Alwyn Roux is genooi om Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit Leiden te doseer. Hy het vir Yves T’Sjoen genader om saam met hom aan die kursusmateriaal te werk.
Hulle fokus op die konsep repliek. Alwyn skryf ’n brief wat die lesingmateriaal vir die studente bevat, waarop Yves dan repliek lewer. Die studente kry beide stukke, waaroor hulle dan op hulle beurt moet antwoord as deel van hul opdragte.
Brief 7
Beste Yves
Ons staan op die kruin van die semester en kyk terug na die digters wat ons reeds behandel het – die beeldvorming van Elisabeth Eybers, NP Van Wyk Louw, Ernst van Heerden, Ingrid Jonker, Adam Small en Breyten Breytenbach in die Lae Lande. Vandeesweek maak ons voorwerk tot die digterlike oeuvres van Antjie Krog en Marlene van Niekerk, persone wat net soveel tot die eerste as die tweede deel van die kursus behoort. Daarna kyk ons vorentoe, met behulp van Alfred Schaffer se kuratorskap van DW B 2024 (4) O se boloke / Bescherm ons. Stemmen uit Zuid-Afrika. Vandeesweek het die studente heelwat voorbereiding gedoen vir ons gesprek met Schaffer oor die samestelling van die spesiale uitgawe van DW B. Die uitkomste van die onderhoud gaan die moontlikhede vir die tweede deel van die semester rig. Dit is egter belangrik dat ons die beeldvorming van Krog en Van Niekerk in die Lae Lande kortliks inlei, asook die vraag beantwoord waarom ons hulle juis hier op die kruin van die berg (tussen dele een en twee van die semester) aantref.
Antjie Krog (1952–)

Antjie Krog
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK) se huldigingsboek oor die lewe en werk van Antjie Krog het pas verskyn. Louise Viljoen is die redakteur en die titel is Antjie Krog. ’n Ondersoekte lewe (2024). Onlangs het Natasha Harmse ’n onderhoud met Louise Viljoen op die webjoernaal Klyntji gevoer wat onder andere gaan oor die saamstelproses van dié huldigingsboek, sowel as oor Viljoen se eie hoofstuk daarin. Hierin skryf Louise Viljoen soos volg oor een van die aspekte wat die belangrikste is in Krog se oeuvre:
Ek dink dit is deel van Antjie Krog se skrywersagenda. [...] Medemenslikheid kan jy eintlik net ontwikkel as jy ondersoek instel. Hoe is hierdie wêreld? Hoe ervaar ander mense die wêreld? Jy kan jouself baie maklik in ’n klein enklave opsluit en dieselfde ding doen vir 50, 60 jaar oor en oor. Maar om die hele tyd te probeer uitbeweeg, te ondersoek … (Viljoen in Harmse 2025)
Tom Gouws skryf in sy Perspektief en profiel-hoofstuk oor Krog dat sy saam met Elisabeth Eybers kan aanspraak maak op die posisie van “Afrikaans se grootste vrouedigter”. Hierdie 1998-profiel deur Gouws word in 2016 deur Louise Viljoen aangevul en gee ’n voëlvlug van Krog se oeuvre. Intussen het sy egter weer die Hertzogprys gewen vir Plunder (2022). Wat Krog se beeldvorming in die Lae Lande aanbetref, publiseer T’Sjoen ’n artikel in Tydskrif vir Letterkunde oor vertalings van Afrikaanse digters in Nederlands, getiteld “Beloken blikvelden in de Lage Landen. Eenentwintigste-eeuwse receptie van Nederlandse vertalingen van Afrikaanse poezie” (2013:16{35). Hierin word Krog veral as publieke figuur voorgestel, eerder as ’n literêre persoonlikheid:
