Tweespraak met Riana Scheepers: "De culturele 'ander' in een pluriculturele Zuid-Afrikaanse context"

  • 0

"De culturele 'ander' in een pluriculturele Zuid-Afrikaanse context"

Tweespraak met Riana Scheepers

Riana Scheepers is in de Lage Landen een bekende naam. Vooral in de jaren negentig is proza vertaald in het Nederlands, al meteen na haar debuut in Zuid-Afrika, en het kreeg in Nederland en Vlaanderen bijzonder gunstige reacties. Niet alleen zijn kortverhalenbundels, romans en de dichtbundel Met die taal van karmosyn (2001) in het Nederlands beschikbaar. Dat geldt ook voor het jeugdboek Blinde sambok (2001). De vroege literatuurproductie, gepubliceerd vanaf 1990, met Die ding in die vuur (1990), Dulle Griet (1991), n Huis met drie en ’n halwe stories (1994), Feeks (1999) en Katvoet (2009), zijn ook in het Nederlandse taalgebied vlot over de toonbank gegaan. Dulle Griet, Scheepers’ Nederlandse debuut, leverde meteen een aardig verkoopsucces op. Ook latere vertalingen deden het goed in de Lage Landen. De lijst is indrukwekkend: Dulle Griet (Prometheus, Amsterdam, 1994; vertaling van Dulle Griet en Die ding in die vuur), Onbevlekte ontvangenis (Prometheus, Amsterdam, 1995; vertaling van ’n Huis met drie en ’n halwe stories), De heidendochters juichen (Prometheus, Amsterdam, 1996; vertaling van Die heidendogters jubel), Die ding in die vuur (Prometheus, Amsterdam, 1997; verzamelde kortverhalen), Dochters van Afrika (Prometheus, Amsterdam, 1998; vertaling van Dogters van Afrika), Feeks (Querido, Amsterdam, 2000; vertaling van Feeks), Met de taal van karmosijn (Uitgeverij P, Leuven, 2003; vertaling van Met die taal van karmosyn), Het schorpioenenkind (Lannoo, Tielt, 2003; vertaling van Blinde sambok) en Katvoet (Ailantus [thans: Nieuw Amsterdam], Amsterdam, 2010; vertaling van Katvoet). 

De auteur was een paar keer te gast in de Lage Landen. In 2019 nam Scheepers deel aan de Week van de Afrikaanse roman in Nederland en Vlaanderen (https://www.litnet.co.za/programma-week-van-de-afrikaanse-roman-2019/). Eerder was ze genodigd in het Vlaams Parlement als enige Afrikaanstalige dichter. In de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren (DBNL) kan een artikel van Guido Logie worden gelezen, naar aanleiding van de vertaling van Feeks, waarin de eervolle uitnodiging aldus wordt voorgesteld: “Voor de inhuldiging van het Huis van de Vlaamse Volksvertegenwoordigers en naar aanleiding van het dertigjarig bestaan van het Vlaams Parlement, kreeg Jozef Deleu, oud-hoofdredacteur van Ons Erfdeel, een royaal budget ter beschikking om een poëziefeest te organiseren. Voor dat overigens bijzonder succesvolle evenement, dat de naam Vlaanderen en Co. Poëten in het parlement kreeg, liet Deleu ’niet alleen tien Vlaamse dichters aantreden maar ook acht Nederlandse, twee Belgisch Franstalige en een Belgisch Duitstalige, een Surinaamse, een Antilliaanse en een Zuid-Afrikaanse’” (https://www.dbnl.org/tekst/_nee003200201_01/_nee003200201_01_0094.php). Nog vermeldenswaard: Scheepers stelde met Jooris van Hulle de bloemlezing Verstaan my verlangste. 100 liefdesgedichten in het Afrikaans samen (Davidsfonds Literair, 2003).

Eerst vóór de pandemie, nu weer op vraag van de Belgische ambassade van Gambia, is zij uitgenodigd voor een schrijversresidentie in het poëziedorp Watou, gelegen in de Westhoek nabij de Franse grens. Ik heb naar aanleiding van deze tweespraak het verzoek weer voorgelegd aan de schrijfster. Bij die gelegenheid wordt Scheepers door het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika uitgenodigd voor lezingen en een vertaalworkshop georganiseerd door de Universiteit Gent.

