Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk.
Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, waaroor hulle dan op hulle beurt moet antwoord as deel van hul opdragte.
Brief 6
Beste Yves
Dit het met die vorige les (van 27 Februarie) onder my aandag gekom dat die studente graag meer sal wil weet oor die imagologie en hoe om ’n imagologiese benadering te gebruik wanneer daar gewerk word met die beeldvorming van (Suid-) Afrikaanse digters in die Lae Lande. Dit het my genoop om vervolgens die imagologie as literêre benadering te gebruik in die toepassing van twee Nederlandse bydraes oor die beeldvorming van Ingrid Jonker en Adam Small1 se werk in Nederland: (1) Odile Heynders se reaksie op Jonker se muurgedig in Leiden, getiteld “Gedicht en publiek. Ingrid Jonkers ‘Die kind wat doodgeskiet is deur soldate bij Nyanga’”, wat verskyn het in Armada (2009), en (2) Francine Maessen se MA-verhandeling, getiteld “‘What abou’ de lô?’: Trauma in Afrikaans anti-apartheid poetry” (2019), wat uitgevoer is onder die studiebegeleiding van Ksenia Robbe aan die Universiteit Leiden.
Muurgedig in Leiden (Foto: Biccie, CC BY-SA 3.0, WikiMedia)
Vervolgens word die konsep van imagologie kortliks ingelui, waarnaas ek die buitelyne skets van die tekste wat na my mening heel ontvanklik is vir ’n imagologiese analise daarvan.
1 Wat is imagologie?
“De imagologie heeft tot doel na te gaan hoe men (volk en cultuur van) een (andere) natie percipieert” (Anon 2012).
Aanvanklik sal dit die moeite loon om te vra of die studente onlangs iets gelees het wat ’n ander land, taal of kultuur beskryf, met die doel om uit te vind hoe daardie groep of kultuur in die teks voorgestel word. Hierdeur word duidelik tot in watter mate ons beelde in die praktyk gebruik om ander groepe mee te beskryf.
Die imagologie gaan daaroor om die wyse waarop beeldvorming vasgelê word te ontsyfer. Die etimologiese woordverklaring van imagologie is aldus die Algemeen Letterkundig Lexicon (2012) afkomstig van die woord imago wat beeld in Latyn beteken en logia wat leer in Grieks beteken. Voorts word die klem geplaas op die wyse waarop beeld en stereotipe baie keer deurmekaar gebruik word. Stereotipe het meermale ’n veralgemenende karakter, dit wil sê ’n algemene, eensydige of selektiewe beeld van iets, iemand of ’n groep. Tensy ’n negatiewe assosiasie aan ’n beeld gekoppel word, moet die woord beeld by voorkeur gebruik word (Anon 2012). Drie soorte beelde word in die imagologie onderskei:
- die selfbeeld (auto-image in Engels): die beeld wat ’n gemeenskap van hulself het;
- die heterobeeld (hetero-image in Engels): die beeld wat ’n gemeenskap van ’n ander gemeenskap het;
- die metabeeld (meta-image in Engels): die beeld wat ’n gemeenskap dink deur ’n ander gemeenskap aan hulle toegeskryf is (Anon 2012).
Die imagologie het in die jare 1950-1960 ontstaan as ’n onderdeel van die vergelykende literatuurwetenskap, wat sedertdien meer literêre aandag verkry het in Imagology. The cultural construction and literary representation of national characters. A critical survey (2007), waarvan Beller en Leerssen die redakteurs is. Hierin word ’n omvattende oorsig van die studie van nasionale beelde en stereotipes in literatuur en kulturele diskoerse aangebied. ’n Meer resente bron is getiteld New perspectives on imagology (2022), waarvan Edtstadler, Folie en Zocco die redakteurs is. Wanneer na Leerssen se hoofstuk oor imagologie as ’n metode gekyk word, sien ons dat hy 11 aspekte aandui wat ’n imagologiese benadering as literêre analise rig, naamlik dat ’n imagologiese ondersoek gaan oor:
- die wyse waarop kulturele en nasionale beelde gevorm word en nie empiriese of historiese waarhede vasgestel probeer word nie; daarom is dit nie die imagoloog se doelstelling om die geldigheid van die referensialiteit te verifieer of te falsifiseer nie (veel eerder gaan dit om representasie as tekstuele strategie en diskoers);
- die diskoers van representasie, en nie die sosiale of antropologiese werklikheid nie; daarom poog die ondersoeker veel eerder om die diskoers van representasie eerder as die samelewing te verstaan;
- die wyse waarop die self (auto-images) met die beeld van die ander (hetero-images) in wisselwerking tree – vergelyk: “Images do not reflect identities, but constitute possible identifications” (Leerssen 2007:27);
- die onderskeid tussen feite versus subjektiewe, verbeelde beelde van nasies, byvoorbeeld “Frankryk is ’n republiek” (toetsbare feit) versus “Die Franse is vryheidsliefhebbende individualiste” (kulturele stereotipe);
- die wyse waarop die tradisie van ’n bepaalde troop (trope in Engels) bepaal word; dit word gedoen deur te wys hoe nasionale beelde met die verloop van tyd herhaal, verander, versterk of ondermyn word;
- die uitwysing van die wyse waarop ’n nasionale troop in ’n spesifieke genre of teks aangewend word;
- die historiese kontekstualisering is ook belangrik; literêre tekste kan nie as “tydloos” geïnterpreteer word nie;
- die wyse waarop ’n teikengehoor in ’n teks aangespreek word (hoe spreek die teks sy gehoor aan? Hoe word nasionale trope retories en strategies benut? ensovoorts);
- teenstellende beelde van nasies te erken, byvoorbeeld dat Duitsland voorgestel word as land van digters en filosowe, maar ook as ’n nasie van tegnokrate, dit wil sê tussen waardering en afkeuring rondbeweeg;
- oor beelde van die “ander” (othering), sowel as herinnering en historiese selfbeeld (herhaling speel ’n kardinale rol in die vestiging van nasionale identiteit);
- transnasionale verhoudings, eerder as afsonderlike nasionale identiteite; hierdie vergelykende perspektief is een van die belangrike uitdagings van die imagologie (Leerssen 2007:27-9).
