Brief en repliek 3: ’n Oorsig – deel 1

  • 0

Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk.
Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, waaroor hulle dan op hulle beurt moet antwoord as deel van hul opdragte.

Brief 3

Beste Yves                                                                                                 

Ek wil graag ’n buitelyn skets van die inhoud van die lesingreeks deur kortliks algemene inligting oor elkeen van die skrywers wat behandel word te beskryf. Vir die doeleindes van die kursus gaan dit oor die belangrike posisie wat hierdie skrywers in die Afrikaanse literêre sisteem beklee. In die tweede plek, oor die wyse waarop hierdie skrywers, en veral hulle werk, in die Lae Lande versprei en ontvang is.

Elisabeth Eybers (1915–2007)

Elisabeth Eybers is die eerste vrouedigter wat in Afrikaans ’n digbundel die lig laat sien het, getiteld Belydenis in die skemering (1936). Eybers toon ’n sterk verwantskap met Nederland. Sy het die eerste ses en veertig jaar van haar lewe in Suid-Afrika gewoon en tweede ses en veertig jaar in Nederland. Sy emigreer in 1961 na Nederland en woon in Amsterdam. Sy is die wenner van beide die belangrikste Suid-Afrikaanse én Nederlandse literêre pryse, onder andere die Hertzogprys (in 1943 en 1971), die Constantijn Huygens-prys (1978) en die PC Hooft-prys (1991). Sy het steeds in Afrikaans geskryf en haar werk is gelyklopend by Afrikaanse en Nederlandse uitgewers uitgegee. Dit is dan ook glad nie verbasend nie om, wanneer jy jou in Leiden bevind, een van haar gedigte as muurgedig te ontdek. Die gedig “Taalles” is teen die muur van ’n kleuterskool by die adres Zuster Meijboomstraat 2 te lees.

Een van die belangrikste studies oor Eybers se werk, was dié van Ena Jansen, wat die Suid-Afrikaanse leerstoelhouer aan die Universiteit van Amsterdam was (hierdie leerstoel het ’n interessante geskiedenis, veral insake die afskaffing daarvan gedurende apartheid, met NP van Wyk Louw en Merwe Scholtz as die voormalige bekleders van die leerstoel1). Haar gepubliseerde proefskrif, getiteld Afstand en verbintenis (1998) is volledig op DBNL se webblad te vind. Dit sou terselfdertyd die moeite loon om Lina Spies se profiel van Eybers in Perspektief en profiel (deel een) (2016, aanlyn weergawe) te lees. Hierin skryf Spies (2016) die volgende oor Eybers: 

By die verskyning van haar laaste bundel kon Eybers terugkyk op ’n lang lewe en ’n uitstaande oeuvre waarvan die waarde met meerdere eerbewyse erken is. Sy het die Hertzogprys twee keer ontvang: die eerste keer in 1945 vir haar eerste twee bundels en die tweede keer in 1971 vir haar bundel Onderdak van 1968. In Nederland is sy agtereenvolgens bekroon met die Herman Gorter-prys (1974), die Constantijn Huygens-prys (1978) en die PC Hooft-prys (1991), die belangrikste eerbewys vir ’n Nederlandse outeur waarmee Eybers as ’n gewaardeerde digter binne die Nederlandse taalgebied erken is en wat indirek ook besondere erkenning gegee het aan Afrikaans, die taal van haar verse).

Om te dink aan gevallestudies oor Eybers en die bemiddelaars van haar werk, sal byvoorbeeld ondersoek ingesluit kan word na die uitgeegeskiedenis van haar werk, sowel as die beeldvorming van Eybers deur die resepsie daarvan in die Lae Lande. Laasgenoemde sluit resensies, onderhoude en literêre pryse oor haar werk in. Dit is enkele sake van belang, waarvan die lys aangevul kan word na goeddunke.

NP van Wyk Louw (1906–1970)

NP van Wyk Louw was nie alleen ’n bekroonde digter nie, maar ook ’n belangrike dramaturg en kritiese denker. Hy is die enigste Afrikaanse skrywer wat die Hertzogprys vir poësie, drama en (kritiese) prosa ontvang het. Sou ek inleidend oor hom moet skryf, soos wat ek nou doen, is dit verse soos “Grense”, “Ballade van die bose”, “Vier gebede by jaargetye in die Boland”, die bekende epos Raka (1941) en “Ex unguine leonem” waaraan ek dink. Sy laaste digbundel, getiteld Tristia (1962), word deur sommige literatore gereken as die sterkste letterkundige werk in Afrikaans. Die verse wat hierin opgeneem is, het Louw gedurende sy “ballingskapjare” in Amsterdam geskryf, wat gestrek het van 1950 tot 1958. Hiertydens was hy aangestel as professor in Zuidafrikaanse taal- en letterkunde aan die Gemeentelijke Universiteit van Asterdam. Wat gedurende Louw se Amsterdamse periode voorop staan, is sy verhouding met die digter Sheila Cussons. Vergelyk JC Steyn (2020:295) se opsomming hiervan in sy artikel in Tydskrif vir Geesteswetenskappe:

In 1949 het Louw ’n aanbod aanvaar om professor in die Zuidafrikaanse taal- en letterkunde aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam te word. Sy vrou en kinders kon nie saam met hom vertrek nie, want Peter, skaars drie weke oud, het ’n vorm van geelsug gehad en die dokter het besluit hy kan nie die lang seereis onderneem nie. Louw was dus ’n tyd lank alleen nadat hy op 20 Februarie 1950 in Amsterdam aangekom het.

Binne ’n paar weke het ’n liefdesverhouding ontstaan tussen hom en Sheila Cussons, wat later bekend sou word as digter. Sy was getroud met Stoffel Nienaber, van wie sy geskei is. Toe Truida in April ná haar aankoms bewus word van die verhouding, wou sy dadelik teruggaan, maar kon nie plek op ’n skip kry voor die einde van die jaar nie. Sy het dus gebly en die huwelik is nie ontbind nie. In die destyds heel konserwatiewe Afrikaanse en Nederlandse gemeenskappe is kwaai kritiek op Louw uitgespreek en daar was selfs sprake dat hy sy werk kon verloor. ’n Vermanende brief van Greshoff het tot ’n breuk tussen die twee digters gelei.

In hierdie aanhaling van Steyn (2020:295) sien ons reeds ’n paar dinge wat navorsingswaardig is in die konteks van die opstel van ’n kontakgeskiedenis: die vriendskap tussen Greshoff en Van Louw (interaksie en internasionalisme); die intertekstuele verbande in die werk van Cussons en Louw (intertekstualiteit); die vergelykbare konserwatisme wat Afrikaanse en Nederlandse gemeenskappe indertyd vergestalt het (interpretasie). Daar sou ook gekyk kan word die wyse waarop Louw se beeldvorming in Nederland geskied het aan die hand van die resepsie van sy werk in die Lae Lande. Dit sou die moeite loon om die Louw se gedigte, soos dit verskyn het by die uitgewery Van Oorschot, vergelykend te beskou. Elize Botha en AP Grové het ’n spesiale uitgawe in 1960 besorg.