Over Scheepers’ contacten met de Lage Landen is kortom veel te zeggen. Het overzicht is niet exhaustief. Net als vele andere Zuid-Afrikaanse auteurs staat zij op de brug tussen het Afrikaans en het Nederlands. Wat zo bijzonder is, toe te schrijven aan haar tijd in KwaZoeloe-Natal, is de vertrouwdheid met de verteltraditie, etnische discoursen en verwijzingen naar de Zoeloelandse cultuur van de ‘ugogo’ of de verhalenverteller. Behalve de aandacht voor pluriculturaliteit in Zuid-Afrika geldt haar werk als uitgesproken anti-patriarchaal, feministisch en dus sterk geëngageerd.

Aan het slot van een profielschets door Louise Viljoen in Perspektief & Profiel (red. H.P. van Coller) staat opgetekend: “[…] Scheepers se veelsydige oeuvre [kan] gesien word as een wat besondere reliëf en dimensie aan die Afrikaanse letterkunde gee omdat dit boeiende debatte stimuleer in verband met vraagstukke soos die voorstelling van die kulturele Ander binne die multikulturele Suid-Afrikaanse konteks, die hantering van feministiese kwessies en die verhouding tussen ernstige en populêre literatuur binne die kanon van Afrikaans”. De observatie is de aanleiding voor deze tweespraak.

Yves: Riana, elders in het lemma noteert Louise Viljoen ook nog dit: “Die bundel [Die ding in die vuur, 1990] kombineer n Europese verteltradisie (soos wat blyk uit die gebruik van die kortverhaalvorm en postmodernistiese vertelstrategieë) met die orale tradisies van Afrika (soos gemanifesteer in die talle verwysings na die Zoeloe-verteltradisie oorgedra deur vroue). […] Ten einde die invloed van die Zoeloe-verteltradisie op die versameling verhale te bekragtig, word die bundel self voorafgegaan én afgesluit deur tradisionele storievertel-formules in Zoeloe […]. Met die verskyning van hierdie kortverhaalbundel het die kritiek oorwegend positief gereageer op Scheepers se poging om verskillende verteltradisies daarin te kombineer en die paradokse van n bestaan in Suid-Afrika vanuit verskillende vertelperspektiewe te verbeeld.” Meervoudig vertelperspectief en aandacht voor Europese en Afrikaanse cultuurtradities dragen er kortom toe bij dat jouw werk kan worden gezien als een bruggenhoofd tussen Afrika en de Westerse wereld. Dit is overigens ook de reden waarom ik in colleges in Gent aandacht besteed aan Die ding in die vuur en de figuur van de ‘ugogo’. De Afrikaanse letteren waren geruime tijd vrijwel uitsluitend gericht op witte Afrikaners en op bruin en swart mensen als werkers op de plaas. Je hebt dat stigma doorbroken, door een cultureel (“indigenous”) referentiekader te introduceren dat voor veel witte Afrikaanssprekenden en ook Nederlandstalige lezers lang buiten beeld is gebleven.

Kun je iets méér zeggen over het belang van het openbreken van (hegemonistische of nationalistische) culturele discoursen door vanuit een breder perspectief literatuur te schrijven. Het heeft je wel eens kritiek opgeleverd, met name dat de eurocentrische vertelvorm of perspectief nog steeds de nadruk kreeg (“n sekere gemaklike kultuur-appropriasie nie, omdat die Europees-gesentreerde perspektief bly oorheers”, zo verwijst Viljoen in het lemma in P&P naar enkele kritieken).

Riana: So algaande kry ek al hoe meer deernis met die absolute, goddelike oortuiging waarmee sommige kritici en lesers hul menings kan lug en terselfdertyd ’n al hoe groter renons in dit wat hulle met soveel goddelike insig opdis as  insig en waarheid. Kulturele appropriasie wil ek eerder kulturele oorname, of kulturele onteiening noem. Daarvan is daar genoeg - afgryslike - voorbeelde. Dit is die nuanses tussenin wat my as skrywer interesseer, want elke kunstenaar moet een of ander tyd met ’n ander kultuurgroep se kunswerke gekonfronteer – en geïnspireer - word. As ’n skrywer nougeset “korrekte” literatuur lewer, die maatskappy dien, die regte geluide maak, wegskram van die menings van kritici en leser deur net sy eie beklemmende kultuureie te beskryf – watter opwinding of vernuwing is daar dan? Afrikaanse skrywers was nog altyd pioniers. Afrikaans is in alle terme ’n nuwe taal, nog geen eeu oud nie. Die skrywers het in ’n nuwe taal begin skryf, in ’n nuwe land, ’n nuwe politieke bedeling, vanuit ’n geïsoleerde landskap. (Die kulturele boikot van die apartheidsjare het meer verreikende gevolge vir die kunstenaars in Suid-Afrika gehad as wat mens ooit sal weet.) Hoe ookal, hierdie korpus letterkunde het lieflike, slordige, warsinnige, maar oorspronklike werk gelewer, ’n letterkunde wat aanvanklik nie teen ’n Europese standaard getoets kon word nie.