2 Beeldvorming van Ingrid Jonker se “Die kind is nie dood nie” aan die hand van Odile Heynders se lesing van die muurgedig in Leiden
Om vanuit ’n Nederlandse perspektief oor Suid-Afrikaanse poësie te skryf, kan uitdagend wees. Die rede hiervoor is dat ’n deeglike historiese en kulturele agtergrond noodsaaklik is om gedigte ten volle te begryp. Geen gedig bestaan in ’n vakuum nie; dit word beïnvloed deur historiese en sosio-maatskaplike gebeure. Wat gebeur egter wanneer jy gekonfronteer word met ’n Suid-Afrikaanse muurgedig in die stad waar jy woon? Lees jy dit met erns, of beskou jy dit bloot as versiering? Dit is presies dié problematiek wat Odile Heynders aanspreek in haar bespreking van “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga”, wat as muurgedig in Leiden te lees is. Hierdie gegewe vra ook vir ’n imagologiese benadering, aangesien Heynders baie spesifiek vanuit ’n Nederlandse perspektief oor Suid-Afrika skryf, wat ’n wisselwerking tussen auto-images en hetero-images blootlê. In Heynders se interpretasie word die muurgedig nie net as ’n herinnering aan Suid-Afrika se verlede beskou nie, maar ook as ’n spieëlbeeld van die Nederlandse samelewing self – ’n teks wat, in Leerssen se terme, nie net othering bewerkstellig nie, maar ook moontlike identifikasie afdwing.
Ingrid Jonker (Foto: Desmond Windell)
Die Nederlandse selfbeeld word soos volg voorgehou:
De plaats: een architectuurloos winkelcentrum in een nieuwbouwwijk van de historische stad Leiden. Volle parkeerplaatsen en een beetje achteraf het grijze wijkgebouw waarin bibliotheek, consultatiebureau en andere publieke functies zijn samengebracht. Op de gevel een gedicht in het Zuid-Afrikaans: “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate by Nyanga”. (Heynders 2009:1)
Hierdie neutrale plekbeskrywing staan in skerp kontras met Jonker se gedig. Die beeld van die Nederlandse leefwyse in Leiden, “midden jaren negentig van de twintigste eeuw”, word verder beskryf aan die hand van die volgende eentonige reëlmaat: “Men leeft, werkt en consumeert” (Heynders 2009:1).
Heynders se beskrywing van Nederland as ’n “zorgzame samenleving” kan verder in ’n imagologiese raamwerk geplaas word, aangesien dit inspeel op die stereotipiese voorstelling van Nederland as ’n vooruitstrewende en deurlopend vreedsame samelewing. Hierdie selfbeeld word geplaas teenoor die beeld van Suid-Afrika as ’n plek van onrus en geweld. In Leerssen (2007:27-9) se terme sien ons hier die werking van othering, waarin Suid-Afrika as ’n hetero-image geëtiketteer word wat funksioneer as die teenoorgestelde van die Nederlandse selfbeeld. Hierdie dinamika maak dit duidelik dat Heynders se interpretasie van Jonker se gedig nie net ’n refleksie van die verlede is nie, maar ’n aktiewe deelnemer in die konstruksie van ’n sekere diskoers.
Heynders (2009:3) stel die bykans dwingende teenstelling tussen die geweld van ’n apartheidsamelewing en die oordadige beskerming van kinders in Nederland. Dit is egter belangrik om te erken dat Heynders self hierdie kontras versterk deur ’n binêre opposisie te skep. Die vraag is: In watter mate is hierdie binêre teenstelling steeds geldig? Binne ’n kontemporêre konteks, waar klimaatsverandering, ’n afgelope pandemie (Covid-19) en geopolitieke konflikte Westerse lande nie meer so duidelik van die “derdewêreld” onderskei nie, kan ’n mens argumenteer dat die muurgedig vandag nuwe lesings moontlik maak. Dit bring ons terug na Leerssen se elfde punt, naamlik dat imagologie nie bloot oor afsonderlike nasionale identiteite gaan nie, maar eerder oor transnasionale verhoudings. Jonker se muurgedig is nie net ’n herinnering aan Suid-Afrika se verlede nie, maar ’n transnasionale intervensie in die Nederlandse openbare ruimte.
3 Beeldvorming van Adam Small in die Lae Lande aan die hand van Francine Maessen se MA-verhandeling aan die Universiteit Leiden
Wanneer die teksgedeeltes van Maessen se verhandeling deurgelees word wat spesifiek betrekking het op Small se werk (vgl Maessen 2019:3, 7-9, 21-5), is dit interessant om daarop te let dat Maessen begin deur te verduidelik hoe sy aanvanklik bekendgestel is aan die Suid-Afrikaanse literatuur. Hierdie beskrywing illustreer hoe die auto-image van die ondersoeker in ’n imagologiese sin funksioneer: Aanvanklik as dié van ’n “buitestander” sonder uitgebreide kennis van Suid-Afrikaanse letterkunde en geskiedenis, maar met ’n intense emosionele reaksie wat haar verdere akademiese navorsing rig. Haar beskrywing van hierdie oomblik as ’n keerpunt sluit aan by Leerssen (2007) se konsep van identifikasie deur beelde, waar die emosionele appèl ’n sleutelrol speel in hoe ander kulturele en nasionale werklikhede geïnternaliseer word:
Not really knowing anything more about apartheid than the fact that it happened, the animation and the poem struck a chord with me, and I remember crying in the classroom (luckily it was still winter and I could hide behind my scarf). (Maessen 2019:3)
Vir doeleindes van bekendstelling sou dit interessant wees vir studente om die betrokke video van Charles Badenhorst van Adam Small se “What abou’ de lô?” te kyk, aangesien dit ’n konkrete voorbeeld bied van hoe visuele en literêre media die hetero-image van Suid-Afrika bemiddel vir ’n leser wat nie die sosiale en historiese konteks ten volle ken nie. Die fokus op die emosionele register wat die video by die leser ontketen (“I remember crying in the classroom”) is terselfdertyd sprekend van die wyse waarop die apartheidtroop deur die digter benut word om die anti-apartheiddiskoers te versterk. Hierdie bemiddelingsproses beklemtoon hoe spesifieke nasionale trope, soos apartheid en die kulturele verwerking daarvan, nie net binne ’n Suid-Afrikaanse konteks bestaan nie, maar in die transnasionale verbeelding deur herhaalde beelding en literêre herinterpretasie gevorm word.
Adam Small (Foto: Izak de Vries)
Dit is verder belangrik dat Maessen ’n Nederlandse skrywer is wat oor ’n Afrikaanse digter se werk in ’n spesifieke era skryf. In imagologiese terme is dit ’n interessante hetero-image, aangesien sy as Nederlandse akademikus ’n diskoers moet bemiddel wat histories verstrengel is met koloniale en postkoloniale spanninge tussen Nederland en Suid-Afrika. Dit beteken dat deeglike verantwoording gedoen moet word om die diskoers na behore te verstaan. Hierdie kritiese bewussyn is duidelik in haar teks teenwoordig, soos blyk uit haar selfrefleksie oor haar beperkte blootstelling aan apartheidsgeskiedenis en haar aktiewe poging om hierdie agtergrond deur Afrikaanse literatuur te verken.
Maessen (2019:3) noem hoe sy haar Jonker-bundel, as die enigste Afrikaanse poësie wat sy tot op daardie stadium gehad het, herlees het. Hierdie tekskeuse is betekenisvol omdat Ingrid Jonker, soos Adam Small, deel was van ’n digterlike weerstandsbeweging teen apartheid, alhoewel vanuit verskillende posisies binne die Afrikaanse literêre veld. Verder het Maessen deur ’n vriend begin kennis maak met NP van Wyk Louw, en ook ’n soektog na ’n Breytenbach-fragment van stapel gestuur. Hierdie spesifieke kanonisering van Afrikaanse letterkunde uit ’n Nederlandse perspektief dui op ’n bepaalde kulturele seleksieproses – die identifisering van Afrikaanse literatuur wat op ’n spesifieke manier met Nederland se eie intellektuele en politieke diskoerse oor Afrika en apartheid resoneer.
Daarna is die bemiddeling versterk deur die opspoor van die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam, sowel as die Index Poetry-winkel in Leiden, wat in 2018 geopen het. Daar het sy alle Afrikaanse literatuur aangeskaf wat sy kon. In 2018 het sy Namibië en Suid-Afrika besoek as deel van die Jongerenprojek. Hierdie fisiese kontak met Suid-Afrika, wat in imagologiese terme die transnasionaliteit van haar selfbeeld bevestig, versterk haar akademiese bemoeienis met Afrikaanse poësie. Teen die einde van die reis kon sy Afrikaans bykans vlot praat en het sy met 42 boeke teruggekeer na Nederland. Dit blyk dus uit die teks dat Maessen haar deeglik toegerus het met kennis van Afrikaanse letterkunde om met gesag ’n MA-verhandeling oor die onderwerp te skryf. Die voetnota van Maessen is eweneens belangrik met verwysing na Ksenia Robbe, Ingrid Glorie en Elize Zorgman, wat haar belangstelling in “Afrikaans-in-Nederland” bemiddel het. Dit wys reeds op aspekte wat veral in die bemiddeling van ’n kontakgeskiedenis belangrik is.
Die rede vir Maessen (2019:7) se keuse om te fokus op Afrikaans as poëtiese taal is betekenisvol in terme van die imagologie. Sy noem dat, omdat Afrikaans die taal van die apartheidregering was, dit die reputasie verkry het as die taal van die onderdrukker. Dit beteken dat Afrikaans meestal geassosieer is met die wit, nasionalistiese diskoers, wat dit des te interessanter maak om poësie te ondersoek “that rebels against the apartheid government, but is written in the language promoted by this oppressor” (Maessen 2019:7). Hierdie spanning tussen taal, identiteit en politieke diskoers is sentraal tot die imagologiese benadering, aangesien dit dui op die dinamiese aard van kulturele self- en ander beelde, sowel as hoe nasionale trope oor tyd kan verander en gelaagdheid kan aanneem.
Voorts gee sy ook belangrike statistieke oor Afrikaans, wat duidelik laat blyk dat Afrikaans nie net met wit Afrikaners geassosieer kan word nie. Inteendeel:
Around 40% of the more than 7 million people who speak Afrikaans as their mother tongue is white, but 50% is coloured and around 10% are black people. Thus, for many coloured and black people Afrikaans is their main language, the language of their daily lives in which they can best express themselves. (Maessen 2019:7)
Hierdie konteks is belangrik vir ’n imagologiese analise van Small se poësie, aangesien sy werk in Kaaps-Afrikaans geskryf is – ’n taalvariëteit wat dikwels gemarginaliseer is in dominante Afrikaanse literêre kanons. Die gedig “What abou’ de lô?” uit Kitaar my kruis (1961) is ’n voorbeeld hiervan en toon aan hoe Small nie net teen apartheid as politieke sisteem geskryf het nie, maar ook teen taalhiërargieë binne Afrikaans self. Belangrik is dat Maessen (2019:7-8) ook verwys na ’n polemiek ná die verskyning van Small se Klawerjas (2013), waarin Nathan Trantraal vir Small gekritiseer het dat hy Kaaps-Afrikaans as ’n “joke-taal” afgemaak het deur ná jare van swye in Standaardafrikaans eerder as in Kaaps-Afrikaans te skryf. Maessen (2019:8) skryf:
According to André Trantraal, where it is often said that Small gave a voice to the coloured and black people living in the Cape area, Small’s public were not those people, but the white liberals who could afford his books. Thus, he was not giving anybody a voice but was simply giving presenting a view of coloured people that his public would like to see.
Hierdie persepsie sluit aan by Leerssen (2007:27-9) se punt oor hoe kulturele trope oor tyd herhaal en hervorm word. Small se vroeëre werk was deel van ’n anti-apartheiddiskoers, terwyl sy latere werk binne ’n post-apartheid-Suid-Afrika gelees word deur ’n jonger geslag digters, soos Trantraal, wat ander verwagtinge en eise stel oor taal en representasie.
4 Gevolgtrekking
Die imagologiese benaderingswyse bied die geleentheid vir die leser om krities te kyk hoe beeldvorming van skrywers in die transnasionale konteks geskied. Ek sou verder wou ingaan op Maessen se analise van “Ek hoor die vryheid sing” en “What abou’ de lô?”, maar die bedoeling van hierdie teks is nie om ’n uitvoerige studie te lewer nie, maar eerder om enkele voorbeelde aan die hand van die uitdeelstukke te gee van hoe ’n imagologiese studie gerig kan word. Dit sou interessant wees om voorbeelde van studenteopdragte vanuit die imagologie in die uiteindelike werkskrif van Brief en repliek in te sluit.
1 Nota
Ter inleiding van Small en Jonker se werk, het ek hulle twee dokumentêre laat sien. Abraham H de Vries se videoportret in opdrag van die Dagbreek Trust, getiteld Adam Small: digter, skrywer, dramaturg (2016), en Saskia Van Schaik se dokumentêr van Ingrid Jonker, getiteld Korreltjie niks is my dood (2001).
Bibliografie
Anoniem. 2012. Algemeen letterkundig lexicon. https://www.dbnl.org/tekst/dela012alge01_01/dela012alge01_01_03798.php (5 Maart 2025 geraadpleeg).
Beller, M. en J. Leerssen (reds.). 2007. Imagology: The cultural construction and literary representation of national characters. A critical survey. Amsterdam/New York: Editions Rodopi.
Edtstadler, K., S. Folie en G. Zocco (reds.). 2022. New perspectives on imagology. Studia Imagologica, 30. Leiden: Brill.
Heynders, O. 2009. Gedicht en publiek. Ingrid Jonkers “Die kind wat doodgeskiet is deur soldate bij Nyanga”. Armada, 56:40-6. https://research.tilburguniversity.edu/en/publications/gedicht-en-publiek-ingrid-jonkers-die-kind-wat-doodgeskiet-is-deu/ (11 Maart 2025 geraadpleeg).
Maessen, F. 2019. “What abou’ de lô?”: Trauma in Afrikaans anti-apartheid poetry. MA-verhandeling: Universiteit Leiden. https://studenttheses.universiteitleiden.nl/handle/1887/77203. (4 Maart 2025 geraadpleeg).
Repliek
Beste Alwyn
Deze repliek op lesbrief 6 bevat aanzetten voor imagologisch onderzoek met betrekking tot de poëzie van Ingrid Jonker (1933–1965) in het Nederlands. De beeldconstructie en dus het discours kunnen worden geanalyseerd op basis van de representatie in Gerrit Komrij’s bloemlezing De Afrikaanse poëzie in duizend en enige gedichten (1999). De poëzieselectie is natuurlijk niet de enige bron voor een studie van Jonker in het Nederlandse publieke domein. Verder kan worden gedacht aan de bespreking van een bekroonde documentaire, de verfilming van het tragisch leven van Jonker, de biografie in vertaling, de keuze van gedichten in bloemlezingen (bv. ‘Waterval van mos en son’ in Scheepers & Van Hulle 2003: 61) en bijvoorbeeld de Nederlandse vertaling van de correspondentie tussen Jonker en André Brink: Vlam in de sneeuw. Liefdesbrieven (2015). Deze uitgaven en vertalingen produceren beelden van een buitenlands auteur in een ander taal- en cultuurgebied. Het onderzoeksperspectief, zoals aangegeven in de inleidende brief met een verwijzing naar de interdisciplinaire imagologie, is onder meer gebruikt door Wilfred Jonckheere in de panoramische studie Van Mafeking tot Robbeneiland (1999). Jonckheere bestudeerde beelden of dus representaties van Zuid-Afrika in de Nederlandse literatuur in de periode 1896–1996. In de theoretische inleiding verwijst hij naar inzichten van de Vlaamse comparatist Hugo Dyserinck.
Belangrijk was dat Dyserinck [vaststelde] dat veel teksten over andere landen en vooral literaturen ‘ein artifizielles Bild’ […] presenteerden of dat onderzoekers van andere culturen een ‘image de leurs désirs’ […] schiepen. Dyserinck achtte het een belangrijke taak van de literatuurwetenschap deze ‘illusies’ over andere literaturen en culturen op te sporen en de stereotypen aan de kaak te stellen. (Jonckheere 1999: 12)
In de vergelijkende literatuurwetenschap manifesteert de imagologie zich de voorbije decennia als een cultuurvergelijkende en discursieve analyse van beeldvorming en transculturele representatie, of “als een interculturele confrontatie, waarbij een land het zelfbeeld toetst aan het beeld dat het van een ander land heeft” (Jonckheere 1999:12). In het standaardwerk Imagology. The Cultural Construction and Literary Representation of National Characters is het concept ‘image’ gedefinieerd en voorgesteld als de constructie van een silhouet: “The nationality represented […] is silhouetted in the perspectival context of the representing text or discourse” (Beller & Leerssen 2007: xiii-xiv).
Imagology is not a form of sociology; it aims to understand a discourse rather than a society. Literary works unambiguously demonstrate that national characterizations are commonplace and hearsay rather than empirical observation or statements of fact. Our sources are subjective and rhetorically schematized (Beller & Leerssen 2007: xiii).
Afhankelijk van politiek-ideologische, cultureel-etnische en filosofische achtergronden beschouwen wij ‘de ander’ (een andere cultuur, een andere natie) als ‘hetero-images’ en indien we zelf participeren in die cultuur of natie is sprake van ‘self-images’ of ‘auto-images’. De studie van beeldconstructie gaat dus over discursieve stereotypen, ook wel ‘imagotypes’ genoemd (Leerssen 2007: 343), en specifieke vormen van intertekstualiteit.