Ernst van Heerden (1916–1997)

Ernst van Heerden was ’n digter en akademikus. Hy het sy doktorsgraad aan die Rijksuniversiteit in Gent in 1953 onder leiding van professor Frank Bauer behaal. Hy het sy uitgebreide poësieversameling aan Lucas Malan bemaak. Malan skenk dit aan die Poëziecentrum in Gent, wat die Ernst van Heerden-versameling in Gent word. Dit is die grootste poësieversameling van Afrikaans in die Nederlandstalige wêreld en is in die tussentyd aangevul met bundels, bloemlesings en kritiese werke. Dit bestaan in April 2020 uit nagenoeg 1 600 Afrikaans titels (Carstens, 2020).

Van Heerden was een van die groot Afrikaanse digters en het vyftien digbundels gepubliseer. Een van die belangrike erkennings wat hy ontvang het, was die silwer medalje by die Olimpiese Spele in 1948 vir sy sportsgedigte. Hierdie sportsgedigte maak is dan ook van die bekendste in sy oeuvre, wat onder andere insluit “Die hardloper”, “Die swemmer”, “Die bokser” en “Die gewigopteller”. Vergelyk Lucas Malan se profiel in Perspektief en profiel (deel 3) (2016):

Alhoewel kritici Van Heerden se poësie meermale as wispelturig in gehalte beskou, is sy werk nietemin met die belangrikste pryse bekroon. ’n Sonderlinge geval was die silwer medalje wat by die Olimpiese Spele van 1948 se International Poetry Competition toegeken is aan sy Ses gedigte / Six Poems (1951). Daarna het hy in 1962 die Hertzogprys vir poësie ontvang (vir Die klop), en in 1975 en 1988 die WA Hofmeyr-prys, onderskeidelik vir Teenstrydige liedere en Amulet teen die vuur. In 1988 ontvang hy ook die CNA-letterkundige toekenning vir Amulet teen die vuur. 

Wat ’n besondere keerpunt in Ernst van Heerden se digkuns teweeggebring het, was die amputasie van sy bene in die 1970’s. Hierdie traumatiese ervaring het nie net sy poëtiese aanslag hervorm nie, maar ook ’n duidelike biografiese dimensie aan sy werk gegee. In sy laatwerk het hy hom al hoe meer toegespits op die sosiopolitiese probleme in Suid-Afrika  (Ohlhoff, 2015). Lucas Malan skryf ’n proefskrif oor Van Heerden, getiteld Paradoks en Parabool: ’n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie (1992).

Ná sy dood, word hy deur meer as dertig mededigters vereer in die bundel Verse vir Ernst, waarvoor Joan Hambidge, Johann de Lange en Lucas Malan ook bydraes lewer. Op 20 Maart 2016, vra Bernard Odendaal met die 100ste vieringsjaar van Van Heerden, waarom daar nie meer huldigings vir hom as digter is nie. Odendaal (2016) skryf dit toe aan die feit dat hy te veel soos sy Dertiger-voorgangers geklink het, terwyl hy grootliks in die skaduwee van ’n figuur soos DJ Opperman moes debuteer, wat iets totaal nuuts in die Afrikaanse poësie vorendag gebring het.

Interessant is die gedigte wat hy oor Gent en Vlaandere geskryf het, wat in sy bundel Reisiger (1953) opgeneem is. Moontlikhede vir kontakstudies sluit onder meer die bestudering van die Ernst van Heerden-versameling in as bemiddelaar tussen die (Suid-) Afrikaanse bronkultuur en die Vlaandere in België as doelkultuur. Wie is die kultuuragente wat hierdie versameling in Gent moontlik gemaak het en hoe word dit onderhou? Hierdie ondersoek sou besmoontlik onder die noemer “interaksie” berus.

Ingrid Jonker (1933–1965)

Ingrid Jonker se poësiedebuut Ontvlugting verskyn in 1956. Sy word verbind met die Sestigers in Suid-Afrika, wat onder meer skrywers Etienne Leroux, André P Brink, Breyten Breytenbach en Jan Rabie insluit. Uys Krige sou gegroepeer kon word as veertiger, alhoewel daar nie sprake was van ’n veertiger-groepering in die Afrikaanse letterkunde nie. Jonker is een van die mees bekende figure in die Afrikaanse literatuur, alhoewel sy slegs drie bundels gepubliseer het, waarvan die laaste postuum verskyn het. Die rede vir haar bekendheid word baie maal verbind met haar tragiese selfdood op die ouderdom van een en dertig jaar. In hierdie opsig word sy meermale vergelyk met die Amerikaanse digter Sylvia Plath wat op die ouderdom van dertig haar eie lewe geneem het. Maar eerder as om haar gedigte deur ’n biografiese lens te lees, lewer Louise Viljoen (2023:9) ’n pleidooi vir die terugkeer na Jonker se gedigte. In haar lesing, wat verskyn het as voorwoord tot die heruitgawe van Jonker se werk in 2023, onder die titel Die papie roer en ek word digter, argumenteer Viljoen dat Jonker ’n selfbewuste digter was met ’n sterk politieke en feministiese vooropstelling, wat ’n invloed uitgeoefen het op elke generasie wat op haar gevolg het.

Digters tree deurlopend in gesprek getree met Jonker se werk. Antjie Krog en Ronelda Kamfer is voorbeelde hiervan. Viljoen (2023) gebruik die term “snelskrif” om die wyse te beskryf waarop ander digters gebruik maak van Jonker se gedig “Die kind” om ongeregtighede ten opsigte van kinders regoor die wêreld te belig. Hierdie gedig is geskryf na aanleiding van die opstande teen die paswette in Sharpeville op 21 Maart 1960. Die polisie het losgebrand op betogers en ’n bloedbad het ontstaan. Volgens polisieverslae is 69 mense doodgeskiet en 180 beseer. Wat verder van belang is, is dat oudpresident Nelson Mandela hierdie gedig by die opening van die parlement in 1994 voorgelees het. Hierdie gedig kan ook as muurgedig in Leiden gelees word by die adres Trix Terwindtstraat 4–6. ’n Keur uit Jonker se werk is deur Gerrit Komrij in Nederlands vertaal onder die titel Ik herhaal je (2000) met ’n nawoord deur Henk van Woerden. Hiervolgens kan gekyk word na die beeldvorming van Jonker in die Lae Lande en hoe dit byvoorbeeld ooreenkom en verskil van dié van Viljoen (2023).

