Willem de Vries

Willem de Vries is ’n skrywer van die Kaap. Van sy kortverhale is op LitNet en in verskeie versamelbundels te lees. Hy en sy vrou, Jorisna, woon in Boston, Bellville.

Bekroonde Belgiese digter "gelukkig en dankbaar" oor ontvangs van sy bundel in Afrikaanse vertaling

Willem de Vries, Marc Tritsmans Literatuur 2020-02-27

Het zingen van de wereld is Marc Tritsmans se twaalfde bundel. Telkens, in openbarende oomblikke in sy gedigte, wys die digter dat die wêreld veel meer aandag en respek van ons vra en verdien. Hy het Willem de Vries se vrae oor die bundel beantwoord.

Hugo en T’Sjoen deel insigte en nuus oor Claus se grootse werk Het verdriet van België, wat binnekort in Afrikaans verskyn

Willem de Vries, Daniel Hugo, Yves T'Sjoen Interviews 2020-02-26

Die veelsydige Vlaamse meester Hugo Claus se roman en magnum opus, Het verdriet van België, verskyn binnekort in Afrikaans. Daniel Hugo verwys na die boek as die grootste uitdaging én hoogtepunt van sy vertaalloopbaan. Die hoogleraar Yves T’Sjoen van die Universiteit van Gent is nou betrokke by interessante programme oor Claus in Vlaandere en Suid-Afrika wat vir Mei rondom die vertaling beplan word en bied van sy insigte in hierdie meesterwerk. Hugo en T’Sjoen het Willem de Vries se vrae beantwoord. 

Louise Viljoen vertel van jonger geslag digters wat waag in Afrikaans

Louise Viljoen, Willem de Vries Academisch 2020-02-24

Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.

De Graaff skryf eerste boek oor belangrike Griekwa-kaptein van 1800’s

Willem de Vries, Bart de Graaff Interviews 2020-01-27

In sy mees onlangse boek, Barend Barends – Die vergete kaptein van Danielskuil, fokus die historikus en joernalis Bart de Graaff op ’n belangrike figuur binne die noordelike grensgebied van die Kaapkolonie in die 1800’s. De Graaff het Willem de Vries se vrae beantwoord oor hierdie persoonlike reisverslag wat terselfdertyd ’n joernalistieke werk en geskiedenisboek is. Die bekroonde vertaler Daniel Hugo het die manuskrip uit Nederlands in Afrikaans vertaal.

Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans daarop gerig om meerstemmigheid te bestendig

Willem de Vries, Marni Bonthuys Academisch 2020-01-20

Vir Marni Bonthuys, redakteur van Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (T.N&A), is akademiese meerstemmigheid ’n vereiste vir gesonde wetenskap en bied die tydskrif bydraes wat strek van grammatika tot literêre tendense, teoretiese benaderings, kultuurhistoriese verskynsels en literatuur-sosiologiese ontwikkelinge. Sy het Willem de Vries se vrae oor T.N&A se ontwikkelinge en komende uitgawes beantwoord.

Tydskrif vir Letterkunde plaas Afrikaans binne die groter konteks van Afrika deur transnasionale literatuurstudie

Willem de Vries, Jacomien van Niekerk Interviews 2019-12-05

"Die Afrikaanse letterkunde bevat tekste wat as 'koloniaal' én 'postkoloniaal' getipeer kan word, en dit word met vrug bestudeer binne die kader van postkoloniale studies. Nederlandstalige letterkundige tekste sluit eweneens sulke koloniale en postkoloniale voorbeelde in, en boonop is ’n deel van die Afrikadiaspora in voormalige Nederlandse kolonies gesetel, soos Suriname en die Antille. Die moontlikhede vir (vergelykende) studies is dus werklik volop."

Poolse tydskrif Werkwinkel plaas in sy 1ste dekade kwart van bydraes in Afrikaans

Willem de Vries, Jerzy Koch Interviews 2019-10-31

Werkwinkel word sedert sy eerste uitgawe in 2006 deur die Adam Mickiewicz-universiteit (UAM) in Pole uitgereik. Dit bevat bydraes in Nederlands, Engels en Afrikaans en in die onlangse verlede is daarin uitgebreid aandag geskenk aan skrywers aan die orde van Breyten Breytenbach, Olga Kirsch en JM Coetzee. Jerzy Koch, stigter-redakteur van Werkwinkel, het Willem de Vries se vrae beantwoord.

Nederlandse leerstoel vir universiteite in Suid-Afrika beoog

Willem de Vries Academisch 2019-09-27

’n Nederlandse leerstoel vir Suid-Afrika wat fokus op taalkunde, letterkunde en geskiedenis en waarby universiteite in die Lae Lande en Suid-Afrika sowel as die Taalunie betrokke is, word tans in die vooruitsig gestel, skryf Willem de Vries.

