.........
PERSPEKTIEWE | PERSPECTIEVEN OP BREYTENBACH
Ter gelegenheid van een verjaardag
Samenstelling: Louise Viljoen en Yves T’Sjoen
.........
Dewald Koen
Afrikaans en sy “sondes”: ’n Politiek-ideologiese bespreking van Breyten Breytenbach se gedig “3.14 (Taalstryd)” uit Lewendood (1985):
3.14 (Taalstryd)
Clean as the Conscience of a gun
Miroslav Holub
Ons is oud.
Ons taal is ’n grys reserwis van meer dan honderd jaar
met die vingers styf om die snellers –
en wie sal soos óns kan sing
wanneer ons nie meer daar is nie?
Soos in ons lewe sal ons die aarde verwerp
en die wonderwerke van die vlees wat groei
soos woorde spoel en klop –
Júlle sal die liggame vir ons gedagtes wees
en lewe om ons sterwe te herdenk
en die wysies uit ons beenfluite te tower…
Van die struktuur van ons gewete
en uit die skure van ons liefdadigheid
het ons vir julle swart konstruksies laat bou, bliksems –
skole klinieke, poskantore, polisiestasies –
en nou waai die pluime swart rook
met die klop en die spoel van ’n hart.
Maar julle het nie mooi verstaan nie.
Die Taal moet julle nog bemeester.
Ons sal julle die ABC van vooraf voorsê,
ons sal julle tou-wys-maak
met die riglyne van ons Christelike Nasionale Opvoeding…
Julle sal leer om gehoorsaam te wees,
gehoorsaam en onderdanig,
En julle sal die Taal leer gebruik,
onderdanig sal julle dit gebruik
want in óns lê die monde
met die gif in die klop en die spoel van die hart.
Julle is die sout van die aarde –
waarmee sal ons ons sterwe smaak kan gee
as julle nie daar is nie?
Júlle sal die aarde bitter en brak en glinsterend maak
van die klank van ons lippe…
Want ons is Christus se laksmanne.
Ons is op die mure van lokasies
met die geweer in die een hand
en die masjiengeweer in die ander:
ons, sendelinge van die Beskawing.
Ons bring vir julle die grammatika van geweld
en die sinsbou van verwoesting –
uit die tradisie van ons vuurwapens
sal julle die werkwoorde van vergelding hoor
stotter.
Kyk, ons gee vir julle nuwe monde pasella –
rooi ore om mee te hoor rooi oë om mee te sien al
polsende, rooi monde
om die geheime van ons vrees te mag spuit:
daar waar iedere loodpuntwoord vlieg
sal ’n spraakorgaan oopgebreek word…
En julle sal die Taal asseblief leer gebruik,
gehoorsaam sal julle dit gebruik, breek…
want ons lê reeds met die doodsroggel
se klop en se spoel
aan die lippe…
Óns, óns is oud…
In die gedig “3.14 (Taalstryd)” uit die bundel Lewendood wend die spreker homself tot ironie om die taalstryd ten opsigte van die erkenning en bevordering van Afrikaans binne die politiese sfeer van die gebeure voor en na afloop van die 1976 Soweto-opstande te verwoord.
Reeds in die subtitel word die leser gekonfronteer met ’n vertaalde aanhaling uit ’n gedig van die Tsjeggiese digter Miroslav Holub waarin daar op ironiese wyse na die “Taalstryd” as “[c]lean as the [c]onscience of a gun” verwys word. Laasgenoemde aanhaling dien as belangrike metafoor vir die geweld wat deur die apartheidsregime aangewend is as deel van hul stryd om onder andere Afrikaans as onderrigtaal op swart Suid-Afrikaanse skoliere af te dwing wat op sy beurt direk aanleiding gegee het tot die Soweto-opstande op 16 Junie 1976. In die gedig is talle verwysings na die gebruik van wapens as magsimbool om die apartheidsregime se status quo te handhaaf. In die eerste strofe is daar ’n verwysing na “snellers” (143) en in die sesde strofe verwys die spreker na “die geweer in die een hand / en die masjiengeweer in die ander” (144). Ook in die sewende strofe word daar verwys na “die tradisie van ons vuurwapens” (144) wat daarop dui dat geweld sinoniem met die taalstryd is. Die woord “reserwis” in die tweede versreël word direk gekoppel aan die “stryd” en die gemilitariseerde wyse waarop Afrikaans op swart Suid-Afrikaners afgedwing is.
Die belangrike vraag wat die digter in hierdie gedig opper, is die vraag rondom die voortbestaan van Afrikaans. Die herhaling van “[o]ns is oud” (143) sowel as die slotreël “[ó]ns, ons is oud” (144) beklemtoon dat ’n nuwe generasie die toekoms van die taal gaan bepaal – ’n belangrike voorspelling wanneer die gedig vanuit ’n politiek-ideologiese benadering gelees word. Die spreker vra immers “wie sal soos óns kan sing / wanneer ons nie meer daar is nie?” (143). Die spreker plaas veral klem op die onderskeid tussen “ons” (die wit Afrikaanssprekendes) en “julle” (swart Suid-Afrikaners) wat die spilpunt van die apartheidsideologie gevorm het. Aan die einde van die eerste strofe dui die spreker egter op ironiese wyse aan dat “[j]úlle die liggame vir ons gedagtes [sal] wees / en lewe om ons sterwe te herdenk / en die wysies uit ons beenfluite te tower” (143). Die voortbestaan van Afrikaans berus volgens die spreker heel ironies op die “julle” wat na swart Suid-Afrikaners verwys.
