Breyten schrijven #18: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Pieter Madibuseng Odendaal

  • 0

De inleidende tekst met de opzet van de gesprekkenreeks over de literaire erfenis van Breyten Breytenbach is opgenomen in de eerste aflevering (https://voertaal.nu/breyten-schrijven-8-breytenbachs-lyriek-door-de-blik-van-dichters-conversatie-met-joan-hambidge/). Telkens leg ik de gespreksgenoten vijf vragen voor over hoe zij zich in hun dichtwerk verhouden tot de lyriek van Breytenbach.

...
Die liggaam as skilderdoek – die lyflikheid van sy verse – en die soeke na vrede oor ons onafwendbare sterflikheid, veral deur middel van die Zen-Boeddhisme, het my as jong man geïnspireer om my eie ontologiese storms te trotseer.
...

YT: Pieter, is in het lyrisch werk van Breytenbach voor jou een afzonderlijke bundel of zelfs een esthetische fase aan te wijzen die om een specifieke reden jouw uitgesproken voorkeur geniet? De schrijver heeft in drie omvangrijke delen zijn verspreid gepubliceerde bundels samengebracht: Ysterkoei-blues. Versamelde gedigte 1964-1975, Die ongedanste dans. Gevangenisgedigte 1975-1983 en Die singende hand. Versamelde gedigte 1984-2014. Welke Breytenbach is voor jouw dichterlijke loopbaan betekenisvol gebleken? Verkies je het vroege werk of de ‘late style’ in Breytenbachs lyriek? Zou je zelf gewagen van een bepaalde literaire invloed, dus een moment of zelfs een gedicht dat jouw dichterschap in enigerlei mate mee heeft gestuurd?

PO: Alle Breytens is welkom op my boekrak. My eerste volgehoue omgang met sy werk was op universiteit en die impak was onmiddellik. Ek het Ysterkoei-blues en Die ongedanste dans soos twee bybels gelees. Sy nuutmaak van die taal, sy onverbiddelike omgang met die dood en die beeldrykheid van sy werk het vir hierdie betekenissoekende student laat snap dat ek nie sin, wat reeds verpak is, iewers in die wêreld hoef te vind nie. Ek kan myself skep en herskep, ongebonde en tog altyd verskuldig aan my oorsprong. Ek onthou hoe ek en ’n vriendin, Marijke van Velden, Breyten se 70ste verjaarsdag op Stellenbosch met origamiverse in die bome in Victoriastreet gevier het. Die intensiteit en relatability van ‘Brief van hulle vakansie’ het my veral bygebly. Sy politieke satire en afstanddoening van die Christelik-Nasionalistiese bril van Afrikaners (veral in Die ongedanste Dans) het my jong aktivistiese self aangevuur en my hoop vir die taal gegee.

YT: Naast de expliciete maatschappijkritische poëzie zijn er de gedichten waarin de verbeelding van Afrika vorm krijgt, de vele liefdesgedichten, de lyriek waarin verval, verrotting en de dood bepalende motieven zijn, het nomadische Middenwereld-discours, de Zenboeddhistische gedichten. Is er een facet in Breytenbachs poëzie dat je met bijzondere belangstelling of affiniteit hebt gelezen?

PO: Die liggaam as skilderdoek – die lyflikheid van sy verse – en die soeke na vrede oor ons onafwendbare sterflikheid, veral deur middel van die Zen-Boeddhisme, het my as jong man geïnspireer om my eie ontologiese storms te trotseer. Hy het my gewys hoe om skryf te gebruik as selfgeboude vuurtoring teen die woeste see.

’n Ander hewige invloed was sy vernuwende vertalings van die Palestynse digter Magmoed Darwiesj se verse in Voice over/Oorblyfsel. Die bundel het my opgeswiep en in die hartjie van die vertaalkunde neergelê. Sy spel met taal en betekenis, deur die konkreetmaking van tekens sodat hul fisiese voorkoms as wegspringpunt vir vertaling kan dien, is vandag nog ’n rigtingwyser in my eie vertaalwerk.

YT: De schrijver heeft zich uitgedrukt in beschouwende en lyrische teksten. Daarnaast hield hij publieke toespraken, schreef zijn Notes from the Middle World, de trilogie met ’n Seisoen in die paradys, The True Confessions of an Albino Terrorist en Return to Paradise. De literaire genres waarin de schrijver zich uitsprak en een beeldrijk universum creëerde, zijn onlosmakelijk met elkaar verbonden, wat ook over het schilder- en tekenwerk kan worden gezegd. Welke teksten kunnen jou begeesteren en welke leeservaring verbind je met particuliere teksten in het oeuvre?

