Jan van Riebeeck en Krotoa se tyd: 10 verrassende feite

  • 0

Ter viering van die jaarlikse Erfenisdag in Suid-Afrika op 24 September, lig Menán van Heerden 10 feite uit oor die vroeë Kaapkolonie.

Insluitend: die oorsprong van taboe-woorde; die “regte” Jan van Riebeeck; Simon van der Stel se Oosterse wortels; en die vroeë Kaap se sosiale struktuur.

..........

1. Drie Khoi-Khoi tolke, Krotoa, Autshumato en Doman, was waardevolle tussengangers tussen die Europeërs en Khoi-Khoi.

2. Tydens die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC)-era was 65 000 slawe na die Kaap gebring. Die eerste slaweskepe het in 1658 aangeland. Teen die einde van die 18de eeu (rondom 1790) was daar meer slawe (26 000) as vryburgers (20 000).

3. Die uitbeelding van Jan van Riebeek op ou Suid-Afrikaanse geldnote is nie Van Riebeeck nie, maar Bartholomeus Vermuyden.

4. Simon van der Stel, wat in 1679 die Kaapse kommandeur geword het, se ma, Maria Lievens, is in Batavia (Jakarta, Indonesië) gebore. Maria se pa was ’n Nederlandse seekaptein en haar ma was Monica da Costa, ’n inheemse Oosterse vrou.

5. “Die taboe-woord naai vir seksuele omgang kom van die Maleis-Indonesiese woord vir ’n Nederlandse burger se Asiër-skelmpie.”

6. Die samelewing aan die vroeë Kaap was in amptelike kategorieë geplaas: Kompanjie-dienaars, vryburgers, slawe en “vreemdelinge”. Hierdie statutêre groepe het die volgende bepaal: grondbesit, verblyfreg, die reg tot vrye beweging en militêre diens.

7. “Toe die VOC die Kaap in 1652 stig, is dit onder die gesag van sowel die Kompanjie se direkteure in Amsterdam (die Here Sewentien) as die Raad van Indië in Batavia geplaas. Die Kaap is tot 1731 in wese uit Batavia regeer.”

8. ’n Mens kan die VOC die eerste multinasionale korporasie ter wêreld noem.

9. Die Kaap se koskultuur is (ook) deur die Ooste beïnvloed, insluitend bobotie, sosaties, blatjang en samoesas, en speserye soos kaneel, peper, naeltjies, gemmer, borrie en saffraan.

10. Vandag is die woord “k*f**r ’n hoogs pejoratiewe, rassistiese woord. Volgens Merriam-webster.com kan regstappe geneem word teen mense wat die woord rassisties gebruik.

(Dit word nie in hierdie konteks as rassisties bedoel nie; die historiese oorsprong en vroeë gebruik van hierdie woord word hier uitgelig.)

Histories gesproke was hierdie woord anders gebruik, naamlik, vir “slawe uit Indonesië wat in die Kompanjie se tyd as polisiemag opgetree het”. Hierdie slawemag “was die fiskaal of staatsaanklaer se uitvoerende arm”. Hulle was in “spesiale polisie-uniforms met onderbaadjies geklee” en “hulle was die enigste slawe wat gewapen was”.

Die oorsprong van hierdie woord is Arabies. Dit beteken  “ondankbaar”; mense was so beskou as hulle nie in Allah geglo het nie. Volgens Merriam-webster.com beteken kāfir ongelowige.

  • Hierdie artikel is deel I van Voertaal se Komvandaan-reeks.
Lees ook:

Afrikaans: 10 kitsfeite

Afrikaans: nog 10 kitsfeite

Afrikaans se komvandaan: 12 verrassende feite

Hoekom word Afrikaans "kreools" genoem?

Lekker Afrikaanse woordeskat: kanalla, poenankies, nxa!

Kitsfeite oor Fanakalo, die taal van die Suid-Afrikaanse myne

Buro: MvH
  • 0
Verified by MonsterInsights
Top