"Tyd is skemer, tyd is gras" ‒ Tweespraak met Dominique Botha

  • 0
Terugskouend gesien behandel die roman en die bundel soortgelyke kwessies. Die landskap en die natuur, veral van die Vrystaat; die samelewing en politiek; persoonlike verlies; geweld; ontnugtering; vervoering; ekstase. Uiteraard is die politieke beskouing minder eksplisiet in die hede. Die karakters in Valsrivier word bestuur deur hul drang om ’n meer regverdige samelewing te laat seëvier, en politiek deurdrenk alle handeling. Miskien kom die politieke aanslag in Donkerberg met meer van ’n ompad deur moedverloorvlakte, en word getemper deur ’n fatalisme wat uitloop op die komiese. Ons kyk nou deur ’n kaleidoskoop eerder as die wit en swart lens van die verlede. Gebreekte glas lê die wêreld vol. ‒ Dominique Botha

Dominique Botha

Met de tweetalige uitgave Donkerberg/Bloodwood maakt Dominique Botha haar lang verwachte poëziedebuut. Al eerder publiceerde zij gedichten, onder meer op Versindaba. Zonder meer is het beklemmende “roudig” in de roman Valsrivier (2013) de meest opgemerkte lyrische tekst. Het litanieachtig gedicht, een elegisch lieu de mémoire voor een overleden broer, is nu hernomen in de jongste publicatie en sluit de vijfde en laatste afdeling af (‘die kind wat geen perke geken het nie’).

In de gedichten resoneert een persoonlijke stem. Een ik-subject, dat zichzelf wel eens ‘dominique’ noemt, richt zich tot een ander. Door het gebruik van de apostrof voelt ook de lezer zich rechtstreeks aangesproken. In beeldrijke gedichten wordt een wereld geëvoceerd, een reeks existentiële vragen gesteld, een dialoog aangegaan. De lezer voelt zich uitgenodigd, de lezer in mijzelf schrijft nu terug. Een zekere nostalgische toon, vaak eigen aan de retrospectieve blik, wordt in Botha’s poëzie getemperd door ironie en humor. Want hoezeer familiebanden ook worden gethematiseerd: dit gaat over een zoektocht naar en een poging tot bepaling van identiteit. Ook langs paden van glim- en grimlach. Wat aanzienlijk bijdraagt tot de atmosfeer en de beeldvorming – het familieverleden in de Vrystaat – is het zorgvuldig gebruik van couleur locale: taal roept een particuliere wereld op, woorden zijn in de beeldfragmenten kleurschakeringen die soms niet tot het Standaardafrikaans worden gerekend. Ik moet hierbij denken aan de onlangs overleden dramaturg Pieter Fourie, die in zijn dichtwerk Knapsekêrels (2017) evenzeer een taal bezigt waarin minder courante woorden een sfeer oproepen van een tijdruimte.

Ter gelegenheid van de bundel treed Yves T'Sjoen in gesprek met de schrijver en haar tekst.

Bespiegeling over Donkerberg/Bloodwood:

Wat een literaire tekst bijzonder maakt – meer dan een anekdotische of biografisch persoonlijke getuigenis – is het gebruik van een vormentaal en beeldspraak, het belang van ritme en toonzetting, de particulariteit van een taalbehandeling. Ze zijn de uitdrukking van een idiosyncratisch schrijver-idiolect. Daarnaast berust de tekstarchitectuur, met name de keuze voor afzonderlijke afdelingen, de rangschikking van de gedichten en de titels van de gedichten, niet op toevalligheden. Formele en inhoudelijke facetten versterken elkaar. In de hedendaagse literatuurkritiek is nog maar zelden plaats voor dergelijke verwevenheid van vorm en inhoud. Dominique, kun jij reflecteren over formele keuzes die zich opdrongen teneinde de tekstpartituur tot klinken te brengen, de kleurschakeringen te laten zien en het timbre te vinden dat Donkerberg/Bloodwood zo een eigen karakter geven. 

Ek was eenkeer jare gelede in ’n kerkdiens in Khayelitsha waar die gemeentelede terselfdertyd op hulle knieë gegaan het en elkeen ’n afsonderlike gebed hardop begin bid het. En toe besef ek, dit is wat God hoor! Al hierdie mooi fluisterstemme in hul weerloosheid en hoop, in ’n terloopse harmonie. Wanneer jy gedigte bymekaar bring bundel tree hul in gesprek met mekaar, en verkry die teks ’n meerstemmige tekstuur. Miskien is die vormgewing van ’n bundel soortgelyk aan ’n oopgevlekte polifonie.

