Stef Bos: ’n Konstante spieël waarin ek lewe, is dié tussen Afrikaans en Nederlands

  • 0

Op 3 Mei het die sanger Stef Bos opgetree in die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Pinelands, Kaapstad. Dit was een van nog maar enkele opvoerings van Kern in Suid-Afrika voordat lokale in die Lae Lande weer aan die beurt is. Bos, ’n verkenner van die kreatiewe moontlikhede tussen Afrikaans en Nederlands, het aan Willem de Vries vertel van ’n gebied waar gedigte en lirieke mekaar ontmoet.

Stef Bos (Foto: verskaf)

Jy is tans midde in ’n internasionale toer met Kern, jou mees onlangse album. Musiek is nie staties nie, ook allermins die kunstenaar wat dit geskep het – musiek en kunstenaar groei saam. Vertel asseblief van jou reis met die nuwe album se musiek en lirieke. Bied die musiek van Kern vir jou insigte in werk van vorige albums wat jy steeds op verhoë sing en wat anders is as toe jy dit die eerste keer gesing het?

Die mooie ding van songwriting is die tweeledigheid. Daar is ’n skrywer in my wat werk aan ’n storie, iets wat ek wil vertel in ’n lied. Op ’n bepaalde moment besluit jy: dís die storie en set ’n punt achter die sin. Dan vat die sanger oor en groei die song verder op die verhoog. Soms verander ek ook nog sinne. Die tweede deel is oneindig: songs van dertig jaar gelede kan nog altyd lewende organismes wees wat groei en verander. Andere songs van toen is begrawe – soms tijdelijk, soms vir altyd.

Wat die album Kern betref, is dit ’n verzameling songs wat met elke vertoning dieper afsak in hulleself. Ek het hulle geskryf met die idee om op hierdie stadium in my lewe oor die groot temas te vlieg (liefde, tijd, geboorte en dood) en te skryf wat ek sien vanuit die lug. Sonder ironie of satire … net sien en skryf. Dit maak dat die songs hulleself maklik laat sing – daar is ’n tijdloosheid aan die woorde.

Jy het die musiek van Kern op 3 Mei uitgevoer ten bate van Biblionef, ’n organisasie sonder winsbejag wat fokus op geletterdheid en die verspreiding van boeke. Wat kon die gehoor ervaar, ook diegene wat nog met Kern moet kennis maak?

’n Vertoning wat op daardie moment ontstaan. Met die ouer word, is dit vir my die lekkerste. Ek kom die venue binne en besluit met intuïtie wat ek gaan doen. Natuurlik gaan daar songs gespeel word van Kern. Maar ook andere goeters. En die set list bepaal ek kort voor ek begin. By Biblionef sal my liefde vir boeke ook ’n rol speel.

Die lirieke op Kern herinner aan die gedagte dat ons binne ironie nog liefde moet behou (gedagtig aan woorde van NP Van Wyk Louw). Watter temas en aksente lê jou vandag na aan die hart?

Tyd, ouer word. Ek sien die relatiwiteit van my bestaan. My plek … ek is deel van ’n groter geheel. Dit gaan oor my lewe, maar ook die lewe aan die einde van die dag. Dit laat ’n mens maklijker sing.

Van watter Afrikaanse digters se werk hou jy en wat aan hul werk spreek tot jou?

Die laatste gedigte van Koos Kombuis is vir my ’n verademing; Antjie Krog se Verweerskrif; Breyten Breytenbach se woordewêreld in totaal; ’n vergeten digter soos SV Petersen en Danie Marais se eerste bundel.

Hoe voel jy daaroor as mense tussen liedere en gedigte onderskei? Tref jy ook hierdie onderskeid, of is albei deel van dieselfde tradisie of uiting?

Dit het iets van ’n landskap waardeer as jy met ’n trein ry of as jy deur diezelfde landskap wandel. Daar is ’n gebied waar hulle mekaar raakloop. Maar daar verskil dit ook. Baie songlirieke is aanmekaargeplakte woorde. Dis jammer vir my, want ek glo in die tussengebied.

Jy is in sowel die Nederlande as Suid-Afrika werksaam. In jou werk soek jy telkens die raakpunte tussen albei op, uit ’n gedeelde verlede én in hoe dit in die hede uitspeel. Wat bied die gebied tussen Afrikaans en Nederlands vir jou as musiekkunstenaar? Het iets aan die aard daarvan vir jou verander in die afgelope paar jaar? Indien wel, hoe?

Dit is ’n konstante spieël waarin ek lewe, dié tussen Afrikaans en Nederlands. Die twee reflecteer heel die tyd mekaar. Dit hou die liefde vir die tale vars – dis ’n ongelofelijke kruisbestuiving wat ek ervaar. En waarvan ek hoop dat dit verder doordring by die kulture.

Verskil die manier waarop jy ’n lied in Afrikaans sal skryf van dié in Nederlands? Werk jou verbeelding verskillend in Afrikaans as in Nederlands? Roep die titel van die album vir jou verskillende assosiasies op as jy daaraan as Nederlandse en as Afrikaanse begrip dink?

Die song “Ek en my bottel” oor ’n bergie in Kaapstad wat ek ken ... kon ek dié anders niet dan in Afrikaans skryf. Dus om op jou vraag te antwoord. En die besluit om ’n lyriek in Nederlands of Afrikaans te skryf? Die lyriek besluit dit self.

As mense praat oor lande of stede, bedoel hulle telkens eintlik iets heelwat kleiner – ’n geliefde straat, ’n gunstelingpark. Wat is jou gunstelingplekke in Nederland en in Suid-Afrika? Vertel dit tog wel iets van die groter geheel? (Ek dink hier aan ’n album soos Kloofstraat en die eiename in die verhalende liedere.)

Moeilijk, want dit verander. Ek is lief vir Utrecht en Antwerpen omdat daar my roots lê. Herinnerings aan liefde en groei. Die eerste grote indrukke in Zuid-Afrika heb ik die gevoel by die Tuine van die Kompanjie.

Sedert laasjaar is jy met Kern op verhoë internasionaal. Hoe beleef jy hierdie toer tot dusver vergeleke met voriges?

Mooi, maar vermoeiend, omdat ek heel die tyd op pad is. Na verloop van maande voel ek die behoefte aan stilte. Nie beweeg nie. En skryf. Maar dit gaan kom ná juni.

Jy het op ’n keer gesê Suid-Afrika is die wêreld in sakformaat. Hoe beskou jy Nederland en België?

As ’n iemand wat sy kop onder die grond steek en sy eie problematiese skoonheid niet wil sien. Maar dit is maar net ’n fase. Ek had daardie moment ook in my lewe. En op ’n dag steek jy jou kop weer op om jouzelf te face. En dan kan jy weer verder groei.

Met watter Afrikaanse sangers voel jy het jy die meeste gemeen? Watter samewerkings het vir jou Europa en Suid-Afrika op kreatiewe wyse veral byeengebring?

Dit gaan vir my nie net oor watter musiek iemand maak nie, maar ook wie iemand is. Jy kan my met vakantie stuur met Koos Kombuis, Joe Black, Herman Kleinhans, Elvis Blue, Amanda Strydom, Lize Beekman en Laurika.

Neem ’n volgende projek al vorm aan? Indien wel, vertel asseblief wat jy beoog.

Ons het drie projekte in aanbou: een vir kinders en grootmensen saam, een met ’n ou van die Kongo (Brazzaville), en ’n verzameling songs met ’n thema soos Kern.

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top