Actueel
Grondwetlike stryd oor sekswerk bereik kookpunt in hof
2025-09-02"Sekswerkers word dikwels slagoffers van geweld en word blootgestel aan gesondheidsrisiko’s as gevolg van die feit dat die bedryf ongereguleerd is."
Cyril se flopondersoek
2025-08-29"Ongeag die remediërende stappe wat deur Ramaphosa en Kubayi geneem is, is dit steeds ’n verleentheid vir die president – en die land – dat hierdie struikelblok nou in die pad van die kommissie se ondersoek na Mkhwanazi se bewerings gekom het."
Veediefstal ruk Suid-Afrika se landbousektor
2025-08-29"Sihlobo sê landbou is ’n noodsaaklike sektor van die land se ekonomie, met groot potensiaal vir werkskepping en verbetering van ekonomiese toestande in landelike Suid-Afrika; daarom is dit noodsaaklik om te verseker dat boere in ’n veilige en gesonde omgewing werk."
Huisbraak boaan lys van huishoudelike misdaad in Suid-Afrika
2025-08-28"In die afgelope jaar het ’n verdere byna 846 000 mense slagoffers geword van diefstal op hul persoonlike eiendom, volgens die jongste opname van Statistieke SA (Stats SA)."
Hope nuwe politieke partye in volgende jaar se munisipale verkiesing
2025-08-27"Die groeiende aantal partye in Suid-Afrika kan gesien word as ’n bewys van ’n lewendige en diverse demokrasie, maar hierdie stortvloed partye skep ook beduidende uitdagings."
McKenzie se Patriotiese Alliansie word gebombardeer met skandale
2025-08-26"Die minister van sport, kuns en kultuur, Gayton McKenzie, en sy politieke party, die Patriotiese Alliansie (PA), bevind hulle midde-in ’n reeks omstredenhede."
Onsekerheid en kommer na ontbinding van SA Toerismeraad
2025-08-22"SA Toerisme het in die 2024/25-boekjaar slegs 89% van sy doelwitte bereik, terwyl hy sy begroting met R24,1 miljoen oorskry het."
Laat die dialoog begin!
2025-08-21"Genade, sou ’n mens kon sê, die ANC het oor die afgelope drie dekades álles beheer wat die swart kind in staat moes gestel het om teen hierdie tyd beter vooruitsigte te kon geniet. Waarom het dit nie gebeur nie? Korrupsie. Gulsige mense wat net nie genoeg kan kry nie; wat net meer en meer wil hê."
Amerika ook warm onder die kraag oor SA-weemaghoof se uitlatings
2025-08-21"Die Amerikaanse regering wil glo duidelikheid hê oor Suid-Afrika se beleid teenoor Iran ná die wyd gepubliseerde kommentaar van Maphwanya, tydens sy reis na Iran."
Valke trek renosterhoring-sindikaat vas
2025-08-20"Die feit dat die verdagtes deur ’n stelsel van vervalste permitte kon opereer, toon die groot uitdaging waarmee wetstoepassers gekonfronteer word."
Skeptisisme oor dialoog duur voort, Ramaphosa pleit vir insluiting
2025-08-19"Ramaphosa sê in sy nuusbrief die uitkomste van elk van die komende dialoë sal opgeneem en saamgevoeg word op ’n spesiale digitale platform. Daar sal ook meganismes wees om diegene sonder toegang tot die tegnologie in staat te stel om die uitkomste van hul dialoë in te dien."
Suid-Afrika slaan vure dood na weermaghoof se uitsprake
2025-08-15"Terwyl die regering probeer om die voorval af te maak as ’n geïsoleerde fout, beklemtoon dit die uitdagings in die koördinasie van buitelandse beleid binne die regering."
Suid-Afrika verwerp VSA se verslag oor verslegting van menseregte in SA
2025-08-14"Onder die Trump-administrasie maak die verslag geen melding van kritiek op bondgenote soos Israel en El Salvador of van Gaza se menseslagting of humanitêre krisis nie, terwyl dit harder kritiek uitspreek teen lande soos Suid-Afrika en Brasilië, met wie Washington koppe stamp."
"Suid-Afrikaners wil praat, maar nie met Ramaphosa nie"
2025-08-13"Minstens agt organisasies en ’n stuk of sewe politieke partye het reeds hul teenstand teen, of onttrekking aan, die Nasionale Dialoog uitgespreek."
Die poppe dans
2025-08-12"Oor twee jaar en vier maande – in Desember 2027 – kies die ANC nuwe leiers en kan ’n verandering in die verhouding tussen die ANC en sy 'radikale' bondgenote geskied, afhangend van wie as Ramaphosa se plaasvervanger aangewys word."
Regering stoom voort met Nasionale Dialoog ondanks groeiende kritiek en onttrekkings
2025-08-12"Die Nasionale Dialoog, wat aanvanklik as ’n burgergedrewe inisiatief aangekondig is, beoog om Suid-Afrikaners uit alle lae van die samelewing saam te bring om gemeenskaplike oplossings vir die land se uitdagings te vind."
Minister publiseer Bela-wet se eerste regulasies
2025-08-08"Die gepubliseerde regulasies hou verband met sleutelbepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet rakende kapasiteit en toelatings."
Wes-Kaap belê miljoene om veldbrande te bekamp
2025-08-07"Die Wes-Kaap se Mediterreense klimaat, met droë somers en sterk winde, skep ideale toestande vir veldbrande. Klimaatverandering vererger hierdie risiko’s deur langer droogtes en intense hittegolwe te veroorsaak."
Parlement begin met ondersoek na polisiekorrupsie
2025-08-06"Met Lekganyane aan die stuur sal die komitee nou sy opdrag finaliseer en getuienis begin insamel. Die parallelle geregtelike kommissie onder Madlanga sal tussentydse verslae ná drie en ses maande lewer."
Suid-Afrika moet vinnig aanpas in ’n onstuimige handelsomgewing
2025-08-05"Invoere uit Suid-Afrika, die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder, het ’n gaping gevul en bygedra tot stabiele aanbod en pryse vir Amerikaanse verbruikers."