Hoe en wanneer die gedigte tot staan kom is egter arbitrêr en berus tot ’n groot mate op toevalligheid. Dit kan uiters uitdagend wees om die saambindende draad uit te ken. Hoe word ’n leesorde bepaal as daar geen logiese chronologie aan die ontstaan van die gedigte is nie? Tog is daar sekere temas wat herhaaldelik ter berde kom. Die dood, die Vrystaat, familie, landskap, liefde.  

In die inleidende gedig  word die dooie broer aangespreek:

 ek reis met die witduif van my oë
terug na die mooiweer en warm koninkryk
op jou verjaarsdag die eerste januarie

Alhoewel dit nie so beplan is nie, loop die verbeeldingsreis van die Kaap oor die Hexrivierberge deur die Karoo tot by die familiebegraafplaas en verder terug die verlede in. Daar is dus ’n omgekeerde tydsverloop, terug na die plek van ’n eerste verwonding. Die verbeelde verlede en die verdeelde hede word teenoor mekaar opgestel, asook die vooruitskaduing van die ouers se dood en die dood van die landelike idille, wat eweneens ’n illusie was.

Die finale uitdaging was ’n titel vir die bundel. Met Valsrivier was die streek ’n anker. Dit is ’n baie basiese gegewe: Ek is hier. Die Valsrivier loop deur my plek, my storie en my hart.  Met Donkerberg/Bloodwood het ek uiteindelik tot dieselfde gevolgtrekking gekom. Die roospienk berg op die stofomslag word donker in die nag agter my huis, en is die donkerberg in die gedig voorbode. Dit is ’n ko-ordinaat wat ’n gedig en toe ’n bundel geword het.

Hoe word ’n leesorde bepaal as daar geen logiese chronologie aan die ontstaan van die gedigte is nie?
Tog is daar sekere temas wat herhaaldelik ter berde kom.
Die dood, die Vrystaat, familie, landskap, liefde.
‒ Dominique Botha

Toen jij met Valsrivier (in Afrikaans) jouw autofictioneel romandebuut maakte, heb je de tekst later in het Engels aangeboden (False River). Zoals je weet schreef de Gentse student Hannah Kruithof over de roman haar masterscriptie met de titel ‘Ek wou jou so graag aan ons plek van herkoms bind met woorde’: Over genre, politiek en identiteit in Dominique Botha’s Valsrivier (2015), genomineerd voor de Vlaamse Scriptieprijs. De tekst kan hier worden gelezen: https://libstore.ugent.be/fulltxt/RUG01/002/213/091/RUG01-002213091_2015_0001_AC.pdf. Nog later heeft Georges Lory het boek vertaald in het Frans. Ook nu weer schreef je de gedichten in het Afrikaans en maakte je zelf de vertaling. Er is geopteerd voor een tweetalige uitgave, in een specifieke vormgeving. De teksten worden niet parallel afgedrukt, zoals meestal in tweetalige edities. Je kunt bladerend door het boek de teksten in twee talen opsporen, maar daarvoor moet je het boek wel omdraaien. Wat daarbij opvalt, is de spanning tussen brontekst en vertaling, alsof in het Engels een andere bundel – in ieder geval een tekst met andere accenten – kan worden gelezen dan alleen Donkerberg. Het begint al met een paratekstuele variant: Donkerberg is opgedragen aan jouw echtgenoot, Bloodwood aan jouw kinderen. De “auto-traduction” of dus zelfvertaling, waarover Eben Venter overigens zijn proefschrift schreef, is een interessant gegeven. Ik verwijs naar onder anderen André P Brink en Elisabeth Eybers, die met behulp van een soortgelijke strategie hun werk in twee talen aanbieden. Vanwaar de keuze voor Afrikaans en Engels? Behalve het bredere publieksbereik van het boek, door Dwarsrivier uitgegeven en vormgegeven door Anton Kannemeyer, speelt mogelijk ook een poëticale keuze mee.

Ek het my roman Valsrivier in Engels geskryf, maar die slot het uitgeloop in ’n treurvers roudig wat spontaan in Afrikaans ontstaan het. Ek vermoed poësie word neergelê lank voor jy nog jou eerste woorde uiter. Die klanke, geure en kleure van jou grootwordjare is die gietvorm van die verbeelding. Daar bestaan by my geen verwarring oor die brontaal of teks nie. Hierdie is Afrikaanse gedigte, en ek het hulle in Engels vertaal. Indien ek in Engels sou dig glo ek dat ander gedigte sou ontstaan.

