Jitsvinger se nuwe uitdaging

  • 0

Die rymkletser Jitsvinger tree by die Open Book Festival op wat van 4–8 September 2019 in Kaapstad plaasvind. Cliffordene Norton het met hom gesels oor sy volgende uitdaging, ’n Jitsvinger-klerereeks. 

Links: Jitsvinger (Foto: verskaf); regs: ’n hoodie van die Jitsvinger-klerereeks

Jy neem tydens Open Book Festival aan die gesprek Afrikaaps & Healing deel. Wat kan die feesgangers van hierdie gesprek verwag?

Nuwe insigte wat gewek was soos die wave en consciousness van Afrikaaps op die verskeie plaaslike en international platforms plaasgevind het.

Jy het die term “Afrikaaps” gemunt en dit kom toenemend in hoofstroomse media voor. Wat is jou mening oor die toekoms van Afrikaaps?

Die toekoms, soos met talle wêreldwye sosiale bewegings, is in die hande van die jongelinge. Hulle het die energie, groter social networks en definitief meer bandwidth as die ouer generasie om die momentum en groei van Afrikaaps vorentoe te vat.

Jy het baie bereik in jou lewe. Jy is rymkletser, skrywer, kitaarspeler, digter en uitvoerende kunstenaar. Is daar nog ’n uitdaging wat jy graag wil aanpak?

Ek het onlangs die uitdaging aangepak om my eie clothing brand te begin.

Wat is die klerereeks se naam?

Jitsvinger.

Watter klere (formele/informele) kan mense van die klerereeks verwag?

Die hoodies is deel van die eerste wave van informele items wat ek gaan opvolg met caps &
T-shirts virrie nuwe seisoen.

Foto: Newton Stanford

Wat was die inspirasie agter die klerereeks?

Die inspirasie kom deur die aanhangers wat additional merchandise soek na ’n show wat ek gedoen het so dis 100 persent deur die fans inspired.

Ek wou lankal my revenue streams oopmaak sodat ek as entrepreneur met ander besighede kan saamsmelt en sodoende die ou tradisies van trade se value chains kan revolutionise en positief beïnvloed.

Wanneer sal die klerereeks beskikbaar wees?

Die hoodies word alreeds op bestelling gemaak en kan gesien word op my Facebook-winkelblad.

Foto: Newton Stanford

Waar is die klerereeks te koop?

Kliënte en belangstellendes kan deur ontwerpe gaan op my Facebook-winkelblad terwyl my webtuiste ten volle geïntegreer word met die volle catalogue middel September.

Wie dink jy is opkomende Suid-Afrikaanse rymkletsers en digters na wie ons kan uitsien?

Daar is baie wat my inspireer. Name wat meer aandag makeer in my opinie is Amy Brown, Niko10Long, Dope Saint Jude, Chenal Kock, Daniel Swartz, Marvin van Wyk aka CREAM, Dayna Johannes, Brandon Titus aka illRow om ’n paar te noem…

Watter vermaakkunstenaars inspireer jou?

Jenny Morrison, Shimmy Isaacs, Angel Campey, YoungstaCPT, Ambrose Uren, Ernestine Deane, Kyle Shepherd, Melanie Scholtz, Pops Mohamed, Hilton Schilder, Black Coffee, Zuluboy, AKA, DJ Ready D, Yugen Blakrok & Gino Fernandez.

Lees ook 

"Ons beleef ’n gesonde digkuns-era": ’n onderhoud met Diana Ferrus

"I ended up writing poetry because of the Wachowskis" – an interview with Simone Atangana Bekono

Worlds come alive from page to stage at #cocreatePOETICA (Open Book Festival)

Lees ook op LitNet

Nuwe geskiedenis

Weermag beurtkrag

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top