Brief en repliek 10: Slot

  • 0

Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk.

Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, waaroor hulle dan op hulle beurt moet antwoord as deel van hul opdragte.

Brief 10

Beste Yves

Vandag het ek die voorreg om repliek te lewer, nie net op die studente se derde opdragte nie, maar op ’n leersame en inspirerende semester aan die Universiteit Leiden. Van 6 Februarie tot 8 Mei was ek die dosent van die vak genaamd “Zuid-Afrikaanse Letterkunde” aan Leiden Universiteit se Centre for the Arts in Society (LUCAS). In samespraak met jou het ons ’n uitvoerige brief- en repliekreeks op Voertaal die lig laat sien, wat die grondteks uitmaak van ons beoogde eerste publikasie (van twee), getiteld Repliek. Transnationale trajecten van Zuid-Afrikaanse schrijvers in het Nederlands.

Die Leidse kursus oor die beeldvorming van Suid-Afrikaanse, alhoewel meer spesifiek Afrikaanse, digters in die Lae Lande kom vandag tot ’n einde. Dié gegewe noodsaak ’n kritiese besinning oor die voorafgaande lesse, bestaande uit ’n deel een, waarin die beeldvorming van klassieke Afrikaanse digters in die Lae Lande aan bod gekom het, en ’n deel twee, met ’n fokus op ’n nuwe generasie Afrikaanse digters. By laasgenoemde het ons aan die hand van Alfred Schaffer se kuratorskap van O se boloke / Bescherm ons. Zuid-Afrikaanse stemmen (DWB 2024-4) te werk gegaan.

Interessant genoeg is vandag 8 Mei, en is dit presies 100 jaar sedert Afrikaans as amptelike taal in Suid-Afrika erken is. Soos jy in jou inleiding tot jou boek Twee overzijden. Literaire vraaggesprekken op de brug tussen Afrikaans en Nederlands (2025) argumenteer, gee die honderdjarige viering van Afrikaans se amptelike erkenning, alhoewel “arbitrair”, ’n “handig vertrekpunt [...] voor het ontwerp van een literair contactgeschiedenis. Dit jaar is het precies honderd jaar dat we van een Afrikaans literair polysysteem kunnen spreken, indien we het ambtelijk statuut van Afrikaans als vertrekpunt nemen” (T’Sjoen 2025:2).

Natuurlik bestaan Afrikaans nie net 100 jaar nie, soos Cochrane en Roux in die voorwoord tot die versamelbundel Merang aandui: “Sommige persone verkeer onder die wanindruk dat Afrikaans ’n honderd jaar oud is, wat nie die waarheid is nie. Afrikaans beskik oor ’n veel langer, komplekser en ryker geskiedenis” (Cochrane en Roux 2025:15). Hierdie geskiedenis maak deel uit van die koms van Jan van Riebeeck in die Kaap de Goede Hoop in 1652 om ’n verversingspos vir die VOC te stig. Dit wil sê, 17de-eeuse Nederlands het ’n prominente rol gespeel in wat uiteindelik Afrikaans sou word. Om meer te wete te kom oor die geskiedenis van die Nederlandse tekste wat in Suider-Afrika geskryf is, kan Eep Francken en Olof Praamstra se pryswennende literatuurgeskiedenis, Geen land voor dromen. Geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur (2023), geraadpleeg word.

Belangrik is dat onder die noemer “Afrikaans” nie alleenlik “Standaardafrikaans” verstaan moet word nie. Gerda Odendaal (2022) meen dat Standaardafrikaans niemand se amptelike variëteit is nie. Dit is ook belangrik dat ’n basisvariëteit nie om taalkundige redes status ontvang nie, maar op grond van ideologiese oorwegings. ’n Standaardtaal is ’n “ideaal” wat teenoor die “werklikheid” opgestel word.

Elvis Saal meen egter in sy gesprek met Naomi Meyer en Cliffordene Norton op LitNet dat gesprekke oor die variëteite van Afrikaans primêr fokus op die drie historiese variëteite Kaapse Afrikaans, Oranjerivierafrikaans en Oosgrensafrikaans, maar dat hierdie drie geografiese dialekte nie inherent homogeen is nie, maar subvariëteite insluit: “So byvoorbeeld sluit Oranjerivierafrikaans (deesdae na verwys as Gariepafrikaans) onder andere die subvariëteite Griekwa-Afrikaans, Richterveldse Afrikaans en Namakwalandse Afrikaans in. Dieselfde geld Kaapse Afrikaans met subvariëteite soos Kaapse Moesliemafrikaans, Swartlandse Afrikaans, Bolandse Afrikaans en Weskusafrikaans (om maar ’n paar te noem)” (Saal 2020).

Volgens Afrikaans.com kan 12 Afrikaanse variëteite onderskei word: Karoo-Afrikaans, Kaapse Afrikaans, Swartlandse Afrikaans, Griekwa-Afrikaans, Namakwalandse Afrikaans, Boesmanlandse Afrikaans, Voortrekker-Afrikaans, “algemene” Afrikaans, Oos-Kaapse Afrikaans, Vrystaatse Afrikaans, Standaardafrikaans en Overbergse Afrikaans.