Ek weet nie waar om myself te plaas in hierdie scenario nie. As jong skrywer, skrywend vanuit die mees kultureel geïsoleerde gebied van Suid-Afrika, Natal (wat later kwaZulu-Natal geword het), het ek geen idee gehad wat die literêre diskoers was nie.  Ek was ’n jong vrou, ’n enkelmoeder wat probeer het om te oorleef in ’n landskap wat polities om my ontplof het. Ek het my troos gevind in my taal, my driftige soeke om sin te maak van dit wat ek beleef het. En toe, op ’n dag, het ek ook besef dat ek eintlik net in my ander taal, Zulu, sin kan maak van die chaos om my. Want my troos was nie net in my taal nie, maar veral in my naasbestaan met die mense met wie ek grootgeword het, die swart mense van Natal. Dat ek oor “my mense”  moes skryf, was die natuurlike uitvloeisel. Ek het geen politieke boodskap gehad nie, ek het geskryf oor dit wat vir my onstellend en beeldskoon was. Soos nét ’n debuut-skrywer kan skryf, sonder om te besef wat die implikasies daarvan is. Ek het nie besef ek skryf ’n nuwe leefwêreld vir die wit leser oop nie, dit het die kritici later vir my gesê. En ironies genoeg was die felste kritiek wat ek gekry het, nie oor die problematiek van onder meer diskriminasie teenoor swart vroue wat ek aangespreek het nie, maar omdat ’n goeie, jong, wit vrou soos ek sulke kru taal gebruik.

 Ek wens dat ek steeds daardie onnoselheid en drif kon hê, maar helaas, mens is letterlik net een keer ’n debuutskrywer.  Nou is ek nie wyser nie, wel versigtiger.

Die ironie lê daarin dat wanneer ’n skrywer eenhonderdpersent kultureel-eie wil skryf, sy ervaringswêreld so verklein. Ons is meer bedag op die sensitiwiteite ten opsigte van ander kulture, dank die hemele daarvoor, maar ons is nie meer pioniers met nie. Gelukkig maar is daar altyd  nuwe, jong skrywers met nuwe drifte en angste wat in nuwe tongvalle van Afrikaans skryf.

Yves: Verhalend proza, ook dichtwerk, is vertaald in het Nederlands. In hoeverre ben jij betrokken bij de vertaalslag? Heb je bemoeienis met het vertaalproces, vooral gelet op de particuliere reminiscenties aan de Zoeloe-taal en -cultuur. Voor Nederlandse vertalers zijn de cultuur van Zoeloeland en de woordenschat of gebruiken een wereld die hen volkomen vreemd is.

Wordt jouw werk in het Afrikaans anders gelezen dan in het Nederlands?

Riana: Die vertaalproses van my werk na Nederlands was elke keer ’n avontuur en ’n mirakel. Die dag toe die briljante, gevoelige vertaler Riet de Jong-Goossens my lewe binnegetreë het, het my lewe groter en ruimer en interessanter en baie meer dramaties geword. Sy het letterlik die wêreld vir my oopgemaak. Riet het feitlik al my werk vertaal, maar my jeugroman Scorpioenkind en van die poësie is vertaal deur Jooris van Hulle.

