Schetsen: Gerd Altmann, Pixabay | Foto: ATKV|LitNet-Skrywersalbum
Recent voerde ik een tweespraak met SJ (Fanie) Naudé. De schrijver was bereid ruimhartig in te gaan op enkele kwesties, zoals zijn agency tussen talen. Naudé’s werk wordt vertaald in het Engels en hijzelf speelde daarbij een paar keer een actieve rol. Ook de vertaling van Die voëlalfabet in het Nederlands kwam ter sprake en het aandeel in de vertaalslag. Zijn opvattingen over cultureel vertalen zijn opzienbarend. In dit tweede deel bespreek ik met Fanie Naudé de keuze voor het genre van het kortverhaal en van de novelle. De repliek belicht de wisselende kritische aandacht hiervoor in het transnationale domein (Engels, Afrikaans, Nederlands). Ik stelde voorts de vraag naar internationale literaire verwantschappen. Verder handelt ons gesprek over de dynamiek van de recente Afrikaanse letterkunde, het streven naar wat de auteur noemt de “bevrijding van stemmen” en “’n plek waar dit gaan oor ware intellektuele en artistieke diversiteit”: “[D]iversiteit behoort ook te make te hê met die wydste veelvoud van stemme en wêreldsieninge, met die viering van individualiteit en eindelose menslike verskeidenheid”.
Deel 2
Yves: Het vogelalfabet kreeg in de Nederlandse literatuurkritiek gunstige reacties. Er valt veel voor te zeggen ook de verhalen verzameld in Dol heuning naar het Nederlands te vertalen, niet alleen vanwege de expliciete verwijzingen naar België (Brussel en het platteland). In de Nederlandstalige literatuur zijn het kortverhaal en de novelle onderschatte literaire genres. In het Nederlandse taalgebied bracht de Vlaamse schrijfster Annelies Verbeke dit gegeven met een fel opiniestuk onder de aandacht. Doorgaans krijgen verhalenbundels geen literaire prijzen toebedeeld en de kritiek hecht er relatief weinig waarde aan. Vanuit dat perspectief is het opmerkelijk dat Dol heuning in Afrikaans is bekroond. Er zullen weinig precedenten zijn, zo veronderstel ik. Onder anderen Hennie Aucamp, Abraham de Vries en Koos Prinsloo gingen jou in de twintigste eeuw vooraf als auteurs van verhalenbundels. Doorgaans worden compositietechnieken en interacties tussen verhalen onderschat en beschouwt de kritiek een verhalenbundel als een verzameling van korte teksten en niet meteen als een hechte structuur. Hoe ontwerp jij verhalenbundels en in welke mate verhouden zij zich tot de romans Die derde spoel en Van vaders en vlugtelinge (als deel van een oeuvre)? In de literatuurkritiek van het Afrikaanse literaire systeem worden andere accenten gelegd dan in Nederland en Vlaanderen. Heeft dat te maken met meer overeenkomsten met de Angelsaksische literatuur en de beduidend meer prominente positie van de verhalenbundel in het Engelse taalgebied? Misschien heeft jouw professionele achtergrond in de Anglo-Amerikaanse wereld hiermee te maken, ook in de samenstelling van het kritisch repertoire (of dus het referentiekader) en bepaalde transnationale literaire verwantschappen?
Fanie: In die VSA is die kortverhaal inderdaad nog ’n springlewendige vorm, gewild by lesers, en met talle literêre joernale wat verhale publiseer. In Noord-Amerika is daar ook heelwat groot skrywers wat hulle sedert die middel van die 20ste eeu aan die kort vorm toegewy het – Tobias Wolff, Raymond Carver en Alice Munro, om enkeles te noem. In die VK en Suid-Afrika het die kortverhaal ’n bloeitydperk beleef in die 70’s en 80’s, selfs nog die vroeë 90’s – die tyd van skrywers soos De Vries, Aucamp en Prinsloo. Ek lees nog altyd graag kortverhale, veral dié van Amerikaanse skrywers. As tiener en jongman het veral Koos Prinsloos se werk ook op my ’n groot indruk gemaak. Die ontstemming wat dit by my teweeggebring het, talm trouens nog steeds. Anders as in die VSA, het kortverhale in ’n sekere mate sedertdien uit die mode geraak in die VK en Suid-Afrika. Baie mense verkies om romans te lees, en soos jy uitwys, is literêre pryse en kritiese aandag veral op romans gefokus.
