Die “vinnige” opsie na St Ives as jy nie wil padlangs nie.
Een dag lank, lank gelede lees ek toevallig met navorsing oor Bill Bryson se nuutste boeke vir daardie jaar, Shakespeare: the world as stage en The life and times of the thunderbolt kid, van St Ives in Cornwall. Bryson was een van die beoordelaars waarin The Guardian die dorpie aanwys as beste kusdorpie in die Verenigde Koninkryk. Om bykans 17 jaar later dié titel se omvang eerstehands te ervaar, was ’n heerlike voorreg.
Poskaartmooi dorpies flits tydens ons treinrit verby.
Ja, ek weet: 2007 is nie so lank, lank gelede nie, maar as jy mooi dink oor wat die afgelope bykans twee dekades alles oor ons pad gebring het, voel dit soos baie lank gelede: ekonomiese inploffing, nuwe terroristegroepe, 9/11, oorloë, verskillende virusse en natuurlik die pandemie.
So met oorklim en vertraagde en gekanselleerde treine langs, is St Erth amper ons laaste stasie.
Terug by St Ives. The Guardian berig op 13 Julie daardie jaar dat die “Corniese kultuur-hoofstad hoë punte kry vir sy strande, ongerepte uitsigte, opwindende wandelinge op die kranspaadjies ... en natuurlik sy kulturele aanbiedinge en ontluikende nuwe kunstalent, sowel as die Tate Gallery (wat spesialiseer in moderne Cornish-kuns) en die Barbara Hepworth-museum en Beeldetuin”.
Sommige tonele by die treinvenster uit is amper argitektonies mooi.
Baie om na uit te sien op ons 10 dag wegbreek daarheen.
Pain au raisin en pain au chocolat, soms ook die Portugese vla-lekkerte
Dis ysig toe ons op die klein stasie staan wat hoog bo die dorpie lê. Die vyf uur en 13 minute rit van Londen af het heelwat langer geduur, danksy stakende treinpersoneel, en ons moes twee maal onverwags by ’n stasie afklim om vir ’n ander trein te wag. Dit het bykans die hele dag op die trein geverg, maar genadiglik kon ons kort-kort tee koop en ook ons padkos op ’n tafeltjie tussen ons geniet, terwyl ons kaart speel en die poskaartmooi tonele verbyflits.
Elke dag stap ons by Bob Marley se woorde verby.
Die strand is laatmiddag vol stappers met honde en frisbees en laggende kinders wat soos klein Michelin-mannetjies in hul pofferige baadjies rondwaggel.
Wat wag hier?
Onder ons lê die historiese ou dorpie en mens kan net wonder hoeveel mense al hier op die uitkykpunt by die stasie vertoef het voor hulle die dorpie gaan verken het, of met hul vertrek.
Ons koop heerlike marmelade en asyn by Sophie’s Touch by die plaasmarkie in die gemeenskapsaal. Sophie doen alles met ’n Mediterreense inslag en gee ook Franse klasse.
Ek kan verstaan hoekom die dorpie nie net gewild is onder toeriste nie, maar ook onder kunstenaars. Mens wil sommer na jou potlode en waterverf gryp.
’n Bietjie agtergrond oor die dorpie
Ons sleep-dra ons swaar tasse teen die heuwel af na ons verblyf. Gou speel die musiek, die kersies brand en die Cornwall-wyn wat ons gasvrou gelos het, is geskink.
Gelukkig kon die onsigbare man nie ons ponde aanvaar nie en ons het maar net die foto geneem en aangestap!
Die dae kry vinnig ’n gemaklike vakansieritme. Ons dakvensters bepaal die weer: Is dit grou en reënerig, gaan net een van ons uit na die oulike St Ives Bakery in Forestraat vir ons daaglikse suurdeegbrood.
Die St Ives Museum bied ’n goeie oorsig oor die lewe hier aan die Cornwall-kus.
Ná ontbyt neem ons die bus na ’n naburige dorpie om te gaan ontdek. St Ives se ligging op die kus van die Keltiese See is lekker sentraal en jy kan elke dag ’n totaal ander ervaring in ’n buurdorpie geniet. Ons het altyd soutgebak van die bakkery in ons rugsak as ons langs die pad knagerig word. My man se gunsteling is die skerp Steak n Stilton en ek hou van die Cheese n Vegetable. Langs die pad koop ons iets warms te drinke en sit ons ontdekkingsreis voort.
As jy op die hawemuur gaan stap of langs die see sit, is die seevoëls gretig by om krummels te aas.