Indien we het begrip “receptie” in enge zin opvatten en beschouwen als “weerklank in de kritiek” (audience-oriented criticism of reader-response criticism, Van Gorp et al.), dan blijkt deze schrijfster toch vooral een publieke figuur en minder een literaire persoonlijkheid. (T’Sjoen 2013:23)
Dit sou inderdaad interessant wees om wel vergelykend te kyk of hierdie tendens intussen verander het, gesien die groot aantal vertalings van Krog se digbundels wat sedert die publikasiedatum van T’Sjoen se artikel in 2013 in die Lae Lande verskyn het (meer as ’n dekade het verbygegaan). Wat Antjie Krog se kultuurbemiddeling tussen Suid-Afrika en die Lae Lande aanbetref, het Louise Viljoen uitvoerig geskryf in haar artikel in LitNet Akademies, getiteld “Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande” (2019:48–78):
Krog se bemiddeling tussen Suid-Afrika en die Lae Lande is nie net beperk tot die vertaling van haar tekste of haar openbare optredes nie, maar behels ook ’n kritiese refleksie op die verhouding tussen hierdie twee kontekste. ’n Interessante kenmerk in hierdie fase is Krog se kommentaar dat Nederland ook aanspreeklik gehou moet word vir die magsverhoudings en ongelykhede in Suid-Afrika as gevolg van hul koloniale geskiedenis (“Dit is ook júlle townships,” sê sy in 2006 vir ’n Nederlandse joernalis). Sy beklemtoon verder dat die globale Noorde baat kan vind by die inheemse kennis en filosofieë van Afrika. In haar toespraak tydens die aanvaarding van die Gouden Ganzenveer in Amsterdam het sy geargumenteer vir ’n hernude benadering tot die verhouding tussen Afrikaans en Nederlands, een wat diversiteit beklemtoon eerder as ’n konserwatiewe strewe na suiwerheid. (Viljoen 2019:50)
Krog se aanvanklike werk is meer persoonlik van aard en fokus op persoonlike verhoudings. Dit word al hoe meer betrokke, ook ten opsigte van apartheid in Suid-Afrika. Dit bereik ’n hoogtepunt in haar poësie met die publikasie van Lady Anne (1989), waarvoor sy die Hertzogprys wen. Sy is ’n joernalis by die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), en in haar Country of my skull (1998) lewer sy verslag hieroor. A change of tongue (2003) en Begging to be black (2009) maak saam met eersgenoemde teks deel uit van ’n trilogie. Haar vertalings van inheemse Afrikatale in Met woorde soos met kerse (2002), wat grootliks onbekend is buite hulle taalgemeenskappe, het Krog in Afrikaans verwerk (met behulp van medewerkers uit Xhosa, Zoeloe, Ndebele, Swati, Tsonga, Venda, Noord-Sotho, Setswana en Suid-Sotho). Krog en Schaffer was die samestellers van Nuwe stemme 3 wat in 2005 deur Tafelberg uitgegee is. Die belang van vrouwees word ’n herhalende tema in haar werk, van haar vroegste en bekendste gedigte soos “Ma” en “ek staan by ’n moerse rots langs die see by paternoster”, wat daaroor gaan. Verweerskrif (2006), wat handel oor die ouerwordende vrou as tema, is hiervan ’n hoogtepunt. Twee belangrike poëtiese tekste wat later verskyn, is Mede-wete (2014) en Plunder (2021). Sy word met die Hertzogprys vir beide tekste bekroon. Die belang van klimaatsverandering vind neerslag in beide hierdie bundels en tot ’n hoogtepunt gevoer in die slotafdeling van Plunder, wat ook in die Lae Lande as mis uitgevoer is: “O brose aarde: ’n misorde vir die nuwe verbond” (as boek te koop in Nederland, nie in Suid-Afrika nie). Vir ’n omvattende oorsig van Krog se lewe en werk, sien die LitNet-skrywersalbum, geskryf deur Erika Terblanche.
