De inleidende tekst met de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). Telkens leg ik de gespreksgenoten vijf vragen voor over hoe zij zich in hun dichtwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.

Andries Bezuidenhout en Breyten Breytenbach in Wellington, Februarie 2016 (foto verskaf)
...
Vanuit Suid-Afrikaanse bodem en sy Afrikaanstalige praktyk het hy iets te sê wat só spesifiek Afrikaans is dat dit moeilik is om aan nie-Afrikaanstaliges te beskryf hoe hy die taal se betekenisveld kon oopbreek en verruim.
...
YT: Andries, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
AB: Yves, ek lees Breytenbach met die hart, so die eerste fase se gedigte resoneer die sterkste in my borskas. As ek nou moet dink aan die gedigte waarna ek telkens terugkeer, gedigte wat soos mantras geword het, kom dit uit daardie eerste fase. Daar is ook die meeste verwysings na hierdie tydperk se gedigte in my eie werk. Daar is gedigte uit die middel-fase wat my steeds tref, maar veral dan iets soos die kort gedig ‘die teregstelling’ (uit Buffalo Bill), dalk juis omdat dit ’n gruwel onderspeel. In die tronk het hulle Breytenbach met opset naby aan die galg aangehou, sodat hy die teregstellings moes aanhoor. Ek vind Breyten se tronkgedigte soms ondeurdringbaar, dalk omdat hy nodeloos so diep met interteks moes werk en dalk juis weg van die tronk af moes skryf, eerder as om gruwels direk te verwoord. Die latere gedigte is ook besonders (dis immers Breyten), maar ek dink nie hy het regtig ’n nuwer Breyten geword eerder as om verder voor te borduur en te distilleer nie. Ek weet kenners van Breytenbach sal van my verskil en daar is natuurlik vele vlakke aan hierdie gesprek. Ek oorvereenvoudig uiteraard nou, maar dis hoe ek dit vanuit my populistiese hoek lees.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
AB: Ek bewonder Breytenbach vir hoe hy soms daarin kon slaag om soveel van die temas wat jy noem – politiek, die kontinent waar ons boer, liefde, die spanning tussen gewortel wees en ’n nomadiese bestaan, religie – als in een gedig of in ’n reeks gedigte te vervleg. Dit was immers in sy eie lewe ook so, as jy dink aan hoe apartheid as maatskaplike bestel sy verhouding met Yolande beïnvloed het. In die eenvoudige lyn “slaap soet, slaap swart” is soveel betekenis ingebed, asook as hy die agies en dom donders aanspreek in dieselfde reeks liefdesgedigte. As politieke wapen is liefde soms veel kragtiger as skok, omdat dit die opponent verlei. Ek dink nou aan daardie mooi lesing van Nick Cave oor die liefdeslied (“The secret life of the love song”) en hoe ’n goeie liefdeslied soms die dood en god ook betrek. Omdat ek geneig is om selfbewus in die teenwoordigheid van sulke groot figure te wees, was my gesprekke met Breyten meestal vir my stram. Daar was egter een keer wat my ervaring van so ’n gesprek meer spontaan was. Ons het Leonard Cohen bespreek, onder andere ’n beplande besoek van Cohen aan Suid-Afrika, maar wat gekanselleer is toe ons regering die Dalai Lama se visum sonder verduideliking terugtrek. Ek en Breyten het ’n bewondering vir Leonard Cohen se musiek en digkuns gedeel. Ek dink Cohen het ook daardie kwaliteit gehad waarna Nick Cave verwys – die verstrengeling van liefde en begeerte met ’n akute bewussyn van ons sterflikheid en aanbidding. Breyten ook. Antjie Krog het dit ook, as jy dink aan ’n gedig soos ‘Huwelikslied II’ (uit Verweerskrif). Op hierdie noot wil ek Breytenbach se klankopnames noem – op ’n manier was hy ’n rockster, as ek die woord effe ironies mag gebruik. Ek luister keer op keer na Lady One as ek met die langpad ry, veral deur die Karoo tussen die Oos-Kaap en die Kaapkolonie.
