Monique Rabé

Monique Rabé is in Johannesburg gebore. Sy matrikuleer in 2014 aan die Hoërskool Monument, waarna sy haar studie aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus voortsit en in 2021 ’n meestersgraad in linguistiek en literêre teorie met onderskeiding behaal. Sy is vanaf 2016 werksaam by die Noordwes-Universiteit, waar sy tot 2021 as dosent in akademiese geletterdheid en taalpraktyk werk. Monique werk deesdae as taalpraktisyn vir Solidariteit Helpende Hand en Maroela Media in Centurion.

  • Foto: verskaf

Vierde Afrikaans Grammar Workshop lok ongeveer 50 plaaslike en internasionale taalkundenavorsers

Monique Rabé Over taal 2023-12-07

"Baie van die aanbiedings het ook die Afrikaanse grammatika vergelyk met dié van ander Germaanse of onverwante tale, en veral die invloed van taalkontak op hedendaagse grammatikale variasie in Afrikaans is op die voorgrond geplaas."

Hoe wend voorskoolse Afrikaans-Nederlandse kinders kodewisseling aan?

Monique Rabé Academisch 2021-10-31

Monique Rabé se meestersgraad in linguistiek en literêre teorie fokus op die wisseling tussen Afrikaans en Nederlands in tweetalige, voorskoolse kinders se spraak. Dié kinders is almal in Suid-Afrika woonagtig, en hulle word volledig vanaf geboorte tweetalig in Afrikaans en Nederlands grootgemaak. Sy sit die bevindinge van haar studie kortliks uiteen.

Een-maal-in-’n-leeftyd-geleentheid: Taalunie Zomercursus Nederlands

Monique Rabé Academisch 2020-02-19

"In Augustus 2019 het ’n groep van 120 internasionale studente van 30 lande bymekaargekom om vir twee weke lank die Taalunie Zomercursus Nederlands (TZN) by die Universiteit Gent in België by te woon. Die oogmerk van hierdie kursus is om aan studente wat Nederlands aan ’n universiteit in die buiteland studeer die geleentheid te bied om hulself te verdiep in die Nederlandse en Vlaamse taal, kultuur en beroep. Dit bied dit ook ’n besondere geleentheid om medestudente van oral oor die wêreld te leer ken, asook netwerke en vriendskappe te bou wat nooit andersins moontlik sou gewees het nie."

Eerste studie van sy soort: kodewisseling onder Afrikaans-Nederlandse voorskoolse kinders

Cliffordene Norton, Monique Rabé Academisch 2020-02-12

"Ek poog ook om die samewerkingsband tussen Afrikaans en Nederlands verder te versterk."

Oproep: Afrikaans-Nederlandse kinders in Suid-Afrika gesoek vir deelname aan Meestersstudie

Monique Rabé Academisch 2020-01-20

Ek is op soek na minstens agt tot tien voorskoolse kinders tussen die ouderdomme 3 en 6 wat in Suid-Afrika woonagtig is, en vanaf geboorte volledig tweetalig in Afrikaans en Nederlands grootgemaak word.

Verified by MonsterInsights
Top