My eie kortverhale is gewoonlik nogal lank, partymaal selfs novelle-lengte. Dit volg nie die konvensies van die moderne kortverhaal, soos Edgar Allan Poe dit byvoorbeeld sou definieer nie. Hulle skarnier nie rondom ’n “single effect” nie. Dit representeer ook heelwat meer as “a slice of life”, verteenwoordig nie net iets wat skramsweg uit die hoek van die oog waargeneem word nie. As ek my verhale sou moes tipeer, is hulle dalk nader verwant aan DH Lawrence se mini-romans. Soms speel hulle oor ’n lang tydperk af, soms is daar heelwat karakters en heel komplekse intrige, en soms spoel karakters of gebeure selfs van een verhaal na ’n ander oor.
Dit is jammer dat die kort vorm deesdae so min aandag kry. Daar is soveel maniere waarop daar byvoorbeeld ’n wisselwerking kan ontstaan tussen verhale en hoe dít van ’n bundel meer kan maak as die som van die dele daarvan. Daar is baie soorte spanning of affiniteit wat tussen komponente van ’n verhalebundel kan onstaan. Wanneer ’n bundel saamgestel word, moet die skrywer oorweeg watter verhale bymekaarhoort, ook of daar stories is wat ’n siklus vorm as onderdeel van die bundel, hoe hul lengtes verskil, watter soort konvensies gevolg word met titels, watter karakters herhaal, hoe gebeure vanuit verskillende perspektiewe gesien kan word, hoe ’n marginale verhaallyn of karakter in een verhaal sentraal belig kan word in ’n ander een, en andersom, in watter volgorde verhale verskyn, watter temas of motiewe deur meerdere verhale behoort te vleg. Verhale kan mekaar eggo, of fotonegatiewe wees van mekaar, kan mekaar aantrek soos magnete, mekaar afstoot soos eenderse pole, of soos tektoniese plate teen mekaar aanskuur. Hierdie faktore maak dit ook moontlik om hibriede vorme, iewers tussen die roman en die kortverhaal, te skep. My eie onlangse roman, Van vaders en vlugtelinge, se eerste vier afdelings sou byvoorbeeld elk afsonderlik gelees kon word, soos individuele verhale, maar hulle funksioneer eindelik as geheel en vorm, saam met ’n soort epiloog, ’n roman.
Dit gebeur soms deesdae dat romansiers oorblyfsels van skryfwerk wat nêrens in ’n roman kon pas nie – oorlyfsels – as kortverhaalbundel saamstel en uitgee, meermale op versoek van ’n uitgewer. Dit is nie die soort bundel wat ek graag lees nie. Ek verkies die bundel wat gekonsipieer is as sodanig, op soortgelyke manier as waarop ’n digbundel byvoorbeeld beslag sou kon kry, en waarin die aspekte wat hierbo belig word, behoorlik oorweeg is. ’n Aspek waaraan selde aandag gegee word, is die verskillende effekte wat verhale kry weens hul ordening – en nie net wanneer daar dalk verhaallyne is wat bymekaar aansluit of karakters wat in meerdere verhale figureer nie. Die skrywer kan naamlik die kumulatiewe opbou van effekte aanwend om die leser verhale op ’n bepaalde manier te laat ervaar, dit wil sê as ’n mens verhaal B lees wanneer jy reeds verhaal A gelees het, is die leeservaring van verhaal B anders omdat A reeds gelees is en in die leser se geheue bly gloei. Dit is nou as ’n mens aanneem dat lesers verhale in die volgorde lees waarin dit gebundel is, wat nie immer die geval is nie.
So, kortom, ek wil ’n pleidooi lewer vir die kortverhaal, vir die eindelose moontlikhede en intensiteit daarvan, vir die soepelheid en potensiële kompleksiteit daarvan. Waarom dit so verwaarloos word, bly vir my ’n raaisel.