Hoe dit ook al sy, die gesprek oor Afrikaans in al sy gedaantes loop ’n interessante verhaal in die poging om tot verhaal te kom oor Afrikaans as literêre taal. Die klassieke Afrikaanse digters wat ons in hierdie kursus bespreek het, naamlik NP Van Wyk Louw, Elisabeth Eybers en Ernst van Heerden, het heelwat gedoen om Afrikaans as “estetiese taal” uit te bou. Vergelyk Bernard Odendaal se opsomming daarvan in sy artikel “Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig” (2015:32-62):

Die literêre gebruik en die ontwikkeling van Afrikaans tot “kultuurtaal” gedurende die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbewegings het, soos onlangs weer breedvoerig aangetoon deur Steyn (2014:19–41, 62–204), ten nouste saamgehang met Afrikaners se nadenke oor hulle posisie, herkoms, identiteit en bestemming as volk.

In die daaropvolgende tydperk (1934–1955), deur Kannemeyer (2005:120) as die “derde beweging” in die verhaal van Afrikaans se groei tot volwasse kultuurtaal bestempel (kyk ook Ohlhoff 1999:66), is die benutting daarvan pertinent in die teken gestel van die hoogste (internasionale) estetiese eise (Opperman 1953:13; Van Coller en Odendaal 2005:27; Steyn 2014:256). Die taal, waarvoor pas in 1925 amptelike status (naas Engels en, aanvanklik, ook Nederlands) verkry is, en wat tussen 1914 en 1922 aan ’n doelgerigte standaardiseringsproses onderwerp is (kyk Steyn 2014:154–179), is deur die digtersgenerasies bekend as die “Dertigers” en die “Veertigers” gekies as gevoelige instrument vir hierdie doel.

Van die Dertigers het ons Van Wyk Louw, Eybers en Van Heerden se beeldvorming, kontak en literêre nalatenskap in die Lae Lande bespreek. Louw was ’n dosent aan die Vrije Universiteit van Amsterdam, terwyl Eybers geëmigreer het na Nederland toe sy 46 jaar oud was, en het die volgende 46 jaar in Amsterdam gewoon. Sy het die hoogste louere vir poësie in Nederland ontvang, al het sy aangehou om Afrikaans te skryf. Ernst van Heerden kry veral ná sy dood erkenning deur die oprigting van die Ernst van Heerden-versameling, wat ’n sentrale afsetgebied vir Afrikaanse poësie in Gent geword het. Daarna het die Sestigers aan bod gekom, met ’n fokus op die werk van Ingrid Jonker, Breyten Breytenbach en Adam Small. Ná die Sharpeville-slagting op 21 Maart 1960 het die anti-apartheidsbeweging teen Suid-Afrika al hoe sterker geword, en het ’n sterk verbintenis tussen Afrikaans en Nederlands skipbreuk gely. Stemme van kunstenaars soos Elisabeth Eybers, DJ Opperman en NP Van Wyk Louw het ’n vae herinnering van die Afrikaanse literatuur geword, soos Gerrit Komrij in die NRC Handelsblad skryf:

In mijn middelbare-schooltijd had je ineens die paar bundels bij Van Oorschot, (…) bundels van Dirk Opperman, NP van Wyk Louw en – toen al – Elisabeth Eybers. Van die drie bleef alleen Elisabeth Eybers in druk – en dus in het geheugen. Ze woont sinds 1961 in Nederland, ze is meerdere malen bekroond, haar Versamelde gedigte werden herdrukt, maar ze bleef een Afrikaanse eenling. (Komrij 1999:28)

Vervolgens het Antjie Krog en Marlene van Niekerk as oorgangsfigure tussen ’n ouer en jonger generasie digters aan bod gekom. Hulle het nie alleen as digters nie, maar ook as mentors opgetree wat ’n belangrike rol gespeel het in die bevordering van literêre uitnemendheid onder ’n nuwe generasie Suid-Afrikaanse digters.

Soos vroeër genoem, is die brugbouerskap van PC Hooft-pryswenner Alfred Schaffer bestudeer aan die hand van sy kuratorskap van O se boloke / Bescherm ons. Zuid-Afrikaanse stemmen. In die tweede deel van die kursus is digters soos Tom Dreyer, Klara du Plessis, Lynthia Julius, Ronelda Kamfer, Danie Marais, Pieter Odendaal en Bibi Slippers behandel. Die lesings het ’n sterk fokus geplaas op die verhouding met die kurator en genoemde digters. Studente het op 20 Maart onderhoudsvrae aan Schaffer gerig, en op 10 en 17 April gesprekke gevoer met onderskeidelik drie en vier van die digters. Boonop het die studente belangrike rolspelers in die Suid-Afrikaanse literêre landskap ontmoet. Francine Maessen het ’n lesing aangebied oor die werksaamhede van die Zuid-Afrikahuis, terwyl Anne Sluijs, direkteur van die Internationale Vereniging voor Neerlandistiek (IVN), die studente toegespreek het oor die funksies en invloed van dié organisasie. Die kern van die kursus was egter die uitgebreide brief- en repliekreeks wat as onderliggende stramien gedien het.