Vanweë my kennis van Nederlands kon ek intiem betrokke wees by die vertaalproses. Interessant genoeg was daar drie aspekte van vertaling waarmee ek my vertaler moet bystaan: Eerstens die terme om die Suid-Afrikaanse landskap, die Afrikaanse fauna en die flora te omskryf, tweedens die woordeskat en begrippe oor die Zoeloes se taal en kultuur, selfs voëlgeluide wat uit Zoeloe vertaal moes word, en derdens die Bybelse begrippe. Ek het self nie besef vanuit watter Bybelse idioom ek skryf nie, tot Riet my aandag daarop gevestig het. ’n Geskenk wat ek aan Riet gegee het, was ’n Afrikaanse Bybel. Nie omdat ek haar wou bekeer nie – ha! – maar sodat sy direk kon lees wat die Bybelse idoom is.

Wat betref die beskrywing van die emosionele belewenisse van die karakters, en beskrywings van die interieur, was Riet se vertalings deurgaans beter as die oorspronklike brontaal. Dit is asof Nederlands ’n meer genuanseerde woordeskat het wat dit betref. O, ja, natuurlik het ons oneindige pret gehad om juis die skunnige woordgebruik se juiste toonaard te vind in Nederlands. Sy het met wonderlike nuutskeppings na vore gekom, soos byvoorbeeld haar woord lustspleet vir passion gap. My kennis van Nederlandse vloekwoorde, of dan, aggressiewe taalgebruik, het aansienlik uitgebrei!

Ek en Riet se samewerking was doodgewoon fantasties. Sy het noukeurig elke navraag wat ek gehad het, gemotiveer. Uiteindelik was elke vertaling ’n nuwe kunswerk. Alle eer aan haar!

Ek kon geheel en al nie hierdie bydrae lewer in my werk wat vertaal is in Spaans, Frans of Esties nie. As mens dink deur hoeveel fases die Nederlandse vertaling gegaan het voordat vertaler en outeur tevrede was, besef ek dat die ander vertalings nie dieselfde nuanses kon registreer nie.

Word my werk in Afrikaans anders gelees as  Nederlands? Hoe sal ek regtig weet? Miskien word die Nederlandse leser meer gefassineer deur die onbekende, die eksotiese?

Yves: Daarnaast ben je auteur van kinderboeken en ook van populaire fictie (“kombuisverhale”). Bekend is de reeks met Katriena!-boeken (Haai, Katriena, wat vertel jy my nou?, 1994; Katriena, nou lieg jy mos!, 1995; Katriena, née!, 1996; Katriena, vertel, 2012 (een bloemlezing uit de drie vermelde boeken, met ter aanvulling ongepubliceerde verhalen). In hoeverre haken verschillende genres in elkaar? Van een veelzijdig auteur weten we dat de keuze voor een genre zich opdringt aan het schrijfproces, maar dat het werk tegelijk ondeelbaar door die schrijver is ontworpen. Zijn er thema’s die je in verschillende genres makkelijker of bij voorkeur articuleert? Anders gezegd: hoe bepaal je dat over bepaalde thema’s in gedichten, verhalen, een roman of een kinderboek wordt gewerkt?

Riana: Die geheimsinnige, veranderende natuur van die verkleurmannetjie, chameleon, interesseer my oneindig. Ons noem dié merkwaardige oerdiertjie in Afrikaans ook ’n trapsuutjies. Ek dink my skrywersgeaardheid is dié van die verkleurmannetjie, maar helaas, ek trap nie altyd suutjies nie, inteendeel, ek val met alles wat ek het, in ’n nuwe genre. As ek ’n kreatiewe impuls kry, slaan ek oombliklik oor na die intense kleur van die genre wat daardie impuls moet dra. My geaardheid is sodanig dat ek impulsief en begeesterd reageer op dinge, en die genre meld haar direk saam met die tema aan. Op die oomblik is ek besig om te werk aan ’n reeks kinderverhale met ’n ekologies-bewuste tema - om die jong lesertjie op ’n avontuurlike manier aan die wonderwerke van die natuur bloot te stel, met die implisiete boodskap dat al ons insekte, reptiele, diere en goggas bewonder en beskerm moet word. Natuurlik sonder om te preek. Uiteraard mag dié tema ook in ’n kortverhaal of poësie aangespreek word, maar my reaksie is altyd intuïtief. Elke genre, of dit luisterdrama of verhaal of roman of poësie of selfs joernalistieke berig is, het sy eie energie en uitdaging en vreugde. My taak, as skrywer, is om die genre ten volle te benut, om die eise en uitdagings van elke genre te bowe te kom, om ’n goeie teks te lewer. Die litererêre vakmanskap wat met elke genre ter sake is, is op sigself ’n kreatiewe avontuur.

