.........
PERSPEKTIEWE | PERSPECTIEVEN OP BREYTENBACH
Ter gelegenheid van een verjaardag
Samenstelling: Louise Viljoen en Yves T’Sjoen
.........
Alwyn Roux
Die verskil tussen die leksikale betekenis van woorde (van skryf) en die pragmatiese effek van woorde (werklike dade) ‒ ’n bespreking van “betekenis en woordbetekenis” uit nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993):
betekenis en woordbetekenis
(vir Hector Petersen, 16 Junie 1976)1 dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte –
2 van gorillas en gatril en dwerge en fokkin vokale –
3 om woorde plat oor die blad
4 te maneuvreer, soos soveel swart betogers
5 vuis ten hemele op soek na brand hul dooies
6 begrawe en bly protesteer teen die seer
7 van lewe om lewe in so ’n land
8 dat dit hom altyd weer tot opgooi bring –
9 die walgbeelde op die aandnuus se skerm
10 van Botha se troepe boer en pandoer
11 wat met hond en sambok en huilgas en koeël
12 die kak uit die kaffers moer, en moor:
13 môre-oggend se tabel van suffel
14 gebokveld, en die gekermde gesange van duisende naastes
15 by aanskoue van die bloed so swart
16 soos drukkersink
17 brand, brand dié land swart!
18 ’n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!
19 dat hy geforseer word om weer die tou
20 boontoe te werp; enigiets om aan die wurg
21 van die woord te ontkom ...
22 terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,
23 ’n lyn sou wil bind om God se nek,
24 van bengelende beelde, van dolfyne
25 wat Saterdagaande te perd gaan vry
26 in grys gehemp soos silwerige soetwater
27 dat die doderyk ver agter die ervaringskim lê,
28 apart, in ’n gelede vers, ’n ander verlede
29 want ’n duisend woorde maak nog g’n hond gesond!
30 brand, brand tog hierdie hand ongeskonde ...
31 as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika ...
9.10.84
“[B]etekenis en woordbetekenis” (NL 48) is opgeneem in die derde afdeling van Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993), getiteld “slaap rustig dapper verse.” Dié gedigte gaan oor die stryd teen Apartheid en dateer uit die 1970’s en 1980’s. Hierdie gedig word opgedra aan Hector Pieterson, ’n skoolseun wat tydens die Soweto-opstande op 16 Junie 1976 doodgeskiet is, en wie se dood bekendheid verwerf het vanweë die ikoniese foto deur Sam Nzima.
In hierdie lesing bestudeer ek die verskil tussen leksikale betekenis van woorde (van skryf) en die pragmatiese effek van woorde (werklike dade). Die spreker meen “dat hy sat is van skrywe oor daardie oerte” (reël 1) wat dui op die skryf van struggle-verse. Die stam van die woord “oerte,” naamlik “oer” verwys na iets wat primitief is – die “oerte” as ’n onverligte, barbaarse plek. Let op die datum onderaan die gedig – “9.10.1984” – wat heenwys na Apartheid, Suid-Afrika. “[D]aardie oerte” word geken aan sy “swart betogers/ vuis ten hemele” (reëls 4–5) wat “bly protesteer teen die seer/ van lewe om lewe in so ’n land” (reël 7). Verwys die “gorillas” na mense in die “oerte” wat (figuurlik gesproke) afstootlik is of miskien na guerrilla-oorlogvoering? “[G]atril” is ’n opsetlike, spottende vervorming van “getril”, ’n sinspeling op “gat” plus “tril” (=voël, piel); terselfdertyd maak dit die geluid van masjiengewere na. Die “dwerge” wys op klein fabelagtige wesens wat ook deel is van die “oerte”.
Die verwysing na die “fokkin vokale” kwalifiseer die gedig as metagedig – ’n gedig oor die skryf van struggle-gedigte. “[O]m woorde plat oor die blad/ te maneuvreer” (reëls 3–4) beteken om “woorde” as troepe op die slagveld te ontplooi. Die “woorde” op die papier is op ’n nie-letterlike, metaforiese vlak soos die “swart betogers” met “vuis ten hemele”. Die “swart betogers” bring die swart letters op die wit papier in die oog. Die versreël “op soek na brand hul dooies/ begrawe” (reëls 5–6) kan enersyds dui op die soektog na “hul dooies” terwyl “hul dooies” “brand”; ook kan hulle “op soek” wees om “hul dooies” te “begrawe”.
Die tweede strofe speel terug op die openingsversreël; “dat dit hom altyd weer tot opgooi bring –/ dié walgbeelde op die aandnuus se skerm” (reëls 8–9), wat die fisiese reaksie van “hom” (die spreker) op die onreg in die “oerte” beklemtoon. Wat is dit wat op die “aandnuus se skerm” (reël 9) uitgesaai word? “Botha se troepe” (reël 10), dit is eertydse president P W Botha se weermag, wat uit “boer en pandoer” (reël 10) bestaan. “[B]oer” verwys hier na Afrikanerboere en “pandoer” na swart polisiemanne, kollaborateurs van die sisteem. Die polisiemanne word beskryf soos hulle “met hond en sambok en huilgas en koeël/ die kak uit die kaffers moer, en moor” (reëls 10–12), waarvan “die kak uit die kaffers moer” die taal van die polisie dialogiseer.
“[M]”ôre-oggend se tabel van suffel” (reël 13), (“suffel” as ’n vermenging van “soveel” en “suffer”) verwys na die lyste dooies wat in die onluste “gebokveld” (reël 14) (doodgemaak) is. Die medium verskuif dus van skryfpapier na televisieskerm na koerantberig wat sodoende die struggle tekstualiseer. By die aanskoue van die berig, word die “gesange” van “duisende naastes” as ’n “gekerm”, ’n weeklaag gekwalifiseer (reël 14). Daarnaas volg die oormekaarskuiwing van die werklike aanskoue “van die bloed” wat vergelyk word met die “swart” van “drukkersink” (reëls 14–16) – ’n illustrasie van die kloof wat tussen skryf oor en die ervaring van die werklike ellende bestaan.
Die refrein “brand, brand dié land swart!/ ’n duisend woorde maak nie één koeëlgat dig!” (reëls 17–18) beklemtoon laasgenoemde omdat “’n duisend woorde” niks beteken vir diegene wat hulle lewens verloor nie. Daarom die opdrag, om “dié land swart” te “brand”, wat dui op voortgaande verset, hetsy deur woord of handeling.
Die vierde strofe begin sintakties dieselfde as strofe een en twee, naamlik “dat hy geforseer word om die tou/ boontoe te werp” (reëls 19–20). Verwys die spreker hier na ’n laksman wat ’n doodsvonnis moet uitvoer van ’n politieke gevangene? Veronderstel dié handeling dat die tou om die terdoodveroordeelde se nek gebind word? Of is die “tou” wat “boontoe” gewerp word die digter se poging om ’n woord om die nek te wurg vir die skryf van sy struggle-gedig? Die gedwongenheid “om die tou/ boontoe te werp” sou ook op selfmoord kon dui, om homself op te hang – vergelyk “enigiets om aan die wurg van die woord te ontkom” (reëls 20–21).
Dié greep word gekontrasteer met “gedigte” wat “hy liefs [...] sou wil maak” (reël 22). Dat hy “’n lyn sou wil bind om God se nek” (reël 23) veronderstel sy woede teen God, maar sy beelde begin hier deurmekaar te loop: “terwyl hy liefs gedigte sou wil maak,/ [...] van bengelende beelde” (reëls 22, 24), dit wil sê van beelde wat heen en weer swaai (asof ’n liggaam wat aan ’n tou hang), sou hy liewer “van dolfyne” wou skryf “wat Saterdagaande te perd gaan vry/ in grys gehemp soos silwerige soetwater” (reëls 25–26). Dui die versreëls op die digter se eintlike, ideale leefwêreld, waarin hy gedigte oor die vryheid van “dolfyne” skryf? Hier “[lê] die doderyk ver agter die ervaringskim”, dit wil sê, hier is daar nie sprake van die dood nie. Hier sou hy “apart” wees, “in ’n gelede vers, ’n ander verlede” (reël 28). Laasgenoemde sinspeel dan ook op Apartheid se bevoorregting van die wittes, wat in kontras staan met “soveel swart betogers/ vuis ten hemel op soek na brand hul dooies/ begrawe” (reëls 4–5).
