De inleidende tekst met de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). Telkens leg ik de gespreksgenoten vijf vragen voor over hoe zij zich in hun dichtwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.
...
Dat hy met táál so iets kan vermag, is verstommend.
...
YT: Ilse, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?
IVS: Geen spesifieke bundel nie, maar ek verkies tog die latere werk.
YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?
IVS: Vir my is die grootste affiniteit wat ek met Breytenbach se poësie het die taal. Nie noodwendig die neologismes nie, maar die anders-maak van hele frases of gesegdes, die manier waarop hy taal kan omkeer soos ’n hemp wat hy binnestebuite dop en dan iets buitengewoon daaruit skud. ’n Tema wat hierby aansluit, is die ars poetica gedigte. Verder is daar die intertekstualiteit en die herhalende motiewe wat van sy werk so ’n fassinerende weefsel maak.
YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?
IVS: Breytenbach se werk is vir my ’n oeuvre-oerwoud waarvan ek nog maar beperkte paadjies bewandel het en spesifiek die poësie eerder as ander genres, dus kan ek nie werklik hier oordeel nie.
YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?
IVS: Ek het Breytenbach die eerste maal teëgekom in voorgeskrewe gedigte soos ‘Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif’, op hoërskool in die laat 1980’s; mooi, maar nie vir my grensverskuiwend nie. Ek het wel deur van my klasmaats op kunsskool bewus geword van iets meer radikaals aan sy skryfwerk, iets wat nie aangespreek is in die klaskamerkonteks nie, waaroor mens nie te veel vrae moes vra nie. Vir iemand wat gespeen is op Eybers, was daardie eerste beeld dus dié van ’n outsider, ’n rebel, wat taal op ’n letterlik volksvreemde manier gebruik.
Mettertyd het ek dit gewaag om wyer te lees as die meer tradisionele poësie. Die eerste van sy bundels wat ek vir myself aangeskaf het, was Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993) en kort daarna die versamelbundel Die hand vol vere. Dit is waar ek Breytenbach eers beter leer ken het as ’n taaltowenaar. Tydens my graad in Kreatiewe Skryfkuns aan Unisa is Boklied voorgeskryf. Dit het my begrip van wat moontlik is met woorde en interteks totaal oorweldig.
YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?
IVS: My mees geliefde Breytenbach gedig is ‘om ’n gedig te skryf’:
om ’n gedig te skryf
is soos ’n hond dood te maak
hy weet vooruit die donkersny kom
en wurg aan die tou
met verskriklike tande
oë wat uit oogkaste peul
bloed en derms in die agterplaas
soms het jy bytmerke aan die hand
en brommers sing lofliedere
om die karkas se geskeurde vleis
wanneer vuurblomme swart mond in die nag
blaf iets onverwags onder die slaapkamervenster,
jy kyk na die geslagte woorde
met bewerige lippe
en voel hoe komma en punt jou hare
soos die diakritiese tekens van ’n gedig
Daar is iets aan sy poësie wat jou aan die derms gryp, tegelykertyd verskriklik én lofliederlik. Dat hy met táál so iets kan vermag, is verstommend.
Lees ook:
Breyten schrijven #11: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Antjie Krog

