Persverklaring: Francois Van Coke & Van Pletzen bied aan – Kakmal, ’n Fees vir jou oë en jou brein

  • 0
Jägermeister presents:
Nuwe enkelsnit & musiekvideo: 
Francois Van Coke & Van Pletzen bied aan: 
’n Fees vir jou oë en jou brein –  
Kakmal

Francois van Coke & Van Pletzen (Nik Nax & Peach van Pletzen) (Foto: Hein Kruger)

“Francois van Coke het al gesê ‘Die wêreld is mal’, maar dit is eintlik verkeerd. Die wêreld is kakmal!” – Van Pletzen

Francois van Coke en Peach van Pletzen (Van Pletzen) kom al ’n lang pad saam. Hul vriendskap strek al oor twee dekades.

Dit het alles in 2009 begin toe hulle saam liedjies vir ’n mal teaterproduksie genaamd 2-21 geskryf het. Daardie liedjies het ontaard in Oorlog Frankenstein. Peach het toe Van Coke Kartel se Skop, Skiet & Donner-album in 2010 vervaardig.

Nou, uiteindelik, het die tyd gekom vir die “vader van Bellville” (Francois van Coke) en die “prins van die Noord” (Peach van Pletzen) om saam te smelt en ’n MASSIEWE, kakmal-liedjie los te laat!

Stroom: Kakmal

Die musiekvideo, wat deur Louis Minnaar gemaak is, is ’n kakmal-fees vir jou oë en brein.

    • Kyk Kakmal hier: 

En die Nederlanders stem saam dat hierdie liedjie kakmal is. As jy Nederlands kan verstaan, lees hier: https://www.dansendeberen.be/2020/08/28/nieuwe-single-van-pletzen-francois-van-coke-kakmal/

Francois en Van Pletzen sal Kakmal vir die eerste keer saam opvoer by Francois van Coke & Vriende Livestream 2020 op 18 September om 20:00.

Kakmal lyrics – Van Pletzen & Francois van Coke

As jy wil groot gaan dan kom saam met ons 
Dekades se ervaring in rock & roll en bons

Van laat aand parties tot ’n tactical kots 
Van Coke en Groothond ons ken die scores

En ons bring die kakgroot gees

So kom ons gaan groot 
Kom ons dans tot die dood 
Die vader van Bellville en die prins van die Noord 
Cos now’s the time, Oorlog Frankenstein 
Kom ons gaan mal soos 2009

Kom ons gaan kakmal vanaand

Ons is deurmekaar 
Dis hele wêreld is 
Mis die skrif teen die muur 
Nutteloos & clueless 
Ons ervaring beteken niks 
As ons in elkgeval heengaan 
Vat my saam 
Ons moet groot gaan 
Ons moet altyd groot gaan 
Van my saam 
Van Pletzen

Kom ons gaan kakmal vanaand

...........

 FvC:

Webwerf: francoisvancoke.co.za
Twitter: @FrancoisVanCoke  
Facebook: francois.vancoke 
Instagram: francoisvancoke

Van Pletzen:

Webwerf: VanPletzen.co.za
Instagram: vanpletz  
Facebook: VanPletz 

...........

Lees ook 

"’n Totale escape van alles!"

Buro: IG
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top