Solet Scheeres

Solet Scheeres is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen. Sy studeer ook onderwys aan die Hogeschool van Arnhem en Nijmegen. 

In haar vrye tyd skryf sy graag verhale en kinderboeke. Haar mees onlangse boek, Die leeutemmer se assistent, het verlede jaar by LAPA verskyn.

In die jare ’90 het sy as programmaker by die SABC gewerk.

 

Jan Terlouw: kampvegter vir wedersydse vertroue

Solet Scheeres Actueel 2025-05-19

"Saam met die ewig optimistiese Stach wat altyd die goeie in mense raaksien, het generasies Afrikaanse kinders vir die eerste keer in kontak gekom met Nederlandse jeugliteratuur en die Nederlandse taal."

Oor Krekel deur Annet Schaap – en oor die leesvoorkeure van kinders in Nederland: ’n onderhoud met Solet Scheeres

Naomi Meyer, Solet Scheeres Literatuur 2025-04-16

"Die boek wat ek gepos het op FB is Annet Schaap se tweede boek, Krekel, wat in Maart hier by ons verskyn het. Die boek is nou al weke lank onder die top verkopers van alle boeke in Nederland. Dit is nogal besonders, want dit gebeur nie baie met ’n kinderboek nie."

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

Izak de Vries, Solet Scheeres Interviews 2020-09-29

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d'Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Karnaval!

Solet Scheeres Festivals 2018-02-14

"Oeteldonk is die naam van Den Bosch se amptelike karnaval, ’n fees wat die stad al 550 jaar lank vier. Die meeste dorpe en stede in die suide van Nederland, 'benede de Maasrivier', wat Katoliek georiënteerd is, eerder as Protestants, vier nog steeds elke jaar karnaval. Die fees begin drie dae voor die 40 dae vastyd tot Paasfees."

Verified by MonsterInsights
Top