Ek dink dat die kortverhaal my natuurlike genre is, dit pas my driftige geaardheid, maar so ook is liriek en die reklameteks deel van my psige. Selfs die nuwe genres van die selfoonteks is vir my opwindend, want selfs ’n selfoonteks kan poësie én kortverhaal wees.

Yves: Naast krantenrubrieken, gebundeld in My voete loop na Wellington (2003) en n Engel in my huis (2005) – je schreef trouwens ook een tijdlang een column voor de Vlaamse krant De Morgen, ben je de schrijver van een monografie. Je promoveerde op het onderwerp in de opleiding Afrikaans en Nederlands van de Universiteit van Kaapstad (UCT): Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes (1998). Prinsloo heeft ook het creatieve werk mee bepaald: je hebt een verhaal ontworpen in de zijn schrijfstijl. Ik lees dat Oor die pornografie van geweld in die Afrikaanse prosa: ’n outobiografiese steekproef’ een prozatekst is waarin literair geweld tegenover de realiteit van politiek geweld wordt gesteld (Louise Viljoen). Vanwaar die fascinatie voor een schrijver als Prinsloo, overigens ook een naam in mijn overzichtscursus in Gent (meer bepaald in de context van de taboedoorbrekende literatuur in Afrikaans)?

Riana: Ek en Koos Prinsloo was jeugvriende, ons het opgegroei in naburige dorpe in Natal. Ons het jare lank ’n intense korrespondensie gevoer, vir mekaar ons gedigte gestuur en op jeugdige wyse uitgevaar oor alles wat reg en verkeerd en goed en sleg is. Ons was gefassineerd met die literatuur en ons belewing daarvan. Koos was egter veel meer liberaal as ek, trouens, ek kan my nie meer uiteenlopende mense as ons twee voorstel nie. Miskien was ons twee verloopte siele wat deur ons gedeelte liefde, die literatuur, ’n tuiste in die wêreld gekry het. Koos se kortverhale was nuut, onstellend, kru, briljant. En weerloos. Hy was nie net my vriend nie, hy was ook ’n fassinerende skrywer. Om streng akademies na sy oeuvre te kyk, was om ’n nuwe wonderwese te ontdek. Hy was my vriend, maar hy was ook ’n kunstenaar en ’n intellektuele uitdaging.

Ons vriendskap het in die laaste maande voor sy dood ’n knou gekry. Geen resensent wou sy laaste kortverhaalbundel Weifeling resenseer nie, en in plaas daarvan om dit dood te swyg, het ek besluit om dit te resenseer. Dit was dalk – ter wille van ’n jarelange vriendskap – nie die beste besluit was nie. Weifeling was nie sy beste bundel nie, en Koos het my nooit vir my mening daaroor vergewe nie.

Yves: Multilingualisme en inter- of crossculturaliteit zijn de karakteristieken van recente Afrikaanse literatuur. Er wordt steeds meer in variëteiten van het Afrikaans geschreven, zoals Nama en Kaaps. Dit is de rijkdom van de Afrikaanse literatuur, die zich geleidelijk bevrijdt van de omknelling van het normerende Standaardafrikaans en steeds meer (linguïstisch-cultureel) inclusief wordt. Volg jij die tendensen op de voet, vooral omdat ze aansluiting vinden bij de belangstelling die jij in je werk vanaf het begin aan de dag legt voor andere (Afrika-)verteltradities, met name dus die in het isi-Zoeloe?

Riana: Ja, dit is ’n opwindende tydperk wat Afrikaans betree, dit is al geruime tyd aan die gang. Daar is vonkelende nuwe stemme wat nou in alle klanke van Afrikaans gehoor word. Die selfvertroue waarmee die nuwe skrywers skryf, is verstommend. Wat my veral groot vreugde gee, is die voorheen onbekende bronne van kennis wat nou vir ’n voorheen benouende gemeenskap oopgesluit word: Nuwe taalgebruik, nuwe klanke, onbekende idiome, mites, legendes, gebruike. Ek geniet die vaart en onbeholpenheid van dié tekste, die ontdekking van nuwe stemme. Fantasties!

Die skrywers van Afrikaanse variëteite ontwikkel myns insiens een van die belangrikste eienskappe van die hartklop van Afrika, die magiese realisme.  Ek dink nie eens hulle besef dit self nie. Ek dink ook nie hulle besef hoe belangrik dit is nie!