Ethnotypes (i.e., stereotypical characterizations attributed to ethnicities or nationalities, national images and commonplaces) take shape in a discursive and rhetorical environment; they are representative of literary and discursive conventions, not of social realities. (Beller & Leerssen 2007: xiv)
De premisse van het onderzoek naar discursieve en retorische context is dat niet alleen andere culturen en volkeren deel uitmaken van beeldonderzoek in de brede zin van het woord, maar dat naast “gelegenheidspoëzie, populaire (historische) romans, jeugdromans, reisverhalen, geëngageerde poëzie” (Jonckheere 1999: 16) en bij voorbeeld ook poëziebloemlezingen met een particuliere selectie van teksten het voorwerp zijn van beeldconstructie of de (re)presentatiewijze én dus “een sterke beeldvormende werking” hebben. Indien de bronteksten deel uitmaken van een ander literatuursysteem, in dit geval Jonkers poëzie in het Afrikaanse literaire polysysteem, presenteert de Nederlandse bloemlezer voor het lezerspubliek in de Lage Landen een ‘hetero-image’. Dat geldt ook voor de culturele bemiddelaar die de vertaler is of de uitgever van Jonkers werk in Nederland. Het gaat dan over een mentale of discursieve representatie van literaire agenten en hun productie in een ander(stalig) poëziesysteem. In het geval van Ingrid Jonker gaat het over intermediale beeldvorming: naast vertaalde poëzie (Dorsman, Komrij) moet worden gekeken naar de televisiedocumentaire Korreltjie niks is my dood door Saskia van Schaik, de filmproductie Black Butterflies over Jonkers leven door de Nederlandse regisseur Paula van der Oest. Ook de commotie in 2023 naar aanleiding van het archief Jonker, destijds door Komrij verworven en bewaard, in het Literatuurmuseum in Den Haag, biedt interessant onderzoekmateriaal (https://literatuurmuseum.nl/nl/kom-op-bezoek/tentoonstellingen-en-evenementen/tentoonstellingen/ingrid-jonker). Er kan worden gekeken naar de opzet en de keuze van archiefmateriaal, ook de bijschriften, in de expositie. Welke beelden zijn door de tentoonstellingsmakers van Jonkers leven en werk postuum gepresenteerd?
Indien we ‘image’ opvatten als respectievelijk “the referring to a characterological reputation current within and shared by a group [and] to the opinion that others have about a group’s purported character” (Leerssen 2007: 342-343), kan het concept ook specifieker worden gehanteerd. In anthologiebundels van buitenlandse literatuur kan een beeld worden ontwikkeld van een andere cultuur en in dit geval een linguïstisch verwante anderstalige literatuur. Ook schrijvers ontwikkelen hun particuliere beelden van de ander. Imagologisch onderzoek gaat over discursieve representaties: hoe beelden van andere volkeren en culturen via teksten zoals reisliteratuur, dagboeknotities, poëzie en verhalend proza worden geconstrueerd en verspreid.
Ingrid Jonker
Gerrit Komrij (1944-2012), de Nederlandse canoniserende bloemlezer en pleitbezorger van de Afrikaanstalige poëzie in het Nederlandse taalgebied, heeft een particulier beeld tot stand gebracht van Jonkers poëzie voor een Nederlandstalig publiek. Ook O wye en droewe land. Honderd-en-een gedichten in het Afrikaans, samengesteld door Robert Dorsman en Adriaan van Dis (1998: 93-94), bevat twee gedichten van Jonker (met onder de Afrikaanse brontekst een Nederlandse vertaling). Er zijn nog anthologiebundels op te sporen, zelfs het schoolboek Frappant Nederlands 5|6 bestemd voor de derde cyclus van het middelbaar onderwijs in Vlaanderen, waarin Jonker wordt gerepresenteerd. Eep Francken en Luc Renders hebben op hun beurt met Skrywers in die strydperk (2005) bijgedragen aan de beeldvorming in de Lage Landen. Ook in colleges aan universiteiten in Zuid-Afrika en in de Lage Landen, bij voorbeeld, worden over Jonkers leven en poëzie discursieve beelden geproduceerd en voor de studenten specifieke cultureel ingebedde verhalen verteld.
De bloemlezingen van Komrij en Dorsman & Van Dis zijn samengesteld voor een Nederlandstalig lezerspubliek. Komrij doet dat door een eigenzinnige tekstselectie aan te bieden, in dit geval zijn keuze uit de lyriek van Jonker (1999a: 660-667). Daarnaast bespreekt hij ‘My pop val stukkend’ in De Afrikaanse poëzie. 10 gedichten en een lexicon (1999b: 44-47). Er kan worden achterhaald welke overwegingen en strategieën bij de tekstselectie en dus de beeldvorming een rol hebben gespeeld. De veronderstelling is dat de Nederlandse en Vlaamse lezer op het einde van het millennium een beeld van de vroege persona poetica Jonker gepresenteerd kreeg dat niet vrij is van “clichés en stereotiepen” (Jonckheere 1999: 12). In deze casus gaat het dus niet over ‘images’ van andere naties, culturen of volkeren maar de beeldvorming van een anderstalige literatuur, in casu een canonieke schrijver in Afrikaans, in het Nederlands doeltaalgebied door middel van een poëziebloemlezing.
