Ena Jansen

Ena Jansen het aan die Universiteit van Stellenbosch en Utrecht gestudeer en was 16 jaar lank verbonde aan die Departement Afrikaans en Nederlands van die Universiteit van die Witwatersrand. Ena was hoogleraar in Suid-Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van Amsterdam, dosent in moderne Nederlandse letterkunde aan die Vrije Universiteit van Amsterdam en ook Navorsingsgenoot aan die Universiteit van Johannesburg. Sy het gepromoveer op haar werk oor Elisabeth Eybers, en haar boek oor die digteres, Afstand en verbintenis, het in Suid-Afrika sowel as in Nederland verskyn.

Ander boeke is onder andere Praktiese Nederlands (saam met Gerrit Olivier), twee Blokboeke oor romans van Karel Schoeman, Boer en Brit (’n bloemlesing met Afrikaanse en Nederlandse tekste uit en om die Boereoorlog, versamel en ingelei saam met Wilfred Jonckheere; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes), Briewe uit ou Transvaal (deur die Nederlandse onderwyser Jan Hoogeveen uit die ZAR aan sy vrou op Urk; versamel en ingelei; in Afrikaanse en Nederlandse uitgawes), My ma se ma se ma se ma (saam met Riet de Jong-Goossens en Gerrit Olivier; ’n geredigeerde bundel met lesings uitgespreek toe Ena 5 jaar UvA-hoogleraar was) en Soos familie. Stedelike huiswerkers in Suid-Afrikaanse tekste (Protea Boekhuis, 2015). ’n Herdruk van Soos familie en die Nederlandse vertaling Bijna familie (Cossee) het in 2016 verskyn. Anna Barry se Boereoorlogdagboek Ons Japie (met ’n voor- en nawoord deur Ena) het ook in 2016 by Protea verskyn. 

Foto: Menán van Heerden

Marlene Dumas skenk portret van Elisabeth Eybers aan Wits-kunsmuseum

Menán van Heerden, Ena Jansen Interviews 2024-02-20

Marlene Dumas het haar portret van Elisabeth Eybers (1915–2007) aan die Wits-kunsmuseum (WAM) se permanente versameling geskenk. Menán van Heerden gesels met Ena Jansen oor Elisabeth Eybers en die skenking.

Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023

Ena Jansen Literatuur 2023-08-14

"Dis dag een van die tiendaagse Letterkundetoer deur Marieta Nel en Karin Tomlinson georganiseer. Elisabeth Eybers (1915–2007) is die vanselfsprekende eerste fokuspunt."

Die tienduisend dinge: Ena Jansen vertel van haar Afrikaanse vertaling van Maria Dermoût se groot werk

Willem de Vries, Ena Jansen Interviews 2022-04-08

Hoewel Maria Dermoût (1888–1962) se verhale in haar leeftyd en in Engelse vertaling as gehaltewerk gereken is, is dit veral weer die afgelope dekade dat dit in Nederland opmerklik nuwe aandag kry, vertel Ena Jansen aan Willem de Vries. Haar Afrikaanse vertaling van Dermoût se tweede roman, De tienduizend dingen, as Die tienduisend dinge het pas verskyn.

Elisabeth Eybers, die vrou met ’n blou fiets in Amsterdam

Ena Jansen, Melt Myburgh Interviews 2021-08-13

"Ek ken min mense wat so lekker grappe kon vertel soos sy! Sy geniet dan altyd self die 'punchline' en kyk stralend as mens lag." Ena Jansen, samesteller van die jongste Elisabeth Eybers-bloemlesing Immigrant, vertel van haar vriendskap met die digter.

"Die bestaanheid is genoeg" – ’n onderhoud met Elsa Joubert

Ena Jansen Literatuur 2020-06-24

"Op 6 November 2017 het ek op versoek van die Stellenbosse Woordfees-organisasie ’n onderhoud met Elsa Joubert in haar woonstel in Berghof, Hofstraat, Kaapstad gevoer."

Ena Jansen se Soos familie / Bijna familie in woord en beeld by Toyota US Woordfees 2020

Marli van Eeden, Ena Jansen Kunst 2020-03-10

Beleef Ena Jansen se baanbrekersboek Soos familie / Bijna familie (Nederlandse vertaling) oor die rol van huiswerkers in die Suid-Afrikaanse geskiedenis en letterkunde in woord én beeld by vanjaar se Toyota US Woordfees. Feesgangers kan kyk na ’n unieke kunsversameling (> 15 Maart 2020; rondleidings: 11 en 13 Maart 2020), byeengebring deur die Rupert Museum se direkteur, Robyn-Leigh Cedras, en Eliz-Marie Schoonbee, met van die oorspronklike werke wat in die boek gewys word.

Verified by MonsterInsights
Top