Vir my was dit belangrik om die studente se aandag te vestig op die konsep van literêre kontak. Soos in ’n vroeëre lesbrief uitgelig is, is “kontak” nie vanselfsprekend nie. Rolspelers is aktiewe agente binne ’n literêre sisteem, en studente moet leer hoe om hul rol te verstaan en op te neem in ’n meertalige en transnasionale konteks. Vertaling en vertalers vervul ’n sentrale funksie in die beeldvorming van digters in ander taalruimtes. Vertalings moet uitgegee word deur betroubare uitgewers, en projekte moet finansieel ondersteun word deur literêre fondse. Die lewe van ’n teks strek dus veel verder as die interaksie tussen digter en vertaler – dit moet bemiddel word om ingeweef te word in ’n nuwe literêre sisteem. Hierdie bemiddeling sluit die ontvangs van die teks deur leserspublieke in, asook resensies in die media, gesprekke, onderhoude, voorlesings, feesverskynings en akademiese diskoerse wat opgeneem word in die breër sosiale en maatskaplike milieu, met die doel om krities oor ons wêreld te dink.

As nasiener van die studente se opdragte was dit vir my belangrik om te sien op watter wyse die studente met die konsep van bemiddeling omgegaan het. Die studente het ’n indrukwekkende verskeidenheid inisiatiewe voorgestel om die sigbaarheid en waardering van Suid-Afrikaanse digters in Nederland en Vlaanderen te bevorder. Hulle het onder meer die gebruik van sosiale media, spesifiek Instagram, voorgestel as ’n visuele en toeganklike platform waarop kort aanhalings uit poësie gedeel kan word om groter lesersbetrokkenheid te skep (Braun). Media-optredes, insluitend openbare voorlesings, gespreksreekse en onderhoude, is aangewys as kragtige middele om digters se persoonlikhede en konteks aan ’n transnasionale publiek bekend te stel (Bijl). Literêre biblioteke en argiewe (soos die VOB en VVBAD) is geïdentifiseer as spilpunte vir gestruktureerde samewerking tussen skole, instellings en literêre instansies (Potters). Studente het ook voorgestel dat Afrikaanse digters as “ikone” van verskillende generasies bemark word om gesprekke tussen klassiek en eietyds te fasiliteer, byvoorbeeld tussen Jonker en Slippers.

Nog belangrike voorstelle sluit in die skep van vertaalprojekte wat nie net digters se werk beskikbaar stel in Nederlands nie, maar ook die kompleksiteit van taal en identiteit binne Suid-Afrika belig (Verkerk, Schmidt). Die rol van onderrig is beklemtoon, met aanbevelings vir die integrasie van Afrikaanse letterkunde in taalklasse of kultuurmodules in Nederlandstalige universiteite (Van der Giessen). Studente het self ook as bemiddelaars opgetree: deur akademiese essays te skryf, poësie aan te haal en te ontleed, en op kritiese wyse literêre tradisies te verbind. Sommige het die belang van intergenerasiedialoog in die poësie beklemtoon (Zandbergen), terwyl ander ’n fokus geplaas het op trauma, woede en meertaligheid as temas waardeur bemiddeling plaasvind (Oostveen, Van Stiphout). Daar is dus nie net gepraat oor bemiddeling nie, maar dit is prakties gedemonstreer deur die keuse van digters, temas en kanale van oordrag.

Noudat ek terug is in Suid-Afrika na afloop van ’n driemaande-gasdosentskap in Leiden, kan ek alleen my dank betuig vir elkeen wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het. My dank ook aan jou, Yves, vir hierdie produktiewe gesprek, en ek sien uit na die voortgesette werk aan die projek.

Met vriendelike groete

Alwyn

Bibliografie

Cochrane, N en A Roux. 2025. Voorwoord. In Merang. Gansbaai: Naledi.

Francken, Z en O Praamstra. 2023. Geen land voor dromen: Geschiedenis van de Zuid-Afrikaanse Nederlandse literatuur. Amsterdam: Amsterdam University Press.

Komrij, G. 1999. De Afrikaanse poëzie, 10 gedichten en een lexicon. Amsterdam: Uitgeverij Bert Bakker.

Odendaal, BJ. 2015. Omgangsvariëteite van Afrikaans in die digkuns sedert Sestig. Stilet, 27(2):32–62.

Odendaal, G. 2022. Standaardafrikaans. Lesing gelewer tydens die SAOU, AON en ATR se Flambojante Afrikaans-lesingreeks op 29 Augustus 2022. https://www.taalkommissie.co.za/wp-content/uploads/2022/09/FlambojanteAfrikaans.Standaardafrikaans.GO_.pdf (8 Mei 2025 geraadpleeg).