Wat ondersoeksmoontlikhede aanbetref, is dit duidelik dat Jonker se kontakgeskiedenis met die Nederlande aan al vier aspekte – “intertekstualiteit”, “interaksie”, “internasionalisme” en “interpretasie” – voldoen. Hierin sien mens weer eens die belang van vertalers en voor- en nawoorde van redakteurs en akademici tot vertalings van digters se werk om sodoende ’n sekere beeld van die outeur van die bron- na die doelkultuur te bewerkstellig. SW van Zuydam se profiel oor Jonker in Perspektief en profiel (deel twee) (2016) kan gebruik word om ’n oorsig van Jonker as digter te bekom.

Adam Small (1936–2016)

Fanie Olivier (2016) skryf ’n profiel oor Adam Small in Perspektief en profiel (deel drie) en gaan van die argument uit dat “Adam Small se werk [...] hoofsaaklik omskryf [kan] word as die toeligting van die maatskaplike en politieke posisie van die sogenaamde bruin Kaapse mense (die Kleurlinge2, soos hulle in die apartheidsbedeling geklassifiseer was)”. Voorts noem Olivier (2016) dat dit onder andere ook deur SV Petersen, PJ Philander en Peter Blum verwoord is, maar dit word “nêrens so volgehou en op satiriese wyse uitgewys as in die werk van Small in die sestigerjare nie”. Olivier se siening strook met dié van André P Brink in Ons erfdeel (1976), waarin hy oor die belangrikheid van Small se werk in ’n artikel, getiteld “I am smilin’. Sentiment en satire by Adam Small” (1976:549-562) die volgende skryf:

Tussen die jare 1961 en 1965 bereik Adam Small se werk, na daardie temerige aanvang, ’n nogal onverwagte hoogtepunt in twee digbundels – Kitaar my kruis (1961) en Sê sjibbolet (1963) – en die drama Kanna hy kô hystoe (1965). Dit is die tydperk waarin Small deel uitmaak van die Sestiger-groep. (Hy was ook redaksielid van die ‘lyfblad’ Sestiger, maar het later bedank op grond van – onjuiste – gerugte dat ’n verandering in drukker sou meebring dat hy as Kleurling nie meer in die redaksie mog dien nie.)

Margriet van der Waal (2021:142-143) argumenteer dat Adam Small indertyd nie die erkenning gekry het wat hom toegekom het nie, omdat hy ’n spreekbuis was van Kaaps en die gekleurde Afrikaanssprekende gemeenskap in die algemeen en dat hy op ’n openlike en eksplisiete wyse oor politieke sake sou skryf.

Belangrik wat Van der Waal (2021:142-143) voorts belig, en dit is die herkoms van Kaaps, wat beskryf word as ’n gelokaliseerde, Weskaapse variant van Afrikaans, wat gepraat word deur die gekleurde gemeenskap, die afstammelinge van die vermenging tussen slawe uit Afrika, Indonesië, Bengale en Madagaskar, die inheemse Khoisan-bevolking, wat geassimileer geraak het in die samelewing van die Kaapkolonie en Europese setlaars.

Aäron Maes se MA-verhandeling, getiteld “De Afrikaanse kleurlingdichters. Het verhaal van een vergeten groep” (2010) beskryf hoe min aandag aan bruin Afrikaanse digters se werk gegee word in Afrikaans, alhoewel hierdie prentjie nou in 2025 anders daar uitsien. Maes (2010:74-75) skryf:

In Nederland en Vlaanderen wordt al weinig Afrikaans gelezen, maar het werk van de kleurlingdichters komt al helemaal niet aan bod. Dit is jammer, want de gedichten zijn wel degelijk cultureel verrijkend. Ook informatief kan de poëzie als een meerwaarde worden /ervaren. Het werk van de kleurlingdichter is dan ook lang nog niet voorbij: de bundel van Ronelda S Kamfer toont aan dat er blijvend geroepen moet worden om het sociaal onrecht in Zuid-Afrika kenbaar te maken. De stemlozen van de townships hebben nu op cultureel gebied echt mensen die hen een stem kunnen verlenen (Maes, 2010:74-75).

Dit bring ons by die hier en nou, want alhoewel daar nie veel aandag aan Small se werk indertyd in Nederland gegee is nie, is Small die belangrikste literêre skrywer (drama en poësie) van Kaaps in die jare sestig. Nadat Small van die literêre toneel verdwyn het, het die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) ’n korrektief gemaak op die onreg van die verlede om nie vir Small te bekroon met die Hertzogprys nie. Olivier (2016) skryf:

In 2012 word die Hertzogprys vir drama aan Adam Small toegeken, 47 jaar na die publikasie van sy drama Kanna hy kô hystoe. Rondom die toekenning ontstaan daar ’n klein polemiek, nie soseer oor die meriete van Small se teks nie, maar oor die feit dat die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns sy eie reglement oortree het in die proses. Dit bepaal dat net werk wat die vorige drie jaar verskyn het oorweeg moet word, maar met inagneming van ’n hele oeuvre indien dit ter sprake sou wees. Die oorheersende gevoel was dat hier sprake was van ’n kulturele “regstellende aksie”, waardeur die destydse miskenning van hierdie drama en Small se literêre bydrae aandag moes kry.

Vervolgens kry Small dan ook die geleentheid om opnuut te publiseer, en die bundel Klawerjas (2013) word, aldus Olivier (2016), “op ’n buitengewoon rojale wyse versorg en uitgegee deur Tafelberg”, alhoewel die gedigte nie soos in die verlede in Kaaps geskryf nie, maar Standaardafrikaans. Dit volg tot die debat ter inleiding van die opbloei van Afrikaanse digters wat variante van Afrikaans omarm ongeveer ’n dekade die nuwe millennium in. Olivier (2016) beskryf hoe Small “deur ’n jong Kaapse digter, Nathan Trantraal” aangeval word, waarvan die basis van Trantraal se betoog juis daarin geleë is “dat Small se gebruik van Kaaps vyftig jaar gelede eintlik maar ’n foefie was en dat Small dit vir homself toegeëien het terwyl dit nie vir hom leeftaal was nie. Daarmee sou hy dan ook daartoe bygedra het om die sprekers daarvan te na te kom en die groep tot karikature te reduseer”. Juis hierdie gegewe word gebruik as brug tot die nuwe poësie van kontemporêre Afrikaanse digters, waarvan Alfred Schaffer onder andere al vier bundels van Ronelda Kamfer in Nederlands vertaal het, asook haar roman Kompoun (2022). Naas die werk van Kamfer, gaan ons ook kyk na werk wat Schaffer vertaal het van Lynthia Julius en Nathan Trantraal.