Yves: Naast Breyten Breytenbach, Ronelda Kamfer, Antjie Krog, Etienne van Heerden en Marlene van Niekerk, vroeger ook André Brink, ben je een van de ‘gewildste’ vertaalde hedendaagse schrijvers uit Zuid-Afrika in het Nederlands. De uitnodiging voor een schrijfresidentie in Watou, naast de vorige passages, is hiervan een getuigenis. Kun je meer zeggen over (het belang van) die contacten, meer bepaald netwerken met schrijvers in Vlaanderen? Bekend is jouw vriendschapsband met Herman de Coninck begin jaren negentig. In het brievenboek Een aangename postumiteit. Brieven 1965-1997 (2004), met een ruime selectie brieven van De Coninck, komt jouw naam meermaals voor.

Riana: Wat kan ek meer sê as dat die kontak met mense: skrywers, letterkundiges, boekhandelaars, vertalers, redakteurs, joernaliste en veral lesers binne die ruim taalwoning van Nederlands / Afrikaans vir my oneindig, oneindig veel beteken het. Ek het weergalose vriendskappe gesluit, ek is as mens en kunstenaar verryk en verruim en verras deur die mense van die Lae  Lande. Die vriendelike en geesdriftige ontvangs vir iemand wat (letterlik) uit die donkerste, suidelikste uithoek van Afrika kom, het my soms verstom gelaat. Dat persone soos Herman de Coninck, Gerrit Komrij  en Tom Lanoye (onder meer), ook baat gevind het by kontak met die Afrikaanse leefwêreld het ek aanvanklik nie besef nie, maar dit is die voordeel van kulturele kontak, die verruiming van die gees. Dit was, en is steeds ’n blywende geskenk. 

Ek dink dikwels aan die implikasies van die kulturele boikot teen Suid-Afrika. Was dit effektief om die nodige sosiale ommekeer in Suid-Afrika te bewerkstellig? Mag mens ’n kunstenaar se stem stilmaak, of met opset uitdoof? Die finale antwoord het ek nie.

Yves: Tot slot. Zijn er plannen om jouw veelbesproken roman Stormkind (2018) in het Nederlands te vertalen? De schrijfresidentie in 2024 kan een mooie aanleiding zijn. Zijn er onderwerpen die je met onze studenten Afrikaans wil bespreken? Ieder jaar volgen dertig en méér studenten het introductie-vak Afrikaans: taal- en letterkunde aan de Universiteit Gent.

Riana: Tot dusver is daar nie ’n Nederlandse vertaling van Stormkind nie. (Ek dink dit is my mooiste boek.)

Soos reeds genoem, is die magiese realisme ’n tema wat deel is van die hartklop van Afrikaans, juis omdat Afrikaans soveel kulture en oerbronne van kennis omsluit, omdat ons so intens aards leef. Mag ek daaroor gesels? Mag ek liefs nog ’n skryfskool aanbied? Met die volle wete dat ek myself nou blootstel vir kritiek en polemiek  (en met opset!) dink ek dit is veel interessanter as die eindelose, energie-stropende diskoerse oor kulturele oorname, feminisme, post-kolonisasie, ego-dokumente of die post-post modernisme … Ek is eerstens ’n vertellende ugogo, ’n sangoma, ’n verkleurmannetjie van die woord, ek wil stories skryf en ek wil stories hoor. Miskien is ek nog steeds ’n kind wat in ’n wip van woorde gevang kan word.

Veel dank voor deze tweespraak, Riana. We kijken in Gent uit naar jouw komst en de gesprekken met collega’s en studenten.

Johannesburg (Melville) | Wildernis

Deze tweespraak wordt later gebundeld in Twee overzijden. Kronieken en tweespraken (Academia Press, Gent, 2024). De dialogen worden gevoerd met Gabeba Baderoon, Robert Dorsman*, Lynthia Julius, Antjie Krog*, Charl-Pierre Naudé, S.J. Naudé, Fanie Olivier, Jolyn Phillips, Alwyn Roux, Riana Scheepers*, Marlies Taljard*, H.C. ten Berge*, Alfred Schaffer, Adriaan van Dis, Marlene van Niekerk, Eben Venter* en Ingrid Winterbach. (* = gepubliceerd op Voertaal).

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top