Saal, E. 2020. Afrikaanse dialekte in die klaskamer: Kô lat ôs praat – ’n onderhoud met Elvis Saal. LitNet. https://www.litnet.co.za/afrikaanse-dialekte-in-die-klaskamer-ko-lat-os-praat-n-onderhoud-met-elvis-saal (7 Mei 2025 geraadpleeg).

Schaffer, A (red). 2024. “O se boloke / Bescherm ons”. Stemmen uit Zuid-Afrika. DW B, 2024(4).

T’Sjoen, Y. 2025. Twee overzijden: Literaire vraaggesprekken op de brug tussen Afrikaans en Nederlands. Gent: Academia Press.

 

Repliek

Beste Alwyn,

In deze reeks ‘Brief en repliek’ zijn theoretische en methodologische uitgangspunten geformuleerd voor het ontwerp van een contactgeschiedenis tussen literatuursystemen, in voorkomend geval in het Afrikaans en het Nederlands. De klemtoon in het onderzoeksproject ligt niet zozeer op de studie van de dynamiek van een literaire cultuur in een taal, maar dus op intertalige en cross-culturele literaire gesprekken. Hierbij wordt aandacht besteed aan vertalingen en de subsidiepolitiek van letterenfondsen (vertaalbeleid), internationale culturele netwerken, uitgeverijen en tijdschriften, kortom alle handelingen, actoren en instanties die bijdragen aan een representatiegeschiedenis van literaire teksten in een ander taalgebied. Er is doelbewust gekozen voor de neutrale term contact: hij duidt op een veelheid aan interacties tussen literaturen in verschillende talen, gesprekken over literatuur in uiteenlopende culturele tradities en in diverse maatschappelijke en politieke contexten. De term impliceert tegelijk een niet-hiërarchische verhouding tussen taalsystemen. Het gaat over de uitruil van teksten en opvattingen, een evenwaardige wisselwerking, convergenties en divergenties. Er is voor geopteerd om in dit eerste deel van onze briefwisseling, uiteindelijk resulterend in het collegeboek Repliek. Trajecten van Zuid-Afrikaanse schrijvers in het Nederlands (2026), de cultuurtransmissie te documenteren van literaire teksten in het Afrikaans, bij uitbreiding vanuit andere talen in Zuid-Afrika, van zuidelijk Afrika (dus ook Namibië) naar de Lage Landen. Met dit doel voor ogen is een selectie gemaakt van literaire auteurs en teksten. Werk van Zuid-Afrikaanse Afrikaanstalige auteurs zoals Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Antjie Krog, Adam Small, Ernst van Heerden, Marlene van Niekerk en NP van Wyk Louw, en in de actuele Zuid-Afrikaanse literatuur lyriek van jongere schrijvers in (variëteiten van) het Afrikaans (Tom Dreyer, Lynthia Julius, Ronelda Kamfer, Danie Marais, Pieter Odendaal, Klara du Plessis en Bibi Slippers), legt particuliere transnationale trajecten af naar het Nederlands, soms door bemiddeling van de Nederlandse literaire ruimte naar andere Europese talen. Velerlei actoren en factoren spelen een rol in de bemiddeling en transfers tussen talen en culturen. In de brieven komen sleutelfiguren aan bod, agenten met een mediërende brugfunctie. Literaire agenten en instituties die een dergelijke sleutelpositie innemen, zoals vertalers, tijdschriftredacteurs, lectoren, ook uitgevers en literaire subsidiënten, krijgen uitzonderlijk veel aandacht. Zeker in vergelijking met de klassieke (twintigste-eeuwse) literatuurgeschiedenissen waarin toch vooral teksten, auteurs en genres in de schijnwerper staan. Voor de epistolaire reeks is onder meer sterk gefocust op canonieke schrijvers in Zuid-Afrika en voorts vooral het door Alfred Schaffer samengestelde themanummer ‘“O se boloke/Bescherm ons”. Stemmen uit Zuid-Afrika’ (DWB 2024). Naast een beschouwing over de intercontinentaal bemiddelende rol van Schaffer tussen diverse culturen (Nederland, Zuid-Afrika, Aruba en Sint-Maarten), sleutelspeler in de recente trajectgeschiedenis tussen de Afrikaanse en de Nederlandstalige literatuur, is aansluitend op de reeks met brieven de neerslag van een online vraaggesprek met studenten over het transnationale onderwerp opgenomen.

De gedachtewisseling moet uiteindelijk leiden tot een reeks uitgewerkte gevalstudies. Dat fundamenteel vergelijkend onderzoek zal de basis zijn voor een te ontwerpen panorama met aandacht voor ruim een eeuw van wisselwerking tussen Afrikaanse en Nederlandse literatuur. In het tweede complementaire collegeboek Repliek. Trajecten van Nederlandstalige schrijvers in het Afrikaans (2027) komt de literaire beweging in de omgekeerde taalrichting aan bod. Dat onderwerp zal centraal staan in een collegereeks aan een Zuid-Afrikaanse universiteit en in begeleidende brieven. De colleges richten zich op de aanwezigheid van Nederlandse, Vlaamse, Caribische en Indonesische schrijvers in het Afrikaans, hoe het werk kritisch is onthaald in Zuid-Afrika en de vertalingen die bijdroegen aan de publieke bekendheid van deze auteurs in zuidelijk Afrika. Ook optredens op literaire en kunstenfestivals of de studie van het werk aan Zuid-Afrikaanse universiteiten en de Universiteit van Namibië – de leeslijsten die studenten bespreken en de literaire werken die op school en in universitaire colleges aan bod komen – zijn onderwerpen van gesprek.

