Die Europese Filmfees 2020 word van 12 tot 22 November virtueel gehou, met gratis aanlyn uitsendings vir Suid-Afrikaners. Vir Afrikaanse lesers is daar boonop ’n groot bonus, byeengebring deur die Vlaamse verteenwoordiging in Suid-Afrika en Sasnev, ondersteun deur Protea Boekhuis en die Vrystaat Kunstefees.

Die roman het in 2014 verskyn en het dadelik opslae gemaak.
In 2019 is dit in Afrikaans vertaal as Kom hier dat ek jou soen en in Engels as Mona in three acts.
Die filmweergawe word vanaf 12 November aan Suid-Afrikaners beskikbaar gestel as deel van die Europese Filmfees. Dit is op die program onder die Engelse titel Becoming Mona.
Die bonus vir Afrikaanse lesers is dat Griet Op de Beeck ingestem het tot ’n gesprek met Azille Coetzee, die skrywer van In my vel. Die gesprek gaan regstreeks uitgesaai word op Facebook, volledige besonderhede en skakels word hieronder verskaf. Belangstellendes kan ook vir Eureka Barnard by info@sasnev.org.za kontak. Sy is die direkteur van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev).

Die Europese Filmfees 2020, wat die beste Europese films na Suid-Afrika bring, is ’n vennootskapsprojek tussen die Delegasie van die Europese Unie na Suid-Afrika met twaalf Europese ambassades en kulturele agentskappe in Suid-Afrika. Deelnemers is die ambassades van Oostenryk, België, Ierland, Litaue, Nederland, Pole, Spanje en Swede, Wallonie-Bruxelles International, die Franse Instituut in Suid-Afrika, die Goethe-Instituut, die Italiaanse Kulturele Instituut en die British Council.
Die inligting op die amptelike webwerf is alles in Engels, maar die films dek ’n groot aantal tale. Twaalf films is op die program, en elkeen sal vir die eerste keer in Suid-Afrika te sien wees.
Die fees word in samewerking met CineEuropa gereël en word deur Creative WorkZone gekoördineer.
Die volledige program is hier beskikbaar: https://www.eurofilmfest.co.za
Die films word vir ’n aantal dae gratis aan Suid-Afrikaners “verhuur”. Klik gewoon op die blokkie wat sê Rent en volg die instruksies noukeurig.
Die gesprek met Griet Op de Beeck
Die gesprek met Griet Op de Beeck vind op Woensdag 18 November om 18:00 (UTC+2) plaas.
Die Facebook-skakels word hieronder gelys.
www.facebook.com/proteaboekhuis1
www.facebook.com/literatuurvlaanderen
www.facebook.com/vrystaatkunstefees
www.facebook.com/Hearmyvoicesa
Kyk ook:
Video: Kaapstad-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee


