Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk. Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, waaroor hulle dan op hulle beurt moet antwoord as deel van hul opdragte.
Yves T’Sjoen en Alwyn Roux voor die Herta Mohr-gebou in Leiden
Brief 4
Beste Yves
Die inleidende en teoretiese lesings is agter die blad, en ek sien daarna uit om die gesprekke te begin wat handel oor die beeldvorming van die Suid-Afrikaanse digters in die Lae Lande. Die digters wat eerste aan bod kom, is Elisabeth Eybers (1915–2007), NP Van Wyk Louw (1906–1970) en Ernst van Heerden (1916–1997). Uit die derde aflewering van “brief en repliek” kom ’n algemene blik van die digters se lewe en werk na vore, alhoewel ons met die gevallestudies wegskram van ’n eng fokus op skrywer, teks en genre. Dit gaan by die ondersoek na gevallestudies by die opstel van ’n kontakgeskiedenis spesifiek oor die beeldvorming van die skrywers deur die werk van kultuurbemiddelaars soos akademici, vertalers, resensente, biblioteke en leeskringe. Die navorsingsvrae wat gevra word, is dus hoe die werk van Eybers, Louw en Van Heerden in die Lae Lande versprei is (publikasiegeskiedenis), ontvang is (resepsieondersoek) en geïnterpreteer is (akademiese studies). Hierdie is algemene vertrekpunte en kan namate die navorsing vorder, veel meer konkreet word. Verder is dit noodsaaklik om die kulturele klimaat van die literêre sisteme waarin die bron- en doeltekste funksioneer, te ondersoek, met spesifieke aandag aan transsistemiese dinamieke. Die nodige sosiale, politieke en maatskaplike agtergrond moet verantwoord word om hierdie veranderlikes in te reken by die verspreiding, ontvangs en interpretasie van die tekste. Daarom gaan ek vervolgens die buitelyne skets van die wyse waarop kontakstudies op ’n hipotetiese wyse uitgevoer kan word met verwysing na die drie sentrale figure van die eerste ondersoekskader.
1 Elisabeth Eybers
Die navorsingsvrae wat met verwysing na Elisabeth Eybers gevra kan word, waarop die navorsers kan voortbou, sluit onder andere in:
- Wie was die uitgewers wat Eybers se werk in die Lae Lande en Suid-Afrika uitgegee het? Hoe het hierdie parallelle publikasiegeskiedenis konkreet gestalte gekry?
- Hoe is Eybers se werk in die Lae Lande ontvang gedurende haar Amsterdam-jare (vanaf 1961) in teenstelling met die ontvangs van haar werk in Suid-Afrika gedurende dieselfde periode?
- Is daar ’n verskil in die ontvangs van Eybers se werk in Nederland en België?
- Watter impak het die ontvangs van literêre pryse op haar statuur as digter in die Lae Lande gehad?
- Watter akademiese studies het die lig gesien oor haar werk en watter aspekte is deur navorsers vanuit verskeie literêre sisteme beklemtoon?
- Watter rol het die maatskaplike en politieke klimaat in Suid-Afrika gespeel in die ontvangs van Eybers se werk in die Lae Lande?
- Die laaste vraag sou miskien beter tuishoort in tradisionele literatuurgeskiedenisskrywings, alhoewel dit gereken kan word as ’n grensgebied tussen tradisionele literatuurgeskiedskrywing en ’n transversale kontakgeskiedenis: Hoe word die Lae Lande gerepresenteer in die gedigte van Eybers en op watter wyse word dit met Suid-Afrikaanse uitbeeldings gekontrasteer?
Dit sou nie op hierdie stadium vir my moontlik wees om elkeen van hierdie aspekte noukeurig na te gaan nie, maar dit sou die moeite loon om byvoorbeeld een van die navorsingsvrae van nader te beskou. Dit kan gedoen word met verwysing na bronne wat geraadpleeg is ter uitbouing van die literatuuroorsig. Ek verwys graag na een voorbeeld uit Afstand en verbintenis (1998 [1996) van Ena Jansen. Jansen stel die Nederlands- en Afrikaanstalige resensente van Eybers se poësie gedurende haar Amsterdam-periode teen mekaar in vergelykende wyse op. Hierin kyk sy krities na die beeldvorming van Eybers in Suid-Afrika sowel as in Nederland (en België). Sy stel haar doelstelling soos volg:
Het is mijn bedoeling de lezer ervan te overtuigen dat elementen die te wijten of te danken zijn aan de afstand tussen de culturen, de talen en de buitentalige werkelijkheid van Nederland en Zuid-Afrika, geenszins het contact tussen Elisabeth Eybers en haar lezers hoeven te belemmeren. (Jansen 1998:172)
Interessant is dat Jansen die indertydse Nederlandstalige resensente in ’n positiewer lig as dié van hulle Afrikaanse eweknieë stel. Dit het te make met die feit dat die Nederlandstalige resensente erken het dat hulle nie genoeg kennis van Eybers se Afrikaans beskik nie en daarom meer moet doen om die betekenisnuanses te begryp. Die Afrikaanse resensente, daarenteen, het met hulle basiese kennis van Nederlands dikwels nie besef dat hulle kennis van gesproke Nederlands en die kulturele konteks dikwels onvoldoende is nie. Dit wil sê, daar was selde ’n Afrikaanse resensent gedurende Eybers se Amsterdamse periode wat erken het dat hulle probleme met Eybers se taalgebruik ondervind het, selfs wanneer daar komplekse wisselwerkings tussen Afrikaans en Nederlands in haar poësie is:
Soms klagen Zuid-Afrikaanse critici aanmatigend-puristisch over ‘neerlandismes’ zonder zich af te vragen of deze misschien een rol zouden kunnen spelen in haar poëzie. Omdat ze zichzelf bijna nooit rekenschap geven van een mogelijke motief voor het gebruik en de betekenis van vreemde woorden, laten de critici ook na de aandacht van ‘gewone’ Afrikaanse lezers te vestigen op taalproblemen en een oplossing aan te bieden. Het gevolg is dat Zuid-Afrikaanse poëzielezers sinds 1961 niet voldoende bewust zijn gemaakt van Eybers’ unieke positie en dus niet ‘geschoold’ zijn zoals Nederlandse lezers die al bij voorbaat weten dat Eyberspoëzie een heel specifiek soort leesinspanning van hen zal vergen. (Jansen 1998:173)
Lees gerus verder aan die afdeling getiteld “Opvallende taalverschijnselen in de bundels van Elisabeth Eybers” (Jansen 1998:171–214). Daar word veral ingegaan op aspekte wat die verstaan van Eybers se gedigte meer toeganklik vir beide Afrikaans- en Nederlandstalige lesers sal maak. Hierin kan Jansen gesien word as ’n bemiddelaar tussen die Afrikaans- en Nederlandstalige leesgroepe en sy beskik oor genoegsame kennis van albei literêre sisteme om Eybers se werk voldoende vir die uiteenlopende lesers oop te maak.