Kritische reflecties op het gebied van de transnationale letterkunde en de beeldvorming van schrijvers en teksten in een andere cultuur zijn weergegeven in de verzamelde brieven. Aan de hand van gevalstudies, waarvoor de bio- en bibliografische krijtlijnen zijn uitgetekend, wordt een eerste aanzet geleverd op het gebied van een literaire contactgeschiedenis. De uitgangspunten, de theoretische concepten en de onderzoeksvragen komen in het brievencorpus ter sprake alsook in het ‘Woord vooraf’ van mijn boek Twee overzijden. Literaire vraaggesprekken op de brug tussen Afrikaans en Nederlands (Academia Press, Gent, 2025). Voor dat boek heb ik het voorbije jaar met de volgende auteurs en vertalers een vraaggesprek gevoerd: Benno Barnard, Simone Atangana Bekono, Zandra Bezuidenhout, Robert Dorsman, Babs Gons, Lynthia Julius, Antjie Krog, Tom Lanoye, Danie Marais, Charl-Pierre Naudé, S.J. Naudé, Fanie Olivier, Jolyn Phillips, Alfred Schaffer, Riana Scheepers, Francois Smith, Nicol Stassen, Marlies Taljard, Miriam Van hee, Etienne van Heerden, Marlene van Niekerk, Eben Venter, Peter Verhelst, Gert Vlok Nel en Ingrid Winterbach. Het merendeel van de interviews is intussen voorgepubliceerd op Voertaal.

Naast beide collegecahiers met de titel Repliek, respectievelijk over de teksttrajecten en schrijversloopbanen van het Afrikaans naar het Nederlands en in de andere taalrichting, plannen Alwyn Roux en ik een satellietboek waarin gesprekken met literaire actoren in Zuid-Afrika en de Lage Landen worden opgenomen. In mijn rubriek ‘Cahier van een lezer’ op Versindaba zijn twintig vraaggesprekken opgenomen met literaire agenten (Zuid-Afrikaanse schrijvers en vertalers): Marni Bonthuys, Bibi Burger, Johan Coetzee, Joan Hambidge, Paul Kammies, Mercy Kannemeyer, Sonja Loots, Charl-Pierre Naudé, Bernard Odendaal, Pieter Odendaal, Klara du Plessis, Alwyn Roux, Ihette Senekal, Ilse van Staden, Marius Swart, Marlies Taljard, Eben Venter, Andries Visagie, Izak de Vries en Marita van der Vyver (zie hieronder). Aanvullend voeren wij de komende tijd gesprekken met literaire agenten die een sleutelrol hebben in de bemiddeling tussen Afrikaanse en Nederlandse literatuur. De verzamelbundel met vraaggesprekken is gepland bij Skribis (2026).

In ‘Cahier van een lezer’ komen de volgende actoren aan bod :

  1. Joan Hambidge, Johan Coetzee & Charl-Pierre Naudé. Cahier van een lezer#18’, (https://versindaba.co.za/2024/05/23/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-18/, 23 mei 2024)
  2. Marlies Taljard. Cahier van een lezer#19’, (https://versindaba.co.za/2024/06/04/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-19-vraaggesprekken-met-literaire-agenten-2/, 4 juni 2024)
  3. Mercy Kannemeyer. Cahier van een lezer#20, (https://versindaba.co.za/2024/06/11/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-20-vraaggesprekken-met-literaire-agenten-3/, 11 juni 2024)
  4. Ilse van Staden. Cahier van een lezer#21, (https://versindaba.co.za/2024/06/19/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-21-vraaggesprekken-met-literaire-agenten-4/, 19 juni 2024)
  5. Eben Venter. Cahier van een lezer#22, (https://versindaba.co.za/2024/06/21/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-22-vraaggesprekken-met-literaire-agenten-5/, 21 juni 2024)
  6. ‘Vraaggesprekken met Literaire Agenten (6) [Marita van der Vyver]. Cahier van een lezer#23, Versindaba, (https://versindaba.co.za/2024/06/24/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-23/, 24 juni 2024)
  7. Bernard Odendaal. Cahier van een lezer#24, (https://versindaba.co.za/2024/06/28/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-24-vraaggesprekken-met-literaire-agenten-7/, 28 juni 2024)
  8. Paul Kammies. Cahier van een lezer#25, (https://versindaba.co.za/2024/07/01/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-25-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 1 juli 2024)
  9. Klara du Plessis. Cahier van een lezer#26, (https://versindaba.co.za/2024/07/05/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-26-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 5 juli 2024)
  10. Alwyn Roux. Cahier van een lezer#27, (https://versindaba.co.za/2024/07/19/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-27-in-gesprek-met-literaire-agenten/, 19 juli 2024)
  11. Izak de Vries. Cahier van een lezer#28, (https://versindaba.co.za/2024/07/22/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-28-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 22 juli 2024)
  12. Marni Bonthuys. Cahier van een lezer#30, (https://versindaba.co.za/2024/08/01/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-30-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 1 augustus 2024)
  13. Pieter Odendaal, Cahier van een lezer#31, (https://versindaba.co.za/2024/08/06/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-31-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 6 augustus 2024)
  14. Marius Swart. Cahier van een lezer#32, (https://versindaba.co.za/2024/08/07/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-32-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 7 augustus 2024)
  15. Andries Visagie. Cahier van een lezer#33, (https://versindaba.co.za/2024/08/13/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-33-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 13 augustus 2024)
  16. Ihette Senekal. Cahier van een lezer#34, Versindaba, (https://versindaba.co.za/2024/08/20/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-34-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 20 augustus 2024)
  17. Sonja Loots, Cahier van een lezer#35, Versindaba, (https://versindaba.co.za/2024/08/27/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-35-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 27 augustus 2024)
  18. Bibi Burger, Cahier van een lezer#36, Versindaba, (https://versindaba.co.za/2024/09/10/yves-tsjoen-cahier-van-een-lezer-36-vraaggesprekken-met-literaire-agenten/, 10 september 2024)

