Persverklaring: Musiekvideo van "Hoe gaan dit" deur Arno Carstens

  • 0

Die bekroonde sanger en liedjieskrywer Arno Carstens keer terug weer na sy Afrikaanse wortels met sy nuwe enkelsnit “Hoe gaan dit. Hierdie aangrypende liedjie, is die eerste snit vanaf Carstens se langverwagte kortspeler, of EP, “Sewe sakke hoop”, wat op 24 Mei uitgereik word.

’n Persoonlike vriend, wat landuit is, het Carstens geïnspireer om hierdie besonderse liedjie te skryf. “Hoe gaan dit” delf in die rou emosies en leemtes wat gelaat word deur vriende wat geëmigreer het.

het. Die gevoel van verlange word raakgevat in die melankoliese melodieë waarin Carsten die redes agter die vriend se vertrek erken, maar tog wel treur oor die afstand wat dit skep.

Arno Carstens vertel “Hoe gaan dit”:

Hierdie liedjie konfronteer die leegheid wat gelaat word deur vriende en geliefdes wat Suid-Afrika verlaat. Dit is ’n ode wat ek geskryf het aan diegene wat ons op hierdie manier verloor het en dit lewer kommentaar oor die werklike impak van sulke drastiese afstande op vriendskappe.

“Hoe gaan dit” is die toonaangewende snit vir die versameling van vyf nuwe liedjies wat as ’n kortspeler met die titel Sewe sakke hoop.

Carstens is al vir meer as drie dekades een van die vooraanstaande kunstenaars op die Suid-Afrikaanse musiektoneel, eers as voorsanger van die baanbrekergroep Springbok Nude Girls en daarna as ’n suksesvolle solokunstenaar. Carstens het oor die jare groot sukses plaaslik en internasionaal bereik. Sy indrukwekkende diskografie strek oor 15 albums en hom, onder andere, verskeie gesogte SAMA-musiektoekennings besorg. Carstens se vorige album Die Aandblom 13 was ’n Afrikaanse juweel. Dit was ’n eerbetoon aan sy grootwordjare en dit het gespreek van sy besonderse vermoë om verhale van liefde, ontwaking en verandering in betekensisvolle liedjies te omskep.

Die kortspeler Sewe sakke hoop, wat in Mei uitgereik word, bied ’n vars perspektief en nuwe stories. Dit handel tematies oor die konstante veranderinge wat ons ervaar: Hoe om te navigeer met die pendulum wat heen en weer swaai, sodat eindelose hoop op ’n beter toekoms altyd bly opborrel.

Stroom die liedjie hier: https://arnocarstens.lsnto.me/q73dghwj

Volg Arno Carstens:

  • Website: https://www.thearnocarstensstore.com
  • Facebook: https://www.facebook.com/arnocarstens/
  • Twitter: https://twitter.com/ArnoCarstens
  • YouTube: https://www.youtube.com/@arnocarstensmusic
  • Instagram: https://www.instagram.com/arnocarstensmusic/
  • TikTok: https://www.tiktok.com/@arnocarstensmusic
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top