Kenan Davids is ’n tweedejaarstudent aan die Nelson Mandela Universiteit (NMU) in Gqeberha. Tydens ’n lesing het een van sy dosente, Dewald Koen, verwys na die kursus in Nederlands wat hy as student geneem het. Davids was gefassineer daardeur en het begin navraag doen oor die moontlikheid om ook Nederlands te studeer. Sy kursus aan die NMU het dit nie toegelaat nie, maar Marius Crous, hoogleraar aan die NMU, het Davids verwys na ’n kursus wat nauurs aangebied word by die Universiteit Stellenbosch. Davids het ingeskryf en het baie hard gewerk om die Nederlands onder die knie te kry.

Die kompetisie val saam met die viering van die “Week van het Nederlands”, 1 tot 8 Oktober 2022.
Davids se inskrywing het gespeel met die konsep van susterstale. As Afrikaans sy moedertaal is, dan sou Nederlands dus sy tantetaal wees. Sy kortfilm is ’n brief aan dié relatief onbekende tante.
Binnekort sal Kenan Davids sy tantetaal beter kan leer ken, want hy het R50 000 gewen tot ’n neerlandistiekreis na België en Nederland.
Hy woon tans by sy stiefpa in Algoapark, Gqeberha.
Die finaliste se films is hier te sien.

