Breyten schrijven #35: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Francis Galloway

  • 0

Naar aanleiding van de tweede sterfdag van Breyten Breytenbach (1939-2024) verschijnt een gelegenheidsbundel met getuigenissen van dichters en vorsers. Het huldigingsboek wordt gepresenteerd op het symposium “Inter-Breyten. Breytenbach in context” (Universiteit Gent, 26-27 november 2026).

Postumiteiten voor Breyten. Door het oog van dichters en vorsers presenteert reacties van Zuid-Afrikaanse en enkele Nederlandstalige dichters op een reeks met vragen die de voorbije maanden is voorgelegd.

Daarnaast komen navorsers aan het woord in een tweede deel. Zij spreken over hun specifieke framing van Breytenbachs werk, de accenten die ze leggen in het wetenschappelijk onderzoek. Niet alleen schrijvers construeren hùn beelden van Breytenbachs oeuvre, ook onderzoekers dragen bij aan de (academische) beeldvorming. Zij belichten hun persoonlijke leeservaringen en geven te kennen hoe zij een aandeel hebben in de beeldvorming van Breytenbach of dus de literaire postuur, met name de “heterorepresentatie”.

Met het oog op het herinneringsboek reageren Zuid-Afrikaanse Breytenbach-experten op een vragenlijst. De eerste gespreksgenoot is Francis Galloway.

...
Destyds al het ek besef dat hierdie soort beeldgebruik by hom nie ’n dekoratiewe middel is nie, maar noodwendig voortvloei uit sy dig- en denkwêreld van transformasie, voortdurende verandering, reis.
...

YT: Francis, Breytenbachs literaire werk is vertaald in meerdere talen en wordt mede dankzij het vertaalwerk internationaal gelezen en bestudeerd. Hoe heb jezelf, als particulier lezer of toeschouwer, het werk van Breytenbach ontdekt? Hoe verliep de eerste ontmoeting, wie heeft daar als beschouwer een bepalende rol in gespeeld? Welke teksten van Breytenbach waren voorgeschreven op school of aan de universiteit? Wat heb je zelf opgenomen op de leeslijsten voor studenten, teksten waarvan zou beslist hoogte moesten nemen? En ten slotte wat het receptieproces betreft: welke titels of kunstwerken van Breytenbach beschouw je zelf als hoogtepunten van de schrijvers- en kunstenaarsloopbaan

FG: Ek het nie op skool met Breytenbach se werk kennis gemaak nie, maar het dit voorgraads op universiteit ontdek. Een van my dosente aan die Universiteit van die Oranje Vrystaat (tans Universiteit van die Vrystaat), Jack Verster, het in 1969 vir my Die ysterkoei moet sweet (1964) geleen met die opdrag om my leesindrukke neer te skryf. Die bundel het ’n totale aanslag op my gemaak. Verster het die eerste meestersgraad oor Breytenbach se werk behaal – spesifiek oor sy beeldgebruik, wat die sleutel tot die digter se werkswyse is – en hy het my begelei in die ontsluiting van hierdie opspraakwekkende en grensverskuiwende debuutbundel. Ysterkoei bly ’n sleutelteks in Breytenbach se oeuvre omdat dit ’n werk is waarin sy digterskap hom feitlik onmiddellik in sy volle omvang aangemeld het, soos later deur verskeie navorsers aangetoon is.

YT: Kun je in kort bestek een overzicht geven van het zelf ondernomen wetenschappelijk werk over facetten van Breytenbachs oeuvre? Welke framing – een benadering van literatuurwetenschappelijke, vertaalwetenschappelijke, kunstwetenschappelijke, cultuurhistorische, politiek-ideologische of biografische aard – kreeg daarbij de voorrang?

Wanneer het onderzoekdomein omtrent het literaire en artistieke werk wordt overschouwd, welke inzichten hebben jou als onderzoeker zelf veel bijgebracht en/of hebben de studie een bepaalde richting uitgestuurd?

