Masakhane leads the way for low-resourced African languages online
2021-07-01Masakhane, today a group of more than 400 volunteers from more than 20 African countries, is helping to change predominantly monolingual and homogeneous spaces in technology into something far richer and more accessible for people in and from Africa.
Chinatown: Schaffer en Kamfer oor die omsit van ervaring in digkuns en die Nederlandse vertaling van haar werk
2021-06-25Ronelda S Kamfer en Alfred Schaffer, die Nederlandse vertaler van Kamfer se mees onlangse bundel, Chinatown (2019), het onlangs as deel van die Zuid-Afrikahuis se Boeken uit het Huis-reeks vrae beantwoord van Ama van Dantzig, ’n kreatiewe brugbouer, berig Willem de Vries.
Veelsydige Deon Meyer stel nuwe Bennie-en-Vaughn-boek in vooruitsig
2021-05-14"Meyer het dié nuus met die Nederlandse skrywer Peter Römer gedeel in ’n onderhoud wat Römer met Meyer gevoer het vir die skrywersgespreksreeks Boeken uit het Huis wat die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam aanbied. Die Nederlandse vertaling van Meyer se jongste speurspanningsroman, Donkerdrif, het onlangs verskyn en Martine Vosmaer, wat saam met Karina van Santen Meyer se boeke in Nederlands vertaal, het oor die vertaalwerk daaraan gesels."
Waardering vir skrywer Harry Kalmer kring uit in Nederlands
2021-03-30In ’n land sonder voëls, die laaste roman van die bekende Suid-Afrikaanse skrywer Harry Kalmer (1956–2019), het vroeër vanjaar in die Nederlandse vertaling van Rob van der Veer onder die titel In een land zonder vogels by die uitgewery Aldo Manuzio verskyn. Dit is onlangs bespreek op Boeken uit het huis, ’n program aanlyn waarin die Zuid-Afrikahuis in samewerking met die Taalunie werke van Afrikaanse skrywers aan ’n internasionale gehoor bekendstel.
Bespreking van poësie in Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere bring werke van Schaffer in fokus
2021-03-17Die digter Alfred Schaffer, vanjaar die ontvanger van die gesogte PC Hooft-prys vir sy oeuvre tot dusver, was vandeesmaand sowel gas as fokus van ’n digitale simposium wat die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam aangebied het, berig Willem de Vries.
Zuid-Afrikahuis se gespreksreeks oor Afrikaanse skrywers en boeke begin met Jolyn Phillips se Bientang
2021-03-01’n Bespreking van die “laaste Strandloper” en Jolyn Phillips, die skrywer van ’n verhalende gedig oor haar, het ’n nuwe reeks aanlyn gesprekke ingelei oor Afrikaanse skrywers en hul onlangse werke. Die Gentse hoogleraar Yves T’Sjoen het met haar gesels vir die eerste uitsending van Boeken uit het Huis. Willem de Vries lewer verslag.
Lewende, gesaghebbende digitale biblioteek vir Afrikaanse letterkunde
2021-02-17Die ontwikkeling van ’n omvattende aanlyn bron oor alle publikasies wat oor die Afrikaanse letterkunde handel, is tans goed op dreef. Die projekbestuurder van die Digitale bibliografie van die Afrikaanse letterkunde aan die Noordwes-Universiteit is die letterkundige Janien Linde. Sy het aan Willem de Vries vertel van die projek wat reeds aanlyn beskikbaar is en wat deurentyd bygewerk word.
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Aandag vir Afrikaanse werke in vertaling neem internasionaal toe
2021-02-03Ten spyte daarvan dat die wêreld ingrypend verander het, bly daar ’n aanvraag vir vertaalde werke. Buitelandse uitgewers raak ook meer bewus van die bestaan en potensiële steun wat die PEN Afrikaans Vertaalfonds bied, sê Catrina Wessels, bestuurder van PEN Afrikaans, in ’n gesprek met Willem de Vries.
Nieuwe opleiding Nederlands in India
2021-01-20Van vanjaar af bied die English and Foreign Languages University (EFLU) in Hyderabad in Indië ’n kursus in Nederlands aan. Kristof Baten en Yves T’Sjoen, albei van die Universiteit Gent (UGent), was saam met kollegas van die Nederlandse Taalunie (NTU) en die Universitêre Sentrum vir Taleonderrig (UGent-UCT) nou betrokke by die gesprekke oor en oprigting van die nuwe pos aan die EFLU, die belangrikste universiteit in Indië vir buitelandse tale. Baten en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord.
Navorsing oor Breytenbach bring belangrikheid van Vlaamse bande aan die lig
2020-12-22"Die nuwe navorsing oor Breytenbach en sy bande met Vlaandere bied ’n geweldig boeiende ondersoek, en Viljoen het voorgestel dat dit in vennootskap of samewerkend aan te pak is. T’Sjoen is dit met haar eens."
Ontvanger van P.C. Hooft-prys, Alfred Schaffer, ’n digter werksaam in die gebied tussen Afrikaans en Nederlands
2020-12-18Die gesiene Nederlandse digter Alfred Schaffer wat in Suid-Afrika woon en werk, is die ontvanger van die P.C. Hooft-prys in 2021 vir sy poësieoeuvre. Willem de Vries het met hom gesels.
GAZ-webinaar: Studie van Afrikaanse letterkunde baat by buiteperspektief en meertaligheid – Marni Bonthuys
2020-12-15Die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ)-webinaar van die Universiteit van Gent se Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika word op 16 Desember 2020 die eerste keer aangebied. Akademici in Suid-Afrika en België gaan hieraan deelneem. Marni Bonthuys, ’n dosent aan die Universiteit van Wes-Kaapland en aan Gent, is een van die deelnemers. Willem de Vries gesels met haar.
GAZ-webinaar: Martina Vitackova vertel van ’n Gentse webinaar oor Afrikaanse letterkunde en komende publikasies
2020-12-14Aan die einde van wat internasionaal allerweë ’n uitdagende jaar was, daag daar vandeesmaand in letterkundestudies iets met die aard van ’n nuwe lente en ’n nuwe geluid op in die vorm van die eerste webinaar van die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika (GAZ). Akademici van verskeie wêrelddele gaan hieraan deelneem. Die koördineerder van die webinaar is die Tsjeggiese vertaler van Afrikaanse letterkunde Martina Vitackova. Sy gesels met Willem de Vries.
Aldo Manuzio se Pieter Rouwendal: "Ik geef graag die boeken uit, die ik zelf niet meer weg kan leggen"
2020-12-10Werke van skrywers aan die orde van Dan Sleigh, Wilma Stockenström en Karel Schoeman verskyn al geruime tyd in Nederlandse vertaling by die uitgewery Aldo Manuzio. En danksy die PEN Afrikaans-vertaalfonds kry Afrikaanse fiksie toenemend raklewe in die Nederlande. Die uitgewer Pieter Rouwendal het met Willem de Vries oor sy liefde vir Afrikaanse skryfwerk en planne gesels.
Charlotte Van den Broeck: "Ik zie de vertalingen echt als een gedeeld auteurschap met de vertaler"
2020-11-17Die Vlaamse digter Charlotte Van den Broeck is vir die bundel Kameleon (2015) met die Herman de Coninck-debuutprys bekroon. Sedertdien het werke uit haar pen lesers in verskeie tale eweneens beïndruk. Haar debuut is nou in Afrikaans beskikbaar danksy Daniel Hugo se vertaling daarvan vir Protea. Vir Van den Broeck behels veral literêre vertaling ’n gedeelde outeurskap. Sy het Willem de Vries se vrae beantwoord.