Oudkorrespondent Johan Allers woon al vir langer as drie dekades in Amsterdam. Nou afgetree, spring hy gereeld op sy fiets op soek na nuwe en ou pareltjes uit Amsterdam.
Susan Coetzee-van Rooy het in Junie vanjaar by die Zuid-Afrikahuis-span in Amsterdam aangesluit.
Susan is die eerste Suid-Afrikaanse direkteur van hierdie kultuur- en kennissentrum.
Sy vertel vir Johan Allers meer oor haar passie vir tale en hoe sy haar pad na die Zuid-Afrikahuis op Keizersgracht gevind het.
- Lees meer oor die Zuid-Afrikahuis: Zuidafrikahuis.nl
YouTube-skakel na onderstaande video: https://youtu.be/ERMQPCBcKkQ
Lees en kyk ook:
Pareltjes uit Amsterdam: Zuid-Afrikahuis-besoek met Wessel van Arnhem