Plaaslike owerhede skuld Eskom miljarde rand, maar die Wes-Kaap kan daarmee spog dat nie ’n enkele munisipaliteit in die provinsie agterstallig is met sy betalings aan Eskom nie.
In die res van die land gaan dit egter beroerd en Eskom se totale skuld beloop reeds R44 miljard. Die meeste daarvan is munisipale skuld.
Foto: Pixabay.com
Eskom dreig nou om die kragtoevoer van munisipaliteite wat hom geld skuld, af te sny. Eskom se uitvoerende hoof, Jabu Mabuza, sê munisipaliteite se skuld aan Eskom beloop R26,5 miljard en verteenwoordige bykans 60% van Eskom se skuld. Soweto alleen skuld die kragvoorsiener R16 miljard wat 27% van Eskom se skuld verteenwoordig.
In teenstelling met die res van die land waar plaaslike owerhede Eskom miljarde rand skuld, is daar nie ’n enkele munisipaliteit in die Wes-Kaap wat Eskom ’n sent skuld nie. Die Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingbeplanning, Anton Bredell, sê geen munisipaliteit in die provinsie het enige Eskom- of waterskuld nie.
Not a single municipality in the Western Cape owes #Eskom anything.
Unlike the rest of the South Africa that owes billions.
Another example of no corruption. https://t.co/YVwFwf0d55
— L (@llpot) December 4, 2019
Die DA se Helen Zille het ook op Twitter gespog met die Wes-Kaap se prestasie en getwiet “welgedaan!”
Well done! https://t.co/QVuK10N9O7
— Helen Zille (@helenzille) December 3, 2019
Mabuza het dié week in die parlement aan die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) gesê dit is noodsaaklik om hierdie agterstallige skuld in te vorder en het weer gedreig om munisipaliteite wat nie hulle skuld betaal nie, se krag af te sny.
“Ons moet doen wat ons moet doen en al is ons nie trots daarop of al put ons nie genot daaruit nie, het ons geen ander keuse as om munisipaliteite wie se skuld agterstallig is se krag af te sny nie, selfs al word ander maatskaplike dienste soos hospitale daardeur geraak.”
Well done! https://t.co/QVuK10N9O7
— Helen Zille (@helenzille) December 3, 2019
Mabuza het gewaarsku dat munisipaliteite se skuld aan Eskom volgende jaar hierdie tyd R36 miljard kan beloop.
Eskom board chairperson Jabu Mabuza has warned the debt owed by municipalities to the power utility, up from R1.2billion in 2013, was likely to increase to R36bn this time next year. https://t.co/2vV9S7TJJj
— IOL News (@IOL) December 4, 2019
Volgens die DA-LP Alf Lees is munisipaliteite se Eskom-skuld ’n politieke kwessie. Netwerk24 berig hy het in die parlement gesê daar is geen politieke wil om dit reg te stel nie.
“Kyk net na Ace Magashule se provinsie, die Vrystaat, wat Eskom R10,6 miljard skuld. Dit wys daar is geen politieke wil om dit reg te stel nie en sterk optrede is nodig. Eskom moet wanbetalers se krag afsny,” het hy gesê.
Intussen het die DA se hoofsweep in die parlement, Natasha Mazzone, Dinsdag ’n private lede-wetsontwerp ingedien om goedkoper elektrisiteit te probeer verseker.
Die wetsontwerp op die onafhanklike elektrisiteitsbestuuroperateur (IEMO) is ’n private lede-wetsontwerp wat Eskom se monopolie oor die opwekking van elektrisiteit wil verbreek.
Die ANC en ook ander parlementslede is daarteen gekant omdat hulle meen die wetsontwerp skep ’n privaatmaatskappy om ’n openbare funksie te verrig wat ’n funksie van die staat is.
Mazzone meen egter Eskom is reeds kaal uitgetrek deur parasiete. Sy sê Eskom is bankrot ek kan nie as ’n lopende saak voortbestaan sonder aanhoudende reddingsboeie van die staat nie.
Lees ook
Buro: MvH