Afrikaans wen aan waardering danksy opregte erns met wisselwerking – Breytenbach

Willem de Vries Meningen 2019-09-27

"Vir Afrikaanse letterkunde begin daar nou ’n resepsieverbreding plaasvind. En die basis word gelê vir wat nou eers werklik ’n diepgaande wisselwerking en ’n gesprek is, ’n dialoog sou ons dit kon noem, tussen Afrikaans, wat natuurlik verwant is aan die Germaanse tale, én al die ander invloede wat ingekom het." Só het die Afrikaanse digter Breyten Breytenbach op die afgelope Tuin van Digters-fees op die dorp Wellington in die Wes-Kaap gesê. Willem de Vries berig.

Breytenbach gesels met vertalers en lesers oor vertaling as bewuswording

Willem de Vries Meningen 2019-09-27

Insiggewende beskouings oor vertaling en die vertaalbaarheid van Breyten Breytenbach se gedigte het die botoon gevoer in ’n bespreking waaraan hy by die Tuin van Digters-fees op Wellington deelgeneem het, berig Willem de Vries.

Bande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif

Willem de Vries, Yves T'Sjoen Interviews 2019-09-10

In die nuwe uitgawe van die tydskrif Zacht Lawijd staan die Afrikaanse skrywer en skilder Breyten Breytenbach se aanwesigheid en resepsie in Nederland en Vlaandere sentraal. Yves T’Sjoen is die redakteur van die tydskrif. Hy het Willem de Vries se vrae beantwoord en vertel van die komende program in Gent in die jaar wat Breytenbach se 80ste verjaardag internasionaal gevier word. 

Hoogleraar Margriet van der Waal bekyk geskiedenis van SA leerstoel in Amsterdam en die rol daarvan vandag

Willem de Vries SASNEV 2019-08-15

"Hoewel die geskiedenis van die Amsterdamse leerstoel ... vir sekere mense ’n uiting van ’n stamverwantskap bly ... bied die leerstoel ... die geleentheid om ... krities na ons eie geskiedenis te kyk en die veelvuldige verstrengeling van die Suid-Afrikaanse ervaring waarop en deur middel waarvan kultuur gereflekteer word." Só sê prof. Margriet van der Waal, bekleër van die leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde, cultuur en geschiedenis aan die Universiteit van Amsterdam. Van der Waal het op Saterdag 3 Augustus by SASNEV ’n lesing oor die geskiedenis en die leerstoel in sy huidige vorm aangebied. Willem de Vries lewer verslag.

"Als de bundel een huis is, doet Daniel Hugo de deur open en leidt de bezoeker rond"

Willem de Vries, Benno Barnard Interviews 2019-08-05

Die meermale bekroonde Nederlandse digter Benno Barnard is ’n groot voorstander van samewerking tussen die Nederlandstalige en Afrikaanstalige literatuur. Dus is dit ’n heuglike gebeurtenis dat die Afrikaanse vertaling daarvan deur ’n vertaler en digter aan die orde van Daniel Hugo langs Benno se oorspronklike verse gepubliseer is. Benno het met Willem de Vries oor sy poësie en die bundel Die trouservies gesels.

Die Belgiese boekemens Ludo Teeuwen se "waardering voor de literatuur in het Afrikaans blijven alleen maar groeien"

Willem de Vries, Ludo Teeuwen Interviews 2019-07-03

Die akademikus Ludo Teeuwen is nou betrokke by Vlaamse programme waar belangstellende gehore aan Afrikaanse boeke en Suid-Afrikaanse rolprente bekendgestel word. Hy het per e-pos met Willem de Vries gesels oor die letterkunde in Afrikaans en Suid-Afrika, die rol van die Vlaams Zuid-Afrikaanse Vereniging, en programme van die Week van de Afrikaanse Roman, en stel ’n Belgiese genootskap, Hartklop, bekend.

"Poëzie staat niet naast de wereld, maar er middenin"

Willem de Vries, Stefaan Goossens Interviews 2019-05-09

Die Poëziecentrum in Gent is reeds vir jare ’n baken van verskeidenheid en betrokkenheid, iets wat blyk uit die sentrum se jaarlikse vol programme oor boeke, digters en poësiepublikasies vir lesers van enige leeftyd. Die sentrum se Stefaan Goossens het aan Willem de Vries ook vertel van die Ernst van Heerden-versameling en hoe die al hoe groter wordende versameling Afrikaanse poësie daar deel van ’n internasionale projek is.  

Verified by MonsterInsights
Top