Historikus Gerrit Schutte kry prestasietoekenning van Van Ewijck Stigting 2019

  • 0

Die Van Ewijck Stigting se prestasietoekenning gaan in 2019 aan GJ (Gerrit) Schutte. 

Links: GJ (Gerrit) Schutte

GJ (Gerrit) Schutte (1940) is sedert 1975 as historikus verbonde aan die Vrije Universiteit, Amsterdam. Die geskiedenis van die VOC is een van sy spesialiteitsterreine.

Volgens die voorsitter van die stigting, WJ (Wium) van Zyl,  het Schutte se pas verskene, Hendrik Swellengrebel in Afrika: Journalen van Drie Reizen in 1776-1777, ’n rol gespeel by die toekenning, maar is dit beslis nie die enigste rede nie. Die boek is ’n uitgawe van die Van Riebeeck Vereniging.

Die prys van R75 000 word toegeken vir reeds bewese prestasies vir die bevordering van die kulturele verbintenis tussen Nederland en Suid-Afrika. In 2018 was die uitgewer Nicol Stassen die ontvanger.

Onder Schutte se publikasies op die terrein tel titels soos Nederland en de Afrikaners: adhesie en aversie. Over stamverwantschap, Boerenvrienden, Hollanderhaat, Calvinisme en apartheid  (1986). In 1982 was hy ook redakteur van die boek Briefwisseling van Hendrik Swellengrebel Jr. oor Kaapse sake 1778-1792.

As voorsitter van die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging in Nederland het Gerrit Schutte in die jare van die kulturele boikot ’n belangrike rol gespeel om die vereniging in stand te hou en aan te pas by die vinnige veranderende omstandighede.

Lees ook

https://voertaal.nu/author/gerrit-schutte/

Aansoeke vir studie in Nederland en Suid-Afrikaanse besoeke van Nederlandse skrywers en kunstenaars neem toe - Van Ewijck-stigting

Persvrystelling: Die Van Ewijck-stigting se Prestasieprys aan Nicol Stassen

Buro: IG
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top