“Met In my vel verken Coetzee dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ’n verrassende, persoonlike manier. Dit is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.”
Op Dinsdag 6 Augustus 2019 is Azille Coetzee se debuut, In my vel, by die Book Lounge in Kaapstad bekendgestel. Marianne Thamm het met haar gesels. Menán van Heerden het die gesprek opgeneem en foto’s geneem.

Azille Coetzee (Foto: Menán van Heerden)

Foto: Menán van Heerden

Marianne Thamm (Foto: Menán van Heerden)
.................
Opsomming
In my vel
Azille Coetzee
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624087298
Ek is in Amsterdam om ’n PhD aan die Vrije Universiteit te doen. Ek het ’n visum en ’n beurs vir 22 maande, maar het reeds besluit dat ek vir ewig hier wil bly.
Met haar Nederlandse lover aan haar sy voel Azille Coetzee lig en bevryd. Sy hou van die sosiale gelykheid, die wêreldklas festivals, die galerye, en lesings deur beroemde filosowe. Sy begin uiteindelik die ellendige taal baasraak.
Van waar dan die hardkoppige ongemak wat haar nie wil laat los nie?
Met In my vel verken Coetzee dwingende aktuele vrae oor Suid-Afrikanerskap op ’n verrassende, persoonlike manier. Dit is sowel ’n leesbare, dikwels skreeusnaakse liefdesverhaal, as ’n vlymskerp bepeinsing van wat dit beteken om wit en Afrikaans te wees.
“’n Lieflike, noodsaaklike boek. Sowel gesofistikeerde intellektuele besinning as ’n hartstogtelik-persoonlike relaas.” – Francois Smith
“Dié ware verhaal van navigasie, deur twee stede, deur ’n hart, is ’n dokument vir ons tyd. Tydig, snaaks, en nódig.” – Kabous Meiring
.................

In my vel en Hitler, Verwoerd, Mandela and me deur Marianne Thamm (Tafelberg, 2016)

Die Book Lounge in Kaapstad
Lees ook
In my vel deur Azille Coetzee: ’n skrywer wat haarself blootlê sodat ons onsself kan sien
Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: In my vel deur Azille Coetzee
Kyk ook
Buro: MvHVideo: Stellenbosch-bekendstelling van In my vel deur Azille Coetzee