FG: In die 1970’s was ek ’n bloedjong dosent in die departement Afrikaans en Nederlands van die destydse Universiteit van die Noorde (tans Universiteit van Limpopo). In hierdie tyd het ek ’n teksgerigte MA-verhandeling oor die sinestetiese beeld (die “metafoor van die sintuie”) in Breytenbach se poësie voltooi. Destyds al het ek besef dat hierdie soort beeldgebruik by hom nie ’n dekoratiewe middel is nie, maar noodwendig voortvloei uit sy dig- en denkwêreld van transformasie, voortdurende verandering, reis.

Gedurende die 1980’s was ek ’n navorser by die eertydse Sentrum vir Suid-Afrikaanse Letterkundenavorsing (SENSAL) van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). Destyds was die formalisties-strukturele literatuurbenadering, met klem op die teks in isolasie, nog gangbaar. SENSAL het ’n belangrike rol in die opkoms van “nuwe paradigma”-benaderings gespeel. My doktorale studie is onder hierdie instelling se vaandel onderneem. Die aanvanklike idee was om ’n resepsiestudie van die ontvangs van Breytenbach se digbundels aan die hand van resensie-ondersoek te onderneem. Gedurende die argivale bronverkenning het my fokus verbreed om ook ander reaksies in ag te neem, naamlik dié op sy sogenaamde buite-literêre en dikwels omstrede openbare uitsprake en optrede wat heftige reaksie vanuit die geledere van die Afrikanerpubliek ontlok het. Hierdie soort literatuursosiologiese en sisteembenaderings was in hul kinderskoene en ek moes dikwels my sienings en bevindinge verdedig en vasskop teen die afwatering daarvan. Die proefskrif Breyten Breytenbach: Die skrywer as openbare figuur is in 1987 onder die promotorskap van prof. J.H. Senekal, plaaslike pionier van die sisteembenadering, aan die UVS voltooi.

In September 1990 is ’n verwerkte en uitgebreide weergawe van die proefskrif deur HAUM-Literêr as monografie gepubliseer – Breyten Breytenbach as openbare figuur. In hierdie boek word uitgegaan van die vertrekpunt dat ’n skrywer se openbare optrede/bekendheid ’n faktor word binne die ervaring van sy skeppende werk. Breytenbach staan in die kollig, maar met verwysing na figure, beweginge en die ontwikkelende historiese konteks rondom hom. Die sisteme van die literatuur, die politiek en die joernalistiek vorm die konteks van die ondersoek.

Gedurende die 1990’s was ek ’n werwingsredakteur by die akademiese uitgewery Van Schaik. In die eerste dekade van die 2000’s het dit daarop uitgeloop dat ek as senior lektor en later koördineerder van die Uitgewersweseprogram van die departement Inligting aan die Universiteit van Pretoria aangestel is. My navorsingbelangstelling het in hierdie tyd uitgebrei na die terrein van boekgeskiedenis en spesifiek uitgewery-ondersoek. Naas oorkoepelende opdragnavorsingsprojekte vir die plaaslike uitgewersbedryf kon ek deur gereelde deelname aan die internasionale kongresse van SHARP (Society for the History of Authorship, Reading & Publishing) my navorsing oor Breytenbach uitbrei na sy skywersloopbaan en uitgeegeskiedenis. Dit kulmineer voorlopig in die bydrae ‘Breyten Breytenbach: Fragmente van sy loopbaan as skrywer en openbare figuur’, opgeneem in breyten breytenbach – woordenaar woordnar, ’n huldiging (onder my redakteurskap; Protea Boekhuis, 2019).

YT: Zijn er onderzoeksbevindingen die je, het onderzoek overschouwend, onder de aandacht kunt brengen? Of anders gezegd: op grond van welke overwegingen kan Breytenbach een schrijver en beeldend kunstenaar van internationale allure worden genoemd?