Interessant is om te sien dat Jansen se oorspronklike Afrikaanse weergawe van haar boek Afstand en verbintenis (1996) deur Riet de Jong-Goossens in Nederlands vertaal is, met gelyknamige titel (1998). Hierdie is dan ook die kopie wat gratis op DBNL beskikbaar is. Hierdie wisselwerking tussen Jansen en De Jong-Goossens maak eweneens die venster op ’n verdere kontakgeskiedenis oop, dit is, tussen die skrywer en die vertaler van ‘n akademiese werk wat oorspronklik in Afrikaans geskryf en vir ’n Nederlandstalige gehoor aangeboek word. Ook is dit interessant dat soveel digitale bronne en argiefmateriaal in Afrikaans op DBNL opgeneem word. Hierdie digitale bron is een van die argiewe wat van onskatbare waarde is vir die instandhouding en bewaring van kennis. Dit is belangrik dat daar vir die doeleindes van gevallestudies in die kader van die opstel van ’n kontakgeskiedenis meer navorsing in argiewe gedoen word. Dit sou die moeite loon om ’n aantal spesiale versamelings as aanvullende dokument saam te stel en beskikbaar te stel.
Nog ’n belangrike aspek van Afstand en verbintenis is die uitgesoekte bibliografie wat (onder andere) ’n oorsig gee van die Suid-Afrikaanse resensies van die Amsterdamse bundels, asook die Nederlandse resensies van die Amsterdamse enkelbundels. Sou mens een bundel as voorbeeld uitsonder, byvoorbeeld Rymdwang (1987), sien ons die volgende:
Suid-Afrikaanse resensies van de Amsterdamse bundels |
Nederlandse resensies van de Amsterdamse enkelbundels |
Rymdwang (1987)
BRINK, André P. Beleë wysheid van die winter by Eybers. Rapport, 25-10-87. HAMBIDGE, Joan. Vernietigende mag van poësie, maar ook verlossende funksie. Die Vaderland, 28-9-87. HUGO, Daniel. Eybers steeds fyn stilis. Insig, datum onbekend. HUGO, Daniel. Poësie oor verganklikheid. Die Volksblad, 24-10-87. NAUDÈ, Charl-Pierre. Eybers' charm remains, but her vision blurs. Weekly Mail, 15/21-4-88. NIENABER-LUITINGH, M. Eybers het min woorde nodig. Beeld, 12-10-87. SPIES, Lina. Eybers se jongste – deur die lewe gedwing. Die Burger, 22-10-87. TOERIEN, Barend J. Rymdwang. World Literature Today, Somer 1988. VAN ZYL, Ia. Rymdwang. Die Suidwester, 30-6-88.
|
Rymdwang (1987)
ANONIEM. De “rymdwang” voorbij. Reformatorisch Dagblad, 18-12-87. BOGAARD, Ton. Voorzichtig loflied op de ouderdom. Brabants Dagblad, 1-3-88. BOGERS, Koen. De mijmeringen van Elisabeth Eybers. Poëziekrant, 12(3), mei-juni 1988. BOUWERS, Lenze L. Die ouderdom is nie noodwendig saai. Nederlands Dagblad, 14-5-88. DAMSTÉ, Willem S. Rymdwang. Bron en publikatiedatum onbekend. ESTER, H. Nieuwe gedichten van Elisabeth Eybers. Zuid-Afrika, jan 1988. ESTER, Hans. Overrompeld door de tijd. Trouw, 28-1-88. KUBY, Christiane. Het late werk van Elisabeth Eybers. Surplus, sept/okt 1988. MATTHIJSSE, André. “Veel lied'ren zijn gezongen”. Haagsche Courant, 4-12-87. OTTEN, Willem Jan. De onverzoenlijke liefde. NRC Handelsblad, 13-3-87. OTTEN, Willem Jan. Een broeikas vir geluk. NRC Handelsblad, 11-12-87. Ook afgedrukt in Een Jaar Boek. Overzicht van de Nederlandse en Vlaamse literatuur. 1988. Amsterdam: Aramith Uitgeverij; Antwerpen: Dedalus. QUERIDO. Rymdwang. Uitgeversaankondiging. Najaar 1987. VAN DEEL, T. Rymdwang. Prisma-Lectuurvoorlichting, 87-4163. ZEEMAN, Michaël. Exotische directheid. Leeuwarder Courant, 12-8-88. |
Om vergelykend te besin oor die resensies wat verskyn het, moet die navorser toegang hê tot die resensies wat verskyn het. Die vraag wat studente as jong navorsers stel, is waar mens toegang tot hierdie resensies kan verkry. Universiteitsbiblioteke is intekenare op groot databasisse soos SA Media (News Clippings) in Suid-Afrika en Literom in die Lae Lande. Dit sal ook die moeite loon om om hulp aan te klop by die National Afrikaans Literary Museum (NALN) om toegang tot die resensies van Afrikaanse skrywers te verkry.
Hierdie is ’n enkele aspek wat as gevallestudie voorgehou kan word in die resepsie van Eybers se werk in ’n transsistemiese en interlinguistiese konteks. Ons het ingegaan op slegs ’n klein deel daarvan, en die uitvoering daarvan is slegs verwysend. Dit is nodig dat die ondersoeker aangemoedig word om kreatiewe ondersoeksvrae te vra wat insig verskaf in die totstandkoming van beeldvorming van die outeur. Vertrekpunte moet opgevolg word deur indringende navorsing om die funksionering van die sisteem in kaart te bring. ’n Goeie manier om dit te doen, is om telkens vrae te vra wat uit die leeswerk voortspruit en dit so noukeurig as moontlik te probeer beantwoord.
Vervolgens kyk ons na FIJ van Rensburg se artkel “Van Wyk Louw en die Nederlande”, wat in Stilet (2009:147–59) verskyn het.
2 NP Van Wyk Louw
Louw word bestempel as Afrikaans se grootste digter, aldus Karel Schoeman in sy boek Die lewe van die digter (1986). Maar hoe het hierdie beeldvorming tot stand gekom en wie het hierdie beeld van Louw na die buiteland geneem?
In FIJ van Rensburg se artikel getiteld “Van Wyk Louw en die Nederlande” (2009:147–59) is dit veral sy bespreking van drie kultuurbemiddelaars wat voorop staan. Die eerste is die literator HA (Henk) Mulder, ’n Nederlander wat om gesondheidsredes na Suid-Afrika gekom het. Volgens Van Rensburg (2009:149–50) is dit deur Mulder se toedoen dat die nuwe generasie digters (die Dertigers) aan Nederland bekendgestel is. Mulder het dosent aan Rhodes Universiteit in die Oos-Kaap geword, maar is in 1949 oorlede. JC Kannemeyer het later die mening uitgespreek dat Mulder een van die fynste lesers van die poësie van Dertig was (Terblanche 2016).