Yves: In 2022 ontving je voor de tweede keer in jouw schrijversloopbaan de prestigerijke Hertzogprys. Niet zozeer de bekroning door de Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenschap en Kuns (en de bevoegde Letterencommissie) maar wel de dankrede, naar aanleiding van een dispuut over genderconstructies in kinder- en jeugdliteratuur in Afrikaans, was reden voor een debat. Gecontesteerde uitspraken over maatschappelijke thema’s en of deze thema’s al dan niet in kinder- en jeugdliteratuur toelaatbaar zijn, zorgde voor deze felle polemiek. Schrijvers en academici hebben kleur bekend en zich tot een bepaalde zienswijze of dus een kamp bekeerd. Onenigheid in de Letterkundecommissie, naar aanleiding van een rubriek, heeft ertoe geleid dat leden hun ontslag hebben aangeboden. In de historiek van de Hertzogprys zijn wel meer debatten gevoerd en laureaten en hun boeken ter discussie gesteld. Ook de samenstelling van jury’s en uitreikingen waren aanleiding voor twisten, verdachtmakingen en persoonlijke vetes. Ik weet dat je niet zo graag terugblikt op de hetze in de Afrikaanse media en literatuurkritiek naar aanleiding van jouw oproep voor een Afrikaanse literatuur die vooral divers en inclusief is, een thuis voor eenieder, een plek voor elkeen zonder beperkingen of toelatingsvoorwaarden. Zoals ik elders schreef is de Afrikaanse literatuur gebaat bij een meer open houding ten aanzien van maatschappelijke en ideologische thema’s, ook in haar relatie met andere Afrikatalen, met andere culturen. De Afrikaanse taal en cultuur is immers historisch en recent gesproken een product van vermenging en hybriditeit. Hoe ervaar je tendensen die de Afrikaanse literatuur verbreden? Is een steeds kleinere fractie van de literatuur van het Afrikaans overwegend behoudsgezind en dus exclusief, op een manier zelfs defensief ingesteld? Zie je gunstige veranderingen en openingen die de literatuur een (nieuwe) dynamiek en élan geven? Zie je soortgelijke trends in Engelstalige literatuur, zoals in de VS en UK, waartoe de Afrikaanse literatuur zich mogelijk méér verhoudt dan tot de literatuur in de Lage Landen? Zijn er ontwikkelingen, ook vanuit cultureel en linguïstisch perspectief, die de Afrikaanse literatuur vandaag en morgen anders – rijker, gedifferentieerder – maken dan de voorbije eeuw? Hoe zou je dat “anders” benoemen? Of beter gezegd: welke zijn de perspectieven die de Afrikaanse literatuur vandaag te bieden heeft ten opzichte van de Afrikaanse literatuurproductie in de vorige eeuw?
Fanie: Literêre talent is ’n ongewone soort gelykmaker. Dit, saam met die unieke sosiale rol en posisie van literêre skryfwerk, maak snelle veranderinge moontlik in die wêreld van boeke en lesers. Die tradisionele professionele sfere van die middelklasse is gereguleerd en hiërargies – toetrede vereis langdurige toegang tot duur opvoedkundige instellings en geskied stadig; professionele vordering hang dikwels af van ou netwerke en affiniteite. ’n Talentvolle skrywer kan daarenteen soms blitssnel vanaf die marge na die hart van die literêre wêreld geprojekteer word, en dan wyd gelees en gehoor word. Ek dink aan iemand soos Édouard Louis in Frankryk – queer, werkersklas, bloedjonk – wat homself reeds met sy eerste boek in die Franse kanon ingeskryf het.
Daar is ook heelwat plaaslike voorbeelde van nuwe skrywers wat oor die afgelope jare ’n welkome verruiming in die Afrikaanse letterkunde gebring het. Daar word nou volop gedig en geskryf vanuit ervaringswêrelde wat voorheen in beperkte mate – of net vanuit verwyderde perspektiewe – gefigureer het in Afrikaanse skryfwerk, veral as ’n mens ooglopende identiteitsmerkers soos ras, gender, seksuele oriëntasie en klasse- of kulturele herkoms in ag neem. Veral in die Afrikaanse poësie is dit die geval, en ook toenemend wat prosa betref.