Breyten Breytenbach (1939-2024)

Gedurende die skryf van my doktorale tesis, het ek aan die Universiteit van Amsterdam vir vier maande ’n kantoor gehad. Toe ek my studie aan die kollegas beskryf het, het ek Breyten Breytenbach as ’n Suid-Afrikaanse digter getipeer. Een van die kollegas het my gevra of hy nie eerder ’n Nederlandse digter is nie. Dit is ’n geldige vraag, want soveel van sy werk is in Nederland uitgegee en hy is self ’n spreker van Nederlands. My antwoord sou wees dat Breytenbach veel eerder ’n digter van die Middelwêreld is. Hein Viljoen omskryf die Middelwêreld soos volg in sy profiel oor Breytenbach in Perspektief en profiel (deel een) (2016):

Breytenbach (1998a) het homself beskryf as een van die onburgers van die Middelwêreld – een wat bepaal word deur wat hy nie is nie. Die Middelwêreld is tussenin, iewers tussen oos en wes, noord en suid; “per definisie is dit perifiraal [sic]”, “lewe dit in die marges, die kantlyne, die lewende rande”. Dit is anders. Hy stel voor dat “hierdie gestaltevormende argipel van toegepaste vryheid en onbedoelde vervreemding” die land van MOR (“tussen liefde en dood”) genoem word (Breytenbach, 1998a: 25). Dit is kortom ’n tipiese liminale wêreld.

Breytenbach is op 16 September 1939 in Bonnievale in die Wes-Kaap gebore en sterf op 24 November 2024 op vyf en tagtigjarige ouderdom in Parys. Aangesien Breytenbach onlangs oorlede is, sal dit miskien die beste wees om julle aan dié groot digter voor te stel by wyse van ’n eerbetoon wat Antjie Krog op Radio Sonder Grense (RSG) aan hom voorgehou het die oggend van 25 November 2024. Hier is die skakel na die potgooi. Om inleidend oor Breytenbach te praat, sou mens eerstens moet verwys na sy debuut digbundel, getiteld Die ysterkoei moet sweet (1964). Dit verskyn saam met ’n bundel kortverhale, Katastrofes (1964) op dieselfde moment. Die titel van die digbundel verwys na ’n Zen-spreuk, wat André P Brink soos volg verduidelik in ’n essay, getiteld “blomme vir boeddha: breyten breytenbach” (Brink, 1972:53):

Die titel van Die ysterkoei moet sweet is afgelei van die ou Zen-spreuk: ‘Om die Groot Niet te kan vertrap, sal die Ysterkoei moet sweet.’ (En soos alle Zenspreuke is dit beswaarlik liniêr interpreteerbaar. Maar onder meer: a) om die Groot Niet te omskep in die Al, moet die onmoontlike gebeur. - Natuurlik, in Zen word die onmoontlike telkens moontlik! b) As die Groot Niet eintlik die wonderlike liggaam van Boeddha is, dan kan niks, geen poging van die mens, die wonder daarvan ‘onderkry’ nie.)

Breytenbach se oeuvre kan verdeel word in ’n voortronk- (1964-1973), tronk- (1975-1983) en na-tronkfase (1990-2024), waarin Breytenbach nie minder nie as een en twintig volwaardige digbundels in Afrikaans die lig laat sien het. Dit is belangrik om te noem dat Breytenbach ’n belangrike anti-apartheidstryder was, wat tot nege jaar tronkstraf gevonnis is. Hiervan het hy sewe uitgedien, waarvan twee jaar in eensame aanhouding in Sentraal Gevangenis in Pretoria. Nadat hy uit die tronk vrygelaat is, in Desember 1982, het hy Franse burgerskap ontvang, en het hy hom by sy vrou in Parys gevestig.  Behalwe vir digbundels, is Breytenbach ’n skrywer van reisjoernale, outobiografiese tekste, dramastukke, kritiese en kreatiewe prosa, sowel as vertalings van ander skrywers se werk. Breytenbach was egter nie net skrywer nie, maar ook skilder, wat hom van ander kunstenaars onderskei. Daar is egter een Nederlandse digterskilder wat baie maal in dieselfde asem as Breytenbach geplaas word en dit is die Nederlandse Vijftiger Lucebert (1924-1994).

Breytenbach was welbekend in die Lae Lande en daar is daadwerklike spore van ’n uitvoerige kontakgeskiedenis op al vier vlakke van ondersoek soos geonderskei ter inleiding van die briewe. Breytenbach se Nederlandse oeuvre toon sy sterk interkulturele invloed en veelsydigheid as skrywer, digter, kunstenaar en essayis. Die uitgawes illustreer sy samewerking met prominente vertalers soos Adriaan van Dis, Laurens Vancrevel en Gerrit de Blaauw, en met uitgewers soos Meulenhoff, Van Gennep en Podium. ’n Baie interessante kontakverskynsel is byvoorbeeld die teks wat digters, verbonde aan die Nederlandse Vijftigers, saamgestel het terwyl Breytenbach in die tronk was, getiteld Vingermaan: Tekeningen uit Pretoria (1980). Hierin is ’n aantal van Breytenbach se sketse, wat uit die tronk gesmokkel is, ingesluit saam met gedigte van onder ander HC ten Berge, Lucebert, Rutger Kopland, Gerrit Kouwenaar en Bert Schierbeek. Verder is dit ook om op te soek tot in welke mate Breytenbach in gesprek tree met hierdie figure, veral ook in sy latere werk. Belangrik in hierdie opsig, is FR Gilfillan se artikel in Stilet, getiteld “Breyten in Nederland” (1991:7-18), alhoewel die tyd nou ryp is dat ’n tweede deel van hierdie beskouing nou geskryf kan word. Breytenbach het die Hertzogprys die eerste maal in 1984 – kort na sy vrylating uit die tronk – vir (‘yk’) (1983) ontvang, maar weier dit. Erika Terblanche se profiel van Breytenbach op LitNet haal vir Breytenbach soos volg aan oor sy weiering van die prys:

En toe uiteindelik, in 1984, word die Hertzogprys vir poësie aan Breyten toegeken vir sy bundel Yk. Hy deel die prys met Henriette Grové – net soos die CNA-prys van 1983. Hy wys egter die prys van die hand, “nie omdat ek vasgegroei het aan die beeld wat deur sommige aangekleef word, dié van opstoker of provokateur of outsider nie. Aldus nie om vriende te behaag nie. Ook nie om kopie te verskaf aan joernaliste op vroetel na sensasie of erger – die Engelstaliges wat enige sogenaamde ‘Afrikaner-afwykende’ op opportunistiese wyse steun met die hoop om die Afrikaners as groep by te kom nie. Selfs nie (en ek dink ek is taamlik eerlik as ek so sê) vanweë ou letsels, ’n verwronge persoonlike geskiedenis, kleingeestigheid of omdat dit te laat is nie. Maar om die eenvoudige rede dat die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns nog immer die bolwerk bly van die Afrikaner-establishment. [...] Indien ek die bekroning sou aanvaar, sou ek nie op my klein manier kon meehelp aan daadwerklike verandering nie, maar ’n illusie van soepelheid help verleen aan strukture en ’n stelsel wat eksklusief bly.”

