Foto: Anastasia Gepp | Pixabay
Dodelike ineenstorting
Vyf konstruksiewerkers is dood toe ’n deel van ’n skoolgebou Vrydag in Antwerpen, België, ineengestort het. Twee van die oorledenes was Portugese en ’n derde ’n Roemeen. Talle bouwerkers het onder die puin beland. Tien van hulle het daarin geslaag om hulself te bevry en nog tien is deur die brandweer bevry. Agt mense is ernstig beseer. Koning Filip van België het Saterdag saam met premier De Croo en die burgemeester van Antwerpen, Bart de Wever, die toneel besoek. VRT berig die skoolgebou was in aanbou en sou in September vanjaar oopmaak. Die oorsaak van die ramp is nog onbekend.
Ingestorte school #antwerpen pic.twitter.com/yKCnKlDCBa
— Kysia Hekster (@Kysia) June 18, 2021
Liggaam van voortvlugtende soldaat opgespoor
Die liggaam van die voormalige Belgiese soldaat Jürgen Conings is toevallig Sondag deur twee bergfietsryers in die Hoge Kempen Nasionale Park in België ontdek. Verskeie vuurwapens en ammunisie is naby hom gevind. Conings was 35 dae lank soek en verskeie soekaksies is in die omgewing van die bos uitgevoer, maar slegs sy motor en ’n rugsak is opgespoor. Volgens die Belgiese vervolgingsdiens lyk dit of Conings sy eie lewe geneem het. VRT NWS berig dat een van die bergfietsryers, die burgemeester van Maaseik, Johan Tellenaere, die ontdekking gemaak het nadat hy ’n kenmerkende, onwelriekende geur geruik het. Dit was verlede week besonder warm in die omgewing, wat die ontbindingsproses versnel het. Die ontdekking is in ’n deel van die bos gemaak, wat moeilik is om te bereik, wat verklaar waarom vorige soektogte onsuksesvol was.
Die verregse oudweermaglid het verlede maand met groot hoeveelhede ammunisie verdwyn en het voor sy verdwyning politici en die viroloog Marc van Ranst gedreig.
Swaar weer saai verwoesting
Swaar weer het Vrydag vir groot skade in die Utrechtse Heuwelrug gesorg toe ’n wolkbreuk die omgewing getref het. Ses huise is onbewoonbaar verklaar en duisende bome het omgewaai toe sowat 90 mm reën binne ’n paar minute uitgesak het.
Wow, #Leersum kreeg de volle laag pic.twitter.com/hfZLUXXKMs
— Tjerk Langman (@TjerkLangman) June 18, 2021
Die grootste probleme was in Leersum, Tiel, Alkmaar en Wijk aan Zee. Volgens Staatsbosbeheer het duisende bome in Leersum omgewaai.
Windhoos in Leersum. Overal bomen om. Brandweer kan nergens heen, alle wegen geblokkeerd... pic.twitter.com/MY2aElknsm
— Lyander Schmitz (@LyanderSchmitz) June 18, 2021
ß
België het ook onder die onweer deurgeloop. De Morgen berig dat swaar reën Sondag groot skade in die provinsie Namen aangerig het. Die buitenste sitplekke van ’n straatkafee in Beauraing het heeltemal weggewaai toe ’n minitornado deur die gebied getrek het. Volgens die owerhede is sowat 17 mense lig beseer en 92 huise beskadig. In die dorpe Eprave en Mont-Gauthier is dakke afgeruk, en in Laloux is die kerk se dak ook beskadig. ’n Huis in Saint-Servais het aan die brand geslaan toe dit deur weerlig getref is.
Blaaskans van die inperking
Terwyl Suid-Afrikaners midde-in die greep van die derde golf van die COVID-19-pandemie is, het die getal besmettings in Nederland tot so ’n mate gedaal dat die kabinet vroegtydig besluit het om die meeste van die oorblywende maatreëls op te hef. Vanaf eerskomende Saterdag, 26 Junie, is dit in die meeste gevalle nie meer nodig om maskers te dra nie en die advies om tuis te werk verval ook. Volgens die nuwe maatreëls mag mense weer saam sokker kyk en in groepe in parke bymekaar kom, sê demissionêre premier Mark Rutte. ’n Afstand van 1,5 meter tussen mense by byeenkomste en nagklubs moet nog gehandhaaf word. Maskers hoef slegs nog in openbare vervoer gedra te word. Dit is egter nie meer nodig in winkels of besoeke aan die haarkapper nie.
Ook in België is werk by die huis nie meer verpligtend nie en daar is geen beperkinge meer op winkels nie. Restaurante en straatkafees mag tot agt mense by ’n tafel bedien en mag tot 01:00 oopbly. By binnenshuise feeste en konserte mag sale 80% van hul kapasiteit vir die publiek oopstel.
België en Nederland goed op dreef
België in groep B het Maandag in St Petersburg vir groot vreugde gesorg toe die Rooi Duiwels die Finne 2–0 geklop het. Dit is die eerste keer dat België die groepfase van die Europese Kampioenskap sonder punteverlies afsluit. Die oorwinning oor die Finne beteken België speel Sondag in hul agste finale in Sevilla teen ’n nog onbekende teenstander.
Nederland in groep C het ook nie teleurgestel nie toe hulle Macedonië 3–0 klop. Nederland het reeds altesaam 65 doele aangeteken – die tweede meeste in die kampioenskap. Slegs Duitsland het meer aangeteken en loop tans voor, met 76 doele. Nederland se oorwinning was rede om fees te vier. In Apeldoorn het sowat 1 000 mense – almal uitgedos in oranje – bymekaar gekom.
Nu online op Regio06Fotografie: Feest bij de beruchte Oranjerotonde na de winst van oranje https://t.co/M9r8plTBYq pic.twitter.com/OH4lSxwPf5
— Regio06Fotografie (@Regio06Foto) June 19, 2021
In Enschede en Bunschoten het die feestelikhede egter soms hand uitgeruk.
Oranjefeestje Bunschoten. Direct na de door Nederland gewonnen wedstrijd tegen Oostenrijk ontstond er een groot feest op de #oranjerotonde nabij de Blauwe Reiger in Bunschoten. De politie was paraat maar trad niet op. pic.twitter.com/L1ISGh0Thk
— Bunschoten voor Elkaar (@Bunvoorelkaar) June 18, 2021
Lees ook:
Vuurpyllanseerders en vals poskodes oorheers die Covid-nuus in België