Breyten schrijven #42: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Alwyn Roux

  • 0

Naar aanleiding van de tweede herdenking van de sterfdag van Breyten Breytenbach (1939-2024) verschijnt een gelegenheidsbundel met getuigenissen van dichters, vertalers en vorsers. Het huldigingsboek wordt gepresenteerd op het symposium “Inter-Breyten. Breytenbach in context” (Universiteit Gent, 26-27 november 2026).

Postumiteiten voor Breyten. Door het oog van dichters en vorsers presenteert reacties van Zuid-Afrikaanse en enkele Nederlandstalige dichters op een reeks met vragen.

Daarnaast komen vorsers aan het woord in een tweede deel. Zij spreken over hun specifieke framing van Breytenbachs werk, de accenten die ze leggen in het wetenschappelijk onderzoek. Niet alleen schrijvers en vertalers construeren hùn beelden van Breytenbachs oeuvre, ook onderzoekers dragen bij aan de (academische) beeldvorming. Zij belichten hun persoonlijke leeservaringen en geven te kennen hoe zij een aandeel hebben in de beeldvorming van Breytenbach of dus de literaire postuur, met name de “heterorepresentatie”.

Voor het herinneringsboek reageren Zuid-Afrikaanse Breytenbach-experten op een vragenlijst. Een zesde gespreksgenoot in die reeks is de Alwyn Roux, navorsingsgenoot van het UNISA VisionKeepers-project “Om Afrika te verbeel” en de latere lyriek van Breyten Breytenbach. Hij is een van de sprekers op het congres “Inter-Breyten. Breytenbach in context” aan de Universiteit Gent (26-27 november 2026). Samen bereiden we een boek voor over Breytenbach en Afrika.

Alwyn Roux (deur Philip de Vos) en Breyten Breytenbach (deur Izak de Vries)

...
Breytenbach is ’n digter en kunstenaar, het ek gevind, wat hom nie laat inmessel deur ’n sekere teoretiese benadering nie.
...

YT: Kun je in kort bestek een overzicht geven van het zelf ondernomen wetenschappelijk werk over facetten van Breytenbachs oeuvre? Welke framing – een benadering van literatuurwetenschappelijke, vertaalwetenschappelijke, kunstwetenschappelijke, cultuurhistorische, politiek-ideologische of biografische aard – kreeg daarbij de voorrang?

AR: Die grootste stuk werk wat ek oor Breytenbach gedoen het, was vir my doktorale studie. Ek het ’n landskapfenomenologiese studie van sy werk onderneem in vergelyking met dié van Lucebert. Die teoretiese veronderstelling het uitgegaan van die idee dat landskap ’n wêreld is waarin ons woon eerder as ’n veraf en onbeliggaamde kyk op die landskap. Hierin staan ’n spanning voorop tussen woon versus kyk. Dié benadering is egter net een benadering van vele landskapbenaderings wat mens aan die hand van Breytenbach se werk sou kon uitwerk, maar dit het wel vrug afgewerp.  

Vervolgens het ek saam met jou, Yves, ’n ambisieuse projek begin, waaraan ons steeds werk, naamlik oor Breytenbach se “om-Afrika-te-verbeel”-projek. Dié ondersoek gaan spesifiek oor die oprigting van die Gorée-instituut, die politieke oortuigings van Breytenbach, sy Afrika-verse deur die loop van sy digterlike oeuvre en die Imagine Africa-reeks.

YT: Zijn er onderzoeksbevindingen die je, het onderzoek overschouwend, onder de aandacht kunt brengen? Of anders gezegd: op grond van welke overwegingen kan Breytenbach een schrijver en beeldend kunstenaar van internationale allure worden genoemd?

AR: Breytenbach is ’n digter en kunstenaar, het ek gevind, wat hom nie laat inmessel deur ’n sekere teoretiese benadering nie. Dit blyk uit my navorsing dat mens meerdere teoretiese benaderings op sy werk van toepassing sou kon maak. Landskap is nie net by Breytenbach ’n uitdrukking van bewoning nie; dit is sowel ingebed in ’n tradisie van landskapkuns in die Westerse tradisie, asook van bewoning. Ook is daar sprake van ander kyke op die landskap wat nie deur dié twee sienings vasgevang word nie: die spirituele landskap, die Marxistiese landskap, die feministiese landskap en die tekstuele landskap, om enkeles te noem. Daar is iets aan Breytenbach se poësie wat ’n enkele benadering as toetssteen gebruik, maar ook weerstaan. Hierdie poëtiese meerduidigheid, dit wil sê sy vermoë om gelyktydig byvoorbeeld esteties, spiritueel, polities en taalkundig te wees, onderskei hom van meeste ander skrywers, wat slegs in een register werk.