In versreëls 29 en 30 herhaal die spreker, “want ’n duisend woorde maak nog g’n hond gesond!/ brand, brand tog hierdie hand ongeskonde”. Die opdrag om “hierdie hand ongeskonde” te “brand,” veronderstel ’n proses van heling indien die “hand” nie meer oor “daardie oerte” hoef te skryf nie. Die laaste versreël van die gedig beklemtoon egter die rede vir die verset, ’n terugspeling na Hector Peterson – “as die dooie kinders net wil ophou skree vir Afrika” (reël 31).
Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria
.........
Johan Reijmerink
Analyse en interpretatie van het gedicht “Zolang er water in het water zit” van Breyten Breytenbach:
Zolang er water in het water zit
zoals wanneer je moe bent
en onder de hoge boom
op je rug gaat liggen
met je wapens in het stof
en ziet hoe de avond
de vogels naar de boom trekt
zodat de sterren in zwermen
op de takken zitten
en hoe de maan geel
op haar rug met haar haar
als stralen om haar in de nacht verdrinkt
tot jij door tranen en de ochtendzon
verblind niet ziet
hoe de vogels opvliegen
om het lijk op te eten
zo ligt jouw dood:
wacht in jou:
een boeiende stilte:
een wonder
De dubbelzinnige titel van het gedicht “Zolang er water in het water zit” duidt op een bijzondere wijze van waarnemen. De dichter problematiseert met zijn metonymische dubbelzegging het fenomeen water. Hij verlaat met zijn formulering de natuurlijke instelling die we in ons alledaagse leven tegenover water hebben. We gaan er meestal in onze naïviteit vanuit dat water een min of meer doorzichtige, vloeibare en stromende materie is, waarbij vorm en stof samenvallen. De dichter wil ons echter met zijn formulering naar een dieper inzicht leiden. Daarvoor doorbreekt hij de vanzelfsprekendheid. Hij wil ons bewust doen zijn van iets opmerkelijks. De Franse fenomenoloog Maurice Merleau-Ponty (1908-1961) noemt dat de “terugkeer tot de zaken”, waarbij we ons concentreren op de betekenis van dat wat ons in de wereld verschijnt, in dit geval het fenomeen water. Om daarin enig inzicht te krijgen is een reductie nodig, een zekere afstand tot het water, wat betekent dat we de lange vertrouwdheid die we met het fenomeen water hebben, even opschorten. Dat kan ons een beter begrip opleveren voor wat onze vertrouwdheid ermee nu eigenlijk is.
Het fenomeen water krijgt in deze titel een extra nadruk door de dubbelzegging van de vorm “water” en de stof “water”. De dichter doet het voorkomen alsof er een stof als water aan het vormvolume van water is toegevoegd – zoals in vroeger tijden aan het water blauwsel werd toegevoegd om de helderheid van de witte was te versterken - om vooral te benadrukken dat het water nog altijd water is, hoewel door de inclusieve formulering gedacht zou kunnen worden dat daaraan iets is veranderd. Het benadrukt echter juist dat er ten diepste niets is veranderd aan iets wat we mogen rekenen tot een van de vier onvervreemdbare oerelementen van de schepping. De titel lijkt daarmee vooralsnog het verlangen uit te drukken naar een onveranderlijkheid in veranderlijke tijden van strijd en geweld.
Onder de vanzelfsprekende en vertrouwenwekkende aanwezigheid van het water, zoals we ons water nu eenmaal altijd voorstellen, schetst de dichter ons in kort bestek tegen een macro-kosmische achtergrond de microkosmos van het lyrisch subject. In de eerste van vijf vierregelige strofen legt een jij, een strijder, zich ’s avonds aan het einde van de dag “onder de hoge boom”. Hij ligt op zijn rug ‘met […] [de] wapens in het stof’. Deze rustende houding is er één van overgave, vertrouwd als hij zich voelt onder “de hoge boom” die hem beschutting, schaduw en verkoeling geeft. Deze boom roept reminiscenties op aan de levensboom in het paradijs. Bij deze strijder kunnen we denken aan Breytenbach die in de jaren zeventig bemoeienis heeft met de antiapartheidsbeweging en weet heeft van de moeizame strijd die er voor gelijkberechtiging in het verdeelde Zuid-Afrika is gevoerd. Hij beschouwt van dat perspectief zijn poëzie als een levenskunst, een levensdiscipline waarbij elke tekst zijn wording vindt in een engagement met de aan verandering onderhevige wereld.