In onderstaande slotpassage van onze correspondentie worden een paar bespiegelingen gewijd aan de fenomenen inter- en transtaligheid en aan cross-culturele vertogen of dus de verwevenheid van culturen.

Talking Cultural Diversities

Vertaling is een noodzakelijke buffer tegen taalverlies. Geijkte uitdrukkingen zijn “traduire, c’est trahir” (vertalen is verraad plegen) en vertalen leidt tot verlies (van betekenis, van ritme en muzikaliteit). De redenering waarmee deze alinea opent, kan dus ook worden omgekeerd. Vertalingen kunnen winst opleveren: in een andere culturele omgeving wordt een tekst anders gelezen ten opzichte van het broncultuurgebied en opgeladen met weer andere cultureel bepaalde betekenissen. Dankzij vertaling, zoals in een veeltalig en cultureel gedifferentieerd land als Zuid-Afrika, worden inheemse talen tegen hun ondergang beschermd. Door in te zetten op vertaling wordt het gesprek tussen culturen en bevolkingsgroepen gefaciliteerd en wordt de transtalige communicatie bevorderd. Vertaling is gemeenschap-vormend, zo stelde Antjie Krog in november 2023 op het Festival van het Afrikaans in Den Haag. Recente inzichten in de vertaaltheorie kunnen ons hierbij helpen, zoals een passage in een bijdrage van de vertaalwetenschapper Anja van de Pol-Tegge (2023) aantoont.

Krog en de “interconnectedness” van talen

Bekend zijn Met woorde soos met kerse (2002) en Die sterre sê ‘tsau’ (2004), door Antjie Krog samengesteld, waarin gedichten uit diverse Afrikatalen zijn overgenomen en in het Afrikaans vertaald. Het gaat over veeltalige uitgaven, waarbij brontaal- en doeltaaltekst zijn opgenomen. Ook de talen van de Khoe- en de San-volkeren komen aan bod. Op die manier tracht Krog actief bij te dragen tot een cultuur- en teksttransmissie van bijvoorbeeld isi-Xhosa, isi-Zulu of Noord-Sotho (Sepedi) naar het Afrikaans. In een talig divers land zoals Zuid-Afrika, met maar moeizaam te doorbreken taal- en sociale barrières tussen culturele groepen, is dit gebaar een daad van verzet, een streven naar gemeenschapsvorming. Beide termen, “daad van verzet” (ook de titel van een recente bloemlezing samengesteld door Antjie Krog, 2024) en gemeenschapsvorming, worden door Krog gebruikt om het belang en het effect van de vertaling te omschrijven.

De keuze voor het Engels

Er zijn schrijvers in isi-Xhosa of isi-Zulu die er niet alleen prat op gaan in de eigen eerste taal te schrijven, maar noodgedwongen gebruikmaken van het Engels als lingua franca: om gewoonweg gelezen te worden, een publiek te bereiken. De gevierde Zuid-Afrikaanse dichter en feministische activist Makhosazana Xaba, hoofdredacteur van The Johannesburg Review of Books, publiceert naar eigen zeggen doelbewust in het Engels vanuit pragmatische overwegingen. De literaire infrastructuur van diverse talen van Zuid-Afrika is immers ontoereikend om van een bloeiend uitgeefbedrijf en een actief (intertalig en gelijkwaardig) literair gesprek te kunnen spreken. Literaire culturen, behalve die van het Afrikaans en het Engels, zijn bijgevolg onvoldoende bekend in een Zuid-Afrikaanse context, bij uitbreiding op het internationaal forum. Nochtans zijn isi-Zulu respectievelijk isi-Xhosa de talen met het grootste aantal gebruikers (‘eerste taal-sprekers’) in Zuid-Afrika. Bij gebrek aan voldoende goed opgeleide vertalers zijn in een Afrikaans- of Engelstalige omgeving gedichten en verhalen nagenoeg onbekend die in diverse Afrikatalen tot stand komen.

