Ontlaering 2020: Tweede oproep om referate

  • 0

Hiermee die tweede oproep om referate vir die Ontlaeringkollokwium wat op 16 en 17 Januarie 2020 in Qwaqwa plaasvind. Die tema is Transnasionalisme: Afrikaans & X

Voorleggings van tot 300 woorde word ingewag teen die einde van Oktober 2019, by unlaagering@gmail.com. Ons nooi veral opkomende akademici, en navorsers en dosente wat in België, Nederland, Pole, Aruba, VSA, en Namibië met/oor die Afrikaanse letterkunde werk om deel te neem.

Die hoofrede word gelewer deur Rita Barnard, Professor in Engels en die hoof van die voorgraadse Vergelykende Letterkunde-program by die Universiteit van Pennsylvania.

Azille Coetzee, feministiese filosoof by die Universiteit Stellenbosch, sal in gesprek tree oor haar boek, In my vel.

Lees ook

Oproep om referate: Ontlaering 2020

Buro: NM
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top