Terwijl de jij op zijn rug ligt onder boom, ziet hij “hoe de avond / de vogels naar de boom trekt”. In deze positie bevindt hij zich voor even in het middelpunt van de schepping. De gepersonifieerde ‘avond’ vertegenwoordigt een schepping in wording door de “vogels naar de boom” te trekken. Die metafoor wordt voortgezet in de laatste twee versregels van de tweede strofe: “zodat de sterren in zwermen / op takken zitten”. De komst van de vogels roepen in metaforische zin het beeld van ‘sterren’ in hem wakker. De vogels als verbindende schakels tussen de micro- en de macrokosmos veranderen van gedaante door als lichtgevende sterren op de takken van de boom neer te dalen. Tegelijkertijd zien we dat de gepersonifieerde maan “geel / op haar rug met haar haar / als stralen om haar / in de nacht verdrinkt”. De maan, geel van kleur, ligt op haar rug te stralen, waarbij het lijnenspel dat van haar uitgaat in de duisternis van de nacht verdrinkt. De jij glijdt weg in dit nachtelijke dromenspel. Het licht van de maan gaat op in de duisternis van de nacht.
Dit beeld stemt in de voorlaatste strofe het lyrisch subject, aan het einde van de nacht, aan het begin van de ochtend, verdrietig: “door tranen en de ochtendzon / verblind”. Het verblindende ochtendlicht maakt het voor de jij onmogelijk om te zien “hoe de vogels opvliegen / om het lijk op te eten”. Blijkbaar bevindt zich in de directe omgeving van de boom het lijk van een dier of een mens. Vogels pikken aan dat lijk. Dat is niet alleen de dieren eigen, maar ook de mens. Dit beeld staat model voor de gewelddadige wereld waaruit de strijder zich voor even heeft vrijgemaakt.
Zoals de strijder zich te ruste heeft gelegd, de vogels, de sterren en de maan zich denkbeeldig in de boom hebben neergevlijd, de nacht de dag in zich heeft opgenomen en in de ochtend door de verblinding aan de jij is ontgaan, hoezeer de wreedheid van de schepping nog onverminderd blijft voortduren, zo realiseert het lyrisch subject zich ten slotte dat, als een voorafschaduwing, in het denkbeeldige lijk zijn dood op hem wacht onder “een beierende stilte”. Dit oxymoron duidt op een tegenstelling die past bij de stilte van dit natuurtafereel waarin het subject zich bevindt, maar tegelijkertijd laat zich in deze stilte een onmiskenbaar geluid horen dat erop zou kunnen wijzen dat de tegenstellingen van dag en nacht, van licht en duisternis, van strijd en vrede, van stilte en lawaai er voor altijd in zullen opgaan. Wat zich hier in de droomwereld van de jij voltrekt, heeft de trekken van een enantiodromie waarbij het erom gaat dat de spanning tussen de tegendelen wordt opgeheven: een intra-psychisch bewustwordingsproces van heelwording. Dat mag met recht een wonder heten. Dan zal het zijn zoals het altijd bedoeld is: het water zal in het water zitten. Het verlangen naar de onveranderlijkheid zal bewaarheid worden. Daarmee is de cirkel gesloten: de jij ruste in vrede.
.........
Naschrift
Het gedicht is vertaald door Adriaan van Dis ter gelegenheid van Poetry International 1974. Het komt oorspronkelijk uit de jaarbundel van Poetry International De dichter is het hart van de wereld. Ik vond het gedicht in de verzamelbundel De mooiste van de hele wereld. 300 gedichten van de 20e eeuw, samengesteld door Koen Stassijns en Ivo van Strijtem. Breytenbach heeft dit gedicht niet opgenomen in de Nederlandstalige bloemlezing De windvanger. Gedichten 1964-2006. Vertaling Krijn Peter Hesselink, Laurens Vancrevel en Adriaan van Dis. Nawoord van Laurens van Krevelen. De meeste andere Poetry International-gedichten uit 1974, het jaar voor zijn arrestatie, zijn wel in de eerder genoemde verzamelbundel opgenomen.
Lees ook
Breytenbach op 80: Perspektiewe op Breytenbach | Perspectieven op Breytenbach
Breyten op 80: Perspektiewe | Perspectieven op Breyten – Dewald Koen en Gerard Scharn
Breytenbach op 80: Perspektiewe | Perspectieven op Breytenbach – Daniel Hugo en Job Degenaar
Buro: NMBande tussen Breyten Breytenbach en die Lae Lande verken in internasionale tydskrif