“Multilingual poetics” en “translingual poetics”

Naast de vermelde titels heeft Krog ook in Mede-wete (2014) teksten opgenomen uit inheemse Afrikatalen. Voor een internationaal Engelstalige publiek zijn er de uitgaven in de reeks Afrika Pulse (Oxford University Press). Op die manier bouwt zij bruggen tussen taalgemeenschappen en tracht met dergelijke cultuurtransfers culturen en literatuur voor elkaar bekend te maken. In deze gevallen wordt over veeltalige poëzie gesproken (“multilingual poetics”), waarbij talencombinaties of dus de vermenging van tekstfragmenten geschreven diverse talen bijdragen aan een ruimere cultuur- en taaloverschrijdende bekendmaking van verhalen in andere talen dan uitsluitend de westers gerichte talen Afrikaans en Engels. Daarnaast wordt gesproken over “translingual poetics”, waarbij het prefix “trans” wijst op de diverse richtingen noord en zuid & oost en west én op de interacties in het culturele verkeer tussen taalsystemen. Transculturaliteit is de uitwisseling tussen of wisselwerking van culturen, waarbij geen sprake is van dominantie of linguïstische suprematie, veeleer van vermenging dan van inmenging. Het gaat kortom niet over de wijze waarop een Afrikataal zich verhoudt ten opzichte van een internationale omgangstaal zoals het Engels. Talen zijn quasi-autonome tekensystemen die een eigen historiek hebben en verhalen overbrengen die maatschappelijk en cultureel bepaald zijn en dus niet inwisselbaar. Iedere taal heeft haar eigen geschiedenis en tradities. Door ook niet-westerse talen te bestuderen, zoals in Afrika, en met behulp van vertaling teksten open te stellen voor een publiek buiten de brontaalgemeenschap, wordt bijgedragen tot een multiculturele en veeltalige gemeenschap. Met “multilingualisme” wordt geduid op meertaligheid. Transtaligheid duidt op bewegingen tussen talen en culturen, een uitruil van verhalen zonder de prominente rol van een of andere Europese taal, vandaag vooral het Engels. In een artikel van Anja van de Pol-Tegge (Vrije Universiteit Brussel), over de sociologische “turn” in de vertaalwetenschap, lees ik in een voetnoot: “The terms ‘interculturality‘ and ‘transculturality‘ are often used in very similar ways. Nünning […] sees one term as a generic term for the other. […] I use the term transculturality because it emphasizes the multidirectional interconnection of cultures”. Elders zegt de auteur: “Given that alterity has always been integrated into cultures, the concept of ‘transculturality’ (Welsch 1999) emphasizes that cultures penetrate each other and so are not autonomous. Transculturality does not fundamentally question the existence of independent cultures but underlines the foreign cultural elements that are interwoven with one’s own culture and thus contribute to its construction”. Ook hier ligt de klemtoon op culturele verwevenheid, cross-culturele “interconnectedness”

Tegen cultuurdominantie

Niet één cultuur hoort overheersend te zijn. Er is in bovenstaand citaat sprake van interconnectie van culturen, zelfs “penetration”. Transculturaliteit wijst op het niet door één agent gemonitord wisselverkeer tussen culturen. Dus niét eenrichtingsverkeer: van een broncultuur naar een ontvangende cultuur. Het gaat over kruisbestuiving, dialoog en zoals gezegd “interconnectedness”, een term die Antjie Krog in Medewete nadrukkelijk gebruikt, overigens niet alleen in culturele zin. Intercultureel verkeer gaat over relaties tussen culturen. De verwevenheid van culturen wordt dan met de term “trans” aangeduid. Over de validiteit van het (theoretisch) onderscheid tussen deze benamingen, inter- en transculturaliteit, moet verder worden nagedacht.

Dat gebeurde al eerder in online seminaries die door het discussieforum Iincoko (isiXhosa) | Same(n)spraak (Afrikaans-Nederlands) | Conversations (English) worden aangeboden. Met de titel ‘Talking cultural diversities’ is in 2024 ingezet op “multilingual poetics” en “translingual poetries” (zie de link hieronder): de combinatie van talen en de interactie tussen talen in de recente literatuur van Zuid-Afrika. In dat geval wordt niet langer gesproken over Afrikaanse literatuur – met de nadruk op de Afrikaanstaligheid van de tekstproductie – maar veeleer over de uitruil en wisselwerking tussen talen, bijvoorbeeld tussen Engels en isi-Zulu, Afrikaans en San, Afrikatalen onderling. Vraag is of in die gevallen nog sprake is van het label “Afrikaanse literatuur”, een aanduiding die op een taal (Afrikaans) en zelfs op een plek (Zuid-Afrika) is gericht. Zoals ook de term “transnationale literatuur” voor discussie vatbaar is, met name de verbintenis tussen taal en ruimte (of natiestaat). Taal is niet (uitsluitend) plek-gebonden.