In my onderhoud met Joan Hambidge (http://joanhambidge.blogspot.com/2021/08/onderhoud-met-dominique-botha-2021.html) verduidelik ek dat die wêreld waarin ek grootgeword het meer wit en swart was, meer óf Afrikaans óf Engels as vandag. My ouers wou ons ’n wegkomkans uit die eng politieke siening van Christelike Nasionale Onderwys bied. Na laerskooljare in ’n Afrikaanse staatskool op die Vrystaatse platteland is ek na ’n Engelse privaatskool in Natal. As jong tiener is jy in ’n oorgangsfase waar jou vlotheid van spraak vasgelê word. Ek het myself dus tussen tale bevind, wat natuurlik ’n groot  voorreg is. Vladimir Nabakov sê in ‘Advies aan ’n jonger skrywer’: “Wees ’n aktiewe handelaar tussen tale. Dra kosbare edelmetale van een na die ander.”

Engels is ’n paspoort na die wêreld, Afrikaans is amper visumloos gebonde aan hierdie grond en plek. In ons veeltaligheid is ons ook onlosmaakbaar verstrengel in mekaar. Tweetaligheid is ’n siamese identiteit en dit druis in teen die menslike behoefte om te kategoriseer in suiwer afdelings. Die dubbeldoor onderstebo tweetalige publikasie ‘appealed to my sense of mischief’. Die boekwinkels sou geen keuse hê as om beide weergawes aan te skaf nie. Ek weet nie of die tweetalige aanbieding noodwendig ’n breër publiek sal betrek nie. Poësie is ’n grensgeval. Poësie is tot die literatuur soos comic tot die beeldende kunste ‒ die stiefkind.

En vertaling is onmoontlik, selfs al is jy die skrywer – soms moet jy eenvoudig opgee en verdig of versin. ’n Gedig is die produk van sinestesie, die woorde moet beelde skep, musiek maak, geure oprakel. Soveel is onvertaalbaar, veral dit wat buite die bestek van woorde lê, like the top notes in perfume that evaporate quickly.

My man, alhoewel Engels, het nog altyd ’n groot liefde en waardering gehad vir Afrikaans. Dit is dus gepas dat ek die Afrikaanse gedigte aan hom opdra. Indien my kinders ooit eendag sou belangstel is daar ’n wêreld waarvan hul vergeet het binne bereik.

Wat de tweeledigheid van de boekuitgave verder nog benadrukt – ook dit is een paratekstueel gegeven – is behalve de verschillende titel (Donkerberg/Bloodwood) de selectie van twee beeldende werken, landschapsschilderijen telkens van de hand van Jacob Hendrik Pierneef, respectievelijk “landskap, olie op bord” (zonder titel) en Groen hemel met bruin wilgen (pasteltekening op papier, 1914). In een gesprek met Joan Hambidge op Versindaba, een van jouw mentors, spreek je over de keuze voor de dubbele coverafbeelding en jouw lezing van het beeldend werk. Is een dergelijke boek-esthetische opmaak in overleg tot stand gekomen, of is dit de beslissing van de vormgever? Hoe belangrijk zijn parateksten voor de openbare enscenering van het dichtwerk?

Ek het in oorleg met die vormgewer Anton Kannemeyer op die stofomslagontwerp besluit. Anton in sy hoedanigheid as comics kunstenaar het al voorheen ’n onderstebo-tweeluik met sy medepligtige Conrad Botes uitgegee en hy het dieselfde formaat vir Donkerberg/Bloodwood voorgestel. Alhoewel ek as leser dit geniet om die tale teenoor mekaar te sien, het ek nie gevoel dat die norm noodwendig gerespekteer moet word nie. Ek het van die estetiese oplossing van die onderstebo-dubbeldoor voorstel gehou. Anton was ook van mening dat die twee tale verskillende skilderye asook titels regverdig.

Ek het lank getob oor ’n titel en het aanvanklik besluit op Die Halstarrige Klavier, ook omdat dit vir my ’n sleutelvers in die bundel is. Anton was van mening dat dit soos die titel van ’n kinderboek klink. Sy beswaar was dat mens verwag om êrens dan ook die swaarmoedige wastafeltjie of die beduiwelde divan raak te loop. Hy was natuurlik heeltemal reg.

Ek dink die paratekstuele gegewens kan ’n waardevolle rigtingwyser vir ’n leser bied, maar die digter moet versigtig wees om nie te veel te wil verduidelik of nog verder te probeer verdoesel nie. Met Donkerberg is dit helder. Hier is die mense vir wie ek skryf. Hier is my lewe.

