Henry Cloete

Henry Cloete is ’n draaiboek- en prosaskrywer, en deeltydse joernalis.

Francois van Coke – deur rock voorberei vir die grootmenslewe

Henry Cloete Muziek 2018-04-16

"In Februarie 2017 het Francois van Coke sy tweede vollengte-solo-album, Hierdie is die lewe, bekendgestel. Die album is uitstekend ontvang deur die massas aanhangers van ’n man wat die golf van sy loopbaan en talent ry vir al wat dit werd is. Vir Francois – in 1980 gebore as Francois Badenhorst – was die pad tot op dié punt egter vol kinkels – sommiges lig, sommiges uiters donker, sommiges lewensbedreigend."

Die Heuwels Fantasties – bewus en betrokke

Henry Cloete Muziek 2018-03-19

"Stoere musiekaanhangers en -kritici het ook vroeër al mond uitgespoel oor DHF se skielike gewildheid, en gemaklikheid in die hoofstroom: Dit was bloot ’n ongetoetste fenomeen in Afrikaanse musiek. Jy was óf vir die een, óf vir die ander, maar DHF het albei reggekry, en dit het sogenaamde puriste verwar."

Amanda Strydom loop steeds die pad

Henry Cloete Muziek 2018-02-27

"Amanda Strydom is nou in haar 60’s, maar haar aptyt vir optredes toon geen teken van kwyn nie. In dieselfde Sarie-onderhoud sê sy: '’n Kunstenaar is niks sonder sy publiek nie ... Elke optrede is soos ’n skelm liefdesverhouding.'"

Chris Chameleon verkleur steeds

Henry Cloete Muziek 2018-02-05

Boo! is vroeg Februarie in Nederland vir ’n toer. Henry Cloete vertel meer oor Chris Chameleon.

Sexy korrek. Romantiese rapper. CY ‘till I die.

Henry Cloete Muziek 2018-01-23

"Parow se benadering was ewe eenvoudig en ongemaklik vir sommiges wat hulself as Afrikaanse kultuurbewaarders beskou: hy was nie net onbeskaamd kru en platvloers nie, maar uiters trots daarop."

Top