Van Rensburg noem ook twee ander literatore uit die Nederlande wat hulle in Suid-Afrika kom vestig het en wat ’n belangrike rol in die beeldvorming van Louw in die Lae Lande gespeel het, naamlik die Vlaming Rob Antonissen en die Nederlander Jan Greshoff. As eerstejaarstudent het ek my eerste blik op Nederlandse poësie gehad weens Antonissen se bloemlesing getiteld Digkuns van die Nederlande (1100–1970) Deel 1 en Deel 2. Sy belangrikste bydrae was egter die geskiedenis van die Afrikaanse literatuur, getiteld Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Dit het die eerste maal in 1955 verskyn, en die laaste bywerking was in 1973. Antonissen was ’n figuur wat Suid-Afrikaanse, Vlaamse en Nederlandse literêre sisteme besonder goed geken het. Om sy nalatenskap te bestudeer sou heelwat vrug oplewer, veral dan ook met betrekking tot Louw se beeldvorming in die Lae Lande. Van Rensburg (2009:150) haal Antonissen soos volg aan oor Louw se digkuns:
Bij hem [Van Wyk Louw] is de primitieve Boerentaal van weleer voor de eerste maal geworden: een koninkliijk instrument, geschikt tot het vertolken van subtielste zegging en hymnische vervoering, van kracht en teederheid, van drift en bezinning, gesmeed tot verwoording van direktste soberste plastiek en geweldigste, fantastische visioenen, en tot het verkondigen van een boodschap die draagt over de grenzen van ruimte en tijd. (Antonissen 1946:301)
Jan Greshoff, wat hom enkele jare voor die Tweede Wêreldoorlog in Suid-Afrika kom hervestig het, was eweneens ’n voorspraakmaker vir Louw in Nederland. Voordat Louw na Amsterdam is om die leerstoel aan die Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam te beklee, het Greshoff die volgende oor Louw geskryf, aldus Van Rensburg (2009:151):
Met die oog op oningeligte en skepties-ingestelde Afrikaanssprekendes (en daar was baie) het hy in ’n artikel in Die Huisgenoot, “Prof dr NP van Wyk Louw se vertrek na Nederland” (17 Februarie 1950) aan die vooraand van Louw se vertrek gesê: “Die kenners van die poësie [en sy bedoeling was: in sowel Suid-Afrika as die Nederlande – FIJvR] erken in Van Wyk Louw ’n meester wie se betekenis die grense van die Unie ver oorskry – een van die allergrootste, indien nie dié grootste lewende digter van die Nederlandse taalgebied nie.” (Greshoff, 1966:50)
Daar was gewis ’n vriendskapsband tussen Louw en Greshoff, en Van Rensburg (2009:150) skryf ook oor die wyse waarop hulle mekaar intellektueel uitgedaag het:
Greshoff was veral ’n prikkelende dialoogmakker vir Louw. Hy was ’n gedugte opponent in sake waaroor hulle fundamenteel verskil het. Sy voorkeur was vir subjektiwiteit in literêre sake, veral in die kritiek; Louw vir objektiwiteit. Hulle het mekaar in die proses geslyp.
Wat vriendskapsbande aanbetref, noem Van Rensburg (2009:155) die naam van die Vlaming Karel Jonckheere.
Dit sou die moeite loon om elkeen van hierdie figure nader te bestudeer. Die vondste daarvan is byvoorbeeld om ’n tesis soos dié van Annemiek Recourt op te spoor. Recourt het haar PhD-studie onder leiding van Ena Jansen en Thomas Vaessens aan die Universiteit van Amsterdam oor Jan Greshoff gedoen. Die titel van die nagenoeg 900-bladsy-tesis heet “Moralist van de ontrouw: Jan Greshoff (1888-1971)”.
’n Aantal navorsingsvrae uit bostaande, en ander onvermelde aspekte van Louw se groot nalatenskap, kan soos volg uiteengesit en na goeddunke aangevul word:
- Dit sou die moeite loon om Louw te bestudeer deur die kulturele klimaat van die literêre sisteme waarin hy gefunksioneer het, met spesifieke verwysing na bemiddelaars soos Mulder, Antonissen, Greshoff en Jonckheere.
- Dit is belangrik om te ondersoek watter publikasies Louw in die Nederlande bekendgestel het, soos Elize Botha en AP Grové se keur uit sy gedigte (1960), en hoe hierdie publikasies ontvang is.
- Louw is dikwels beskryf as die grootste digter in Afrikaans én in die breër Dietse taalgebied. Hoe is hierdie aanspraak buite Suid-Afrika ontvang?
- In hoeverre het Louw akademiese aandag in die Nederlande geniet, en watter aspekte van sy werk is ondersoek?
- Hoe maak Louw gebruik van Nederlandstalige digters se werk in sy eie poësie deur intertekstuele verwysings?
- Op watter maniere het Louw die Nederlande in sy poësie gerepresenteer?
Hierdie navorsingsvrae kan as basis dien vir gevallestudies en ’n meer gestruktureerde ondersoek na Louw se interaksie met die Nederlande.
3 Ernst van Heerden-versameling, Poëziecentrum Gent
Van bogenoemde twee figure, Eybers en Louw, het ons twee uiteenlopende kontakgeskiedenisse. Nou kom ons by die Ernst van Heerden-versameling by die Poëziecentrum in Gent, wat eweneens ’n ander wyse van literêre bemiddeling vooropstel. Wannie Carstens se artikel getiteld “De Ernst van Heerden Collectie: ontstaan en context” (2020) gee ’n voëlvlugblik op die wyse waarop die versameling ontstaan het. Dit wys daarop dat in 2020 die versameling bykans 1 600 Afrikaanse bundels, bloemlesings en kritiese werke gehuisves het. Die aanvanklike versameling van Ernst van Heerden, is aanvanklik in 1998 deur die bemiddeling van Lucas Malan aan die Poëziecentrum in Gent oorhandig. Hierin het die Afrikaanse poësie ’n plek in Vlaandere gekry, wat soortgelyk aan die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam deur Nederlandstalige studente gebruik kan word vir studies, byvoorbeeld verhandelinge, proefskrifte en akademiese artikels. Eweneens versterk dit die bande tussen Afrikaans- en Nederlandstalige poësie en word dit ’n ontmoetingsplek vir digters van Suid-Afrika om kontak met ’n internasionale gehoor op te bou.