Het dichtwerk van Jonker, veelgelezen en hoogst gewaardeerd in Zuid-Afrika én ook in Nederland en Vlaanderen, is vele malen becommentarieerd en gebloemleesd. Ook in het Nederlandse taalgebied. Mijn introductie in het werk van Ingrid Jonker (1933–1965) is in belangrijke mate bepaald door de anthologiebundel Ik herhaal je (2000), samengesteld en vertaald door Gerrit Komrij en voorzien van een uitgebreid bio- en bibliografisch nawoord van Henk van Woerden. In de beeldconstructie van Jonkers literatuurproductie in de Lage Landen zijn de kritische benaderingen van Komrij en Van Woerden sturend gebleken. Het boek is intussen meerdere malen herdrukt – de meest recente herdruk is op de markt gebracht in het najaar van 2022 – en verschijnt bij uitgeverij Podium (Amsterdam). Van Woerden schreef voor de poëziebloemlezing een monografie waarin hij uitgebreid ingaat op de biografische achtergrond en melding maakt van tal van extra-literaire gegevens die bijdragen tot het beeld van een tragische en vooral lange tijd eenzijdig gelezen dichter in de Afrikaanse letteren. De gedichten worden in die korte biografie doorgaans gehanteerd als documentair materiaal om het hobbelig levenspad van Jonker te beschrijven. Inmiddels is ook de biografie door Petrovna Mettelerkamp beschikbaar in Nederlandse vertaling ([2003] 2018). Henk van Woerden stelde daarnaast het scenario samen voor de televisiedocumentaire Korreltjie niks is my dood (2001) van Saskia van Schaik (VPRO). De romantische en biografisch niet altijd op feiten gebaseerde verfilming van Jonkers turbulente bestaan in Black Butterflies (2011), met in de hoofdrollen de Nederlandse acteurs Carice van Houten (Ingrid Jonker) en Rutger Hauer (Abraham Jonker), heeft zonder meer het beeld van Jonker in het Nederlandse taalgebied mee bepaald. De poëzie van de Zuid-Afrikaanse schrijfster wordt meestal in dat geromantiseerd frame gelezen: sterk biografisch gekleurd, soms met eenzijdige aandacht voor de mythevorming die kort na haar zelfdoding is ontstaan. Komrij vertaalde niet alleen een ruime selectie uit de verzamelde poëzie. Daarenboven nam hij het maximum van tien gedichten op – in zijn canon dus het hoogst in aanzien – in De Afrikaanse poëzie in duizend en enige gedichten. Biografische en politiek-ideologische selectiecriteria liggen ten grondslag aan zijn selectie, naast aandacht voor de idiosyncratische vormentaal en de (kinderlijke) toon die de gedichten naar zijn zeggen beheerst. Over Komrij en Jonker, bij uitbreiding over de betrokkenheid bij en de bespiegelingen van Komrij met betrekking tot de Afrikaanse poëzie, is natuurlijk meer gepubliceerd. Over het dossiernummer over Komrij van De Parelduiker (2017) noteerde ik een paar bespiegelingen met betrekking tot de erfenis van Jonker: https://versindaba.co.za/2017/07/25/yves-tsjoen-reflecties-op-gerrit-komrij-en-zuid-afrika/.
Voor het vergelijkend onderzoek worden bronnen in Zuid-Afrika en de Lage Landen gebruikt. Voor een kritische doorlichting van de stereotiepe beeldvorming van Jonkers poëzie in het Afrikaans kan de inleidende tekst in de bloemlezing Die papie roer en ek word digter (2023) worden gelezen. In ‘By die herlees van Ingrid Jonker se werk’ stelt Louise Viljoen vast dat niet alleen in Nederland of België maar ook in Zuid-Afrika de poëzie eenzijdig biografisch is gelezen, een lectuur die de erkenning van de dichterlijke vermogens van Jonker vooral ondermijnt. In de literatuurwetenschap wordt doorgaans gesproken over “biographical fallacy”, een begrip dat is gemunt door de New Critics: dat wil zeggen de speculatieve lezing van teksten of dus de valkuil van de vermoede bedoelingen en intenties van een schrijver bij het concipiëren van het werk. Niet alleen vrienden, zoals Jack Cope (in 1975 samensteller van de eerste verzameluitgave met Jonkers poëzie, later Abraham de Vies (1983) en Anna Jonker (2016/2020)) en bijvoorbeeld André Brink (zie de autobiografie Tweesprong en de briefwisseling Vlam in de sneeuw), maar ook tal van wetenschappelijke onderzoekers en interpreten hebben Jonker vooral gelezen met de lens van de biograaf. De omvangrijke biografie door Petrovna Metelerkamp, Ingrid Jonker. ’n Biografie (2018), en ook Ingrid Jonker. Beeld van ’n digterslewe (2003) hebben de voorbije jaren de biografische benadering bestendigd en zelfs gestimuleerd. Er is natuurlijk niets mis met biografisch onderzoek, zolang ze de lectuur van het literaire oeuvre niet in de weg staat. Bij Jonker blijkt dat meestal wel het geval.
In de receptieteksten komen patronen voor. Viljoen somt op: kinderlijkheid, nimfachtige seksualiteit, doodsdrang. Zij tracht stereotiepe beelden omtrent Jonkers lyriek bloot te leggen en te corrigeren, of toch minstens bij te stellen. In drie kapittels, respectievelijk ‘Die selfbewuste digter’, ‘Die stereotipe van die kinderlike digter’ en ‘Die politieke digter’, belicht zij de mislezingen (“misreadings”) van Jonkers gedichten. Wanneer de biografie onkritisch als leidraad wordt gebruikt voor de tekstinterpretatie, wordt de tekst gereduceerd tot een autobiografisch memoir of persoonlijke getuigenis. Doorgaans is op die nogal reductionistische manier, geleid door de biografische anekdotiek, de poëzie van Ingrid Jonker voorgesteld. Met te weinig aandacht voor de meerduidigheid en veelgelaagdheid van het werk, de specificiteit van de literaire karakteristieken. Dergelijke frames in de Jonker-studie worden door Viljoen tegen het licht gehouden. De beeldentaal in de gedichten, aangeduid als “taal- en beeld-apparaat”, wordt door haar in een ruimer poëticaal-esthetisch perspectief geplaatst.
Viljoen maakt in de inleiding van de meest recente Jonker-bloemlezing vooral aannemelijk dat er “nie noodwendig [iets is dat] ’n reglynige, een-tot-een verhouding met die werklikheid” (p. 15) rechtvaardigt. Recurrente motieven in de Jonker-perceptie, daarom niet per se in de primaire teksten zelf, zijn die van het wispelturige kind, het seksueel icoon, de “doodgedrewene” en de dissidente dichter. Het zijn beelden die door vrienden en minnaars, door biografen en andere navorsers en exegeten in het leven zijn geroepen en al geruime tijd een eigen leven leiden. Volgens Antjie Krog in 2001 bestaat zelfs een neiging om de figuur en het oeuvre te infantiliseren en te depolitiseren. Tegen die achtergrond kan worden gekeken hoe leven en werk van Ingrid Jonker in het Nederlandse taalgebied worden voorgesteld.
Adam Small
De Zuid-Afrikaanse dichter en toneelschrijver Adam Small (1936–2016) geldt als een van de meest markante schrijvers in het Afrikaans. Op het eind van zijn leven ontving hij, weliswaar heel laat, voor zijn literaire oeuvre de prestigieuze Hertzogprijs (2012) en eind 2015 een eredoctorstitel van de Universiteit Stellenbosch.
