Ter viering van Erfenismaand in Suid-Afrika
word die uniekheid van Afrikaans gevier.
1. Die vroegste gepubliseerde Afrikaanse woordelys is in 1844 deur ’n Nederlander, ANE Changuion, opgestel, getiteld “Proeve van Kaapsch taaleigen”.
Die uniekheid van vroeë 19de-eeuse Kaaps-Hollands word hierin weerspieël; hier is voorbeelde van woorde en hulle Nederlandse verklarings in “Proeve van Kaapsch taaleigen”:
............
2. Hier is ’n lys van lekker woorde uit verskillende Afrikaanse variëteite:
- poenankies (oulik) (Kaaps)
- kanalla (asseblief) (Kaapse Moesliemafrikaans)
- sjoekran (dankie) (Kaapse Moesliemafrikaans)
- xhoulag (uitspattig lag) (Oranjerivierafrikaans)
- xhouboe (terneergedruk wees) (Oranjerivierafrikaans)
- ntarra (vertroetel; aanmoedig) (Oranjerivierafrikaans)
- kop toe vat (ernstig opneem) (Oranjerivierafrikaans en Standaardafrikaans)
- nxa! (goed; cool; lekker) (Oranjerivierafrikaans)
- vedala (nie na wense nie) (Kaaps)
- gwarra (koggel met ’n byt) (Oranjerivierafrikaans)
- sharp (goed; reg so) (Kaaps woord met ekwivalent in Flaaitaal/Tsotsitaal)
- mos (inderdaad; immers) (Standaardafrikaans)
- entjie (sigaret) (Kaaps)
- aweh! (algemeen-gebruiklike groetvorm) (Kaaps)
- babbelas (toestand a.g.v. te veel drank) (Standaardafrikaans)
- aitsa (uiting van verrassing of skertsende lof) (Standaardafrikaans)
- eina (uitroep van pyn) (Standaardafrikaans)
- baie (’n groot aantal; veel) (Standaardafrikaans)
- nemma/nemmatjies (netnoumaar: netnou; straks; oor ’n rukkie) (Kaaps)
............
3. Waarom word Afrikaans kreools genoem? Is Afrikaans ’n Afrikataal? Inheemse taal?
............
4. ’n Koplesboek; Argentinië; Jager Afrikaner en “skindertaal”. Wat het hierdie woorde met die geskiedenis van Afrikaans te make?
............
5. “Snoeshaan”; “snotpsalm”; “soetvleisklier”; “skurwejan”; “spekstorie”. Wat beteken hierdie woorde?
............
Buro: MvH