’n Rolspeler wat belangrik was in hierdie bemiddeling, was Johann Lodewyk Marais, wat aanvanklik die behoefte aan die versameling uitgespreek het. Daar is ook Anton Basson en Dorothea van Zyl, wat waardevolle werk verrig in die koördinering en versending van nuwe werk vir die versameling, sowel as Vlaamse instellings en individue, byvoorbeeld Willy Tibergien (Poëziecentrum se direkteur), Carl de Strycker (opvolger) en Marleen Couteur (organisatoriese skakel in Gent). Institusionele bemiddeling is ook belangrik, en dit is onder andere deur die PUK-Kanselierstrust, Protea Boekhuis en NB Uitgewers in stand gehou. Onlangs het die ATKV ’n belangrike borg vir die versameling geword. By die Poëziecentrum is dit veral ’n figuur soos Stefaans Goossens wat ’n groot rol speel in die instandhouding en uitbouing van die versameling. Gedurende die 25ste gedenkjaar (2023) het Samespraak juis met hom, Yves T’Sjoen en Wannie Carstens in gesprek getree oor die funksie van die Van Heerden-versameling in die Lae Lande.
Van Heerden het ook gedigte oor Vlaandere geskryf, waaronder die volgende uit Reisiger (1953):
Vlaandere
vir M en L de B
Ek sien die bloeisels aan die kerselaar,
die boorde waswit, en die herte dragtig,
en voel my enkel arm en onmagtig
om sap uit hierdie aarde te vergaar.
Ek hoor ou klokke langs die stil kanaal
en skuitgeloei by brug en waterstroke,
en voel my huiwerend en my stem gebroke,
onwaardig om dié toonklank te herhaal.
Hoe kon ek wanhoop? Want ons ingetoë smart
of vreug voltrek hom ongemerk en beide
in jou Belforts, vlasland, nuwe heide,
die boereplaas en suikerbosse van my hart!
Interessante navorsingsvrae wat gevra kan word by die ondersoek van versamelings soos hierdie, sluit in:
- Hoe het die Ernst van Heerden-versameling se stigting en ontwikkeling bygedra tot die verspreiding en akademiese studie van Afrikaanse poësie in die Lae Lande?
- Watter rol het individuele bemiddelaars soos Lucas Malan, Johann Lodewyk Marais, Anton Basson en Dorothea van Zyl gespeel in die vestiging en uitbreiding van die versameling?
- Hoe verskil die funksie van die Ernst van Heerden-versameling van dié van ander literêre versamelings soos dié by die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam?
- Op watter maniere het die versameling die akademiese bestudering van Afrikaanse poësie in Vlaandere beïnvloed, byvoorbeeld deur die gebruik daarvan in proefskrifte en akademiese artikels?
- Watter institusionele netwerke (soos die PUK-Kanselierstrust, Protea Boekhuis, NB Uitgewers en ATKV) het ’n bepalende rol gespeel in die instandhouding en uitbreiding van die versameling?
- Hoe word die versameling tans deur Nederlandstalige studente en navorsers benut, en watter akademiese werke het direk daaruit voortgevloei?
In die teoretiese lesing, waarin ons die vertrekpunte vir die opstel van kontakgeskiedenis met die studente bespreek het, het een van die studente gevra of hierdie nie ’n onbegonne taak is nie. Dit wil inderdaad voorkom asof daar ’n onuitputlike aantal ondersoeksmoontlikhede is. Daarom is die fokus nie op ’n enkele persoon soos ’n Kannemeyer om te probeer om op sy eie die hele literatuurgeskiedenis op te stel nie. Dit gaan hier oor spanwerk om gevallestudies te identifiseer en uit te voer sodat daar sodoende ’n groter raamwerk uit die verf sal kom wat kan dien as kaart vir die opstel van ’n transversale en interlinguale kontakgeskiedenis tussen Afrikaans en Nederlands.
Met vriendelike groete uit Amsterdam,
Alwyn
Bibliografie
Antonissen, R. 1980. Digkuns van die Nederlande. Deel 1 en Deel 2. Johannesburg: Universiteits-Uitgewers.
Carstens, W. 2020. De Ernst van Heerden Collectie: ontstaan en context. https://www.poeziecentrum.be/de-ernst-van-heerden-collectie-ontstaan-en-context (19 Februarie 2025 geraadpleeg).
Jansen, E. 1998. Afstand en verbintenis: Elisabeth Eybers in Amsterdam. https://www.dbnl.org/tekst/jans016afst01_01 (18 Februarie 2025 geraadpleeg).
Marais, JL. 2010. Die Ernst van Heerden-versameling, Gent. https://versindaba.co.za/2010/08/23/die-ernst-van-heerden-versameling-gent (19 Februarie 2025 geraadpleeg).
Recourt, JW. 2018. Moralist van de ontrouw: Jan Greshoff (1888{1971). Tesis, intern, Universiteit van Amsterdam.
Schoeman, K. 1986. Die wêreld van die digter. Kaapstad: Human & Rousseau.
Terblanche, E. 2016. Rob Antonissen (1919–1972). LitNet, 4 Augustus. https://www.litnet.co.za/rob-antonissen-1919-1972 (19 Februarie 2025 geraadpleeg).
Van Heerden, E. 1953. Reisiger. Johannesburg: Balkema.
Van Rensburg, FIJ. 2009. Van Wyk Louw en die Nederlande. Stilet, 21(2):1–20. https://journals.co.za/doi/epdf/10.10520/EJC109918 (18 Februarie 2025 geraadpleeg).
Repliek op brief 4
Beste Alwyn
Primaire en secundaire literaire bronnen, zoals auteursteksten en receptieteksten, behoren tot het basismateriaal voor een literatuurgeschiedenis over contacten tussen taal- en cultuurgebieden. Datzelfde geldt natuurlijk voor literatuuroverzichten met specifieke aandacht voor een nationaal circuit en/of een taalregio. Doorgaans zijn auteurs, teksten en genres centraal gesteld. In een contactgeschiedenis ligt de nadruk niet uitsluitend op auteurs of teksten. De sleutelfiguren zijn de culturele bemiddelaars (actoren en instanties) die het taalgrensoverschrijdend literair verkeer faciliteren en organiseren. Een literatuurgeschiedenis is, zeker in transsystemisch en interlinguïstisch perspectief, ook altijd een transnationale receptiegeschiedenis. In een studie van culturele cross-overs en transversale relaties tussen talen en culturen is receptieonderzoek van fundamenteel belang. Zo kunnen de kritische ontvangst van literatuur en het functioneren van literatuur in de brontaal en de doeltaal vergelijkend worden geanalyseerd. Het onderzoek van receptieteksten is niet uitsluitend gericht op het repertoire van de criticus of de esthetische maatstaven die worden gebruikt. Poëticaal-esthetisch onderzoek van de kritische receptie wordt aangevuld met onderzoek naar literaire cultuur, bij voorbeeld tradities, verwachtingen, de verwevenheid van buitenlandse literatuur in het gesprek over literatuur in een taal. Literair-institutioneel onderzoek heeft vanzelfsprekend ook zijn belang: in welke media is bericht over buitenlandse literatuur, aan de hand van welke strategieën hebben uitgeverijen zich geprofileerd in een taalgebied, bij voorbeeld met een fonds dat aandacht besteedt aan anderstalige teksten? Hoe zijn vertalingenrubrieken van literaire tijdschriften geredigeerd, welke vertaalrecensenten zijn actief? Hoe zijn schrijver en tekst in de markt gezet, welke is de rol van de productieve receptie van literatuur (d.w.z. vertaling) naast de kritische receptie, etc. Hans Robert Jauss, een van de grondleggers van de receptiestudie met het standaardwerk Literaturgeschichte als Provokation (1970), stelde het lezersgerichte standpunt centraal in zijn benadering van (ontwikkelingen in) een literatuur.
