Foto van Tafelberg: Pixabay.com
..............
Waarom word Afrikaans as ’n “kreoolse” taal bestempel?
Alle tale word deur taalkontak verander. Elke taal is “gemeng”.
Waarom dan hierdie etiket?
Luide applous vir David Kramer tydens die 2013 ATKV-Rieldansfinaal by die Liquifruit Amfiteater (Afrikaanse Taalmonument, Paarl) (Foto: Menán van Heerden)
Hiermee baie kortliks:
Kreoolse tale word histories binne baie spesifieke sosio-historiese en -ekonomiese toestande gevorm.
Byvoorbeeld die kolonialisering van Afrika-lande en Suid-Amerikaanse lande deur koloniale moondhede soos Nederland, Frankryk en Portugal tussen die vroeë sestiende eeu en laat negentiende eeu. Slawehandel het ’n sentrale rol gespeel.
Hierdie groot bevolkingsverskuiwings het nuwe vereistes vir kommunikasie geskep.
Unieke taal, unieke woordeskat. Lees meer hier.
Taalkontak tussen Europeërs, inheemse en slawebevolkings langs kuslyne en op tropiese eilande is só bewerkstellig.
In Suid-Afrika het die inheemse Khoi en vanaf 1658 ook ingevoerde slawe uit Afrika en Asië in kontak met die 1652-kolonialiste gekom. Dit het gebeur tydens die vestiging van die verversingsstasie aan die Kaap deur die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (wat, terloops as die wêreld se eerste multinasionale korporasie beskou word).
Bron: Wikimedia Commons
Tafelbaai met skepe van die Oos-Indiese Kompanjie (VOC), c 1683 (Wikimedia Commons)
Die kuslyn van Kaapstad was die eerste Suid-Afrikaanse ontmoetingspunt van verskeie tale vanuit Europa, Asië en Afrika.
Die vroeë Kaapse nedersetting was dus linguisties divers. Afrikaans het tydens die tweede helfte van die sewentiende eeu binne hierdie mileu ontwikkel.
Die ingang van die Kasteel die Goeie Hoop in Kaapstad (Foto: Menán van Heerden)
Die volgende aanhaling illustreer die kreoolse aard van Kaapstad:
The Western Cape is one of the most creolised regions of South Africa. A fulcrum between the Atlantic and Indian Ocean worlds, it has never ceased to be a site where North-South, East-West axes and the land mass of the African interior collided and intersected …
The city of Cape Town in particular is a living legacy of this entanglement of multiple worlds […] Under the sign of race, black, brown, white and all hues and shades have [...] invented a rich, syncretic social mosaic; an astonishing tapestry of human forms, an interlocking topography of cultures, sounds and senses not unlike what is to be found in places such as New Orleans in the United States or similar urban formations in the Carribbean.
(Mbembe et al, “Opinion: The Cape must embrace its rich mix”, Cape Times, 2011).
Die bekende Bo-Kaap in Kaapstad. Lees meer oor Arabiese Afrikaans en die Kaapse Moslemgemeenskap hier. (Foto’s: Menán van Heerden)
Nou is die vraag ook: Is Afrikaans ’n Afrika-taal?
Ernst Kotzé som dit effektief op:
Om Afrikaans as taal te klassifiseer, is dus ’n kwessie van norm. In die geval van ’n geografiese vertrekpunt is Afrikaans ’n Afrikataal wat hier ontstaan en ontwikkel het en die naam van die vasteland weerspieël (die enigste taal in Afrika waarby dié kenmerk voorkom).
In die geval van ’n genealogiese benadering is dit ’n Indo-Germaanse taal (verlangs selfs verwant aan Hindi), en meer spesifiek Wes-Germaans, wat onderlinge verstaanbaarheid met tale soos Nederlands en (in ’n mindere mate) Duits moontlik maak.
Vanuit ’n kreoliseringsbenadering het Afrikaans voortgekom uit ’n kontaksituasie waarin sprekers van sowel verwante as onverwante tale hulle stempel gelaat het op dit wat uiteindelik deur hulle nageslag as moedertaal oorgedra is. Die variasie wat Afrikaans weerspieël, is in ’n groot mate ook die gevolg daarvan.
Geopolities is Afrikaans ’n inheemse taal van Suid-Afrika, met al sy variëteite, en deel die leefruimte met tale wat genealogies as Sintu-tale beskryf kan word.
..............
Bronne:
- Die klassifikasie van Afrikaans (Ernst Kotzé, 2018)
- https://www.amazon.com/Dutch-East-India-Company-Multinational/dp/1543295371
- https://www.cairn-int.info/article-E_RFLA_101_24--do-creole-languages-constitute-an-except.htm
- https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/100364
Lees ook
Buro: MvHKitsfeite oor Fanakalo, die taal van die Suid-Afrikaanse myne