Persverklaring en aankondiging: Wenner van die Van Ewijck Stigting se prestasieprys 2025
2025-12-11Alfred Schaffer, digter en akademikus, is vanjaar se wenner van die Van Ewijck Stigting se prestasieprys vir die bevordering van die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland.
Persverklaring: Ena Jansen, brugbouer en literêre bemiddelaar tussen die Suid-Afrikaanse en Nederlandstalige letterkundes
2025-11-24In hierdie aflewering van Samespraak staan die werk van Ena Jansen sentraal: ’n vertaler, literatuurwetenskaplike en brugbouer tussen twee letterkundige tradisies.
Persverklaring: Intreerede deur Jolyn Phillips: "Bientang, ’n !nau-epos: die reis van ’n digter-navorser" (5 Desember 2025)
2025-11-20Hierdie referaat gaan by Het Gentse Centrum voor het Afrikaans en de studie van Zuid-Afrika (Universiteit van Gent, België) op 5 Desember 2025 gelewer word. Jolyn Phillips ondersoek die verhouding tussen haar Afrikaanse epos Bientang en die rolle van ’n digter-navorser wat met argief- en inheemse kennis omgaan.
Persverklaring: Prestasieprys van die Van Ewijck-Stigting weer beskikbaar
2025-11-05Daar kan weer aansoek gedoen word vir die Van Ewijck-Stigting se Prestasie-prys van R100 000. Dit is ’n prys vir bewese prestasies wat reeds gelewer is en verband hou met die doelstellings van die Stigting, naamlik om die kulturele betrekkinge tussen Suid-Afrika en Nederland in die ruimste sin te bevorder.
Uitnodiging: Samespraak, 30 Oktober 2025
2025-10-22Samespraak bied op 30 Oktober 2025 via Zoom ’n gesprek aan oor die raakvlakke tussen Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur.
Persverklaring: Intreerede – Stephanus Muller (22 Oktober 2025)
2025-10-15Die intreerede van die eerste van die twee bekleërs van die Leerstoel Suid-Afrika: Tale, letterkundes, kultuur en samelewing 2025–26 vind op 22 Oktober 2025 by die Gentse Sentrum vir Afrikaans en die Studie van Suid-Afrika plaas.
Uitnodiging: Lesing en gesprek, Diktee vir Afrikaans op 4 Okober 2025 by SASNEV
2025-09-28Die SAVN bied die openbare lesing van die wisseldosent, Agnes Andeweg, aan op Saterdag 4 Oktober 2025. Die tweede deel van die uitnodiging is vir die Eerste Diktee vir Afrikaans op inisiatief van SASNEV se voorsitter, Jan Mutton.
Invitation to join the European Film Festival South Africa
2025-09-22You can book directly via our cinema partners and a curated selection of films will also be available to stream online throughout Southern Africa.
Persverklaring: Eerste Diktee vir Afrikaans
2025-09-06Die eerste Diktee vir Afrikaans is vir graad 10- en 11-leerders. Die Nederlandse Taalunie stel drie groot pryse beskikbaar: R3000 vir die wenner, R2000 vir die naaswenner en R1000 vir die leerder wat derde eindig. Slegs die eerste 60 inskrywings word aanvaar, ’n maksimum van drie leerders per skool. Skryf dus onmiddellik in om teleurstelling te vermy.
Uitnodiging: Yves T’Sjoen en Willie Burger in gesprek oor De ontdekking van het eiland: breytenbachiana
2025-08-16U word hartlik uitgenooi na die volgende byeenkoms: Yves T’Sjoen en Willie Burger tree in gesprek oor De ontdekking van het eiland: breytenbachiana.