Het startpunt van het comparatief letterkundig onderzoek is kortom de heuristiek: de speurtocht naar bronnenmateriaal. Vervolgens kunnen onderzoeksvragen worden geformuleerd, in voorliggend onderzoeksproject meer in het bijzonder over de rol van mediatoren in processen van cultuurtransmissie van teksten, over mechanismen en handelingen die ten grondslag liggen aan interculturele interactie en bij uitbreiding canoniseringsprocessen in literaire culturen. Dat wil zeggen: in welke mate hebben anderstalige literatuur en debatten over literatuur in het buitenland het intralinguïstisch literair gesprek mee bepaald. Navorsingsvragen betreffen in het algemeen internationale receptiepatronen en processen van beeldvorming.
Per casus kunnen particuliere onderzoeksvragen worden gesteld van poëticale, literair-institutionele, imagologische of vertaalwetenschappelijke aard. Ieder verhaal over internationale schrijversloopbanen en teksttrajecten in transnationaal verband is verschillend en moet dus afzonderlijk worden beschreven. De casussen die hier zijn aangestipt – Eybers, Louw en Van Heerden – leveren even complexe als interessante verhalen op over toetreding tot een anderstalig cultuurgebied, over vertaling en receptie in het buitenland, over presentie in een anderstalige literatuur in de oorspronkelijke taal (Afrikaanstalige poëzie van Eybers en Louw in Nederland), over de bemiddeling van diverse actoren en instanties zoals bloemlezers en vertalers, uitgevers en redacteurs, critici en lezers, collega-schrijvers (internationale netwerken), academici en boekhandelaars, zelfs over de organisatie van literaire infrastructuur.
In deze repliek stel ik niet zozeer onderzoeksvragen – die komen immers al voor in jouw brief – maar ik stip mogelijkheden aan voor vergelijkende studie. Hieronder lever ik niet meer dan een paar verkennende beschouwingen op basis van bibliografisch onderzoek. Het uitgangspunt is een vraag: welke aspecten van het transnationale verkeer in een contactgeschiedenis verdienen specifiek aandacht? Over Eybers, Van Heerden en Louw op de brug tussen Afrikaans en Nederlands kunnen uiteenlopende verhalen worden geconcipieerd. Hier ligt de nadruk op hun respectieve toetreding tot het Nederlandse taalgebied. Het spreekt voor zich dat deze aanzetten diepgaander moeten worden geanalyseerd en velerlei contextuele factoren onze aandacht moeten krijgen. Tegelijk belichten mijn voorstellen alleen deelaspecten van de wisselwerking – in dit geval uitsluitend de richting van Afrikaans naar Nederlands – in “de talige en cultureel-etnische complexiteit” van twee verschillende taalgebieden en/of nationale circuits (in de terminologie van Linda Hutcheon). Wat ik presenteer zijn dus mogelijke onderzoekslijnen, door mij voor een deel al elders geformuleerd maar niet systematisch uitgewerkt. Hier worden openingen gecreëerd voor transnationaal, transversaal en vergelijkend letterkundig onderzoek. De bevindingen leveren vervolgens basismateriaal op voor het schrijven van die fameuze literaire contactgeschiedenis. Casuïstiek biedt de grondstof voor een breder opgevat letterkundig panorama.
1 Elisabeth Eybers
De poëzie van Eybers is geïntroduceerd in Nederland door bemiddeling van uitgeverij GA Van Oorschot (Amsterdam). Nog voor de auteur emigreerde naar Amsterdam in 1961, is een anthologiebundel uitgegeven. In de Vignettenreeks van Van Oorschot verscheen in 1957 Versamelde gedigte (1957) van Eybers en een jaar later de dichtbundel Neerslag (1958). In dezelfde boekenreeks zijn anthologiebundels uitgegeven van de Zuid-Afrikaanse schrijvers N.P. van Wyk Louw (1960, samenstelling Elize Botha en A.P. Grové, woordverklaring Truida Lijphart-Bezuidenhout) en Dirk Opperman (1960, samenstelling Merwe Scholtz, met Afrikaans-Nederlandse woordverklaringen). In zijn functie van hoogleraar in Amsterdam, kortstondig ambtsbekleder van de Leerstoel Zuid-Afrika: letterkunde, cultuur en geschiedenis, heeft Merwe Scholtz gewerkt aan die bloemlezing uit de poëzie van DJ Opperman. Gert Jan de Vries (1994: 170), die onderzoek deed naar de uitgeverijgeschiedenis, verwijst naar de aanwezigheid van deze Zuid-Afrikaanse dichters in het fonds Van Oorschot:
Tenslotte [sic] waren er drie Afrikaanse dichters die in eigen land hoog aangeschreven stonden. Op aanraden van Joop Klant (die korte tijd later redacteur en redactie-secretaris van Tirade zou worden) las Van Oorschot poëzie van Eybers en korte tijd later verzocht hij haar om een bloemlezing. Door de kritiek werd Eybers onmiddellijk op een rij met of zelfs boven Vasalis geplaatst […]. Over de andere Afrikanen (Van Wyk Louw en Opperman) waren de critici en het boekenkopende publiek nogal lauw. Het laat zich raden dat Van Oorschot hun werken uitgaf nadat Eybers een succes was gebleken, in de hoop dat hij met Zuid-Afrika een bron van hoogwaardige, goedverkopende poëzie had aangeboord.
Door een verwijdering met Geert van Oorschot verliet Eybers later de uitgeverij (1994: 173) en ruilde Van Oorschot in voor Querido. Aan de “Zuid-Afrikaanse Vasalis” en de professionele en ook amoureuze verhouding van Elisabeth Eybers met Geert van Oorschot heeft Arjen Fortuin (2015: 300-310) een hoofdstuk gewijd in de biografie.
Vanzelfsprekend kan die toetreding van Eybers tot de Nederlandse literatuur aan een grondig onderzoek worden onderworpen. Uiteindelijk ontvangt zij in 1978 de Constantijn Huygensprijs en in 1991 de PC Hooftprijs. Op dat ogenblik werd zij al beschouwd als deel van de literatuur in Nederland.
