Persvrystelling: Kyk aanlyn na Ampie Coetzee se huldiging in digterstuin

  • 0

Foto: verskaf

Ampie Coetzee (81), Afrikaanse letterkundige en stigterslid van die Breytenbach Kuns- en Kultuursentrum in Wellington wat vroegoggend op 15 Oktober in die Paarl-hospitaal na hartversaking gesterf het, se huldigingsbyeenkoms Sondag 25 Oktober om 11:00 in die digterstuin by die Breytenbach Sentrum sal aanlyn gevolg kan word.

Almal is welkom om die huldiging in die digterstuin by te woon, maar weens die COVID-regulasies sal ’n beperkte aantal mense toegelaat word en die veiligheidsmaatreëels streng toegepas word.

Vriende en belangstellendes wat die geleentheid wil bywoon, word versoek om vir Jessica by 021 873 2786 te kontak.

Die Breytenbach Sentrum is op die hoek van Burger- en Malherbestraat.

Ampie Coetzee en Breyten Breytenbach in Maart 2020 by die Breytenbach Sentrum (Foto: Francois Lötter).

Ampie Coetzee en sy vrou Anne-Ghrett Erasmus by die Breytenbach Sentrum in 2019 (Foto: Gerrit Rautenbach).

Lees ook:

Bekende letterkundige in Afrikaans-Nederlands sterf

Lees nog huldeblyke aan Ampie Coetzee op LitNet:

As ek jou nog een keer kon optel

Herinnering aan Ampie Coetzee

Ampie Coetzee: die Sestiger van die literêre kritiek

Persverklaring: Afrikaanse taalstryder en ‑aktivis Ampie Coetzee sterf

Rus in vrede, Ampie Coetzee

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top