Die Hertzogprys word nog eens in 1999 aan Breytenbach toegeken vir sy bundels Oorblyfsels: ’n roudig en Papierblom (1997), laasgenoemde onder die skrywersnaam Jan Blom. In 2008 aanvaar Breytenbach vir ’n tweede maal die Hertzogprys vir Die windvanger (2007). Op LitNet meen Terblanche (2019) dui daarop dat Breytenbach dit hierdie maal aanvaar het “uit erkenning vir die goeie werk wat gedoen is en die werk wat nog gedoen moet word”. Yves T’Sjoen meen meermale dat Breytenbach Nobelprys-waardig was. Die motivering hiervoor word soos volg beskryf:

Vermits de Nobelprijs voor letterkunde, toch meestal door politieke motieven blijkt ingegeven, zou Breyten Breytenbach een ideale kandidaat voor deze prijs zijn. Niet alleen vertegenwoordigt hij een uitzonderlijk poëtisch oeuvre, maar hij brengt ook een humane boodschap, die niet luid genoeg kan verkondigd worden (T’Sjoen, 2019).

Dit is belangrik om te noem dat Breytenbach in 2014 ’n eredoktorsgraad van die Universiteit Gent ontvang. T’Sjoen meen, aldus ’n berig op Netwerk24 in 2014, die volgende:

“Breytenbach is internasionaal bekend as versetstryer teen rassisme en is eweneens bekend as digter, romanskrywer, essayis en beeldende kunstenaar. Sowel sy literêre as skilder- en tekenwerk kry in Suid-Afrika en elders weerklank en sy poësie en prosa is in talle tale vertaal. Die artistieke projek van Breytenbach hou nie rekening met voorgeskrewe konvensies nie”, sê T’Sjoen (Netwer24, 2014).

Tot hiertoe met die eerste gedeelte ter inleiding van die Afrikaanse digters (Eybers, Louw, Van Heerden, Jonker, Small en Breytenbach). Vervolgens hervat gaan ons voort met Antjie Krog. Ek sien uit na jou repliek.

Vriendelike groete

Alwyn uit ’n snikhete Pretoria

Opmerkings

1 Lees gerus Jansen se artikel, getiteld “Oxford aan die Amstel: Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud” (2014:1-10) opgeneem in Tydskrif vir Geesteswetenskappe.

2 Die term “Kleurling” is egter problematies. Michael le Cordeur beskryf in sy artikel “Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit: ’n sosiokulturele perspektief” (2011:758-777) dat “die klassifisering van sosiale groepe volgens ras altyd problematies [is]” en gaan voort deur te noem dat die term “Kleurling” (Coloured) “na mense verwys wat onder apartheidswetgewing as ‘Kleurling’ geklassifiseer is” (Le Cordeur, 2011:759). Voorts noem hy dat hy, soos “ander skrywers gebruik maak van die terme ‘bruin’, ‘wit’ en ‘swart’ omdat dit, anders as die woord “Kleurling”, nie in apartheidswetgewing voorkom nie en dus aanvaar is om hier die punt van diversiteit te illustreer” (Le Cordeur, 2011:759).

Bibliografie

Carstens, W. 2020. De Ernst van Heerden Collectie: ontstaan en context. Web: https://www.poeziecentrum.be/de-ernst-van-heerden-collectie-ontstaan-en-context. [Besoek op 14 Feb. 2025].

Hendricks, F. 2012. “Om die miskende te laat ken: ’n blik op Adam Small se literêre verrekening van Kaaps”/ Tydskrif vir Letterkunde, 49(1): 117–130. Beskikbaar by: https://scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-476X2012000100009. [Geraadpleeg: 15 Februarie 2025].

Jansen, E. 2014. Oxford aan die Amstel: Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud. Die beginjare en vroeë kontakte met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3), 1-10. Web: https://scielo.org.za/scielo.php?script=sci_arttext&pid=S0041-47512014000300002. [Besoek op 9 Des. 2024].

Le Cordeur, M. 2011. Die variëteite van Afrikaans as draers van identiteit: ’n Sosiokulturele perspektief. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 51(4):758–773. Beskikbaar by: https://scielo.org.za/pdf/tvg/v51n4/v51n4a19.pdf. [Geraadpleeg: 15 Februarie 2025].

Maes, A. 2010. De Afrikaanse kleurlingdichters. Het verhaal van een vergeten groep. MA-verhandeling, Universiteit Gent. Beskikbaar by: https://libstore.ugent.be/fulltxt/RUG01/001/786/722/RUG01-001786722_2012_0001_AC.pdf. [Geraadpleeg: 15 Februarie 2025].

Malan, L. 1992. Paradoks en Parabool: ’n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie. Pretoria: HAUM-Literêr.

Malan, L. 2016. Ernst van Heerden (1916-1997). In: Van Coller, H.P. Perspektief en profiel (deel drie). Van Schaik: Pretoria.

Netwerk24. 2014. Breyten Breytenbach kry eregraad in Gent. [Aanlyn] Beskikbaar by: https://www.netwerk24.com/netwerk24/breyten-breytenbach-kry-eregraad-in-gent-20141204. [Geraadpleeg op: 13 Desember 2024].

Odendaal, B. 2016. Huldiging: Ernst van Heerden. Versindaba, 4 Desember. Beskikbaar by: https://versindaba.co.za/2016/12/04/bernard-odendaal-huldiging-ernst-van-heerden/. Geraadpleeg: 11 Desember 2024.

Ohlhoff, H. 2015. Perspektief op die Afrikaanse poësie. Die poësie van voor 1900 tot 1960. In: Van Coller, HP. Perspektief en profiel (deel drie). Van Schaik: Pretoria.

Olivier, F. 2016. Adam Small (1936-2016). In Van Coller, HP. Perspektief en profiel (deel een). Van Schaik: Pretoria.

Spies, L. 2016. Elisabeth Eybers (1915-2007). In: Van Coller, HP. Perspektief en profiel (deel een). Van Schaik: Pretoria. 

Steyn, JC., 2020. NP van Wyk Louw (1906-1970): ’n Lewensverhaal. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2), pp.187-381.

Terblanche, E. 2019. Breyten Breytenbach (1939–2024). LitNet, 16 September. Beskikbaar by: https://www.litnet.co.za/breyten-breytenbach-1939/. [Geraadpleeg op 13 Desember 2024].