Wat daarnaast kan worden onderzocht is het functioneren van Eybers’ poëzie in het werk van Nederlandse critici en collega-schrijvers. Er zou speurwerk kunnen worden verricht naar de aanwezigheid van haar werk in het tijdschrift Tirade (zie Ena Jansen), maar dus ook naar de aanwezigheid in het essayistisch proza van schrijvers, zoals Anneke Brassinga en Willem Jan Otten. In het boek waaraan ik thans werk, Twee overzijden. Kronieken en tweespraken (2025), neem ik een artikel op over Anneke Brassinga’s lezing van een gedicht van Eybers.
Grondstoffen (2015) van de Nederlandse dichter, prozaïst en vertaler Anneke Brassinga bevat toespraken, vertalingen, columns en essays. De boektitel verwijst naar de derde en laatste afdeling met mini-essays over poëzie. De verzamelde teksten bieden inzage in Brassinga’s expliciete poëtica. Als essayerend dichter schrijft zij indringend over taal- en poëzieopvattingen. Wat Grondstoffen verder bijzonder rijk maakt, zijn de vertaalde teksten van Walter Benjamin, Johann Peer Hebel, Karl Philipp Moritz en Saint Simon alsook de beschouwingen over Goethe, Jean-Jacques Rousseau en Jean Paul. Overigens neemt Brassinga in dichtbundels poëzie van buitenlandse schrijvers op die door haar is vertaald. De auteur spreekt bevlogen over de kracht van taal – taal als grondstof – en wat voor haar poëzie betekent.
In de context van een contactgeschiedenis van Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur is het relevant op te merken dat een essay over Eybers is opgenomen in Grondstoffen. Er is wel meer aandacht voor Eybers in het werk van hedendaagse Nederlandse auteurs. Willem Jan Otten bij voorbeeld publiceerde de beschouwende bundel Wil je mij poëzie leren? (2022). Het opstel met de titel ‘Een gedicht vinden’ (pp. 12-13) begint met een herinnering aan Ottens bezoek aan Poetry International. Hij memoreert onder meer de editie van 1971, meer specifiek de voordracht van Breytenbach.
Ze hebben me een paar jaar geleden gevraagd om me één gedicht te herinneren van de vele honderden die ik op de Poetry Internationals van m’n leven heb gehoord (de eerste keer was in 1970 of 1971, ik was achttien of negentien, mij staan Yannis Ritsos en Breyten Breytenbach bij, de eerste met een gedicht waarin een moeder van haar naakte zoon, een ter dood veroordeelde Griekse verzetsman, ziet dat hij stevige ballen heeft, als in kloten; van de tweede herinner ik me de gouden Shakespeare-ring in een oor), enfin, van al die in het geheugen gewaaide dichters en gedichten drong zich ogenblikkelijk één gedichtje over poolnacht op IJsland aan me op, godweetwaarom.
In Tirade publiceerde Willem Jan Otten (1990) samen met Tomas Lieske een zeldzaam interview met Elisabeth Eybers (‘Liefde herken je aan het afscheid’). Ter gelegenheid van het overlijden van Eybers op 1 december 2007 publiceerde hij in hetzelfde blad een in memoriam-gedicht.
Elisabeth Eybers is weg.
Heeft het werkwoordvervoegende Noorden
verlaten – waar ze eens is beland,
maar nooit grondig gearriveerd.
Ontheemde Penelope liefdes verklarend
door ‘s avonds het kleed uit te halen,
specialist in het schromelijke missen, hagedis
die haar staartpunten bundelde, regel
na regel ontviel haar een schel –
Elisabeth Eybers is weg.
Weer is zij een evenaar over en nu
naar het halfrond waar de ene verlossende
spreker van die essensiële taal altijd al verbleef.
Gaan weg, was het eerste wat men daar hoorde,
Gaan weg, dat ek van jou kan skryf.
Johan Sonnenschein (2012) verrichtte onderzoek naar Ottens particuliere lezing van het werk van Eybers.
Terug naar Grondstoffen. In de openingsafdeling ‘Antipasti’ reflecteert Brassinga kernachtig over twee gedichten van Eybers, respectievelijk ‘Herinnering’ (Die vrou en ander verse, 1945) en ‘Eerste sneeu’ (Rymdwang, 1987). De titel boven het stukje is de verbindingsstreep tussen beide teksten, namelijk wat de gedichten gescheiden door bijna een halve eeuw volgens Brassinga op elkaar betrekt: ‘Saggies’ (pp. 20-22). In beide gedichten duikt het woord “saggies” op. De lezer Brassinga krijgt naar eigen zeggen “een brok in de keel” wanneer zij Eybers’ gedichten in zich opneemt. Brassinga gewaagt van een “grote spanning tussen twee werelden”, die vóór en achter het kind. De “spanningswereld” ervaart de auteur als “iets aangrijpends, als een drama zonder specifieke inhoud, louter bestaand uit suggestieve aanduidingen, in toom gehouden door de versvorm en het rijm” (over ‘Herinnering’). Ook in ‘Eerste sneeu’ “is er een dynamische spanning of een paradox”. Precies die spanningsboog grijpt Brassinga zoals gezegd aan, om dan te besluiten: “Als een dichter het zover brengt, als de tegenspraak binnen het gedicht zowel spanning als verzoening in het leven roept, is het voor de lezer tijd om stil te worden van ontroering en ontzag”. Brassinga’s lezing van beide gedichten is voorgepubliceerd in Tirade (422, 2008), samen met de primaire bronnen van Eybers.
Aansluitend bij deze bespiegeling ook nog dit. Er zijn zoals vermeld wel meer Nederlandse literaire schrijvers die over Eybers’ poëzie bespiegelingen hebben neergeschreven in bundels met metapoëtische beschouwingen. Grondstoffen kan als een poëticaal manifest worden gezien met het idiosyncratische beeld dat Brassinga van de eigen (ver)taal- en literatuuropvattingen construeert. Ena Jansen besteedt in Afstand en verbintenis. Elisabeth Eybers in Amsterdam (1998) ruime aandacht aan Eybers in de Nederlandse literatuur. Aan de manier waarop Nederlandstalige dichters de poëzie van Elisabeth Eybers hebben gelezen, is een uitgebreidere reeks op te zetten, gaande van Gerrit Komrij, Adriaan Morriën en Tom van Deel tot onder anderen Tomas Lieske, Willem Jan Otten, Nachoem Wijnberg en in Vlaanderen Herman de Coninck. Zo is bekend dat De Coninck Eybers wilde interviewen voor het Nieuw Wereldtijdschrift, maar dat ondanks een vleiende uitnodigingsbrief dat plan finaal niet is doorgegaan. Eybers ging niet in op de uitnodiging. In Tirade uitte Otten meermaals zijn bewondering voor de Zuid-Afrikaanse dichter. Een aantal besprekingen is terug te vinden in de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse Letteren. Tot het tekstcorpus van dichters-critici behoort dus ook de beschouwing over ‘Saggies’ door Anneke Brassinga. Wijnbergs gedicht staat in Namen noemen (2022):
Ik woon in de Dorpsstraat in het dorp,
waarin ook Hans Faverey woonde en Elisabeth Eybers,
en Faverey had ik kunnen zien winkelen en ook Elisabeth Eybers
die regels heeft zoals ‘Nog nooit só ver van mijn aanvang geweest.’
en ik denk, elke dag hier ben ik zo ver van het begin als ik ooit was
of bedoelt zij ook hier zo ver van wat zij nog weet hoe het was
dat zij met rust gelaten wordt?