Dit is natuurlik verrykend vir ’n literatuur, sulke inspuitings van energie en lewenskrag, veral ook as dit nuwe lesers vir werk in Afrikaans wen. Dit maak ’n mens opgewonde oor watter soort stemme en talent Afrikaans nog gaan oplewer. Ek is dikwels geraak as ek sien hoe jong digters besluit om in hierdie tye juis in Afrikaans te dig, en waaroor hulle alles gemaklik (of genoop) voel om te dig. Die feit dat heelwat hiervan in skakerings van Kaapse Afrikaans gebeur, is ook opwindend.
Rakende jou vraag of daar defensiewe ruimtes in die Afrikaanse literatuur oorbly:
- Hoewel die Afrikaanse letterkunde in die 20ste eeu natuurlik meesal wit skrywers gehad het, en hoewel enige skryfwerk noodwendig deur sekere aannames en wêreldsieninge, en soms ook onbewuste vooroordele, onderlê word, was die Afrikaans letterkunde sedert die 1960’s oorhoofs altyd ’n progressiewe literatuur, met skrywers en boeke wat in verskillende grade opposisioneel gesitueer was teenoor die politieke bestel van die tyd. Ek kan nie aan ’n noemenswaardige eietydse skrywer of digter in die taal dink wat beskou kan word as kras konserwatief of polities defensief nie. (Hoe skrywers, ook Afrikaanse skrywers, hul tans posisioneer teenoor die kriminaliteit, outoritêre instinkte en verwoestende wanbestuur van die huidige regering is ’n meer komplekse kwessie, en nie een waarvoor daar hier besprekingsruimte is nie.)
- Ek het wel die enkele defensiewe reaksies op die pleidooi vir inklusiwiteit in Afrikaans in my 2022 Hertzogprysdankwoord onthullend gevind. Een akademikus het byvoorbeeld gevra wat dan alles verlore gaan as ’n mens te inklusief sou wou wees. Wel, as mens ’n heel spesifieke argument probeer maak – nie dat enige talentlose individu nou gepubliseer moet word of enige leek in die Akademie se Letterkundekommissie moet dien nie, maar dat mense van alle agtergronde en identiteits- en ervaringswêrelde wat graag Afrikaans praat en lees of skryftalent het, ook sosiale staanplek gegun moet word in die taal – dit wil sê as daar reeds sulke logiese parameters is vir insluiting, dan wonder ’n mens wie dan nou nóg op die lys moet wees vir uitsluiting. En wie sou in beheer wees van so ’n lys? Wie is die “ons” wat iets verloor weens insluiting? Vir iemand wat so ’n posisie inneem, kom dit dikwels as ’n verrassing hoe vinnig die hartklop elders heen kan verskuif, hoe onstuitbaar (meedoënloos!) die momentum van sosiale verandering en demokratiseringsprosesse kan wees. ’n Mens kan vinnig alleen in ’n leë kamer kan agterbly, agter ’n geslote deur waarop Ons gegraveer is.
Om terug te keer na die kwessie van verbreding:
- Dit is inderdaad wonderlik dat die veld wyer oopgemaak word vir skrywers in Afrikaans. Dit is ook verstaanbaar dat daar, teen die agtergrond van Suid-Afrika se geskiedenis, beide polities en in die sfeer van literêre produksie, dikwels steeds georganiseer word – of assosiasies gevorm word – rondom tradisionele identiteitskategorieë.
