Behalwe Schweizer-Reneke in Noordwes het die maande lange konflik tussen die DA en Patricia de Lille wat tot die stigting van die GOOD Party gelei het, die DA ook stemme in die Wes-Kaap gekos. Die party sê hulle het baie lesse geleer uit hulle swak hantering van hierdie kwessies en sal moeite doen om kiesersvertroue te herstel.
Die ANC het op ’n nuuskonferensie gesê hulle is nederig oor die vertroue wat die kiesers teenoor die party uitgespreek het. In die Oos-Kaap het die ANC 18 wyke behou en een aan die DA afgestaan. In die Vrystaat het die ANC sy drie wyke behou. In Gauteng het die ANC sy tien wyke behou en twee wyke van die DA gewen. In Limpopo het die ANC al vier sy wyke behou. In Mpumalanga het die ANC ook sy wyke behou . In Noordwes het die ANC sy wyke behou en een van die DA gewen. In die Noord-Kaap het die ANC al 17 sy wyke behou en twee van die DA gewen. In die Wes-Kaap het die ANC sy twee wyke behou. Die DA sê hoewel hulle vordering maak in dié provinsie, is daar baie meer wat gedoen moet word.
ANC HEAD OF ELECTIONS TO BRIEF THE MEDIA ON OUTCOMES OF BY-ELECTIONS https://t.co/YNBFqPzPbF
— African National Congress (@MYANC) November 12, 2020
Patricia de Lille se GOOD Party het hulle eerste wyk, Wyk 27 in Pacaltsdorp, George gewen toe hulle die DA daar geklop het. Die DA het drie ander wyke in George behou.
GOOD has won its first ward - Ward 27 in Pacaltsdorp George.
GOOD thanks all the good people of George for lending us their support. There is a lot of good in the country and the time for change - the time to put our towns and cities back on a good path - is here. pic.twitter.com/dIlo3vNQSG
— Good (@ForGoodZA) November 11, 2020
Die DA het vyf van die ses wyke gewen wat hulle in gister se tussenverkiesings by Knysna en George in die suidelike Kaap betwis het. Hulle het egter ’n deel van hul ondersteuning in Wyk 9 verloor aan die voormalige burgemeester, Mark Willemse, wat as ’n onafhanklik kandidaat gestaan het.
Die VF Plus het in hulle reaksie gesê Woensdag se uitslae toon onteenseglik dat die VF Plus gesien word as die groeiende alternatief, en dit word bewys in die toename in vertroue van kiesers. Die party sê hy luister na sy kiesers en tree daadwerklik in hul belang op.
“Die uitslae van verskeie munisipale tussenverkiesings landwyd bevestig die tendens van verlede jaar se nasionale verkiesing en in plaaslike tussenverkiesings sedertdien dat kiesers die VF Plus toenemend as alternatief tot die DA verkies,” het die party se leier, Pieter Groenewald, gesê.
Die VF Plus het gister in Wyk 5 in die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom) ‘n kragtoer gelewer deur vanaf 17,6% in 2016 tot die huidige 58,86% van die totale aantal stemme op hom te verenig. Dit is ‘n styging van 41,26%. @GroenewaldPJ
— VRYHEIDSFRONT PLUS / FREEDOM FRONT PLUS (@VFPlus) November 12, 2020
Die VF Plus het in Wyk 5 in die JB Marks-munisipaliteit (Potchefstroom) gegroei van 17,6% in 2016 tot die huidige 58,86% van die totale aantal stemme wat op hom verenig is. Dit is ’n toename van 41,26%.
In Wyk 18 in die Emalahleni plaaslike munisipaliteit (Witbank) het die VF Plus gegroei van 3% in 2016 tot 31% van die aantal stemme.
In Drakenstein in die Paarl (Wes-Kaap) het die party met meer as 10% gegroei en in Wyk 2 in Knysna met sowat 8%.
In die Noord-Kaap in Polokwane het die VF Plus vir die eerste keer verteenwoordiging in die munisipale raad gekry. Die party het ook sy steun in die Renosterberg-munisipaliteit vergroot.
In Wyk 2 in die Ray Nkonyeni-munisipaliteit (Margate in KZN), het die VF Plus se steun gegroei vanaf 3% in 2016 tot 8% Woensdag.
Die EFF kon geen deurbrake maak nie, maar sê hulle het noemenswaardige groei getoon en het kiesers aangemoedig om aan te hou om vir hulle te stem.
EFF Congratulates Fighters And Thanks Voters For By-Election Turnout pic.twitter.com/hEuwtMA5ld
— Economic Freedom Fighters (@EFFSouthAfrica) November 12, 2020