YT: Zijn er in het ruime studiegebied aspecten die tot op heden relatief weinig aandacht kregen? Zie je krachtlijnen in de benaderingen van Zuid-Afrikaanse en buitenlandse onderzoekers, in zekere mate bepaald door onderzoekparadigma’s die in het onderzoek in de loop van de tijd verschuiven of wisselen? Waarop kan het onderzoek zich nu, na het overlijden van Breytenbach, méér toeleggen?

Er worden de komende jaren veel wetenschappelijke en essayistische publicaties, wellicht ook promotieonderzoek, toegevoegd aan een inmiddels indrukwekkend corpus van beschouwende teksten (zie de bibliografieën in de huldigingsbundel voor Breytenbach Woordenaar woordnar, 2019). Zijn er richtingen die het onderzoek bij voorkeur uitgaat, al dan niet leunend op of in kritische dialoog met bestaande studies?

AR: Daar was veel gemaak in die buiteland, spesifiek in Nederland, van Breytenbach se anti-apartheidswerk gedurende die apartheidsera. Daar was minder gefokus op sy artistieke en estetiese idioom waarbinne hy gewerk het. Die navorsingsparadigmas het verskuif van ’n sterk politiek-ideologiese fokus op Breytenbach as apartheidsversetfiguur na ’n toenemende belangstelling in sy estetiese en artistieke idioom, en ná sy dood in 2024 lê die weg oop vir meer omvattende biografiese en intermediale benaderings wat sy volle oeuvre as geheel kan omvat.

Dit is egter nie net ’n probleem wat eie was aan Breytenbach nie. Na afloop van apartheid het Suid-Afrikaanse skrywers gewonder waaroor nou geskryf kan word. Tot ’n mate het die wêreld na afloop van apartheid van Suid-Afrika se literêre bedryf vergeet.

Ek hoop van harte daar kom ’n Breytenbach-biografie. Dit moet enorm wees in omvang en daarvoor het ons ’n figuur soos Kannemeyer nodig. By gebrek aan ’n enkele omvattende biograaf, sou ’n gesamentlike kompendium deur verskeie kundige skrywers dalk die mees haalbare alternatief wees. Dalk kan daar ’n mooi kompendium geskep word deur verskeie skrywers wat elk aspekte van Breytenbach se lewe en werk skryf. Daar is belangrike navorsers oor Breytenbach se werk, wat tot so ’n projek sou kon bydra. Verbeel jou ’n biografiese kompendium, wat strek van sy geboorte in 1939 tot sy uiteindelike sterwe in 2024, die vele fasette daarvan.

YT: Wanneer het onderzoekdomein omtrent het literaire en artistieke werk wordt overschouwd, welke inzichten hebben jou als onderzoeker zelf veel bijgebracht en/of hebben de studie een bepaalde richting uitgestuurd?

AR: Jy moet self baie werk doen om Breytenbach se werk jou eie te maak. Dit is nie maklike leeswerk nie en die mate van verstaan ontglip die leser baie keer. Ek dink terselfdertyd nie dat verstaan die doel is van sy skryfwerk nie – ek glo nie hy verwag dit van sy lesers nie. Tog, wie Breyten se verse fyn lees, word beloon. Dit is een van die wonderlike dinge wat ek tydens die uitskryf van my PhD-tesis beleef het. Hierin was Hein Viljoen die ideale studieleier, aangesien hy telkens teruggeskryf het op elkeen van my analises om sodoende die standaard van die close readings net op ’n hoër vlak te plaas. Eintlik dink ek daar moet meer openbare voorlesings en gesprekke oor die digkuns wees, miskien selfs in die naam van Breyten Breytenbach. Soos Francois Lötter, voormalige direkteur van die Breytenbach-sentrum in Wellington verklaar het: “meer digdink is nodig”.

