Gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips (Neerlandistiekdag 2022)
2022-10-05Luister na ’n gesprek tussen Louise Viljoen en Chànde Frania van der Westhuizen (Universiteit van Wes-Kaapland) oor die poësie van Bekono, Fabias, Kamfer en Phillips, opgeneem op 1 Oktober 2022 as deel van Neerlandistiekdag 2022 (aangebied deur die Kaapse Forum Neerlandistiek (KFN)). Neerlandistiekdag 2022 het die tweede Week van het Nederlands in Suid-Afrika (1–8 Oktober 2022) by Studio SASNEV, aangebied deur die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV) in Pinelands, afgeskop.
Gent-Universiteit hang solank die vlae uit vir Antjie se koms
2021-08-13Die Universiteit van Gent in België ontvang Antjie Krog in Oktober en November 2021 as hul eerste literêre gasskrywer. Yves T’Sjoen en Louise Viljoen besin oor Krog se internasionale statuur as skrywer en haar posisie as kulturele bemiddelaar.
Louise Viljoen vertel van jonger geslag digters wat waag in Afrikaans
2020-02-24Die gerekende literator Louise Viljoen het aan Willem de Vries vertel van haar ervaring van die leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij in Gent wat sy onlangs beklee het, gee haar indrukke van die sesde Afrikaans-kollokwium, bekyk die gang van bande tussen Afrikaans en Nederlands, vertel van die werk van ’n jonger geslag Afrikaanse digters en kyk terug op meer as 40 jaar in die tuig as dosent.
Breytenbach op 80: Perspektiewe op Breytenbach | Perspectieven op Breytenbach
2019-09-11By geleentheid van die tagtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 September 2019 is ’n digitale publikasie saamgestel waarin daar aandag gegee word aan afsonderlike gedigte uit sy omvangryke oeuvre. | Ter gelegenheid van de tachtigste verjaardag van Breyten Breytenbach op 16 september 2019 is een digitaal dossier samengesteld met aandacht voor afzonderlijke gedichten in het omvangrijke oeuvre.
Suid-Afrikaanse letterkundes en transnasionale bande: in gesprek met Louise Viljoen
2018-08-30"Die globale bestaan nooit sonder die lokale nie; dit is ’n tergende, moeilike en ook produktiewe verhouding waarin die twee mekaar behoort te bevraagteken en te erken, sê die Stellenbosse literator Louise Viljoen. Sy het met Willem de Vries gesels oor onder meer die Afrikaanse letterkunde se toenemende bydrae tot ’n transnasionale gesprek."