Vormelijk opteer je voor de vrije versvorm, een parlandistische zegging, een narratieve structuur. Je kiest voor strofen van ongelijke lengte. Het is alsof een niet in symmetrie te vatten gedachtegang op die manier gevisualiseerd wordt. Toch ligt een dwingend ritmisch patroon ten grondslag aan de tekstcompositie. Herhalingen, klankstructuren, opeenstapeling van woorden dragen bij tot een geritmeerde tekst. In hoeverre is die muzikaliteit, zoals ook in jouw prozaboek Valsrivier, deel van jouw schrijverssignatuur? Of zoals TS Eliot schreef (een uitspraak die al lang in mijn kantoor in Gent leesbaar is voor iedere bezoeker): “Genuine poetry can communicate before it is understood”. 

“The power of sound has always been greater than the power of sense,” volgens Joseph Conrad. Die trefkrag van poësie lê in die klank. Dit is die musiek van die poësie, die kadens van die sinne, die binnerym, klankspel wat inspeel op betekenis en die gedigte wat in beurtsang oorvleuel wat ’n inkantoriese uitwerking op die leser het.

In die vrye versvorm werk jy sonder die dissipline van ’n gegewe klassieke struktuur, wat beide bevrydend en beklemmend is. Soos ’n kunstenaar steel met die oog,  moet ’n digter steel met die oor. Die natuur is vol ritme en melodieë, van jou eie hartklop tot die veraf siklusse van die maan. Het jy al gehoor hoe koer tortelduiwe in ¾ tyd? Hul sangstyl is ’n tradisionele wals (miskien is hadedas die Rammstein van die geveerde ryk…). Miskien is vrye vers meer soos jazz, dit is egter gebou op ’n klassieke fondament.

In die gedig ‘eendagvers’ word die eerste stanza herhaal as slot. Die gedig het dus die voorkoms van ’n liedjie met ’n herhalende refrein of selfs ’n psalm. Die koor is deel van ’n herkenbare liedjiepatroon.

pa het ’n huis gebou
wat die wind nie kon omblaas nie
riete was fluite in die vlei
winter ’n wit klavier van glas
flaminke het die laatmiddag omhoog gegooi
in ’n banier van roos en vuur
en ons het vir ewig gelewe

Daar is ook ’n aantal voorbeelde waar ’n rymende koeplet as slotreël dien, wat klem lê op die aforistiese bedoeling van die woorde.

wanneer bloswangparkiete
soos serfyne in rou lig gedoop
haar stilte uit die donker sloop

Ironie is doorgaans een stijlfiguur die naast ludieke (speelse) effecten ook als overlevingsstrategie of houvast kan worden gelezen. Jouw poëzie baadt niet in een larmoyante sfeer van heimwee en weemoed – hoezeer het verleden ook een rol speelt. Ik denk aan de reeks ‘ek salueer jou’ met de weinig flatterende portretten van oupa en ouma (‘die koue son is ’n wintervrug’ en ‘die halstarrige klavier’), over ouderdom en vergankelijkheid. Met een kwinkslag, een kort terzijde met een ironiserend en zelfs een grotesk effect, wordt elke zweem van pathetiek of sentiment in de kiem gesmoord. Wat dat betreft is ‘withoutboomgebed (ilex mitis)’ voor mij onmiskenbaar een hoogtepunt. Ik denk verder onder meer aan ‘kaalbas poetica’ (‘ars poetica’ in de Engelse vertaling, bij Breytenbach ‘aars poetica’) met het slotkwatrijn: “om te myn op die naat / is egter die beste raad / metafoor is die plofstof van skrywe / en die lendene die lont”. In de beeldentaal worden taal (of de beleving van taal) en lichamelijkheid wel vaker geassocieerd. Terzelfdertijd draagt de stilering van de tekst bij tot een universele toon, dat wil zeggen: de lezer herkent zich in bespiegelingen van de ik-verteller, er worden emoties vertolkt die letterlijk tot de lezer spreken en de empathie voor en in de tekst versterken. Dit is geen romantische belijdenislyriek, hoe particulier de toonzetting ook is. Het stijlpalet draagt ertoe bij dat de bundel méér is dan Biedermeierpoëzie waarin een subject de diepste mijmeringen of zielenroerselen deelt met een lezerspubliek.

In die afdeling ‘ek salueer jou’ word biedermaaieragtige veronderstellings ondermyn deur die werklikheid van liggaamlike verval. Die laaste stanza in die gedig ‘die halstarrige klavier’ poog om die ouma-figuur in haar eer te herstel, ’n tipe inkantasie om haar van die wrede hede tot die waardigheid van die ewige te begelei. Ek sou sê dat ’n diep emosionele belegging in die karakters meer van ’n rol speel as ’n ironiserende tendens. Die gedigte ‘withoutboom’ en ‘kaalbaspoetica’ kan beide gelees word as ’n tipe ars poetica wat geensins die digterlike instink romantiseer nie. En enige skrywer sou hoop dat die ek-verteller se perspektief sal weerklink vir die leser, en herleibaar is van die erg persoonlike na die universele.