As die weer mooi is, stap ons altwee bakkery toe. Dan kies ons pain au raisin en pain au chocolat, soms ook die Portugese vla-lekkerte, en stap hawe toe vir wegneemkoffie by Yallah Coffee Roasters en sit op een van die bankies en kyk hoe die dorpie ontwaak. Daar word sypaadjies gevee, tafeltjies afgestof, stoele uitgedra en die getye bring bootjies in of groet hulle by die bek van die hawe uit. Seevoëls krys in die lug en kom bedel vir krummels.
Draf in vir drankies by die bekroonde Ugly Butterfly-restaurant en kroeg in Carbisbaai, wat besit word deur sjef Adam Handling.
Klein galerye in ou kerksale, hawegeboutjies en klipmure gooi luike oop en pak hul kuns uit. Elke dag stap ons verby die straatkuns met Bob Marley se aanhaling: “The greatness of a man is not in how much wealth he acquires but in his integrity and his ability to affect those around him positively.”
Die Cornwall-kuslyn is vol verlate tinmyne en oral steek skoorstene soos hierdie een bo die grond uit, wat verklap dat daar ’n hele netwerk tonnels onder die grond is.
Nadat ons onder andere by die Eden-projek, die Bodmin-tronk, Land’s End, The Hanging Gardens of Heligan, Jamaica Inn en verskeie verlate tinmyne en die Geevor tinmynmuseum in Pendeen gekuier het, is dit tyd vir Penzance.
Die een piepklein bakkerytjie in ’n systraatjie The Makers het net plek vir twee mense voor die toonbank en ons koop die lekkerste Cornish pasties daar met varkvleis en bosbessies.
Die dorpie het ’n oulike kunsgalery, verskeie ou winkeltjies en ’n baie mooi katedraal, maar ons wil graag vir St Michael’s Mount (Cornish: Karrek Loos yn Koos) ervaar. Dis ’n gety-eiland in Mountbaai by die klein dorpie Marazion en kan te voet bereik word as dit laagwater is. Daar is ’n kasteel en kerkie en baie mense sê dis soortgelyk aan Mont-Saint-Michel in Normandië in Frankryk, hoewel Mont-Saint-Michel baie hoër is en die gety-effek baie duideliker sigbaar is.
St Ives is prentjiemooi en mens verstaan hoekom soveel kunstenaars hierheen verhuis.
St Michael’s Mount is een van 43 onoorbrugde gety-eilande waarheen jy vanaf die vasteland van Brittanje kan stap. ’n Deel van die eiland is in 1995 aangewys as ’n terrein van spesiale wetenskaplike belang vir sy geologie. Seehoogte kan met tot ongeveer vyf meter verskil tussen laag- en hoogwater.
Die klein St Nicholas-kapelletjie op ’n heuwel is in 1911 na sy vorige glorie herstel en weer in 1971.
Ons tref dit twee maal ongelukkig en kan nie die eiland besoek nie: Die eerste keer is die weer so sleg dat jy nie eers die eiland kan sien nie en ons hoor die besienswaardighede is dus vir die dag gesluit en die tweede maal is die gety teen ons. Ons sit toe maar op die bankie en kyk na die mooigeit in die verte.
The Guardian se beoordelaars het in 2007 die ruwe kuslyn en ongerepte uitsigte as deel van St Ives se bekoring uitgelig.
Ons ontdek die mooie Cornish Tinkture Rose Gin in ’n outydse bruin apteekbottel wat jy weer kan vul met hul hervulbare sakke. Die bottel se wye bek is spesiaal gekies vir hervul. Dit is ons sonsakdrankie vir die tyd dat ons in St Ives kuier en ook ons huis-toe-bring-drankie om die vakansieherinneringe langer te laat talm. Dit word in Penzance gedistilleer en is net dié drankie as jy jou voete wil ruskans gee in ’n klein pub onderweg.
Daar het jy dit: Dis waar alles begin het.
Natuurlik moet jy ’n pint gaan drink by Sloop Inn wat glo uit 1312 dateer en nog ’n rooi telefoonhokkie in die buite-area het. Dit is blykbaar een van die oudste herberge in Cornwall, hoewel die huidige gebou uit die 17de of 18de eeu dateer.
As jy soggens vroeg bakkery toe stap, is die meeste mense nog in hul huise en die stilte in die strate ’n welkome lafenis.