FG: Uitsprake oor Breytenbach se “internationale allure” laat ek oor aan die navorsers wat hulle vanuit hierdie soort navorsingsvertrekpunte met Breytenbach en sy nalatenskap bemoei. In die laat-1980’s het ek wel in Amsterdam na-doktorale argiefondersoeke onderneem na hom as skrywer en openbare figuur in Nederland, maar dit was bloot ’n aanvullende belangstelling vir my – ek meen dat ek as buitestaander my nie in ’n ander literatuursisteem moet begewe nie. Daar is wel kenners binne die betrokke sisteem wat hulle daarop toespits. My eie belangstelling in Breytenbach se buitelandse reputasie is tans gefokus op bibliografiese verkenning, soos dit voorlopig tot uitdrukking kom in die ‘Uitgesoekte bibliografie’, opgeneem in die bundel woordenaar woordnar.

YT: Zijn er in het ruime studiegebied aspecten die tot op heden relatief weinig aandacht kregen? Zie je krachtlijnen in de benaderingen van Zuid-Afrikaanse en buitenlandse onderzoekers, in zekere mate bepaald door onderzoekparadigma’s die in het onderzoek in de loop van de tijd verschuiven of wisselen? Waarop kan het onderzoek zich nu, na het overlijden van Breytenbach, méér toeleggen?

Er worden de komende jaren veel wetenschappelijke en essayistische publicaties, wellicht ook promotieonderzoek, toegevoegd aan een inmiddels indrukwekkend corpus van beschouwende teksten (zie de bibliografieën in de huldigingsbundel voor Breytenbach Woordenaar woordnar, 2019). Zijn er richtingen die het onderzoek bij voorkeur uitgaat, al dan niet leunend op of in kritische dialoog met bestaande studies?

FG: Omdat ek nie binne institusionele strukture funksioneer nie en nie gemoeid is met die toepassing van (nuwe) literatuurwetenskaplike en teoretiese paradigmas nie, kan ek my nie hieroor uitlaat nie. Ek glo egter dat daar nog baie interessante navorsingsfokusse, plaaslik en internasionaal, rondom Breytenbach as skrywer, skilder en intellektueel sal ontplooi. Daar sal ook biografiese ondersoeke van verskillende aard van stapel gestuur word.

YT: Breytenbach werk is omvangrijk en uitermate veelgelaagd. Het is onmogelijk vanuit een specifiek literatuur- of kunstwetenschappelijk standpunt de (inter- en intratekstuele of intermediale) veelzijdigheid te overschouwen. Zijn er invalshoeken – probleemstellingen en onderzoeksvragen – die je voor een eigen voortgezette studie overweegt?

FG: Ek fokus tans op die ordening en ontsluiting van die Breytenbach-argief wat ek deur die jare opgebou het. My eie voortgesette navorsing fokus op bepaalde periodes in sy uitgeegeskiedenis soos dit in die argief beslag vind. Dalk loop die navorsing uit op iets oorkoepelend.

***

Over het opzet van Postumiteiten voor Breyten voerde Izak de Vries een driedelig gesprek met de samensteller:

’n Gesprek met die gesprekvoerder #1: Yves T’Sjoen oor sy belangstelling in Breyten Breytenbach

’n Gesprek met die gesprekvoerder #2: Yves T’Sjoen oor sy belangstelling in Breyten Breytenbach

’n Gesprek met die gesprekvoerder #3: Yves T’Sjoen oor sy belangstelling in Breyten Breytenbach

Lees ook:

Francis Galloway se teks oor Breyten Breytenbach vir die publiek beskikbaar

50 jaar gelede: tydlyn van Breyten Breytenbach se traumatiese jaar

Breyten’s career as writer and public figure in South Africa: a brief overview

Breyten Breytenbach – aanhou beweeg en geraas maak ...

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top