"Wanneer gode slaap": Fanie Olivier deel sy ervaring van vertaalwerk aan ’n groot Belgiese Eerste Wêreldoorlog-roman
2020-09-24In Godenslaap (Afrikaanse vertaling: Wanneer gode slaap (Protea)), ’n roman wat die Eerste Wêreldoorlog op aangrypende wyse die groter Nederlandse literatuur binnegebring en aan die skrywer en digter Erwin Mortier die AKO-literatuurprys besorg het, kyk ’n Belgiese digter terug op haar lewe van bykans 100 jaar. Willem de Vries het met Fanie Olivier oor sy ervaring en vertaling van hierdie monumentale boek gesels.
Raster en Terras hebben mijn hang naar internationalisme geïntensiveerd – Erik Lindner
2020-07-07"Ik heb gedacht: Terras doe ik om een internationale ruimte open te houden, Revisor voor mijn eigen schrijven." Erik Lindner het met Willem de Vries gesels oor sy werksaamhede by die tydskrif waar hy vroeër vanjaar uitgetree het, hy bespreek internasionalisering en vertaling, en vertel van verskeie komende publikasies en projekte.
Gerekende Poolse letterkundige Jerzy Koch verken taal en letterkunde skeppend in sy eerste Afrikaanse digbundel
2020-05-21"Afrikaans is kompak en beskik oor ’n seggingskrag wat ek moeilik met ander tale kan vergelyk. Die taal het baie variëteite en ek geniet elke variëteit in wat ek lees of wat ek in die land self hoor. Ek trap in Afrikaans my paadjies en praat ook 'my' Afrikaans, skep my eie uitdrukkingsmoontlikhede in hierdie taal."
Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?
2020-04-24"Ons is ’n bastervolk van vele oorspronge en volledig en onlosmaaklik inheems as Afrikane. Ons is (nie as enigstes nie maar net so 'geregtig' as wie dan ook) van die oorspronklike synsnyers en agter-die-sterre-aan-lopers. Ons taal moes gesmee en gelouter en versoepel word omdat ons hier moes oorlewe, moes andersmaak en andersword. Die storie is nog lank nie verby nie ..."
Bekroonde Belgiese digter "gelukkig en dankbaar" oor ontvangs van sy bundel in Afrikaanse vertaling
2020-02-27Het zingen van de wereld is Marc Tritsmans se twaalfde bundel. Telkens, in openbarende oomblikke in sy gedigte, wys die digter dat die wêreld veel meer aandag en respek van ons vra en verdien. Hy het Willem de Vries se vrae oor die bundel beantwoord.
Hugo en T’Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootse werk Het verdriet van België, wat binnekort in Afrikaans verskyn
2020-02-26Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan. Die hoogleraar Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent is nou betrokke by interessante programme oor Claus in Vlaandere en Suid-Afrika wat vir Mei rondom die vertaling beplan word en bied van sy insigte in hierdie meesterwerk. Hugo en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Louise Viljoen vertel van jonger geslag digters wat waag in Afrikaans
2020-02-24Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.
De Graaff skryf eerste boek oor belangrike Griekwa-kaptein van 1800’s
2020-01-27In sy mees onlangse boek, Barend Barends – Die vergete kaptein van Danielskuil, fokus die historikus en joernalis Bart de Graaff op ’n belangrike figuur binne die noordelike grensgebied van die Kaapkolonie in die 1800’s. De Graaff het Willem de Vries se vrae beantwoord oor hierdie persoonlike reisverslag wat terselfdertyd ’n joernalistieke werk en geskiedenisboek is. Die bekroonde vertaler Daniel Hugo het die manuskrip uit Nederlands in Afrikaans vertaal.
Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans daarop gerig om meerstemmigheid te bestendig
2020-01-20Vir Marni Bonthuys, redakteur van Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (T.N&A), is akademiese meerstemmigheid ’n vereiste vir gesonde wetenskap en bied die tydskrif bydraes wat strek van grammatika tot literêre tendense, teoretiese benaderings, kultuurhistoriese verskynsels en literatuur-sosiologiese ontwikkelinge. Sy het Willem de Vries se vrae oor T.N&A se ontwikkelinge en komende uitgawes beantwoord.
Tydskrif vir Letterkunde plaas Afrikaans binne die groter konteks van Afrika deur transnasionale literatuurstudie
2019-12-05"Die Afrikaanse letterkunde bevat tekste wat as 'koloniaal' én 'postkoloniaal' getipeer kan word, en dit word met vrug bestudeer binne die kader van postkoloniale studies. Nederlandstalige letterkundige tekste sluit eweneens sulke koloniale en postkoloniale voorbeelde in, en boonop is ’n deel van die Afrikadiaspora in voormalige Nederlandse kolonies gesetel, soos Suriname en die Antille. Die moontlikhede vir (vergelykende) studies is dus werklik volop."
Poolse tydskrif Werkwinkel plaas in sy 1ste dekade kwart van bydraes in Afrikaans
2019-10-31Werkwinkel word sedert sy eerste uitgawe in 2006 deur die Adam Mickiewicz-universiteit (UAM) in Pole uitgereik. Dit bevat bydraes in Nederlands, Engels en Afrikaans en in die onlangse verlede is daarin uitgebreid aandag geskenk aan skrywers aan die orde van Breyten Breytenbach, Olga Kirsch en JM Coetzee. Jerzy Koch, stigter-redakteur van Werkwinkel, het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Nederlandse leerstoel vir universiteite in Suid-Afrika beoog
2019-09-27’n Nederlandse leerstoel vir Suid-Afrika wat fokus op taalkunde, letterkunde en geskiedenis en waarby universiteite in die Lae Lande en Suid-Afrika sowel as die Taalunie betrokke is, word tans in die vooruitsig gestel, skryf Willem de Vries.
Afrikaans wen aan waardering danksy opregte erns met wisselwerking – Breytenbach
2019-09-27"Vir Afrikaanse letterkunde begin daar nou ’n resepsieverbreding plaasvind. En die basis word gelê vir wat nou eers werklik ’n diepgaande wisselwerking en ’n gesprek is, ’n dialoog sou ons dit kon noem, tussen Afrikaans, wat natuurlik verwant is aan die Germaanse tale, én al die ander invloede wat ingekom het." Só het die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach op die afgelope Tuin van Digters-fees op die dorp Wellington in die Wes-Kaap gesê. Willem de Vries berig.
Breytenbach gesels met vertalers en lesers oor vertaling as bewuswording
2019-09-27Insiggewende beskouings oor vertaling en die vertaalbaarheid van Breyten Breytenbach se gedigte het die botoon gevoer in ’n bespreking waaraan hy by die Tuin van Digters-fees op Wellington deelgeneem het, berig Willem de Vries.
Bande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif
2019-09-10In die nuwe uitgawe van die tydskrif Zacht Lawijd staan die Afrikaanse skrywer en skilder Breyten Breytenbach se aanwesigheid en resepsie in Nederland en Vlaandere sentraal. Yves T’Sjoen is die redakteur van die tydskrif. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord en vertel van die komende program in Gent in die jaar wat Breytenbach se 80ste verjaardag internasionaal gevier word.