Die volgende artikel het Voertaal via Wannie Carstens bereik. Wannie Carstens skryf hieromtrent:
Hiermee ’n interessante teks uit Zagreb in Kroasië. Toni Bandov is daar aan die universiteit ’n entoesiastiese beyweraar van Afrikaans en hy skryf in sy eie Afrikaans. Die uniekheid van die teks lê in die feit dat hy geen formele opleiding in Afrikaans gekry het nie, maar homself geleer het.
Die Voertaal-redaksie het eerstens die toestemming van Toni Bandov gevra om die artikel te publiseer en plaas die onderstaande artikel soos wat ons dit ontvang het, sonder enige taalkundige versorging:
Die departement Nederlands van die Universiteit van Zagreb in Kroasië is behoorlik jong. Ons het hierdie jaar net die tiende jubileum gevier met die organiseer van die Comenius Zomercursus vir 40 studente Nederlands uit die Comenius-regio, wat min of meer Sentraal-Europa inhou.
Ons is ook ’n klein departementjie met slegs vier medewerkers en ons het die sogenaamde "sikliese" inskrywings, wat beteken dat ons om die drie jaar 20 nuwe studente Nederlands inskryf.
Maar gelukkig is ons baie gemotiveer en die fakulteit se bestuur steun ons. Hoe dit werk kan beste gesien word in die laaste ontwikkeling op ons departement. ’n Paar jaar terug het die idee gekom dat ons eksperimenteel met ’n kollege Afrikaans begin, onder my leiding. Ek het naamlik nog tydens my studietyd ’n interesse ontwikkel vir Afrikaans en dit is deur die tyd my stokperdjie gewees. Gelukkig het die bestuur van die departement gehoor gehad en my die kans gegee dat ek daarmee begin. Die bedoeling van die kollege was eenvoudig. Ek sou aan die vyfdejaarstudente Nederlands ’n oorsig gee oor die geskiedenis van Afrikaans, sy geskiedenis, sy bande en verskille met Nederlands en as laas nog ’n bietjie ’n oorsig gee van die literatuur in Afrikaans. Die kwart van die lesse het ons taalverwerwing gedoen, in die sin dat hulle die taal leer. Ons het die handboek Colloquial Afrikaans van Bruce Donaldson gebruik en baie veel geluister om die lees van tekste te vergemaklik. Vir die res moes hulle komparatief self tot konklusies kom, net soos wat die spelreëls van Afrikaans is, hoe die grammatika verskil van die van Nederlands ens.
………
“Die vraag is natuurlik: Waarom het ons die besluit geneem? Wat beteken Afrikaans vir die Neerlandistiek en die studente Nederlands vandag?”
………
Dan kom ’n breekpunt. In die somer van 2018 tydens die IVN-kollokwium in Leuven (België) het ek voor die eers kennis gemaak met dosente en deskundiges uit Suid-Afrika. Ek het lang gesels met prof Wannie Carstens, die my veel het gehelp by die begryp van bepaalde stukke van uit die ontwikkeling van Afrikaans. Uit die onderhoude het die idee gekom dat prof Carstens ’n besoek aan ons bring tydens sy Europese toernee in die voorjaar van 2019. Ek het onmiddellik met die bestuur gepraat en sy het die groen lig gegee. By die Nederlandse Taalunie het ons befondsing gevra en hulle het gehoor gehad die projek gesteun. Ons het in kontak gekom met kollegas uit Ljubljana (Slovenië) en Belgrado (Servië) wat ook deel wou wees van die lesingstoer. Dit was vir die eers dat ons ’n gastodsent uit Suid-Afrika het gehad die ons ook in Afrikaans oor Afrikaans het vertel.
Prof Carstens het ’n belangrike invloed agtergelaat. Die bestuur het nou duidelik gesien dat daar dadelik interesse vir Afrikaans bestaan en dat ons hier, as ’n klein departement, ’n kans het met die kombinasie van Nederlands en Afrikaans.
Daarom het ons de volgende fase ingegaan. Hierdie najaar het die hervorming van die hele Fakulteit se programme begin. Dit het ons gebruik om ons band met Afrikaans te versterk en offisieel te maak. Na lang onderhoude het ons tot die volgende gekom. Ons studente Nederlands sal op die vyfde jaar van hul nagraadse studie verplig Afrikaans moet volg in twee semesters. In die eerste semester gaan hulle die geskiedenis van Afrikaans leer saam met die kultuur en literatuur. In die tweede semester lig die nadruk meer op taal, wat beteken dat daar kontrastief gaan word gewerk met Nederlands. Soos gesien kan word, beteken dit ’n grote verandering ten opsigte van ander departemente Nederlands in die regio.
………
“Een van die oorlewingskanse van die internasionale neerlandistiek berus seker in die integrasie van Afrikaans binne die kurrikulum.”
………
Die vraag is natuurlik: Waarom het ons die besluit geneem? Wat beteken Afrikaans vir die Neerlandistiek en die studente Nederlands vandag?
Ons dink naamlik dat Nederlands en Afrikaans ’n organiese geheel vorm, wat vir studente Nederlands ’n nuwe horison kan oop met die bedoeling dat die kulturele produksie in Afrikaans gelees en ondersoek word. Daarom sien ons Afrikaans nie as iets eksoties nie, maar as ’n natuurlike en vanselfsprekende gebied van interesse vir Neerlandiste. Dit is die rede waarom ons ook vir meer direkte kontakte pleit en vir meer aanwesigheid van Afrikaans opteer. Die doel is dat ons studente maklik oorskakel na Afrikaans as hulle tekste lees en dat hulle ’n begrip het van Suid-Afrika, die konteks begryp en die posisie van Afrikaans daarin.
Een van die oorlewingskanse van die internasionale neerlandistiek berus seker in die integrasie van Afrikaans binne die kurrikulum.
As ons noukeurig die sosio-ekonomiese ontwikkelinge in Europa bekyk, sien ons dan dat daar ’n stadige maar aanhoudende ontmanteling van die tradisionele geestes-fakulteite bestaan, die tale-studies word dikwels net gesien as taal-kursusse, wat die studente so spoedig moontlik aan die arbeidsmark wil stuur, sonder die kulturele kennis van ’n bepaalde taalgebied. Ons in Kroasië voel dat nog nie, maar ons kan reeds die trends sien en volg, en ons sien ’n duidelike afname in die inskrywings op die hele Fakulteit. Ons moet daarom berei wees wanneer die moment kom en die bestuur ons vra: Waarom is julle belangrik? Wat lewer julle op?
In Desember 2019 kom ook die vertaling van die boek Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk in Kroaties uit. Dit is tegelyk die eerste vertaling direk uit Afrikaans na Kroaties. Ons is momenteel in gesprek met Marlene van Niekerk en ons hoop dat sy ons in 2020 gaan besoek tydens die promosie van haar boek. En dit is ook een van die moontlikhede van ons studente, dat hulle deur interesse vir Afrikaans ook uit Afrikaans begin te vertaal.
Lees meer oor Afrikaans in die buiteland:
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Annelies Verdoolaege van die Universiteit Gent
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Jacques Van Keymeulen van die Universiteit Gent
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Rina Loader van die Universiteit Wenen, Oostenryk
Afrikaans in die buiteland: ’n onderhoud met Eep Francken van die Universiteit Leiden
Buro: MvH