Taalpenetraties in hybride culturen

Talen en hun gebruikers zijn mobiel en staan de hele tijd met elkaar in contact. Geleidelijk zorgen die contacten voor een vermenging van en verwevenheid tussen talen. Ook de literatuur in de almaar méér linguïstisch gemengde of hybride omgeving van vandaag ondergaat onmiskenbaar een metamorfose. Niet één taal heeft dominantie. Het standpunt dat uitgaat van taalhiërarchie of superieure posities van talen is voor mij achterhaald, want zorgt ervoor dat kleinere talen geen aandacht meer krijgen, verhalen en culturen onder de radar blijven, niet worden bestudeerd en als dusdanig worden miskend. In ieder geval beschouw ik bestaande hiërarchische visies niet als productief. De visie getuigt ideologisch gesproken zelfs van een neokoloniale houding. Daarom spreken we in de geglobaliseerde wereld van intertalige, transtalige en multiculturele vertogen over literatuur die niet langer eentalig Afrikaans, Nederlands of Engels zijn. Hier liggen voor een literatuurstudie mogelijkheden, bij uitstek in een meertalig en multicultureel land zoals Zuid-Afrika. Talen sluiten zich niet op in gemeenschappen, culturen zijn niet essentialistisch, monolithisch of hegemoniaal. Van de Pol-Tegge spreekt over culturen als “hybrid formations in a transcultural sense”.  Talen spreken met elkaar en raken elkaar aan, ze schuren tegen elkaar aan schrijft Alfred Schaffer in de inleiding van ‘“O se boloke/Bescherm ons”. Stemmen uit Zuid-Afrika’. Ze bevruchten elkaar en dringen binnen in elkaars tekensysteem (taal en cultuur). Zonder daarbij in dat proces van wrijving zichzelf te verliezen. Die transities zijn interessant in onze globale taalomgeving. Processen van transculturaliteit en meertaligheid zullen we de komende tijd verder bediscussiëren op het online forum Samespraak, waarbij naast Afrikaans- en Engelstaligen ook sprekers en onderzoekers van meerdere Afrikatalen (in Zuid-Afrika) zijn uitgenodigd en over elkaars onderzoeksprojecten van gedachten wisselen – met als voorwerp van het letterkundig onderzoek teksten in Afrikatalen.

Wat het onderzoek betracht, is om vanuit een inclusieve visie op taal en cultuur, met aandacht voor variëteiten van talen en diverse culturele verhalen, een contactgeschiedenis te ontwerpen van het wisselverkeer tussen Afrikaanse en Nederlandse literatuur. Laat mij tot slot iets zeggen over die begrippen: Afrikaanse literatuur respectievelijk Nederlandse literatuur. Afrikaans en Nederlands zijn verzameltermen voor velerlei variëteiten van beide talen. In Afrikaans gaat het over Gariepafrikaans of Oranjerivierafrikaans, Nakwalandse Afrikaans, Khoe-Afrikaans, Muslim Afrikaans en Overbergse Afrikaans, of bijvoorbeeld Kaaps. In het Nederlands over variëteiten zoals Caribisch-Nederlands (Antilliaans-Nederlands en Surinaams-Nederlands), Nederlands Nederlands en Belgisch Nederlands. Literatuur, de andere term, zien we als aanduiding van een literaire cultuur, dus behalve teksten en auteurs ook de manier waarop literatuur circuleert in culturele contexten. Vanuit vergelijkend perspectief onderzoeken we toenadering en verwijdering tussen beide literaire polysystemen, in het Afrikaans en het Nederlands, de grondstof voor een panorama van interacties tussen literaire culturen. Hieraan hebben jullie een mooie bijdrage geleverd, maar het werk is niet klaar. We zijn pas gestart met het onderzoek en de beschrijving van casussen, dat wil zeggen: het fundamenteel basisonderzoek. Met aandacht voor de rol van de cultuurbemiddelaar, zoals de vertalers Robert Dorsman, Jan van der Haar, Riet de Jong, Alfred Schaffer en Rob van der Veer, die op de brug of in de draaideur tussen talen en culturen, tussen Afrikaans en Nederlands, sleutelposities inneemt. Wordt dus vervolgd.

Vriendelijke groeten uit Amsterdam,

Yves.

Geraadpleegde bron

Anja van de Pol-Tegge 2023. ‘Cultural transfer and the sociology of translation. A processual approach’, in Translation in Society 2:2, pp. 146-166. (https://doi.org/10.1075/tris.23005.van)

Zie ook de website Neerlandistiek: https://neerlandistiek.nl/2024/01/talking-cultural-diversities-translingual-poetics-and-multilingual-poetries/

Lees ook:

Brief en repliek: Inhoudsopgawe

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top