Marlene van Niekerk (1954–)

Marlene van Niekerk
Marlene van Niekerk se kortverhaal “Die swanefluisteraar” in haar kortverhaalbundel Die sneeuslaper (2010) is ’n pragtige verhaal wat in die hartjie van Amsterdam afspeel. Die ontslape vertaler Riet de Jong-Goossens vertaal die bundel as De sneeuwslaper (2009) in Nederlands (interessant is dat die Nederlandse weergawe voor die Afrikaanse weergawe verskyn het). Louise Viljoen se artikel getiteld “Intertalige en kruiskulturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands in Marlene van Niekerk se verhaalbundel Die sneeuslaper” (2016) verskyn in LitNet Akademies. Hierin skryf Viljoen (2016:254) die volgende oor die rol wat Nederlands in die kruiskulturele kontak met Afrikaans speel:
Die kruiskulturele kontak tussen Nederlands en Afrikaans binne Van Niekerk se teks sou ook gelees kon word as ’n voorbeeld van die rol wat Nederland speel as inspirasiebron, toevlugsoord en toegangskanaal tot die globale letterkunde vir Afrikaanse skrywers, veral in die aangesig van die rol wat Engels in Suid-Afrika speel.
Yves T’Sjoen meen in ’n e-pos-wisseling dat daar natuurlik baie oor Marlene van Niekerk in die Lae Lande te vermeld is: “Vrijwel alle werken zijn vertaald in het Nederlands” (T’Sjoen 2025). Voorts noem hy dat daar oor Van Niekerk se Afrikaanse tekste gesê word dat hulle “born in translation” is en verwys na Louise Viljoen se artikel getiteld “Taaloverschrijdingen. Het translationele en het transnationale bij Mariene van Niekerk en Antjie Krog” in Filter. Tijdschrift over vertalen. Hierin verwys Viljoen (2018:25) na Rebecca Walkowitz se opvatting dat die literêre teks “in vertaling gebore” is:
Over deze teksten, die lijken te zijn geschreven om te worden vertaald, schrijft Walkowitz: “Vertaling is […] een voorwaarde voor hun totstandkoming” (Walkowitz 2015:4). In tegenstelling tot Hassan, die stelt dat deze teksten vertaling problematiseren of machtsverhoudingen blootleggen, benadrukt Walkowitz hun vermogen om “nationale of ‘moedertalige’ grenzen te overstijgen” […]. “Doordat ze het samenvallen van taalgrenzen met landsgrenzen weerspreken, lijken veel hedendaagse werken op meerdere plaatsen tegelijk te zijn gesitueerd, in meer dan één taal te zijn geschreven, of zich tegelijkertijd tot meerdere leespublieken te richten” (Walkowitz 2015:6). Zij vindt vooral belangrijk dat deze teksten “de relatie tussen taal, territorium en natie bevragen”. (Walkowitz 2015:88–9)
Van Niekerk se mees onlangse digbundels, getiteld In die stille agterkamer: gedigte by die skilderye van Jan Mankes (2017) en Gesant van die mispels: gedigte by die skilderye van Adriaen Coorte (2017), bevat gedigte waarvan die oorspronklike Afrikaans op die een bladsy en die vertaling op die volgende afgedruk is. Dit sou natuurlik die moeite loon om SAAWK se huldigingsbundel, getiteld Marlene van Niekerk: die tempteerbare oog (2022), aan te skaf vir geskakeerde perspektiewe op haar werk, veral die hoofstuk van Marius Swart oor sy Engelse vertaling van Die sneeuslaper in Engels as The swan whisperer (2019). Sy hoofstuk is getiteld “Oor letterkundiges en tegnici: kroniek van ’n vertaalavontuur” (Swart 2023:286–309).
Van Niekerk het ’n groot aantal skrywers in die skryf van hulle meestersverhandelinge in skeppende skryfwerk aan die Universiteit Stellenbosch begelei. Hierin volg sy in die voetspore van DJ Opperman met sy Letterkundige Laboratorium aan Stellenbosch-universiteit (vergelyk Johann Lodewyk Marais se essay oor Opperman op LitNet). Alfred Schaffer is tans saam met Willem Anker verantwoordelik vir die MA en PhD in skeppende skryfwerk aan die Universiteit Stellenbosch. Van Niekerk woon sedert 2020 in Nederland.