Die herhaalde gebruik van ironie dui miskien ’n mate van verslaentheid aan – ’n aanvaarding van dinge waarteen die individu magteloos is of magteloos voel, hetsy politiek of die ouderdom of die dood of die onmoontlikheid van ware kommunikasie of begrip. Hierdie literêre tegniek berus op die deelname van die leser om die meta-teks by te bring. En moenie vergeet dat ironie en humor bedmaats is nie, dat aanvaarding van die onveranderbare bemiddel word deur ’n gelag. Humor help om spanning weg te brand, maar hoef niks op te los nie.

Een van de conclusies van Kruithofs scriptie heeft te maken met autoreferentialiteit in Valsrivier, reflecties over politiek en maatschappij, het autobiografisch of beter autofictioneel karakter van de roman. Ik citeer: “[Ik] plaatste Valsrivier binnen [het] complex kader van genre en politiek in post-apartheid Zuid-Afrika”. In ‘die digter staar na die maan’ lezen we niet alleen: “dominique is eintlik te pynlik gasvry” en ook “alles in hierdie land / maak dit voor jou moontlik om lui te wees / […] / selfs die politiek is net oppervlak”. En verder: “ons raak van afrikaans ontslae om afrikaans te red”. Kruithof noteert verder: “Niet alleen het hybride genre in de roman – de vermenging van feit en fictie, verleden en heden – maar ook de duidelijke politieke kleur van de tekst, bieden een helder aanknopingspunt […]. Valsrivier is klaarblijkelijk een roman van zijn tijd, die inspeelt op de literaire en maatschappelijke problematiek van het huidige Zuid-Afrika. Botha speelt in haar roman een interessant spel met de grote begrippen van na de apartheid: de waarheid, het geheugen/het verleden en het narratief”. Naast de landschappen, zoals in het openingsgedicht ‘alles is stuifmeel selfs die bitter blomme’ en in ‘moordkaap’: “wanneer bloswang parkiete / soos serfyne in rou lig gedoop / haar stilte uit die donker sloop”, met reminiscenties aan de verleden tijd, en de persoonlijke toon (met ontroerende gedichten opgedragen aan broer Paul), zijn er ook verwijzingen naar politieke geschiedenis. Minder expliciet in vergelijking met de roman.

In hoeverre is deze bewering ook van toepassing op het poëziedebuut?

Terugskouend gesien behandel die roman en die bundel soortgelyke kwessies. Die landskap en die natuur, veral van die Vrystaat; die samelewing en politiek; persoonlike verlies; geweld; ontnugtering; vervoering; ekstase. Uiteraard is die politieke beskouing minder eksplisiet in die hede. Die karakters in Valsrivier word bestuur deur hul drang om ’n meer regverdige samelewing te laat seëvier, en politiek deurdrenk alle handeling. Miskien kom die politieke aanslag in Donkerberg met meer van ’n ompad deur moedverloorvlakte,  en word getemper deur ’n fatalisme wat uitloop op die komiese. Ons kyk nou deur ’n kaleidoskoop eerder as die wit en swart lens van die verlede. Gebreekte glas lê die wêreld vol.  

In die gedig ‘die digter praat met die maan’ word die digter se ware gespreksgenoot uitgewys, een wat veel dieper en verder en ouer is as ’n gegewe politieke milieu, naamlik die maan en die self. Miskien poog ons in poësie om die ewige en die vervlietende oomblik bymekaar te bring. Die Chinese weet dit al vir drieduisend jaar. Die maan skyn in die vywer. Die padda plons tussen die lotus blare en sluk die maan in. Die padda word dan pens en pootjies deur die reier opgevreet. Daar is niks nuut in die wêreld nie.

Hartelijk dank, Dominique, voor jouw openhartige en inzichtelijke beschouwingen. Het is een waar genoegen om nu jouw poëziedebuut weer te lezen. Roland Barthes sprak over de “texte scriptible”: teksten die uitnodigen, zelfs de noodzaak in zich dragen, om terug te schrijven. Die de creativiteit aanwakkeren. Zo een boek is Donkerberg/Bloodwood. Geluk!

Lees ook op LitNet:

Toyota US Woordfees op TV: Anna-Mart van der Merwe oor Valsrivier

Toyota US Woordfees 2020: Dominique Botha oor Valsrivier op die verhoog

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top