Taalunie begin nuwe studentenetwerk vir internasionale neerlandistiek
2023-02-08"Het studentennetwerk is een nieuw project en verbindt studenten neerlandistiek wereldwijd, om Nederlands met elkaar te spreken, om praktische tips uit te wisselen (bijvoorbeeld over studeren in het buitenland) en om samen activiteiten te ontplooien. … Alle geïnteresseerde studenten internationale neerlandistiek – van Curaçao tot Stellenbosch – zijn welkom om deel te nemen." Carlijn Pereira (Taalunie) gesels met Willem de Vries.
Hans Ester vereer vir sy bydrae tot literêre bande en wedersydse kulturele belangstelling tussen die Lae Lande en SA
2023-01-23Hans Ester is die ontvanger van die Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting vir 2023. Hy het met Willem de Vries gesels oor die literêre landskap tussen Nederland en Suid-Afrika, en oor skrywers en kulturele uitwisseling wat oor dekades heen strek.
Elsa Joubert se Ons wag op die kaptein bly aansluit by aktualiteit, nou ook in Nederlands
2022-06-06"Dit is ook ’n teks wat midde in die dekoloniale moment en kansellasiekultuur wys dat die diskoers oor die koloniale allermins eenduidig is."
Die tienduisend dinge: Ena Jansen vertel van haar Afrikaanse vertaling van Maria Dermoût se groot werk
2022-04-08Hoewel Maria Dermoût (1888–1962) se verhale in haar leeftyd en in Engelse vertaling as gehaltewerk gereken is, is dit veral weer die afgelope dekade dat dit in Nederland opmerklik nuwe aandag kry, vertel Ena Jansen aan Willem de Vries. Haar Afrikaanse vertaling van Dermoût se tweede roman, De tienduizend dingen, as Die tienduisend dinge het pas verskyn.
Durende waardering en wedersydse betrokkenheid kenmerk Breytenbach se bande met Lae Lande
2022-03-25Breyten Breytenbach se dekades lange en wedersyds verrykende bande met Vlaandere en Nederland was op Saterdag 19 Maart 2022 by die Sentrum vir Nederland en Vlaandere (Sasnev) in Kaapstad die onderwerp van ’n vraaggesprek wat Yves T'Sjoen met hom gevoer het. T'Sjoen het pas ’n boek oor die onderwerp klaargeskryf en dit sal in Mei vanjaar verskyn. Willem de Vries berig.
Ingrid Winterbach en Nederlandse vertaler gesels oor Die troebel tyd
2022-02-15Die Nederlandse vertaling van Ingrid Winterbach se voorlaaste roman, Die troebel tyd, is onlangs bespreek as deel van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam se reeks oor Afrikaanse skrywers en boeke, Boeken uit het Huis (in samewerking met die Taalunie). Margriet van der Waal, hoogleraar verbonde aan die Universiteit van Amsterdam en die Ryksuniversiteit Groningen, tree gereeld as gespreksleier op vir Zuid-Afrikahuis-gesprekke. Sy het met Winterbach en die Nederlandse vertaler van die roman, Robert Dorsman, gesels.
Nachoem M Wijnberg oor Liedjes/Liedjies: "Vertalen maakt een belangrijk deel uit van wat poëzie is."
2022-01-24Die poësie van Nachoem M Wijnberg het vir die digter Alfred Schaffer die deur na die skryf van poësie geopen. Só het Schaffer gesê toe hy gevra is na wat Wijnberg, een van die belangrikste eietydse digters in Nederland, vir sy eie skryfwerk beteken, en die nuus dat Daniel Hugo Wijnberg se bundel Liedjes in Afrikaans as Liedjies (imprimatur) vertaal het. Willem de Vries gesels met Wijnberg en Hugo oor die pasverskene bundel vertaalde poësie Liedjes/Liedjies.