T'Sjoen, Y. 2019. Breytenbach Nobelprijswaardig. LitNet, 31 Mei. Beskikbaar by: https://www.litnet.co.za/breytenbach-nobelprijswaardig/. [Geraadpleeg op 13 Desember 2024].

Van de Waal, M. 2021. Rewarding an imagined South Africa. Literary Prizes and Cultural Transfer, 9: 131-158. Web: https://doi.org/10.2307/j.ctv23wf37q.9. [Geraadpleeg op 14 Februarie 2025].

Van Zuydam, ZW. Ingrid Jonker (1933-1965). In: Van Coller, HP. Perspektief en profiel (deel twee). Van Schaik: Pretoria.

Viljoen, H. 2016. Breyten Breytenbach (1939-). In: Van Coller, HP. Perspektief en profiel (deel twee). Van Schaik: Pretoria. 

Repliek op brief 3

Beste Alwyn

Op het publieke forum dat Afrikaanse en Nederlandse literatuur met elkaar verbindt, bekleden Breyten Breytenbach, Elisabeth Eybers, Ingrid Jonker, Ernst van Heerden en NP van Wyk Louw na de Tweede Wereldoorlog een sleutelpositie. Zoals je zelf aangeeft, is het werk van Adam Small lange tijd veronachtzaamd in Zuid-Afrika, met laat de toekenning van de Hertzogprys voor het oeuvre, en bijgevolg relatief weinig aandacht in de Lage Landen. De namenselectie biedt een interessante staalkaart van velerlei contacten tussen het Afrikaanse en Nederlandse literaire polysysteem. De teksten van deze Zuid-Afrikaanse auteurs leggen particuliere trajecten af in een anderstalige literatuur (i.e. Nederlands), in vertaling en ook als origineel of brontekst (d.w.z. in tweetalige edities en/of edities met Afrikaanse woordverklaring). In de Lage Landen zijn in de loop der jaren van elk van deze schrijvers en hun respectievelijke oeuvres beelden gevormd: de literatuurproductie wordt hier al dan niet anders gelezen dan in het brontaalgebied (Afrikaans). Naast uiteenlopende interpretaties in het transnationaal domein, bepaald door literaire verwachtingen en een verschillend literair klimaat – in Nederland en België anders dan in Zuid-Afrika –, zijn er diverse vormen van interactie of intersystemische gesprekken waarbij culturele bemiddelaars een functie hebben. Tot de bemiddelaars rekenen we naast vertalers onder meer tijdschriftredacteurs, uitgevers, recensenten, festivalorganisatoren, en instanties zoals literatuuronderwijs, letterenfondsen, leesclubs en bibliotheken. De geconstrueerde beelden vanuit buitenlands oogpunt, in voorkomend geval in de Lage Landen, kunnen we bestuderen onder de noemer van ‘imago’ en/of literaire ‘postuur’. Jérôme Meizoz, aangesteld aan de universiteit van Lausanne en leerling van Pierre Bourdieu, heeft de term gemunt. De literaire auteur zelf – door de literatuurproductie maar bij voorbeeld ook door optredens op festivals, interviews in de media, enz. – draagt bij tot de buitenlandse beeldvorming (‘imago’). Daarnaast dragen natuurlijk ook derden bij, zoals de vertaler, de uitgever en de boekbespreker. Die agenten creëren dus op hun beurt beelden van een buitenlands schrijverschap dat niet hoeft te overlappen met hoe de schrijver zichzelf in beeld brengt (in het buitenland). Daar kan zelfs een spanning bestaan in het door de auteur zelf zorgvuldig gecreëerde beeld en hoe het werk wordt onthaald in een receptiegebied. In de context van een literaire contactgeschiedenis zijn alle casussen (i.e. de receptie in Afrikaans en in Nederlands) verschillend: buitenlandse teksttrajecten, internationale schrijversloopbanen, kritische receptie, samenvattend: het hele complex van convergenties en divergenties. De lezing van de geselecteerde auteurs in het Nederlands laat diverse patronen zien, waarbij mediatoren een cruciale posities bekleden. Men spreekt ook wel eens van poortwachter of “gatekeepers”. Gelet op de particulariteit van een dergelijke studie zijn naast het evidente bronnenonderzoek (receptieteksten, vraaggesprekken, promoteksten) de biografische achtergrond en kennis van het momentane literatuurlandschap met eigen instituties en agenten in Afrikaans en Nederlands van cruciaal belang. Vragen zijn bijvoorbeeld: welke teksten zijn beschikbaar in het buitenland, wie heeft de keuze bepaald en hoe zijn de bronteksten vertaald? In hoeverre is de schrijver betrokken bij de vertaling, hoe heeft de promotieafdeling van de uitgeverij werk van de schrijver in de markt gezet? Hoe verloopt de receptie in het buitenland: welke klemtonen worden gelegd in de bespreking en in hoeverre wijken lezingen eventueel af van de receptie in het brontaalgebied? In hoeverre is de bespreker vertrouwd met Afrikaanse literatuur, welke positie neemt het medium in (website, tijdschrift, krant...) waarin een bespreking is opgenomen? Dergelijke onderzoeksvragen zijn hoe dan ook relevant – de lijst is verre van exhaustief – wanneer trajecten van Zuid-Afrikaanse teksten in de Lage Landen worden beschreven en vice versa. Voor het vergelijkend letterkundig onderzoek is het van belang receptiepatronen te bestuderen in verschillende linguïstische landschappen, zoals in het geval van Breytenbach in Engels, Frans en Spaans. In diverse taalgebieden wordt het werk immers uiteenlopend ontvangen, dus ook verschillend in beeld gebracht. De transnationale postuur van een schrijverschap en de aanwezigheid op het internationale forum zijn voorwerp van comparatistisch onderzoek.

Zoals aangegeven zijn er natuurlijk meer schrijvers dan de hier voorgestelde actoren die in een intertalige contactgeschiedenis aandacht moeten krijgen. In de cursus ligt de klemtoon op Zuid-Afrikaanse (Afrikaanstalige) schrijvers en de wijze waarop hun werk in de Lage Landen circuleert en functioneert. Hierbij kan bijvoorbeeld verder worden gedacht aan in het Nederlands vertaalde schrijvers zoals André Brink, Uys Krige, WEG Louw, Charl-Pierre Naudé, Riana Scheepers, Karel Schoeman, AHM Scholtz, Wilma Stockenström, Etienne van Heerden, Eben Venter, Gert Vlok Nel en Ingrid Winterbach. Later komen in het overzicht Ronelda Kamfer, Antjie Krog en Marlene van Niekerk nog ter sprake. De bemiddelaars die bijdragen aan de cultuurtransfer van literaire teksten verdienen zoals gesteld evenveel aandacht in de voorgestelde contactgeschiedenis: zij hebben het werk immers geïntroduceerd in een doeltaalgebied en doen dat op een specifieke manier en vaak met een agenda: institutioneel, poëticaal, translationeel, literair-strategisch, commercieel, enzovoorts.