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True confessions of an albino terrorist en Return to paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
AB: The true confessions of an albino terrorist sal altyd ’n spesiale plek in my boekrak hê, omdat dit een van Breytenbach se boeke is wat ek eerste gelees het – veel vroeër as baie van sy digkuns. As ’n mens byvoorbeeld lees hoe dit is om ’n polisie-ondervraging te ondergaan, is die leeservaring daarvan soos om self ondervra te word, asof jy, die leser, in die interrogasiestoel sit. Altans, dis hoe ek dit onthou. Ek bewonder hom as skrywer daarvoor. Ek hou ook van sy sin vir humor en die absurde in byvoorbeeld The memory of birds in times of revolution, as hy die boek begin met ’n aanhaling van Lenin (“Good dog”) saam met die Amerikaanse strokiesprentkarakter Peanuts (“Life is most probably easier if you’re a dog”). Breyenbach as die blaf van buite, maar ook die blaf van die bobbejaan as brandwag. In 1996 is hy nogal daarvoor kwalik geneem. Ek wil ook noem dat daar ’n ander besonderse teks is wat gehelp het om Breytenbach as kunstenaar vir my te ontsluit, soos Memory of birds ook uit die 1990s. Dis as Painting the eye gepubliseer, ’n katalogus met essays en afdrukke van kunswerke wat saam met sy eerste volwaardige post-apartheid kunsuitstalling gegaan het. Breyten verduidelik daarin op helder wyse hoe hy kuns se rol beskou en hoe sy eie skilderwerk en digterlike praktyk daarby inpas. In Suid-Afrika, veral in die Afrikaanssprekende wêreld, word Breytenbach primêr as digter beskou en elders (veral Frankryk) dalk eerder primêr as skilder. Ek dink ’n mens moet hom beskou as volwaardig digter en skilder as samevoeging – die een voed die ander. Nie een van daardie was vir hom ’n sideline of stokperdjie nie. Breytenbach dien as inspirasie dat dit moontlik is om meer as een kreatiewe dissipline volledig te beoefen.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
AB: Ek het Breytenbach se gedigte aanvanklik op skool leer ken. Ek onthou dat ‘Die hand vol vere’ aan ons voorgeskryf is. Ek vermoed die maatskaplike konteks waarin die gedig geskryf is, is nie in die laat-1980s aan ons verduidelik nie. Dalk onthou ek verkeerd. ’n Dieper lees van sy werk het eers later gekom. Ek onthou hoe iemand vir my uit Die huis van die dowe in ’n koshuiskamer in Grahamstad (nou Makhanda) voorgelees het, in 1991 (dink ek), tydens die kunsfees daar. Hoe kan ’n mens dan nou nie op daardie pragtige liefdesgedigte verlief raak nie? Tydens daardie kunsfees het ek Breytenbach herontdek en jazz vir die eerste keer ontdek. As gevolg daarvan gaan Breytenbach en Abdullah Ibrahim vir my saam. Ek dink sedertdien aan al die woonstelle waar ek al gewoon het as gate in die lug, alhoewel daardie gate nie in eksotiese plekke soos Parys is nie, maar wel doodgewoon in Pretoria, Johannesburg en tans Oos-Londen. Dan is daar die lieflik ontstemmende gedig ‘Die swart stad’, wat ’n ou liefde van my op ’n slag in ’n gespek voorgedra het. Dit voel vir my asof ‘Septembersee’ nog altyd net daar was. So ook ‘Die gedig as vorm van berou’ – ’n heerlike, liriese gedig oor oudword – en soveel ander.
Ek is bly jy haal Breytenbach se toespraak oor Afrikaans as “bastertaal” op. Ek dink dit was een van die belangrikste oomblikke in die kultuurgeskiedenis van ons as taalgemeenskap en met die tyd sukkel ons nog steeds om daardie eenvoudige waarheid te internaliseer. Op ’n effe lomp manier het ek ’n ruk gelede iets daaroor in my NP van Wyk Louw gedenklesing probeer sê (https://www.uj.ac.za/wp-content/uploads/2021/10/np-van-wyk-louw-lesing-2018_andries-bezuidenhout_moodie-en-louw_11sept18.pdf). Die lesing se onderwerp – oor hoe ons maatskaplike verandering verbeel en die rol van kreatiewe werk daarin – kom deels uit gesprekke wat ek met Breytenbach gehad het. Op ’n slag, in Wellington, het ons gepraat oor kuns as wat die Engelse “agency” noem. In Afrikaans sou dit dalk “agentskap” kon wees, maar dalk is “optrede” of “handeling” ’n beter vertaling. Breyten wou eerder die fokus op “verbeelding” as “handeling” (of agentskap) plaas. Hoe ons dinge verbeel is op ’n manier ’n uitdrukking van wat ons begeer – wat vir ons mooi en wenslik is. Dis iets wat handeling vooraf gaan, dis by uitstek waar kuns die verbeelding kan aangryp. Ek dink teen daardie tyd was Breytenbach meer anargisties as ek as dit by politiek en politieke optrede kom. Kuns in diens van verandering is kitsch, eerder as kuns – dalk lê ek nou verkeerdelik Kundera se woorde in Breytenbach se mond. My bemoeienis met die arbeidsbeweging en die heropbou van ’n instelling soos die Universiteit van Fort Hare maak dat ek minder versigtig vir handeling is. Ek sal eerder probeer en faal as om in sinisme en afstandelikheid te verval. Ek het dit byvoorbeeld geniet om klankontwerp vir ’n musiekproduksie oor die vyftigjarige herdenking van die 1973 stakings te doen, as deel van ’n groep aktiviste, kunstenaars en akademici. Is dit kuns? Ek gee nie werklik om nie.