Boeken uit het Huis: Joubert en McLeod gesels oor geskiedenis en verhale
2021-12-23Twee gewilde skrywers van historiese romans, die Suid-Afrikaanse skrywer Irma Joubert en die Surinaamse skrywer Cynthia McLeod, het onlangs oor hul boeke gesels met die joernalis en vertaler Ingrid Glorie, wat nou betrokke is by die groter bekendstelling van Afrikaanse boeke en skrywers in die Lae Lande. Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam het die gesprek aangebied as deel van sy skrywersreeks Boeken uit het Huis.
Daniel Hugo, ’n digter van vers en klank
2021-11-18"Miskien is dit ’n soort beswering, die gedig as ’n beswering teen die verganklikheid," het hy hardop gewonder. Só skryf Willem de Vries oor Daniel Hugo. "Elke digter is ydel genoeg om te hoop op onsterflikheid, maar daardie onsterflikheid kan hy net ervaar solank hy lewe, natuurlik. Daarna sal hy nie weet daarvan nie."
Adriaan van Dis gesels met ’n memoirskrywer en vertaler oor die binnelewe van liefde en geweld in Suid-Afrika
2021-11-17"Maar wat die boek ook laat sien, het Van Dis oor tóé gesê, is dat die wye, droewe land alleen maar uit skeiding bestaan, range en stande waaroor Van Niekerk uitgebreid skryf, deftiger Afrikaners met mooier swembaddens en groener gras."
Op reis in Darwiesj se poësie
2021-11-05Die digter Magmoed Darwiesj, ’n groot gees in die moderne Arabiese en wêreldletterkunde, sou vanjaar 80 geword het. ’n Afrikaanse vertaling en keur uit sy oeuvre is vanjaar as Die vlug van ’n vreemdeling: Magmoed Darwiesj gedigte in Afrikaans op die afgelope jaarlikse Tuin van Digters-fees op Wellington bekendgestel. Die Afrikaanse vertaler van hierdie digbundel, Bester Meyer, het by die geleentheid oor onder meer sy vertalings en ervaring van Darwiesj met Desmond Painter gesels. Willem de Vries lewer verslag oor hierdie gesprek.
Zuid-Afrikahuis-bespreking: Kaaps baan weg vir gelyke hantering van alle Afrikaanse variëteite danksy komende woordeboek
2021-10-29Die eerste woordeboek vir Kaaps, ’n projek waaroor wyd berig word, is onlangs in ’n paneelbespreking van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam verken en die klem is ook geplaas op die verskuiwende dinamika van verskillende variante van Afrikaans. Die gesprek, asook verskeie skrywersonderhoude en simposia, is op die amptelike YouTube-kanaal van die Zuid-Afrikahuis terug te kyk.
Vertaling en dinamiek tussen ’n Afrikaanse en Engelse debuutroman
2021-10-25Peter Bergsma (vertaler van vele werke van JM Coetzee in Nederlands) het vir die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam se skrywersgespreksreeks Boeken uit het Huis met skrywer PP Fourie (’n Hart is so groot soos ’n vuis) en die vertaler Marius Swart gesels. Die onderhoud, een van verskeie in die reeks waarin Afrikaanse skrywer se werk aan ’n groter publiek bekend stel word, is op die Zuid-Afrikahuis se YouTube-kanaal beskikbaar.
Eybers-keur wys veral haar Amsterdamse gedigte het blywende seggingskrag
2021-09-03"Jansen beskou Eybers as een van die belangrikste vrouedigters en een van die allerbelangrikstes in Afrikaans."
Breytenbach skep in grendeltyd nuwe bundel en werke vir uitstalling op Wellington
2021-07-30Breyten Breytenbach was onlangs op Wellington om oor sy onlangs voltooide skilderye en nuwe bundel gedigte te gesels. Die uitstalling heet Skeursels en die bundel, wat benewens gedigte, afdrukke van werke op die uitstalling bevat, heet Hokhokaai Fragmente. Willem de Vries berig oor die virtuele bekendstelling daarvan. Skeursels duur tot 8 Augustus in die Breytenbach-galery.