Alfred Schaffer-vertalings (2024)

Alfred Schaffer
Na aanleiding van die inleiding wat Alfred Schaffer tot die spesiale nommer van DW B geskryf het, het die studente ’n aantal onderhoudsvrae uitgewerk (in groepe A, B, C en D). Die onderhoud sluit in vrae rakende die samestelling van die bundel, vertaling, taalpolitiek en die rol van meertaligheid, literêre en kulturele beeldvorming in die Lae Lande, Suid-Afrikaanse literatuur en sosiale realisme, die rol van literatuur in ’n samelewing in oorgang, invloed en intertekstualiteit.
Vriendelike groete
Alwyn
Bibliografie
Gouws, T. 2016. Antjie Krog (1952–). Perspektief en profiel. Van Schaik: Pretoria.
Harmse, N. 2025. ’n Onderhoud met Louise Viljoen oor Antjie Krog. Klyntji, 16 Maart. https://klyntji.com/joernaal/2025/3/16/louise-viljoen-antjie-krog (18 Maart 2025 geraadpleeg).
Terblanche, E. 2023. Antjie Krog (1952–). LitNet Skrywersalbum. https://www.litnet.co.za/antjiekrog-1952 (29 Desember 2024 geraadpleeg).
T’Sjoen, Y. 2013. Beloken blikvelden in de Lage Landen. Eenentwintigste-eeuwse receptie van Nederlandse vertalingen van Afrikaanse poëzie, Tydskrif vir Letterkunde, 50(1):16–35. https://www.ajol.info/index.php/tvl/article/view/87695 (29 Desember 2024 geraadpleeg).
—. 2025. E-pos aan A Roux, 19 Maart.
Viljoen, L. 2016. Antjie Krog (1952–). Perspektief en profiel. Van Schaik: Pretoria.
—. 2018. Taaloverschrijdingen: Het translationele en het transnationale bij Marlene van Niekerk en Antjie Krog. Vertaling deur Jeske van der Velden. Filter. Tijdschrift over Vertalen, 25:25–36. https://www.dbnl.org/tekst/_fil005201801_01/_fil005201801_01_0026.php (19 Maart 2025 geraadpleeg).
—. 2019. Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande, LitNet Akademies, 16(3):48–78. https://www.litnet.co.za/antjie-krog-as-kulturele-bemiddelaar-aspekte-van-haar-skrywerspostuur-in-die-lae-lande (29 Desember 2024 geraadpleeg).
Viljoen, L (red). 2024. Antjie Krog. ’n Ondersoekte lewe. Protea Boekhuis: Pretoria.
Repliek
Beste Alwyn,
Een literaire contactgeschiedenis Afrikaans-Nederlands richt zich niet uitsluitend op teksten die in de standaardtaal zijn geschreven. Er moet in een literatuurgeschiedenis van het Nederlands aandacht zijn voor onder meer Surinaams-Nederlandse en Antilliaans-Nederlandse literatuur, dat wil zeggen: Caribische variëteiten van het Nederlands. Op diverse plekken in de wereld wordt Nederlandse literatuur geschreven, niet uitsluitend in de Lage Landen. Onze westerse blik reduceert de veelstemmigheid van de literatuur van het Nederlandse taalgebied nogal gemakkelijk tot Nederland en Vlaanderen. Ook Afrikaans heeft tal van variëteiten, zoals Oranjerivierafrikaans, Kaaps (of Afrikaaps), Overbergse Afrikaans, wel een tiental variëteiten. Vooral in Kaaps, maar bijvoorbeeld ook in Nama-Afrikaans, worden literaire teksten geschreven. Hierbij denk ik aan hedendaagse stemmen zoals Lynthia Julius (Nama), Veronique Jephtas en Nathan Trantraal (Kaaps), Ronelda Kamfer (Kaaps of Overbergse Afrikaans), Jolyn Phillips (Overbergse Afrikaans). Kaaps ontwikkelt zich tot een volwaardige literaire taal, naast het Standaardafrikaans, zelfs in die mate dat er schrijvers zijn die weigeren de taalnorm (of dus de standaardtaal) te gebruiken en aansluiten bij de Kaapse variant. Ook vanuit die menigte van talen of dus variëteiten wordt vertaald naar het Nederlands. Afrikaans is met andere woorden een overkoepelende term, precies zoals we – met een verwijzing naar een voorstel van Geert Buelens – over een neerlandofone literatuur spreken met streekgebonden variëteiten of regiolecten.