Je pleit in het voorstel van vergelijkend onderzoek voor een gecombineerde aandacht voor de persona pratica (of dus biografische persoon) en de persona poetica (literaire schrijver). Over elk van de vermelde auteurs is inderdaad een biografisch verhaal te vertellen “op de brug tussen Afrikaans en Nederlands”, over de concrete omstandigheden van de toetreding tot het Nederlandse en Vlaamse literatuursysteem. Breytenbach maakte al in de jaren zestig zijn entree in Nederland en Vlaanderen, eerst als schilder (Juan Breyten) en later in Vlaamse en Nederlandse periodieken (Yang en Raster). Hij ontving vroeg literaire prijzen in Nederland en zijn werk verscheen vanaf 1972 bij Meulenhoff, een jaar later bij Van Gennep, in vertaling en in het Afrikaanse origineel (voorzien van lijsten met woordverklaringen). Eybers emigreerde naar Amsterdam na haar echtscheiding en verbleef tot haar overlijden in 2007 in Nederland. Zij ontving voor haar lyriek de PC Hooftprijs in 1991. Daarvoor kwam zij in aanmerking omdat ze het dubbele paspoort had (Zuid-Afrikaans en Nederlands). Al eind jaren vijftig gaf Van Oorschot haar werk uit in Nederland. Ingrid Jonker was in de jaren zestig in Parijs en beleefde een stormachtige liefdesaffaire met André Brink. De brieven die de affaire documenteren, zijn inmiddels vertaald en als Vlam in de sneeuw (2015) uitgegeven door Podium. Jonkers poëzie is door Gerrit Komrij vertaald in het Nederlands en ook de omvangrijke biografie door Petrovna Metelerkamp is in vertaling beschikbaar. De verfilming in een regie van Paula van der Oest van het tragisch leven van Jonker (Black Butterflies, 2011, met Carice van Houten in de rol van Jonker) en bijvoorbeeld de ophefmakende geschiedenis van het Jonker-archief in het Literatuurmuseum in Den Haag dragen bij tot of zijn illustratief voor de renommee van de schrijfster in Nederland. De bloemlezing door Komrij, Ik herhaal je (Podium, Amsterdam, 2000), met een monografie van de Nederlandse auteur Henk van Woerden, is nog steeds een verkoopsucces in de Lage Landen. Van Heerden behaalde zijn doctorstitel in Gent (1953, promotor Frank Baur), nadat hij voor de Tweede Wereldoorlog promotieonderzoek verrichtte aan de Universiteit van Amsterdam (https://voertaal.nu/professor-paul-de-keyser-en-zuid-afrikaanse-dissertaties-ernst-van-heerden-promoveert-in-gent/). De grootste Afrikaanse poëziecollectie buiten Zuid-Afrika, gevestigd in het Poëziecentrum (Gent), is naar de dichter en academicus genoemd. Hij verbleef een tijdlang in de buurt van Gent, getuige beide gedichten (opgedragen aan Lisette en Marcel de Backer) in de syllabus. Louw bekleedde de leerstoel Zuid-Afrika aan de Universiteit van Amsterdam (1950-1958) en onderhield net als zijn broer WEG Louw vriendschappelijke contacten met Nederlandse en Vlaamse schrijvers, onder wie JC Bloem, Jan Greshoff, Karel Jonckheere en Adriaan Roland Holst.

Vele biografische realia staan elders opgetekend, onder meer in studies van Francis Galloway (Breytenbach), Ena Jansen (Eybers), Petrovna Metelerkamp (Jonker) en JC Steyn (Louw). Naast de bio- en bibliografische gegevens die het kader schetsen van de case studies is er het onderzoek naar de beeldvorming (of imagologie), waarvoor vertaling en receptie de pijlers zijn of dus de onderzoekslenzen. Vertaalwetenschappelijke benaderingen en receptiestudie leveren de bouwstenen voor een beschrijving van internationale teksttrajecten en transnationale schrijversloopbanen. Het onderzoek vertrekt vanuit een duidelijke probleemstelling – de aanwezigheid van buitenlandse literatuur in een taalgebied – en de onderzoeksvragen zijn gericht op de totstandkoming van en ontwikkeling in de internationale beeldvorming. De omkadering van het onderzoek is het transnationaal literaire gesprek tussen Afrikaans en Nederlands, in deze collegereeks de ontvangst van Zuid-Afrikaanse (Afrikaanstalige) schrijvers in de Lage Landen (vooral maar niet uitsluitend Nederland). Elders betoog ik dat de lezing van Afrikaanse schrijvers in Nederland en Vlaanderen – gezien het divergente literaire polysysteem in beide regio’s van het Nederlandse taalgebied – te onderscheiden patronen laat zien. Voor de receptie van Breytenbachs werk in de Lage Landen heb ik de boeken Kwintet. Literaire dialogen tussen Afrikaans en Nederlands (2023) en de flankerende werkschriften Breyvier. Over taal, burgerschap en Breytenbach (2023) en De ontdekking van het eiland. breytenbachiana (2025) aanzetten geleverd. Het uitgangspunt is: in hoeverre is Breytenbachs werk in Nederland gerecipieerd in vergelijking met het Nederlandstalige literaire polysysteem in België. In de studie van de aanwezigheid van Zuid-Afrikaanse schrijvers in de Lage Landen is tot vandaag overwegend de klemtoon gelegd op de Nederlandse receptie, veel minder op intersystemische literaire contacten tussen Afrikaans in Zuid-Afrika en de Vlaamse literatuur in België. Uitgaande van de veronderstelling dat beide literatuursystemen verschillend functioneren en bij voorbeeld de literaire kritiek, de poëticale discussies en ook het uitgeverslandschap anders zijn in Vlaanderen dan boven de Moerdijk, zal de beeldvorming van Afrikaanse auteurs ook wel langs wisselende sporen verlopen.

