Stef Bos: ’n Konstante spieël waarin ek lewe, is dié tussen Afrikaans en Nederlands
2018-05-03Stef Bos, ’n verkenner van die kreatiewe moontlikhede tussen Afrikaans en Nederlands, het aan Willem de Vries vertel van ’n gebied waar gedigte en lirieke mekaar ontmoet.
Winternachten fokus al hoe meer op transnasionale gesprek in die letterkunde
2018-04-12"Ton van de Langkruis is die hoof van Den Haag se Winternachten-letterkundefees. Vir hom is dit belangrik dat, benewens dié vir die beskouings van politici, wetenskaplikes, joernaliste en meningsvormers in die media, ook skrywers en digters ’n verhoog het. 'Skrywers wat in hul werk kwessies aanroer wat verband hou met die ontwikkelinge in die wêreld en in hul land, het op hul eie manier kundigheid oor hierdie kwessies,' het hy aan Willem de Vries gesê."
Westerman sit reis met El Negro en ek voort
2018-04-09"‘Saartjie Baartman was bekend. El Negro minder so. Maar die besondere is dat El Negro een jaar voor die terugkeer van Saartjie Baartman uiteindelik na Botswana gebring en daar begrawe was.’"
In Afrikaanse letterkunde word ons globale verbondenheid steeds meer sigbaar, sê Margriet van der Waal
2018-03-15"Die Suid-Afrikaanse akademikus Margriet van der Waal is sedert September verlede jaar besondere hoogleraar aan die Universiteit van Amsterdam (UvA). Sy het aan Willem de Vries van die Leerstoel vir Suid-Afrikaanse Literatuur, Kultuur en Geskiedenis en haar voornemens in hierdie verband vertel."
Kaapse sentrum ’n kulturele tuiste vir die Nederlandse taal en letterkunde in Suid-Afrika
2018-03-01"Vanjaar werk die sentrum nou saam met Protea Boekhuis, die Nederlandse Letterenfonds, ook die Woordfees op Stellenbosch en die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn. Die sentrum het gehelp dat Ray Kluun vanjaar by die Woordfees optree en dat Frank Westerman na die KKNK gaan."
Die werklike dialoog tussen Nederlands en Afrikaans as anderselwige gelykes begin nou eers. – Breyten Breytenbach
2018-02-22"Breyten Breytenbach het aan Willem de Vries vertel van sy ervaring van ’n Nederland gerig op groter verruiming en bevryding en hoedat 'Afrikaanse-Suid-Afrikaanse-Afrikane se inherente rykdom bestaan in die feit dat ons inheemsheid kom deur ons vermenging'."
Nuwe leerstoel in Gent toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans, sê Hein Willemse
2018-02-12"Dikwels, en miskien meestal – ook in Suid-Afrika – word internasionalisering vertolk as opgaan in die Engelse of Anglo-Amerikaanse akademiese wêreld. Die skakeling met Gent, die instelling van die leerstoel aldaar, is ’n toonbeeld van internasionalisering deur Nederlands én Afrikaans."
Aansoeke vir studie in Nederland en Suid-Afrikaanse besoeke van Nederlandse skrywers en kunstenaars neem toe - Van Ewijck-stigting
2018-01-22"Al vir vier dekades sorg die Van Ewijck-stigting vir die bestendiging en uitbou van kulturele wisselwerking tussen Suid-Afrika en die Nederlande."