Smiddae teen sonsak is ons terug vir ’n bietjie ontdooi en drankies by die huis voor ons koers kies dorp toe vir iets om te eet. Die dorpie se restaurantaanbieding is legio en met ons kuier kon ons maar net ’n paar plekkies geniet, waaronder lekker seekospasta langs die see by Porthminster Kitchen; vis en skyfies in ’n bierdegie by By the Sea Seafood & Chips wat een van die VK se top-10 in die nasionale Fish & Chip-toekennings vir 2023 was; karringmelk-hoender met knoffelmayo-burgers by The Rum & Crab Shack; lekker pizzas by die hotelletjie en pizzeria Host op die hoek, wat deur Bloemfonteiners besit word en ten minste een maal per dag Cornish soutgebak (pasty) met vark of bees, sprietuie, aartappel, soms knoffel, soms spek.
Natuurlik moet jy ’n pint gaan drink by Sloop Inn wat glo uit 1312 dateer en nog ’n rooi telefoonhokkie in die buite-area het. Dit is blykbaar een van die oudste herberge in Cornwall, hoewel die huidige gebou uit die 17de of 18de eeu dateer.
Die een piepklein bakkerytjie in ’n systraatjie The Makers het net plek vir twee mense voor die toonbank en die meeste mense stop net voor die deur, toet een of twee maal en die gebak word sommer deur die venster aangegee en betaal. Hulle het intussen in hul nuwe (groter) tuiste in Chapelstraat ingetrek.
St Michael’s Mount (Cornish: Karrek Loos yn Koos) is ’n gety-eiland in Mountbaai by die klein dorpie Marazion en kan te voet bereik word as dit laagwater is.
Die eienaar vertel ons vinnig dat hierdie Cornish pasties al in die 13de eeu gewild was en die naam ’n verbuiging is van die Middeleeuse Franse paste, vir pastei. Die naam is nou ook beskerm onder die Beskermde Kosnaam-wetgewing – soortgelyk aan sjampanje en port – en net pasteitjies wat volgens ’n spesifieke resep in Cornwall gemaak word, mag dié naam dra.
St Ives het baie kuns en dit word in ou kerke, sale en hawegeboutjies uitgestal.
Die plaasmarkie wat Donderdae in die gemeenskapsaal gehou word, is ’n lekker vonds en ons koop daar tuisgemaakte marmelade, suurlemoenstroop en olyfolie wat elke dag mildelik bydra tot ons kulinêre ervarings.
Mens kan mos nie Engeland toe gaan en nie vis en skyfies geniet nie. Veral nie as dit in ’n bierdegie kom en die restaurant een van die land se top-10 is nie.
Ons bring ’n halwe dag by die Tate St Ives deur. Lees meer oor daardie uitstalling en ervaring hier.
Draf in vir drankies by die bekroonde Ugly Butterfly-restaurant en kroeg in Carbisbaai, wat besit word deur sjef Adam Handling. Geen skemerkelkie is iets wat jy al elders geproe het nie.
Lieflik
Te gou het ons tyd verbygevlieg, maar dis Oujaarsaand waarna ons uitsien, voor ons terugkeer na Londen.
Ons laaste aand is toe inderdaad weer terug by daardie uitkykpunt naby die stasie. Hierdie keer is daar baie mense, almal met ’n bottel sjampanje en glase in ’n mandjie. Die dorpie is bekend vir sy vuurwerkvertoning vir Nuwejaar. Dis yskoud, ons lyk almal soos hibernerende bere en die afwagting vir die vuurwerke is groot.
Ons tel die laaste 10 sekondes van die jaar af, die sjampanjeproppe klap en almal klink luidrugtig glasie met hul bure. Die hemele bo die hawemuur ontplof in kleur en klank. Die groepie by die uitkykpunt raak stil. Dis tyd vir introspeksie. ’n Nuwe jaar lê voor.
Wie weet wat dit sal inhou?
Prentjiemooi
Ons gang by die huis is ’n galerymuur. Daar is swart rakke waarop ons kuns vertoon en gereeld ruil en skuif sodat al ons kosbare kunsherinneringe ’n kans kry om te skitter. Drie raampies dra afdrukke uit Cornwall. Elke keer as ek daar verbyloop, proe ek weer die Cornish pasty op my tong, ruik die seelug en hoor die seevoëls.
Dit bly ’n vissersgemeenskap
Dis die Britse roman- en toneelskrywer Dorothy “Dodie” Smith se aanhaling in ’n galeryvenster daar wat dan by my opkom:
They call them the haunted shores, these stretches of Devonshire and Cornwall and Ireland which rear up against the westward ocean. Mists gather here, and sea fog, and eerie stories. That’s not because there are more ghosts here than in other places, mind you. It’s just that people who live hereabouts are strangely aware of them.
By Yallah Coffee Roasters
- Vir meer oor die dorpie se aanwysing in 2007 en meer oor die beoordelaars, lees gerus die artikel hier.
Foto’s: Clifford Roberts