PO: Êrens op hoërskool het ek sy CD Mondmusiek in die hande gekry en onophoudelik daarna begin luister. Die wisselwerking tussen musiek en woord het my as jong musikant en begindigter uitgeboul. Reeds toe het Breyten ’n soort maatstaf geword vir wat ek eendag met woorde wou doen. Maar sy self-ondermyning het my gewys om dit nooit te ernstig op te neem nie. Hoe kleiner hy homself gemaak het, hoe groter het hy geword. Latere jare het sy toneelstuk Boklied my gewys dat narratief nie die enigste dryfveer in teater hoef te wees nie. Hy het met sy relentless drive vir nuutsegging deure aan mekaar getimmer en oopgemaak om uit die aanvaarde, die maklik verteerbare en onmiddellik verstaanbare te ontsnap.

Ek onthou nou ook my (naïewe?) optimisme toe ek die eerste Imagine Africa verorber het op soek na nuwe vistas om die ou narratiewe oor ’n gebrekkige, agtergeblewe en maer Afrika te verplaas. Op my balkon in die woonstel wat ek met studentevriende gedeel het, kon ek die vlam in my voel groei van geroepe voel om by te dra tot die herverbeelding van Afrika en die Globale Suide, veral omdat ek ook ’n wit man op die marges van “die volk” is.

YT: Hoe heb je zelf het werk van Breytenbach leren kennen? Welk beeld bewaar je van de kennismaking en is het in de loop van het leesparcours eventueel gewijzigd? Welke rol dicht je Breytenbach toe met betrekking tot het Afrikaans, dat hij een “bastertaal” noemde – een creoolse taal en vooral als een taal van Afrika zag?

PO: Breytenbach het homself in my tienerjare aan my geopenbaar. My aantekeninge en onderstrepings in sy eerste twee versamelbundels was my leerskool vir hoe om Breyten te lees, en hoe om myself aan die materialiteit, die sonoriteit en onmoontlike beelde van die woordkuns oor te gee. Breytenbach, die kulkunstenaar, het koorsdrome in my koshuiskamer kom skep, met betekenis wat altyd dreig om soos water uit my bakhande weg te syfer.

Sy teling met woorde, sy verskalwers, is ’n vergestalting van die verbastering wat lei tot nuwe tonge. In daardie sin is alle tale bastertale. Maar Breytenbach se vervuiling van Afrikaans het verder as dit gegaan – dit was ook ’n verset teen die wortels van Apartheid, die Groot Lieg van Suiwerheid wat ons vandag nog blindmaak vir die gebruike, woorde, musiek en kultuurgoed wat Afrikaners Afrikane maak en ons soos vreemdelinge in die Globale Noorde laat voel. As dit nie vir Afrika was nie, sou Afrikaans nie bestaan nie. En ons weet ook al lankal dat Afrikaans nog nooit ’n wit taal was nie, ten spyte van die misbruik van die bastertong.

YT: Kun je in een paar zinnen het grensverleggende en zelfs de iconische betekenis van de dichter Breytenbach onder woorden brengen? Of anders gezegd: hoe zou je zelf voor toekomstige lezers van Breytenbach, in Zuid-Afrika en elders, de poëzie aanbevelen?

PO: Breytenbach hang steeds soos ’n reusewilgerboom oor die Suid-Afrikaanse poësie. Hy bied skadu vir die outsiders, die afgewekenes en almal wat sat is vir die alledaagse en afgewaterde slop. Hy nooi ons uit om latte te pluk, die blare af te strip en soos swepe deur die lug te woer, sodat die kosmos saam kan sing aan die weeklied van wees – die amper onmoontlike wete dat ons eendag nie meer sal wees nie. Hy help ons om die afgrond én die hoogte te vier, die ekstase én die rou, die wydheid van die skadu én die kortstondige dans van die son deur die blare voor die nag ons almal ontvou.

Lees ook:

Breyten schrijven #17: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Hein Viljoen

Breyten schrijven #16: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Diana Ferrus

Breyten schrijven #15: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Andries Bezuidenhout

Breyten schrijven #14: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters. Conversatie met Ilse van Staden

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top