In de Zuid-Afrikaanse media hebben vooraanstaande dichters, onder wie Smalls vriend Breyten Breytenbach, een innemend eerbetoon gehouden voor de dichter die in juni 2016 is overleden op 79-jarige leeftijd. In het intimistische gedicht ‘Aan my skrywersvriende’, waarin enkele hedendaagse auteurs figureren, citeert het lyrische subject Breyten met deze woorden: “… aan die einde / van die dag… is Adam Small… die man / wat van ons taal… ’n lokasie, dus ’n / plaaslikheid… universaliteit gemaak / het. Die poësie is dieper as die mond, / met baie tonge”. Hoe particulier of autobiografisch Smalls zegging ook is, er spreekt inderdaad iets universeels uit zijn poëzie.
Voor Adam Small, na een kortstondige aanstelling voor politieke filosofie aan de Universiteit van Fort Hare meer dan tien jaar hoofd van de Faculteit Filosofie van UWK (1960–1973), is de dichter vooral een intellectueel. Hij verwees geregeld zelf naar het inspirerend voorbeeld van de Dertiger en leidinggevende figuur van de Afrikaanse poëzie NP van Wyk Louw. Zo vertaalde Small een bloemlezing uit Louws poëzie naar het Engels. Sommigen zagen daarin een taalpolitiek statement van een Afrikaans-schrijvende tegen het zelfvoldane en intussen tot lingua franca uitgegroeide Engels in Zuid-Afrika. In zijn laatste bundel Klawerjas (2013), waaraan ook het citaat is ontleend dat Breytenbach voor zijn postuum hommagegedicht gebruikte, beschouwt hij het canonieke en vooral geestige gedicht ‘Die beiteltjie’ van Louw als het meest belangwekkende dat in het Afrikaans is geschreven.
Adam Smalls bekendheid dateert al van de vroege jaren zestig toen hij met dichtbundels als Kitaar my kruis (1962) en Sê sjibbolet (1963), in de lijn van de Afrikaans-schrijvende joods-Oostenrijkse migrantenauteur Peter Blum, en met het theaterwerk Kanna hy kô hystoe (1965) een geheel eigen toon en een nieuwe stem introduceerde in de overwegend traditionele Afrikaanse letteren, toentertijd sterk door het Afrikaner nationalisme beheerst. Sê sjibbolet, met een Bijbelse thematiek, verwijst onder meer naar de modernistische en gekwetste schriftuur van Paul Celan.
Steward van Wyk, emeritus professor van UWK en kenner van Smalls werk, heeft in een themanummer van Tydskrif vir Letterkunde over Small en Celan geschreven. De aflevering is integraal opgedragen aan Adam Small ter gelegenheid van diens vijfenzeventigste verjaardag. Van Wyk heeft het werk intertekstueel gelezen en enkele referenties aan Celans leven en werk grondig becommentarieerd. Net als de Duitstalige schrijver trachtte Small de conventionele en als gestigmatiseerd ervaren taal, de conventionele taal, open te breken en op die manier de beklemmend nationalistische en gezagsgetrouwe ideologie die met deze taal verbonden is ter discussie te stellen. In zijn bijzonder muzikaal-ritmische ‘Kaapse sonnette’ gebruikt hij een variëteit van het standaard-Afrikaans. Smalls idioom is ontleend aan en wordt doorspekt met de taal van de bevolkingsgroep waarvan hij zelf deel uitmaakte en die door het apartheidsregime in Zuid-Afrika gedurende meer dan veertig jaar op mensonterende wijze is onderdrukt. Later is kritiek geuit op Smalls gebruik van het Kaaps, onder anderen door Nathan Trantraal. Kaaps is een veel melodischer taal dan het Standaardafrikaans. Het is de taal van het volk met opmerkelijk veel slang en Engelse leenwoorden. De dichter heeft het Afrikaans aanzienlijk verrijkt en de lenigheid van zijn door een autocratisch regime getormenteerde moedertaal in poëzie en toneelwerk geëtaleerd.
Mijn kennismaking met de poëzie van Adam Small was te danken aan een animatiefilm. Afrikaanse cineasten hebben op basis van gedichten “filmverse” ontworpen. Een van hen gebruikte het bekende gedicht ‘What abou’ de lô’ in Kitaar my kruis als uitgangspunt: de dichter sprak via een krakende telefoonlijn de tekst in. Geboeid door dat parlandistische en sterk retorisch aangezette gedicht, waarin het establishment in hamerende en elkaar echoënde verzen (vooral het titelvers “what abou’ de lô”) op de schop wordt genomen, mocht ik een bloemlezing uit Smalls poëzie ontdekken: Kô lat ons sing (2011). Ik was ervan overtuigd een unieke stem te hebben gevonden en heb mij vervolgens verdiept in het oeuvre van deze dichter. Dat Smalls poëzie velen aanspreekt, mag blijken uit uitspraken van en adaptaties door hedendaagse schrijvers in het Afrikaans.
Small gaf in de Afrikaanse poëzie stem aan de ‘bruinmense’, de bevolkingsgroep die door het racistische apartheidsregime als ‘kleurling’ of ‘coloured people’ is gebrandmerkt. Smalls poëzie kan zonder meer politiek en filosofisch worden gelezen en als verzetsliteratuur beschouwd. Satire en parodie spelen daarbij een rol – een aspect dat beslist nader moet worden bestudeerd. Smalls antiapartheidsliteratuur verglijdt niet in sloganeske of louter combattieve protestsongs. In dat opzicht sluit hij aan bij Sestigers, zoals André Brink, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker en de wat oudere prozaschrijver en vertaler Jan Rabie. Veel van Smalls werk kan inderdaad worden gelezen als statement tegen het onderdrukkende politieke systeem waarin mensen vanwege hun huidskleur of etnische achtergrond zijn gediscrimineerd. Veel méér dan een intellectueel, professor in de politieke filosofie en moraalwetenschappen, is Small op oudere leeftijd uitgegroeid tot het prototype van de homo ludens. Naar aanleiding van zijn dood in 2016 herlas ik de laatste bundel Klawerjas. Aan de gedichten gaat een inleiding vooraf waarin de auteur een lans breekt voor ongecompliceerde en toegankelijke poëzie. De tekst heeft de waarde van een poëticaal statement. Ik citeer een veelzeggende zin: “Hoe ook, poësie bly ’n werklikheid van die ontlading van emosie by wyse van die sinvolle, innige gebruik van taal wat betowerend werk […]”. Het gedicht is magie in taal en heeft volgens de auteur altijd “iets surrealisties en geheimenisvol”. Tot het laatste levensmoment verdedigde Small de dichterlijke vrijheid, het artistieke prerogatief om eigen beelden en ritmes te scheppen. Scheppen, niet alleen in de betekenis van schrijven maar ook in een erotische betekenis: liefde bedrijven en leven tot stand brengen. Zoals in het bekende gedicht van de Nederlandse schrijver JH Leopold dat begint met “staren door het raam”. Dat gedicht kan als een metafoor voor het begin van alles worden gelezen, de aanzet tot beweging (leven), en ook metapoëtisch als verwijzing naar het ontstaan van het gedicht zelf.