Behalve het heuristische gegeven – het essay over Eybers in Grondstoffen – kan in de studie verder aandacht gaan naar de vertalerspoëtica van Brassinga en hoe zij schrijft over Eybers’ gedicht. Brassinga deelt op gracieuze en genereuze wijze met haar lezer een visie op wat zij “een goed gedicht” noemt, waarin de niet inwisselbare vorm een uitdrukking is van de inhoud (“waarin de poëtische vorm zijn eigen inhoud met zich meebrengt”, in: ‘Viooltje in smeltkroes’, p. 114), en op de literaire vertaling. Vertalingen zijn uitdagender dan het scheppen van het gedicht, zo stelt zij. Een vertaling veronderstelt affiniteit met de elasticiteit van taal: ze verrijkt immers een taal. In het stukje ‘Caruleren piroten?’ (in de slotafdeling) beschrijft Brassinga haar keuze voor het vertalerschap: “Om woorden, zinnen, tekstgehelen en wolken van evocatie ambachtelijk aan te vatten als werkmateriaal en intussen te blijven speuren – via de werkelijkheden van innerlijke en uiterlijke werelden zoals neergelegd in literaire teksten – naar een wie weet ooit te traceren samenhang der menselijke beslommeringen” (p. 146). Laat dit nu net zijn wat de schrijfster aanstipt in haar lectuur van Eybers’ gedichten en waarover ik het hier heb: de spanning tussen twee werelden, met uiteindelijk de verzoening of osmose, tussen “werkelijkheden van innerlijke en uiterlijke werelden”. Zij stelt verder dat “voor een vertaler [het taalmateriaal] wonderlijk genoeg […] even onuitputtelijk als, stel ik me voor, het schaakmateriaal voor de schaker [bleek], want in zijn abstractie is taal een universeel en dus samenbindend fenomeen, helaas op een niveau dat de mens als mens nog niet heeft bereikt” (p. 147).
Taal is voor de schrijver “als iedere rechtgeaarde grondstof […] een immateriële substantie waarin het vermogen huist tot metamorfose, van alles in alles, zo ongeveer. De ingrediënten zijn betrekkelijk simpel: grammatica, syntaxis, vocabulaire, en een eindeloze, tot in de finesses betekenisdragende variabiliteit. Daarmee is, net zoals met de eerste bouwstenen van het leven in de natuur, alles mogelijk wat er tot op heden aan zowel levensvormen als formuleringen bestaan heeft en bestaat” (p. 139).
Brassinga bezint zich over taal als voedingsbodem, als “rechtgeaarde grondstof”. Voor de dichter bevat wel degelijk de taal zelf (als “immateriële substantie”) een “vermogen tot metamorfose”. Soortgelijke diepzinnige en meer specifiek taalfilosofische gedachten vullen samen met metapoëtische uitspraken de bonte verzameling Grondstoffen. Het boek bevat inzichtelijke teksten die rond het concept van talige “grondstof” zijn geschreven. Dat ook Elisabeth Eybers in het literaire panopticum of spiegelpaleis van Brassinga is opgenomen – Brassinga als een van de meest gelauwerde hedendaagse dichters in het Nederlandse taalgebied, met onder meer de Martinus Nijhoff Vertaalprijs, de Constantijn Huygensprijs en de PC Hooftprijs bekroond – is toch wel opmerkelijk te noemen.
2 NP van Wyk Louw
Over N.P. van Wyk Louw schreef ik eerder met betrekking tot de Vlaamse literatuur. Zo belichtte ik de vriendschap met Karel Jonckheere en het redacteurschap van het Zuid-Afrikaanse periodiek Standpunte (zie ook Louise Viljoen). Op Versindaba tekende ik op: “Toen de ambtenaar Jonckheere op 31 maart 1948 vanuit Antwerpen naar het zuiden trok, met het schip de Mar del Plata van de Compagnie Maritime Belge eerst naar Kongo en later naar Zuid-Afrika, stond de dienstreis in het teken van de verspreiding en bekendmaking van de literatuur uit Vlaanderen. Hijzelf heeft daar uitvoerig over bericht, onder meer in een reisdagboek dat in feuilletons in Het Laatste Nieuws is verschenen, later gebundeld in Kongo zonder buks of boy (1957). Na zeventien dagen varen kwam Jonckheere aan in Matadi aan de Kongorivier. Enkele weken later reisde hij door naar Zuid-Afrika. Sinds 1946 bestond een officiële culturele samenwerking tussen België en Zuid-Afrika. Het was Jonckheere en andere ambtenaren er vooral om te doen ‘het overzeese belang van de Nederlandse moedertaal’ onder de aandacht te brengen.” “Jonckheere reisde met de trein van Johannesburg naar Kaapstad, waar hij in het station werd opgewacht door J Greshoff, JC Bloem en NP van Wyk Louw. Daar, op het perron in de Kaap, had dus de eerste ontmoeting plaats met de Zuid-Afrikaanse Dertiger NP van Wyk Louw, ‘de onomstreden leidersfiguur in de nieuwe Afrikaanse literatuur’. Het zou achteraf beschouwd een betekenisvolle ontmoeting zijn, die nog jaren sporen zou trekken door beider levens.”
Ter gelegenheid van de vijftigste verjaardag van NP van Wyk Louws overlijden diepte ik in 2020 een artikel op in de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse letteren. In Zacht Lawijd is mijn bijdrage ‘“In de trein naar het diepe Kaapstad’. De maiden trip van Vlaams literair ambassadeur Karel Jonckheere in Zuid-Afrika’ gepubliceerd. De tekst handelt over de contacten van de Vlaamse schrijver-ambtenaar Karel Jonckheere (adviseur voor de letteren, ministerie van Nationale Opvoeding en Cultuur) in Zuid-Afrika, in het bijzonder de vriendschapsrelaties met NP van Wyk Louw, WEG (Gladstone) Louw en Jan Greshoff. Jonckheere verbleef in de periode mei-augustus 1948 in de Kaap, een markant jaar in de naoorlogse politieke geschiedenis van Zuid-Afrika (de verkiezingsoverwinning van de Nasionale Party en het begin van apartheid).
