Annemarié van Niekerk

Annemarié van Niekerk woon in Den Haag. Sy is boekresensent by die Nederlandse dagblad Trouw en skryf rubrieke vir die Belgiese tydskrif Streven – Cultureel Maatschappelijk Maandblad. Sy doen ook vryskutwerk vir Suid-Afrikaanse koerante en tydskrifte, manuskripkeuring en -redigering vir uitgewers, en vertaalwerk. Sy tree dikwels op as begeleier van nuwe skrywers en digters, en as eksterne eksaminator vir nagraadse studies oor literatuur. Voor haar verhuising na Nederland in 2004 was sy ‘n universiteitsdosent in Suid-Afrika en redakteur by Kwela Boeke in Kaapstad.

Sy is die outeur van Raising the blinds – A century of South African women's stories (1990), Vrouevertellers 1843–1993 (1994), The torn veil. Women's short stories from the continent of Africa (1998), en saam met Pieta van Beek medeskrywer van My mother’s mother’s mother, South African women’s writing from 17th-century Dutch to contemporary Afrikaans (2019, Leiden University Press). Sy is die vertaler (Nederlands na Engels) van Star authors in the Age of Romanticism (2018, Leiden University Press) deur Rick Honings. Sy is tans besig met die boek Om het hart terug te brengen (outofiksie) wat in 2021 by Atlas Contact, Amsterdam uitgegee word.

In 1999 verwerf Annemarié haar PhD aan die Universiteit van die Witwatersrand. Sy het al verskeie bydraes tot akademiese boeke en publikasies gelewer, onder andere Edinburgh University Press se A historical companion to postcolonial literatures: Continental Europe and its empires (2008) onder die afdelings “The Netherlands and its colonies”, “Anti-colonial resistance”, “Creolisation and creoleness”, “Critique of imperialism/anti-colonialism”, “Narratives of Empire”, “Race and language in South Africa” en “Women's histories”. Haar akademiese bydraes is veral op die gebied van Women’s Studies in Literature.

Sy is getroud met die Nederlandse literator Jaap Goedegebuure, en is die ma van Stephan Avis (1998).

Foto: Menán van Heerden

"Waarom Geert?" ’n Swart week vir die Nederlandse politiek

Annemarié van Niekerk In het nieuws 2023-11-28

"Verlede week was ’n swart week vir die Nederlandse politiek toe Geert Wilders se regspopulistiese PVV in die Tweede Kamer-verkiesing ’n verpletterende oorwinning behaal het."

Openingstoespraak: tentoonstelling Ingrid Jonker ‒ Literatuurmuseum, Den Haag

Annemarié van Niekerk Meningen 2022-08-31

"Zou Ingrid Jonker vrede hebben gehad met dit Haagse thuis?" Annemarié van Niekerk hield een toespraak bij de opening van de Ingrid Jonker-tentoonstelling in het Literatuurmuseum in Den Haag, Nederland op 27 augustus 2022.

Rushdie gebruik verbeelding om die vrye woord te verdedig

Annemarié van Niekerk Actueel 2022-08-17

"Volgens hom (tereg ook) moet literêre verbeelding altyd grense opsoek en verkieslik ook grense oorskry: die grens tussen 'normale' werklikheid en ongeremde fantasie, die grens tussen konvensionaliteit aan die een kant en spot en satire aan die ander kant, die grens tussen ’n bepaalde en vasgelegde identiteit versus bewegingsvryheid van die migrant en wêreldburger wat oral maar ook nêrens tuis is nie."

Annemarié van Niekerk se reis na SA se moorddadige hart

Annemarié van Niekerk, Melt Myburgh Literatuur 2021-11-03

"Die boek is ’n aangrypende, ontstellende verkenning van die oorsake en omvang van die enorme geweld wat in Suid-Afrika aan die orde is, en Van Niekerk bou die narratief rondom plaasmoorde wat op Ida in die Oos-Kaap plaasgevind het." – Melt Myburgh in gesprek met Annemarié van Niekerk oor Om het hart terug te brengen."

"Ik hou van het leven": Een interview met Astrid H. Roemer

Annemarié van Niekerk, Astrid H. Roemer Interviews 2021-04-08

Schrijver Astrid H. Roemer ontvangt dit najaar de Prijs der Nederlandse Letteren 2021. Roemer is de eerste auteur uit Suriname (Zuid-Amerika) die bekroond wordt met de Prijs der Nederlandse Letteren. 

Marieke Lucas Rijneveld se The discomfort of evening: wenner van die 2020 International Booker Prize

Annemarié van Niekerk Literatuur 2020-08-28

Hierdie week is Rijneveld as die 2020-wenner aangewys vir haar roman The discomfort of evening (oorspronklike Nederlandse titel: De avond is ongemak, 2018). Met hierdie toekenning is Rijneveld nie net die jongste wenner ooit van hierdie prys nie, maar is dit ook die eerste keer dat dié prys vir ’n debuutroman toegeken word, asook die eerste keer dat hierdie eer ’n Nederlandse skrywer te beurt val.

Verified by MonsterInsights
Top