Een vertaalproject van de Universiteit van de Westkaap (UWK), geïnstigeerd door Antjie Krog, Karin Benjamin, Marni Bonthuys, Donovan Lawrence en meer collega’s én begeleid door een schare vertalers, richt zich op de vertaling van poëzie van Simone Atanga Bekono, Radna Fabias en Babs Gons in Kaaps. Inmiddels wordt werk van Lynthia Julius, Ronelda Kamfer en Jolyn Phillips in Nederlands vertaald. Protea Boekhuis zal later dit jaar de verzameling uitgeven: dat wordt het eerste boek bij een Zuid-Afrikaanse uitgeverij van teksten in het Kaaps, het Afrikaans én het Nederlands.
Wat verder in een contactgeschiedenis aandacht moet krijgen zijn literaire teksten in andere talen dan Afrikaans. Er zijn in Zuid-Afrika taalcontacten die in het cultureel en linguïstisch gediversifieerde landschap de Afrikaanse letteren mee bepalen. Alfred Schaffer heeft het erover in het door hem als curator samengestelde Zuid-Afrika-nummer van DW B (2024). Omdat talen en culturen in het multicultureel en linguïstisch veelstemmige landschap van Zuid-Afrika elkaar “schuren” (Schaffer gebruikt die term), moet voor een geschiedenis van de post-1994 literatuur met dat gegeven vanzelfsprekend rekening worden gehouden. De keuze van gedichten en prozateksten in het DW B-nummer biedt een staalkaart van hedendaagse stemmen in de meertalige en cultureel-etnisch geschakeerde literatuur van Zuid-Afrika.
*
Met Antjie Krog voerde ik twee jaar geleden een tweespraak over meertaligheid en het pluriforme cultuurlandschap van Zuid-Afrika. Krog legt in haar antwoorden de vinger op een van de uitdagingen – gericht op vertaling – waarmee een literaire contactgeschiedenis terdege rekening dient te houden. De integrale tekst van het vraaggesprek geef ik hieronder weer.
*
In het intercontinentaal literaire gesprek van Afrikaans en Nederlands heeft Marlene van Niekerk een prominente functie. Het werk van Van Niekerk circuleert overwegend in het Afrikaans, het Nederlands en het Engels, en is daarnaast vertaald in méér talen (Duits, Frans, Italiaans, Noors, Zweeds). Over Die sneeuwslaper (vertaald als De sneeuwslaper) is eerder opgemerkt door Louise Viljoen in Filter. Tijdschrift over vertalen dat de tekst “born in translation” is (de term is van Rebecca Walkowitz), dat wil zeggen ontworpen in een andere cultureel-literaire en discursieve context, meer specifiek een Nederlandse omgeving, dan die van Afrikaanse brontaaltekst en cultuurgebied. Niet alleen de setting of een particulier cultureel of maatschappelijk referentiekader zijn Nederlands. Ook de taal zelf is doorspekt met neerlandismen, intertekstuele referenties in Van Niekerks romans zijn ontleend aan Nederlandse literatuur. Alles bij elkaar verwijst het werk van deze auteur naar een Nederlandse socio-culturele en linguïstische omgeving.
