Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk. Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, wat hulle dan op hulle beurt moet beantwoord as deel van hul opdragte.
Kyk hier na die inhoudsopgawe:
Brief en repliek 1: Inleidende opmerkings
Brief en repliek 2: Teoretiese vertrekpunte vir ’n kontakgeskiedenis
Brief en repliek 3: ’n Oorsig – deel 1
Brief en repliek 4: Eybers, Louw en Van Heerden
Brief en repliek 5: Breyten Breytenbach
Brief en repliek 6: Ingrid Jonker en Adam Small imagologies beskou