In die tweede strofe fokus die spreker op die gebeure van 16 Junie 1976 en die daaropvolgende opstande wat regoor Suid-Afrika aan die orde van die dag was. Die digter se vernuftige woordspel met dubbelsinnighede soos “die struktuur van ons gewete” (143), “swart konstruksies” (143) en “die werkwoorde van vergelding” (144) kan binne die konteks van die gedig nie as bloot letterlik geïnterpreteer word nie, maar ook as woordspel met die sintaksis van die Afrikaanse taal. Die afbrand van “skole, klinieke, poskantore, [en] polisiestasies” (143) was ’n gevolg van die verset teen die gebruik van Afrikaans as onderrigtaal tydens en na afloop van die Soweto-opstande van 1976.
Die magspel tussen die onderdrukker en onderdrukte word in die derde en vierde strofes voortgesit. Die spreker beklemtoon op welke wyse taal ingespan sal word om die apartheidsideologie en status quo te handhaaf: “Die Taal moet julle nog bemeester. / Ons sal julle die ABC van vooraf voorsê, / ons sal julle tou-wys-maak / met die riglyne van ons Christelike Nasionale Opvoeding” (143). Die toon van beide strofes dui daarop dat die mag uitsluitlik by die Afrikaanssprekende berus. Laasgenoemde stelling word gemotiveer deur die gebruik van woorde soos “voorsê”, “gehoorsaam” en “onderdanig”. Die “riglyne van ons Christelike Nasionale Opvoeding” (143) dui eweneens ook op die indoktrinerende aard van die taalaktiviste asook die apartheidsregime se onderwyssisteem. Hierdie toon verander egter later in die gedig wanneer die spreker in die negende strofe versoek: “En julle sal die Taal asseblief leer gebruik” (144) wat op ’n amper desperate poging van die spreker dui om die voortbestaan van die Afrikaanse taal te verseker. Alhoewel die arrogansie van die wit onderdrukker in die eerste vier strofes duidelik sigbaar is, word ’n meer gematigde toon (en taalgebruik) in veral strofes vyf en nege gebruik, deels weens die spreker se besef dat die toekoms en voortbestaan van die taal waaraan die onderdukker soveel waarde heg, in gedrang is.
In die sesde en sewende strofe tree die spreker intertekstueel met mede-digters in gesprek. Die sesde strofe tree in gesprek met Ingrid Jonker se bekende gedig “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga’ (uit haar bundel Rook en oker), terwyl “die grammatika van geweld” (strofe sewe) op ironiese wyse na die titel van die bekende taalaktivis J.C. Steyn se digbundel Die grammatika van liefhê (1975) kan verwys. Die kontras tussen “geweld” en “liefhê” sinspeel op die spreker se liefde vir die taal wat egter deur middel van geweld op nie-Afrikaanssprekendes afgedwing moet word. Die gebruik van die sterk metafoor in die agste strofe beklemtoon die geweld wat met taal in verband gebring word en dat die Afrikaanse taal deur middel van geweld in stand gehou word: “daar waar iedere loodpuntwoord vlieg / sal ’n spraakorgaan oopgebreek word…” (144).
In die slotstrofe maak die digter van alleenplasing gebruik om die taalstryders (en so ook die Afrikaanse taal) se verganklikheid te beklemtoon. Die pleitende amper desperate toon van die negende strofe beklemtoon weereens die spreker se besef dat die Afrikaanse taal se voortbestaan by ’n nuwe generasie berus: “want ons lê reeds met die doodsroggel / se klop en se spoel / aan die lippe…” (144).
Met hierdie gedig het Breytenbach die stryd om die spreekwoordelike oorlewing van Afrikaans binne die bestek van Suid-Afrika se gewelddadige politiek-ideologiese verlede gekontekstualiseer. Deur gebruik te maak van ironie slaag die spreker daarin om die taalstryders se stryd vir die voortbestaan van die Afrikaanse taal deur middel van geweld te verskans. Alhoewel die gedig reeds in 1983 gepubliseer is, is die tema steeds relevant binne die taalstryd wat tans in talle skole en tersiêre instellings woed. Die diskoers rondom die voortbestaan van Afrikaans (en die gebruik van die talle variasies van die taal) bly ’n spreekwoordelike stryd waarby talle generasies steeds betrokke sal wees.
Nelson Mandela Universiteit, Port Elizabeth
.........