- Dis ook wel so dat ’n mens oor die langer termyn moet waak teen ’n fetisjisme van diversiteit. Teen ’n dwingelandy, ’n meganiese soort benadering. Om bloot ’n veld te hê van skrywers wat ‘n verskeidenheid genders, seksuele oriëntasies, rasse en klasse ongeveer proporsioneel verteenwoordig, kan sekerlik nie die einddoel van insluiting wees nie. Die werk wat vanuit so ’n galery voortvloei kan ironies ook eenselwig raak, begin neig na die oorbekende. ’n Klakkelose benadering tot diversiteit op grond van konvensionele identiteitskategorieë kan eindelik tot ’n nuwe voorskriftelikheid lei, ’n nuwe rigiditeit rondom wie mag skryf en praat, en wat hulle mag sê – ’n ingekrimpte veld. Hopelik ontwikkel ons gemeenskap geleidelik sodanig dat ’n mens, ná ’n periode van normalisering, en tog met durende bewustheid van historiese werklikhede en mens se eie gevolglike posisie, uitkom by ’n plek waar dit gaan oor ware intellektuele en artistieke diversiteit. So ’n soort diversiteit stem deels ooreen met die teenwoordigheid van skrywers uit verskillende konvensionele identiteitskategorieë, maar is beslis nie kongruent daarmee nie. Eindelik behoort diversiteit ook te make te hê met die wydste veelvoud van stemme en wêreldsieninge, met die viering van individualiteit en eindelose menslike verskeidenheid. Een oënskynlik onskuldige, deugsame soort voorskrif wat ’n mens dikwels vanuit owerheidsweë hoor – en nie net in Suid-Afrika nie, maar ook byvoorbeeld in die Europese Unie – is dat skrywers ten doel behoort te hê om sosiale samehang te bevorder, om nasie te bou. Maar om te skryf en te dig het, in die kern daarvan, te make met sonderlingheid van visie en talent. Met radikale onafhanklikheid, met ontsnapping aan pogings om voor te skryf of te reguleer, ’n weiering om stilgemaak of beheer te word. Om ernstig te skryf is om genadeloos waarhede na te jaag. Om te sê wat nie gesê mag word nie. Om te weier om in gelid te val, ongeag die gevolge.
- Literêre produksie, die geestelike samekoms van die ondermyners, kan wel raakpunte skep, en nuwe sosiale ruimte en dinamieke. Hoe opwindend sou dit wees as ons op ’n plek kan aankom waar daar ’n voortdurende kaleidoskopiese herrangskikking en heroorweging is van waar watter skrywers hoort, van wie hulle by wie skaar, van wie mag praat, en wat hulle dink hulle mag sê. ’n Era van ware bevryding, waarin die krasse kategoriserings van die verlede minder saak begin maak, werklik begin vervaag. Waarin daar plek opgeëis word vir die ewig verskuiwende teenposisies, vir die genadelose ontbloting en ondermyning van intellektuele oneerlikheid – van bullshit – waar dit ook al aangetref word. (Wat welkom sal wees in ons huidige haglike politiek, en dalk dapperder as herhaalde afwysings van ons ooglopend afwysbare verlede, sou byvoorbeeld genadelose satire wees wat die huidige politieke vergrype vreesloos blootlê.)
Waarvoor ’n mens dus eindelik moet mik, wat my betref, is ’n meer absolute soort bevryding van stemme – die geleidelike vervaging van die hindernisse wat deur ons vreeslike geskiedenis aan ons opgedring is en die transformasie daarvan tot nuwe kreatiewe energie. Watter onthutsende nuwe harmonieë en dissonansies sou dit kon voortbring. Watter ontstigtende sololiedere, en watter woeste koor van stemme.
Veel dank, Fanie, voor deze inzichtelijke gedachtewisseling en de tijd die je nam om zo genereus te reflecteren over vragen en opmerkingen.
Deze tweespraak (in twee delen) wordt gebundeld in Twee overzijden. Kronieken en tweespraken (Academia Press, Gent, 2024). In de reeks op Voertaal zijn dialogen gepubliceerd met Robert Dorsman, Antjie Krog, S.J. Naudé, Fanie Olivier, Alwyn Roux, Riana Scheepers, Marlies Taljard, Hans ten Berge en Eben Venter. Tweespraken met Lynthia Julius, Ronelda Kamfer Charl-Pierre Naudé, Jolyn Phillips, Alfred Schaffer, Adriaan van Dis, Etienne van Heerden en Ingrid Winterbach zijn gepland. Een volgende tweespraak over ontwikkelingen in de literatuur van Afrikaans en Nederlands is met Lynthia Julius.
Lees ook:
Tweespraak met SJ Naudé #1: Tweevoudig Hertzogpryslaureaat over (zelf)vertaling en de Lage Landen
UJ Prize for Literary Translation 2022: SJ Naudé’s acceptance speech
UJ-prys 2022: SJ Naudé se toespraak by die bekroning van Dol heuning
UJ-pryse 2018: Repliek by die ontvangs van die prys vir Die derde spoel