YT: Breytenbach werk is omvangrijk en uitermate veelgelaagd. Het is onmogelijk vanuit een specifiek literatuur- of kunstwetenschappelijk standpunt de (inter- en intratekstuele of intermediale) veelzijdigheid te benaderen. Zijn er invalshoeken – probleemstellingen en onderzoeksvragen – die je voor een eigen voortgezette studie overweegt?

AR: Wat beteken die begrippe “verbeelding” en “Afrika” vir Breytenbach en hoe sou die leser produktief daarmee te werk kan gaan om Afrika anders te verbeel? Hierdie vrae het betrekking op die historiese, politiese en poëtiese domeine van Breytenbach se bemoeienis met Afrika.

YT: Tot slot: Breytenbachs literaire werk is vertaald in meerdere talen en wordt mede dankzij het vertaalwerk internationaal gelezen en bestudeerd. Hoe heb jezelf, als particulier lezer of toeschouwer, het werk van Breytenbach ontdekt? Hoe verliep de eerste ontmoeting, wie heeft daar als beschouwer een bepalende rol in gespeeld? Welke teksten van Breytenbach waren voorgeschreven op school of aan de universiteit? Wat heb je zelf opgenomen op de leeslijsten voor studenten, teksten waarvan zou beslist hoogte moesten nemen? En ten slotte wat het receptieproces betreft: welke titels of kunstwerken van Breytenbach beschouw je zelf als hoogtepunten van de schrijvers- en kunstenaarsloopbaan?

AR: As ek dink aan my ontwikkeling as Breytenbach-ondersoeker, dink ek spesifiek aan Hein Viljoen. Alhoewel ons sy “Rooiborsduif” op skool gedoen het, en ek sy Lady One (99 liefdesgedigte) (2000) in my matriekjaar gekoop het, was dit te danke aan my dosent in literatuurwetenskap in 2002, wat my op die pad van Breytenbachstudies gelei het, asook dié van Jacques Derrida, maar dit is ’n ander storie. Sy uitstekende analise van Breytenbach se gedig “’n Brief van hulle vakansie” was beslis ’n kykie op die wêreld van wat ek eendag sal wil doen: gedigte fyn lees.

Watter tekste van Breytenbach ekself al van Breytenbach voorgeskryf het? Ongelukkig kan ek dit nie beantwoord nie, want self gee ek nie klas oor Breytenbach nie, wat natuurlik ’n tragedie opsigself is. Ek sou hieraan ’n hele semester of jaarkursus van kon maak. As navorser wat fokus op die poësie, sou ek die semester- of jaarkursus wy aan Breytenbach se poësieoeuvre. Dit sou elke kwartaal as deel van ’n jaarkursus fokus op ’n ander fase van sy oeuvre: die voor-tronkfase (1964–1975) soos versamel in Ysterkoei-blues (2001); die tronkfase (1975–1983) soos versamel in Die ongedanste dans: Gevangenisgedigte (2005); die ná-tronkfase (1983–1998), van Soos die so (1990) tot Papierblom (1998), en die laatwerkfase (1999–2024), van Lady One (2000) tot Hokhokaai (2021), deels versamel in Die singende hand (2016). Om die intermediale aspekte te beklemtoon, sal ek die oorspronklike voorplat-kunswerke gebruik as rigtinggewend in die ontsluiting van die bundels onder bespreking. Mens sou tesame met ’n prosa- of dramakenner ’n meer geskakeerde kursus kon uitbou.

Uit elkeen van die fases sou ek meerdere titels kon wys wat ek dink regtig goed is, maar as ek nou moet uitsonder, is Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1998). Ek is ook baie lief vir sy skryfkunsboek Boek (deel een) (1987). Natuurlik sou mens nie sonder Die ysterkoei moet sweet (1964) kan wegkom nie. Ek wil ook graag spesiale vermelding maak van Op weg na kû (2019).

Bronverwijzing

Viljoen, H. 1985. ‘Vakansiebrief’ — ’n dekonstruksie-/dekonstruktiewe lesing. Journal of Literary Studies, 1(4):53-63. https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/article/view/16116.

Lees ook:

Breyten schrijven #41: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Marilet Sienaert

Breyten schrijven #40: Postumiteiten voor Breyten. In gesprek met Alfred Schaffer

Breyten schrijven #26: Breytenbachs lyriek door de blik van dichters, conversatie met Alwyn Roux

  • 0
Verified by MonsterInsights
Top