Adam Small houdt in Klawerjas een pleidooi voor poëzie met een praattoon. Wat natuurlijk iets helemaal anders is dan gewoon praterige poëzie. In afdelingen voor dichters, schilders en filosofen, plaatsen en herinneringen heeft de Zuid-Afrikaan een indringend poëtisch testament nagelaten. Ik citeer een van de poëticale gedichten waarin het ontkiemen van een zaadje is vergeleken met het gedicht dat als een wonderlijke openbaring in en van taal wordt gezien.
’n Soort chemiese proses
Die skryf van poësie tref my soms
as ’n soort chemiese proses.
Jy sit ’n woord, ’n frase, ’n reël neer
op papier, en dis ’n klein kern, ’n pit,
wat dan fomenteer, bruis en skuim
met die taal rondom, totdat daar –
dit verstom jou – ’n gedig vorm
en jou papier versier.
Een soortgelijke thematiek kan ook in de Nederlandse poëzie, zoals in werk van Leopold, worden opgespoord. Hoewel er vandaag geen vertaling voorhanden is, op hier en daar een gedicht na, zorgen de eenvoud van de taal en de niet vrijblijvende speelsheid van formulering ervoor dat het dichtwerk van Adam Small voor Nederlandstalige lezers zonder meer toegankelijk is. Small verdient postuum hoe dan ook in ons taalgebied, in het fonds van uitgeverijen die Zuid-Afrikaanse poëzie beschikbaar stellen, een publiek.
Het eerbetoon van Breyten Breytenbach (2016) kan worden gelezen op de Zuid-Afrikaanse poëziewebsite Versindaba.
Bibliografie
Beller, M. & J. Leerssen. 2007. Imagology. The Cultural Construction and Literary Representation of National Characters. A Critical Survey. Amsterdam/New York: Rodopi.
Breytenbach, B. 2016. Breyten Breytenbach huldig die ontslape digter Adam Small. https://versindaba.co.za/2016/06/25/breyten-breytenbach-huldig-die-ontslape-digter-adam-small/ (25 Junie 2025 geraadpleeg).
Dorsman, R. en A. van Dis. 1998. O wye en droewe land. Honderd-en-een gedichten in het Afrikaans. Vertaal deur R. Dorsman en A. van Dis. Amsterdam: Meulenhoff.
Francken, E. en L. Renders. 2005. Skrywers in die strydperk. Krachtlijnen in de Zuid-Afrikaanse letterkunde. Amsterdam: Bert Bakker.
Jonckheere, W. 1999. Van Mafeking tot Robbeneiland. Zuid-Afrika in de Nederlandse literatuur 1896-1996. Nijmegen: Vantilt.
Jonker, I. 2011 [2007]. Ik herhaal je. Vertaal deur G. Komrij en nawoord H. van Woerden. Amsterdam: Podium.
Jonker, I. 2023. Die papie roer en ek word digter. Met ’n inleiding door Louise Viljoen. Pretoria: Protea Boekhuis.
Komrij, G. 1999a. De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten. Amsterdam: Bert Bakker.
Komrij, G. 1999b. De Afrikaanse poëzie. 10 gedichten en een lexicon. Amsterdam: Bert Bakker.
Metelerkamp, P. 2023. Ingrid Jonker. Het kind is niet dood. Vertaal deur Gerard Scharn. Udenhout: De Kaneelfabriek.
Scheepers, R. en J. van Hulle. 2003. Verstaan my verlangste. 100 liefdesgedichten in het Afrikaans. Leuven: Davidsfonds/Literair.
Small, A. 2011. Kô lat ons sing. ’n Keur uit die gedigte van Adam Small. Saamgestel deur S. van Wyk. Kaapstad: Kwela Boeke.
Small, A. 2013. Klawerjas. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers.
T’Sjoen, Y. 2005. De gouddelver. Over het lezen van poëzie. Tielt/Amsterdam: Lannoo/Atlas. 240-8.
T’Sjoen, Y. 2005. De mythe van het “hartseerkind”. Ingrid Jonker als “belangrijkste icoon van de Zuid-Afrikaanse dichtkunst”. Poëziekrant, 25(3):57-61.
T’Sjoen, Y. 2013. Beloken blikvelden in de Lage Landen: eenentwintigste-eeuwse receptie van Nederlandse vertalingen van Afrikaanse poëzie (Ingrid Jonker, Antjie Krog en Ronelda S. Kamfer). Tydskrif vir Letterkunde. ’n Tydskrif vir Afrikaanse letterkunde/A Journal for African Literature, 50(1):1-20.
T’Sjoen, Y. 2016. “Met die taal rondom”. In Memoriam Adam Small (1936-2016). Poëziekrant, 40(5):90-1.
T’Sjoen, Y. 2023. “Wat sal van my word”. Voorstellen voor reframing. Over de retouche van stereotiepe beeldvorming omtrent de poëzie van Ingrid Jonker. https://voertaal.nu/wat-sal-van-my-word-voorstellen-voor-reframing-over-de-retouche-van-stereotiepe-beeldvorming-omtrent-de-poezie-van-ingrid-jonker/ (20 Desember 2024 geraadpleeg).