De schrijfster en hoogleraar is thans met emeritaat en was verbonden aan de Universiteit van Suid-Afrika (UNISA), Universiteit van Kwazulu-Natal, Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg en Universiteit Stellenbosch. In Stellenbosch was zij titularis van de opleiding Kreatiewe Skryfkuns en heeft jaren na DJ Oppermans befaamde Letterkundig Laboratorium tal van auteurs begeleid in de ontginning van het schrijverschap. Willem Anker, haar opvolger aan de US, Danie Marais en SJ Naudé zijn enkele van haar studenten die inmiddels gevestigde schrijvers zijn. Van Niekerk ontving eredoctoraten, zoals van Universiteit Tilburg (2009) en Universiteit Stellenbosch (2021), en een uitgebreide reeks van literaire en wetenschappelijke onderscheidingen. Van opleiding is Van Niekerk filosoof. Zij promoveerde cum laude aan de Universiteit van Amsterdam op het proefschrift Taal en Mythe: een hermeneutische en een structuralistische benadering (1985). In haar academisch werk richt zij zich de jongste tijd vooral op de literatuur van het Antropoceen. Antropocenische poëzie in filosofisch, ecokritisch en sociologisch verband was het onderwerp van mastercolleges die zij in haar hoedanigheid van ambtsbekleder van de Leerstoel Zuid-Afrika: talen, literaturen, cultuur en maatschappij aan de Universiteit Gent doceerde (september-december 2023). Eerder was zij gastschrijver, aangesteld op de Africa Chair (Universiteit Utrecht, 2007-2008), Creative Writing (Universiteit Leiden, 2009) en weer de Africa Chair (Universiteit Utrecht, 2010-2011).
Als literair auteur geniet Marlene van Niekerk internationale renommee, onder meer voor de romans Triomf (1994) en Agaat (2004). Naast de vertaling in het Engels van Triomf (Leon de Kock, 1999) en de Franse editie (Donald Moerdijk, 2002) én de vertalingen van Agaat (Engels, Michiel Heyns, 2006; Zweeds, Niclas Hval 2012; Noors, Eve-Marie Lund, 2013; Frans, Pierre-Marie Finkelstein, 2014; Duits, Stephanie Schäfer, 2014) moeten natuurlijk de Nederlandse vertalingen worden vermeld: Triomf door Riet de Jong-Goossens en Robert Dorsman (2000) én Agaat door Riet de Jong-Goossens (2006). Gezien de betrokkenheid van De Jong-Goossens bij de vertalingen van Van Niekerks werk in het Nederlands is een jarenlange vriendschap gegroeid. Op de uitvaartdienst voor De Jong Goossens sprak Van Niekerk vol lof over haar vertaalster. In de rij met Van Niekerk-vertalingen passen ook de verhalenbundel Die vrou wat haar verkyker vergeet het (1992; De vrouw die haar verrekijker had vergeten. Verhalen uit Zuid Afrika (1998, vert. Riet de Jong-Goossens)) en Memorandum. ’n Verhaal met skilderye (2006; Engels, Michiel Heyns, 2006; Nederlands, Riet de Jong-Goossens, 2007). De Jong-Goossens is zoals je zelf al aangeeft ook de vertaler van Die sneeuslaper in 2009. Voor het prozawerk ontving Van Niekerk tal van literaire prijzen. Ik vermeld de internationale weerklank die Agaat kreeg op de shortlist van de Independent Foreign Fiction Prize (British Council, 2009), Best Translated Book Award (Amazon, 2010), College of St Francis of Assisi Award (2011) en Man Booker International Prize (2015).
Als dichter publiceerde Van Niekerk naast Sprokkelster (1977; bekroond in 1978 met Ingrid Jonker Prys en Eugène Marais Prys) en Groenstaar (1983) de omvangrijke bundel Kaar (2013, bekroond met de Hertzogprijs), waarvan een vertaling in het Nederlands wordt voorbereid (vert. Robert Dorsman, Jan van der Haar en Alfred Schaffer). Het tweeluik Gesant van die Mispels. Gedigte by skilderye van Adriaen Coorte ca. 1659-1707 (2017) en In die stille agterkamer. Gedigte by skilderye van Jan Mankes 1889-1920 (2017) is vertaald door Henda Strydom en verscheen in één volume als In de stille achterkamer. Gedichten bij schilderijen van Adriaen Coorte en Jan Mankes (Querido, 2018).
Hartelijke groet,
Yves
Lees ook:
Alfred Schaffer als cultuurbemiddelaar: "O se boloke / Bescherm ons"
- Fotografie: Izak de Vries