Nietemin, in gesprekke met Breyten oor wat ek die Swahili-opsie vir die Afrikaans-talige gemeenskap in wording genoem het, het hy soveel ander voorbeelde van kreoolse tale en gemeenskappe in Afrika genoem waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Ek het besef hoe vlak my kennis van veral Wes-Afrika en die Franstalige deel van die kontinent is. Ek dink daardie Wes-Afrikaanse kennis en verbeeldingswêreld was vir Breytenbach so belangrik soos sy belewenis van die Boland, Parys, New York of Katalonië. Hoe diep sy identiteitswortels ook al in die Boland was en hoe kosmopolities sy verdere ervaringswêreld was, dink ek tog Breytenbach het gesukkel om Suid-Afrika noord van die Garieprivier te verstaan. Die kere wat ons ernstig van mekaar verskil het, was oor hoe ons Afrikaans as taal op dáárdie landskap moet lees. Dis op hierdie punt waar ek meer aanklank by Antjie Krog vind. Maar dis ’n komplekse storie daai, miskien een vir ’n ander dag.
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
AB: Breyten Breytenbach is nie net ’n digter en ’n skilder nie, maar hoogs oorspronklike en kritiese denker oor die verhouding tussen taal, identiteit en die samelewing. Hy was diep gewortel in die Boland, maar was eweneens kosmopolities. Vanuit Suid-Afrikaanse bodem en sy Afrikaanstalige praktyk het hy iets te sê wat só spesifiek Afrikaans is dat dit moeilik is om aan nie-Afrikaanstaliges te beskryf hoe hy die taal se betekenisveld kon oopbreek en verruim. Tegelykertyd is sy werk so universeel dat dit moeilik vir ons parogiale Suid-Afrikaners (ek sluit myself daarby in) is om te besef hoe van belang hy eintlik vir die groter wêreld is – veral nou, met die terugkeer na sjablone vir identiteit wat ons gedink het iets van die verlede is.

“Stillewe met Breytenbach se Die na-dood, Die singende hand en ’n bottel Suid-Afrikaans vervaardigde terpentyn”, olie op doek, 25 cm x25 cm
Yves, ek sluit hierdie gedig in – ek het dit geskryf as gelukwensing vir Breyten met sy verjaarsdag in 2011, saam met ’n portretstudie. Ek heg foto’s daarvan aan, as jy dit sou wou gebruik.
Die kleur van pampoen
’n Kattebak vol –
boerpampoene, karkoere, narras, skorsies.
Rasper, kook, roer, braai.
Droog die brousel uit.
Meng en skommel dan saam met olie.
Doop die kwas en smeer oor doek.
Helaas, keer op keer verweer die kleur
en kraak tot bruin kapoen.
Wat gedoen? Die dag kom nader.
’n Keisteen uit Wellington
baksteen uit ’n tronk
(rooi onder die gloeidraad in ’n glasige vakuum)
rots uit Port Bou
pleister uit die muur van die mark by Beaubourg
gruis uit ’n steeg van Goree
plavei gepatineer uit ’n pad in Palestina
en ’n stukkie fondament van die brug na Manhattan.
Breek en stamp en maal en haal
die pigment uit klip
om met roulynolie te meng.
Die prent is gereed vir die sestiende September –
steeds nie die kleur van die klank van pampoen nie
yl gesmeer, die son skyn deur
en ook nie droog nie
maar die olie het reeds weer tot klip begin stol.
-
- Andries Bezuidenhout, 16 September 2011
Lees ook:
Breyten schrijven #11: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Antjie Krog