Gerard Scharn
Kommentaar op “Het leven in de grond” uit Skryt. Om ʼn sinkende skip blou te verf (1972):
Het leven in de grond
welgelukzalig zijn de kinderen van Dimbaza,
van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater
kreperend
van ziekten, ondervoeding, armoede –
want zij make het gezicthsveld van de baas schoon
want zij ontkomen aan de hel,
want zij ontruimen het gebied van de boer
– de Boer en zijn God –
– de hand van die God –
want hun wordt het leven bespaard,
want zwart leven is een politieke misdaad
want jij die zwart bent leeft
in het land van het bloed
en de pas en de smaad en de hond,
jij bezoeldet de aarde van de Boer
wegelukzalig zijn de kinderen van Dimbaza,
van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater
weggegooid
in gaten, feesttafels voor mieren,
de zwartgetande glimlachen –
want zij krijgen speelgoed en lege melkflessen
om de graven blij te maken,
speelgoed en zilverpapier dat ritselt in de wind,
melkflessen – lege spenen – waaruit de wind
klanken kan zuigen
om de mollen nader te lokken
– want vlees is schaars –
zodat het klein grut kan vergeten
dat he dood is
welgelukzalig zijn de doden van Dimbaza,
van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater
opgevreten
door de aarde, want hun komen en hun gaan
is discreet tussen de mond en de lepel
zonder vlekken vóór de zon te laten
welgelukzalig en gezegend en heilig zijn de mollen,
en die wormen en de mieren
in het land van zonneschijn
in het land van de Boer
in het land dat de Here hem heeft gegeven,
want zij houden de zoden schoon en vruchtbaar
zodat de mens kan floreren en gedijen,
zijn vruchten kan kweken en zijn vee kan telen
en mooi en sterk en blank kan worden
ter ere van zijn God
(vertaal deur Adriaan van Dis)
Welgeluksalig is die kinders van Dimbaza, van Welcome Valley, Limehill en Stinkwater, zwarte vlekken op een witte kaart. Wist ik veel, ik was er niet geweest om erover mee te kunnen praten of erover te oordelen.
Van 17 tot 21 juli 1970 bezochten informeel twee oorlogsschepen van de Nederlandse marine Kaapstad. Uiteraard gaat aan een dergelijk bezoek een uitgebreide diplomatieke briefwisseling vooraf, waarin alle te verwachten voetangels en valkuilen worden besproken. Apartheid was zo’n punt, maar dankzij de toezegging van de verbindingsofficier aldaar kapitein-luitenant ter zee J. L. Krauss werd bepaald dat gekleurde opvarenden in uniform als blanken konden doorgaan op plaatsen waar zij anders op grond van hun kleur geweigerd zouden worden. Ook zou de politie uitgebreid worden geїnstrueerd, zodat zij eventueel onwetenden daaromtrent diets kon maken. Voorwaar een witwastruc die navolging verdient, ondanks felle kritiek van linkse partijen. De Engelse marine bezocht drie jaar eerder ook Kaapstad en zat met eenzelfde probleem. Gekleurde opvarenden konden verzoeken te worden overgeplaatst of aan boord blijven en aan den lijve ondervinden wat apartheid inhield.
Welgeluksalig is die kinders van Uitval, van Uitvlucht, Vergelegen en Vogelstruiskop die kreperen en krengen eten.
Een kleine honderd weeskinderen werden aan boord gastvrij onthaald. Zijne Excelentie de ambassadeur en baronesse Lewe van Aduard ontvingen de commandanten en officieren voor een bijzonder geanimeerd buffet-diner-dansant. Ook werd een krans gelegd bij het standbeeld van Jan van Riebeek. Ondanks de belofte van Kltz J. L. Krauss bleek niet ieder Kaapstedeling van zijn witwastruc te weten, met als gevolg dat zich enkele gevallen van discriminatie hebben voorgedaan. Klein bier uiteraard in een land als Zuid-Afrika, maar voldoende om links en rechts in Nederland te laten steigeren. De zaak liep zo hoog op dat werd gedreigd met een onmiddellijk vertrek, trossen kappen en wegwezen. De regering van Zuid-Afrika bood nederig excuus aan en beide partijen zegden toe de zaak tot op de bodem uit te zoeken. Waarvan akte!
Welgeluksalig is die kinders van Leboneng, van Mabopane, Buffelshoek en Vaalkop die niet werden uitgenodigd aan boord van Hr. Ms. Van Galen en Hr. Ms. Van Speijk
Wisten de commandanten, officieren, onderofficieren en minderen dat de kinderen van Montshiwa, van Pampierstad, Loewfontein en Elandsdoring verrekten van de ellende, verdreven van huis en haard, op transport gesteld, gedropt in een maanlandschap met golfplaten huizen, verstoken van sanitair en medicijnen?
Wisten wij in Nederland? Wist ik? Breytenbach is er geweest en weet!
Ik wist van kwela en township jive, ik kende de Mohatella Queens en Mahlathini, maar van de kinderen in Duckponds, Welcome Wood, Umlazi en Wilgefontein had ik nog nooit gehoord.
Lees ook
Breytenbach op 80: Perspektiewe op Breytenbach | Perspectieven op Breytenbach
Breytenbach op 80: Perspektiewe | Perspectieven op Breytenbach – Alwyn Roux en Johan Reijmerink
Breytenbach op 80: Perspektiewe | Perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar
Buro: NMBande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif