Persverklaring: Van Ewijck Stigting Prestasieprys 2024 toegeken

  • 0

Die Van Ewijck Stigting se jaarlikse prestasieprys van R100 000 vir die bevordering van die kulturele bande tussen Suid-Afrika en Nederland word vanjaar verdeel tussen twee akademici van die Universiteit van Leiden, Eep Francken en Olf Praamstra. Hulle het oor die jare heen vele Afrikaanse letterkundiges en studente na Nederland gebring en die Afrikaanse letterkunde in Nederland bevorder. Hul jongste bydrae is ’n gesamentlike werk, die monumentale studie van meer as 600 bladsye, Geen land voor dromen. Dis ’n studie oor Nederlandstalige skrywers in Suid-Afrika en oor Suid-Afrika, waarin ’n magdom nuwe inligting en nuwe perspektiewe na vore kom.  

Lees ook:

Persverklaring: 2024 Prestasiebeurs van die Van Ewijck-Stigting beskikbaar

SASNEV met die Van Ewijck Stigting se prestasieprys vereer

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top