In de uitgave zijn brieven van Louw en foto’s met Jonckheere, Greshoff en Louw opgenomen. Later is de gewijzigde tekst gebundeld in Over grenzen/Oor grense. Een vergelijkende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie/’n Vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie (Ronel Foster, Yves T’Sjoen & Thomas Vaessens (red), Acco, Leuven/Den Haag, 2009).
In het Letterenhuis (Antwerpen) wordt de literaire nalatenschap van Karel Jonckheere geconserveerd. Het archief bevat brieven van DJ Opperman en NP van Wyk Louw, alsook waardevolle documenten betreffende Standpunte. De tegencorrespondentie wordt bewaard in de JS Gerickebiblioteek (Universiteit Stellenbosch). Het merendeel van de overgeleverde brieven in de Universiteitsbibliotheek Stellenbosch betreft de correspondentie tussen Greshoff en de Zuid-Afrikaanse Standpunte-redacteurs. Annemiek Recourt heeft de documenten bestudeerd en verwerkt in haar biografie over Jan Greshoff (Moralist van de ontrouw. Jan Greshoff (1888-1971), Van Oorschot, Amsterdam, 2018). Over de vriendschapsbanden van Louw en Jonckheere, bij uitbreiding méér Vlaamse auteurs, kan op basis van archiefonderzoek nog veel worden bovengespit. Zoals gezegd heeft Recourt vooral de contacten van Jan Greshoff met Zuid-Afrikaanse schrijvers en critici gedocumenteerd.
3 Ernst van Heerden
De dichter en criticus Ernst van Heerden, met een academisch verleden in Amsterdam en na de Tweede Wereldoorlog aan de Universiteit Gent (waar hij in 1953 zijn proefschrift voltooide), wordt beschouwd als gezaghebbend literair actor van de Afrikaanse literatuur. De literaire nalatenschap van de poëziecriticus wordt bewaard in het Poëziecentrum in Gent. Op voorstel van de dichter Johann Lodewyk Marais en door bemiddeling van Lucas Malan kreeg de omvangrijke poëziebibliotheek in het jaar na Van Heerden overlijden onderdak in Gent. Naast dichtwerk van vele Afrikaans schrijvende auteurs bevat de collectie boekuitgaven met signaturen en opdrachten, een door Van Heerden samengesteld knipselboek met kranten- en weekbladrecensies over contemporaine Afrikaanse poëzie en een handvol studieboeken. Sinds de schenking in 1997 wordt de imposante verzameling, naar verluidt de omvangrijkste Afrikaanse poëziecollectie buiten Zuid-Afrika, met de financiële steun van de PUK-Kanselierstrust van Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus), de uitgeverijen Protea Boekhuis en Naledi en ook van ATKV nog steeds aangevuld en up-to-date gehouden.
De collectie Ernst van Heerden bevat een schatkamer aan eerste drukken. Een vluchtige kijk leidt de aandacht van de lezer naar Alleenspraak (1935) van NP van Wyk Louw, Belydenis in die Skemering (1936) van Elisabeth Eybers, Sê sjibbolet (1963) van Adam Small en Vir die bysiende leser (1970) van Wilma Stockenström, en naar tal van boeken met schrijversopdrachten. De verzameling heeft niet alleen een bijzondere bibliofiele waarde. Ook voor de beeldvorming van Afrikaanse poëzie in de Lage Landen, onder andere studiemateriaal voor studenten, is deze verzameling van bijzondere waarde. Er zijn auteursexemplaren waarin de lezer Van Heerden met potlood notities maakte en in de teksten korte markeringen aanbracht. Deze marginalia werpen een licht op de leesstrategieën, of beter de eerste spontane of ongefilterde lezersindrukken, van de literatuurbeschouwer en bieden de onderzoeker inzicht in een lezerspoëtica. Ik heb in mijn boek Kwintet (2023, pp. 241-258) een hoofdstuk gewijd aan marginalia (in bundels van Elisabeth Eybers, Antjie Krog en Daniel Hugo). Ook boekenverzamelingen en dus schenkingen dragen bij tot beeldvorming van een literatuur in een andere taal en cultuur. Inmiddels maken Nederlandse vertalingen deel uit van de collectie. De beschikbaarheid van de boeken draagt bij aan de transnationale beeldvorming.
Beste groeten uit Den Haag.
Yves
Bibliografie
Brassinga, A. 2015. Grondstoffen. Amsterdam-Antwerpen: De Bezige Bij.
De Vries, GJ. 1995. Ik heb geen verstand van poëzie. G.A. van Oorschot als uitgever van poëzie. Amsterdam: GA van Oorschot.
Fortuin, A. 2015. Geert van Oorschot, uitgever. Amsterdam: GA van Oorschot.
Kannemeyer, JC. 2006. Uys Krige, AAM Stols en de bloemlezing Afrikaanse versameling. Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift, 6(1):4{25. https://www.dbnl.org/tekst/_zl_001200601_01/_zl_001200601_01_0001.php.
Otten, WJ. 2008a. Eva in ballingschap. Notities bij een gedicht van Elisabeth Eybers. Tirade, 52(422):43–7.
—. 2008b. Bij de dood van Elisabeth Eybers. Tirade, 52(422):48. https://www.vanoorschot.nl/dbnl/willem-jan-ottenbij-de-dood-van-elisabeth-eybers.
—. 2022. Wil je mij poëzie leren?. Amsterdam: GA van Oorschot.
Otten, WJ en T Lieske. 1990. “Liefde herken je aan het afscheid”.
Een interview met Elisabeth Eybers. Tirade, 34(1):2–37. https://www.dbnl.org/tekst/_tir001199001_01/_tir001199001_01_0001.php.
Sonnenschein, J. 2012. Welke schellen van wiens ogen? Willem Jan Ottens afstandelijke verbinding met Elisabeth Eybers. Liter 15. https://orbi.uliege.be/bitstream/2268/225654/1/Otten.Liter.pdf.
T’Sjoen, Y. 2006. Nederlandstalige literatuur onder het Zuiderkruis. LitNet, 15 September. https://www.litnet.co.za/nederlandstalige-literatuur-onder-het-zuiderkruis.
—. 2008. “In de trein naar het diepe Kaapstad”. De maiden trip van Vlaams literair ambassadeur Karel Jonckheere in Zuid-Afrika. Zacht Lawijd. Literair-historisch tijdschrift, 7(4):4–27. (Zie ook T’Sjoen 2009; Foster, T’Sjoen en Vaessens (reds), Over grenzen. Een vergelijkende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poëzie / Oor grense. ’n Vergelykende studie van Nederlandse, Vlaamse en Afrikaanse poësie. Leuven/Den Haag: Acco (153–72). https://www.dbnl.org/tekst/_zl_001200701_01/_zl_001200701_01_0034.php.