Hoe dan ook levert de transnationale studie (Afrikaanse en Nederlandse literatuur) onderzoeksresultaten die als fundamentele bouwstenen worden ingezet voor de geplande panoramische contactgeschiedenis tussen beide talen en de respectievelijke (drie) literaire polysystemen. Gevalstudies zijn noodzakelijk voor het leggen van de fundamentele basis van een geschiedverhaal over een periode van meer dan een eeuw met tal van verbintenissen en evengoed verwijderingen tussen Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur. De geschiedenis laat een panorama zien waarbij contacten zowel in omvang als in intensiteit divergente patronen laten zien. Een studie van de geselecteerde casussen – Breytenbach, Eybers, Jonker, Louw, Small en Van Heerden – biedt inzicht in de disparaatheid die we generaliserend onder de noemer plaatsen van literair contact tussen talen en culturen. Het publieke optreden in Zuid-Afrika van een Dertiger zoals Elisabeth Eybers (met de debuutbundel Belydenis in die skemering, 1935) – niet langer didactische of volksnationalistische Afrikaanse lyriek maar estheticistisch en personalistisch – en een maatschappijkritische Sestiger en antiapartheidsschrijver zoals Breytenbach (vanaf Die ysterkoei moet sweet, 1964) is heel verschillend. Bij uitbreiding vertelt ook de receptie van beider werk in de Lage Landen een compleet ander verhaal.

In het vergelijkend transnationaal perspectief is de casus over de dichter en filosoof Adam Small beslist interessant te noemen. Smalls werk is zoals gezegd lange tijd genegeerd in Zuid-Afrika en werd door Afrikaner gatekeepers, prominente leden van het witte Afrikaanse literaire establishment, niet toegelaten tot de al even witte canon. De poëzie is eerst geschreven in Standaardafrikaans, later in het Kaaps, en vertolkt de stem van de bruine gemeenschap in de West-Kaap. Dat is de lang stemloos gebleven stem van de slachtoffers van armoede, onderdrukking, geweld en racisme in Zuid-Afrika. Voor en tijdens apartheid zijn schrijvers van kleur niet uitgegeven door commerciële uitgevershuizen in Afrikaans: het werk van bruine en zwarte auteurs voldeed volgens die poortwachters niet aan de standaard van het Afrikaans als schrijftaal en ook etnisch-cultureel pasten deze schrijvers niet in het plaatje dat uitgeverijen van de Afrikaanse literatuur voor ogen stond. Small werk is toch uitgegeven, als een uitzondering als het ware, maar gezaghebbende Afrikaanse critici vonden toch dat hij voor literaire erkenning en dus prijzen niet in aanmerking kwam. In de Lage Landen bestond vanaf de jaren vijftig, in de tijd van apartheid in Zuid-Afrika, relatief weinig aandacht voor Afrikaanse schrijvers. Alleen de Sestigers verkeerden in de gratie van Nederlandse actoren. Vooral Breytenbach, Brink en Rabie werden als interessante Zuid-Afrikaanse schrijvers beschouwd, vooral vanwege hun antiapartheidsstandpunten en door hun opname in Europese netwerken (vooral in Parijs). Breytenbachs werk is al vroeg gepubliceerd in Nederlandse en Vlaamse periodieken, Rabie maakte deel uit van de redactie van Podium (een van de bladen van de Vijftigers) en Brink onderhield in de Lage Landen contacten met tijdschriften en uitgevers. Pas later is er ook interesse gegroeid voor Small en andere bruine en zwarte schrijvers in het Afrikaans, zoals SP Benjamin, SV Petersen, PJ Philander en Peter Snyders. Nog later hebben Eep Francken en Luc Renders in Skrywers in die strydperk. Krachtlijnen in de Zuid-Afrikaanse letterkunde (2005: 72-73) aandacht geschonken aan Smalls werk (in het hoofdstuk over de Afrikaanse literatuur in de jaren vijftig); zij onderstrepen het belang van Smalls stem op het openbare forum in Zuid-Afrika en zijn pioniersrol als Kaaps-Afrikaanse schrijver én diens (politieke en esthetische) keuze voor deze variëteit van het Afrikaans als taal van poëzie en drama (hierbij verwijzen zij terloops naar Kitaar my kruis (1961)). Het vergt het nodige onderzoek om te belichten hoe over Smalls werk verder is bericht in de Lage Landen in de periode van apartheid en later, zeker met betrekking tot de toenemende aandacht (post-1994) voor Zuid-Afrikaanse schrijvers van kleur. Hierbij moet rekening worden gehouden met André Brinks opstel in Ons erfdeel (1976), of bij voorbeeld Jan Deloofs artikel in Septentrion (1994). Beide artikels zijn opgenomen in de DBNL. Er zijn gedichtenselecties in bloemlezingen opgenomen (Dorsman & Van Dis 1998: 105-109, Komrij 1999: 703-710, Scheepers & Van Hulle 2003: 103). In O wye en droewe land. Honderd-en-een gedichten in het Afrikaans zijn de bronteksten voorzien van een Nederlandse vertaling onderaan de bladzijde. Gerrit Komrij becommentarieerde voor een Nederlandstalig lezerspubliek als tiende en laatste gedicht in De Afrikaanse poëzie. 10 gedichten en een lexicon (Bert Bakker, Amsterdam, 1999, pp. 48-52) ‘Die Here het gaskommel’.

Die Here het gaskommel is, als vaak bij Adam Small, een gedicht met veel herhalingen, refreinen, uitroepen. Het leunt aan tegen de uitbundigheid en de losheid van de negro spiritual. Ondanks de zorgvuldige constructie blijft de indruk toch die van een improvisatie. En vooral: het is erg humoristisch. Er werkt haast niets zo aanstekelijk als het sarcasme en de hilariteit van Adam Small. Zijn terloopse humor is het meest onderschatte aspect van zijn poëzie. (Komrij 1999: 51-52)

Komrij nam in De Afrikaanse poëzie in 1000 en enige gedichten in totaal tien gedichten op van Small en plaatste op die manier de schrijver bovenaan de pikorde van de Afrikaanse lyriek. Voorts kan worden gekeken naar onder meer een korte bio- en bibliografie op de website van Poetry International (door Steward van Wyk) met gedichten van Small in Engelse vertaling. Tot het tekstencorpus behoren verder teksten in Afrikaans in De tweede ronde (‘Roxi: Requiem vir ’n mopshondtefie’, Jaargang 16, herfstnummer 1995, pp. 88-91), met vertalingen in het Nederlands. Ikzelf schreef het in memoriam ‘“Met die taal rondom”’ in Poëziekrant (40 (2016) 5, pp. 90-91) en spreek ieder academiejaar, onder meer met een verwijzing naar Adam Small. Denker, digter, dramaturg. ’n Huldiging (J. van der Elst (red.), Protea Boekhuis & Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pretoria, 2007), in Gentse colleges Afrikaanse literatuur over het baanbrekend werk van Small voor de Afrikaanse literatuur.

Hartelijke groet uit Gent.

Yves

Te raadplegen bron:

Viljoen L, 2014. Die rol van Nederland in die transnasionale beweging van enkele Afrikaanse skrywers. Internationale Neerlandistiek, 52(1), 3-26.

Lees ook:

Brief en repliek: Inhoudsopgawe

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top